2 de antwoord op 2 de brief van Nico Engelbr

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by S Baker on August 28, 2009 at 12:19:38:

Ek antwoord graag op Nico Engelbrecht se brief.
Ek sal graag die dag en datum wou weet van die vervulling van die Openbarings wat Nostradamus en Siener van Rensburg en andere gehad het. Ek het ook hulle boeke gelees en niks daarin gevind wat gelei het tot enige vervullings nie. As dit sou gebeur het, het ek dit ook nie aanskou nie en daarom kan ek nie vasstel of dit die waarheid is al dan nie. Dit kom ook nie in die Bybel voor nie.
Sover my kennis strek is Dr. E. Janson nie &n profeet nie, maar het sy die gawe van Interpretasie (uitleg) van die Heilige Gees af ontvang. Die Woord van God is taal en daarom sal die Heilige Gees vir sekere mense die gawe gee om sekere dele van God se woord te interpreteer soos die Heilige Gees dit wil. Alle gawes moet aangewend word om die liggaam van Christus te laat groei. Daarom is ek so dankbaar dat Dr. Janson bereid is om haar gawe met die res van Jesus se liggaam te deel. Die liggaam wat oor die hele w那reld is.
Ek is ook &n student van Openbaring en het al heelwat verskillende interpretasies bestudeer. Die Heilige Gees is die Gees van die waarheid en ek soek altyd na die waarheid in enige stelling wat gemaak word oor die Bybel, God en Openbaring.
Ek het hierdie boek in die hande gekry in 2001 en dit toe gelees. Ek was stomgeslaan oor die grootheid en almag van God wat daarin deurgeskemer het. Nadat ek dit gelees het, het ek daaroor gebid, want ek weet hoe maklik &n mens mislei kan word deur dinge wat mooi en reg lyk en al die tyd verkeerd is. Hierdie boek se hele strekking het egter God se almag en eer beklemtoon en bewys gelewer van hoe God die hele geskiedenis van die kerk in Sy hand gehou het en bestuur het.
Ek is &n leser en meeste lesers is skeptiese mense. Ons glo nie alles wat ges那 en geskryf word nie. Nadat ek oor die saak gebid het, het God vir my laat deurskemer dat ek my moet vergewis van alle inligting. Ek het toe die boek begin bestudeer. Dit is &n geweldige moeilike werk, met baie kennis wat opgesluit is in die woorde van Openbaring.
Sy het beweer dat daar in Openbaring se woorde &n tydmeting ingebou is wat soos &n goue draad deur Openbaring loop en dat dit bewys dat Jesus Christus lewendig was toe hy die gegewens van Openbaring aan Johannes gegee het ongeveer 70 jaar na Jesus se kruisiging. Dit bewys ook dat Christus &n eenheid met Sy kerk gevorm het vanaf die begin en dat Hy die geskiedenis bestuur het, sodat Sy kerk sou groei en sterk word in die eerste Millennium, maar ook hoedat Sy boodskap vanaf die 2e Millennium onder geweldig druk en vervolging sou kom juis as gevolg van die Christene se gierigheid en magshonger.
Op 26 Des. 2004 het die groot aarbewing plaasgevind, wat die Tzunami tot gevolg gehad het. Dit was &n geweldige gebeurtenis. Die hele wereld het dit aanskou oor die TV. Wat my egter stomgeslaan het was dat hierdie gebeure in die boek beskryf is. Ek het byna op my rug geval met daardie gebeure, want hier, voor my o忸 gaan dit in vervulling wat 2000 gelede deur Johannes beskryf is. Johannes het sy inligting van God, Jesus Christus en die Engel gekry en met die hulp van die Heilige Gees het hy dit neergeskryf. Dit bewys weereens die eenheid van die drie-enige God en ook wat hy bepaal het oor Sy kerk. In 1996 het die Heilige Gees die skryfster die vermo忸 gegee om dit te interpreteer. Sy kon dit dus bereken. Hoe merkwaardig is dit! God het &n tydmeting versteek in Openbaring en dit eers in 2004 bekend gemaak!
U kan dus sien dat hierdie geen klein onbenullige aardbewing was nie. Dit word ook beskryf in Openbaring by die 7e se忸l. As die 7e se忸l dus oopgemaak is, moet al die ander ook oopgemaak wees. Die boekrol van Openbaring is dus oopgerol en die kerk van Christus weet dit nie. Is dit waarom Christus so &n groot wonder laat plaasvind het, sodat sy kerk kennis kan neem dat Openbaring feitlik uitgespeel is? Is dit wat die woorde ※die hemel opgerol soos &n boekrol§ beteken? Is Openbaring feitlik uitgespeel en verby en dan word die boekrol toegemaak? Ons kry deur Openbaring &n klein kykie in die hemel in en ons kom agter hoedat God alles haarfyn beplan het.
Hierdie skryfster kon ook ander berekeninge doen, wat vir ons as Christene van 2009 van die allergrootste belang is. Sy kon die nommer van die antichrist bereken, net soos Openbaring dit bepaal. ※Hy wat verstand het sal die nommer kan bereken§. Die berekening wat sy gebruik het is die volgende: 600+20+20+20+6 na aanleiding van die engelse getal ※six hundred, three score and six. Hierdie is &n baie baie komplekse getal. Dit wys wanneer die antichris ontstaan het, sy verloop en ook die konsekwensies van die antichrist. Ons moet verstaan dat die antichrist uit die geledere van die Christene voorkom. Ek weet dat &n mens nogal skepties staan teenoor iemand wat beweer dat hulle die nommer kan bereken, want daar was al baie sulke berekeninge wat op spesifieke mense van toepassing was en ons weet almal dat dit slegs spekulasies was met geen substansie nie. Hierdie berekening van die antichris is egter radikaal anders. Dit is nie &n spesifieke persoon nie, maar ※mens§ Mens wat in sy eie o忸 God se plek ingeneem het. Mens wat nou al sulke wonderlike dinge kan doen dat hy nie God meer nodig het nie. Hierdie ※mens§ wat alle gelowe gelyk wil stel is &n gruwel in God se o忸 en hy sit binne in die kerk. Deur humanisme wil hy die offer wat Jesus gebring het om vir ons sondes te sterwe as onbenullig afmaak en as gevolg daarvan word menige siele in die verderf gestort. Dit is die gruwel wat na die verderf lei. Hierdie ※mens§ doen dit onder die vaandel van§ liefde§
Die wonderdade wat die antichris gaan doen is reeds gedoen. U moet in gedagte hou dat hierdie verskynsels, hier onder genoem, aan Johannes gewys is. In sy tyd was daar geen tegnologie nie. Dit moes vir hom skrikwekkend gewees het. Hy het dit dus in die sterkste moontlike taal gestel. Ek noem net &n paar. Neem ook in ag dat Openbaring vir alle nasies, volke en tale is. Dit is dus vir die hele w那reld.
1. Vuur uit die hemel (vuurpyle en atoombomme)
2. Lewe gee en neem (kloning en aborsies wat gewettig is deur die meerderheidsregerings van Christenlande)
3. Beelde wat praat (w那reldwye kommunikasie via internet, radio, TV.)
4. Heen en weer oor aarde (motors & vliegtuie van ※global village§)
5. Daaglikse offer afskaf (huisgodsdiens en gebed word nie meer gedoen nie)
6. God se plek inneem (heldeverering van mens. Ook binne die kerk tel menslike ※liefde§ meer as God se offergawe aan die mens.)
7. Sit in tempel (Christene beskou hierdie dinge as ※Vryheid van keuse§ en goed)
8. Verander God se wette (Huwelike van dieselfde geslag, verdraaiings in howe, sondes wat nou as siektes beskou word , mag oor lewe en dood d.m.v kloning, aborsies, selfmoord, ens.)
9. Ontsettende gruwel (alle gelowe gelyk - Christus se offer dus onnodig)
10. Koop en verkoop (baie wette en re忸ls vir ekonomie忸 van w那reld en hierdie re忸ls het baie immorele voordele vir diegene wat dit aanhang.)

Die wette van die antichris wat nou in die Christen lande regeer is die teenoorgestelde van God se wette. Dit gaan nou oor die mens en nie Christus nie. Al die bogenoemde dinge word nou beskerm deur die wette van sogenaamde Christenlande. Die Christene self s那 dat ons mekaar net moet liefh那 en hierdie liefde sal die ongelowige red. Dit is egter onmoontlik, maar dit klink wonderlik en mooi. Net Christus se opofferende liefde aan die kruis kan die mense red.
Ons kan dus nou sien dat die antichris Christene is wat God verlo忸n en die werke van Sy hande verwoes deur hulle denke (voorkop) en hulle dade(regterhand) Die hele Bybel maak ruim gebruik van simboliek. Dit is juis simboliek wat dit moontlik gemaak het dat die tydmeting verskuil kon bly tot 2004. Daarna het ons die grootse teken gekry dat tydmeting die waarheid bevat(Tzunami). Die Heilige Gees is die Gees van die waarheid. Daarom moet ons ondersoek instel. Die Bybel s那 ※toets die gees§.
Daar is nog vele meer dinge wat sy ontdek het en dit sal te lank neem om u van alles te vertel. Dinge soos die ※dier uit die aarde§ en ※dier uit die see§, die draak en die prostituut, die Nuwe Jerusalem, die tempel en altaar, die 1260 dae en die 42 maande, die 31/2 dag in elke millennium wat saam 7 dae vorm, die tekens aan die son, maan en sterre, wat in Op. 6 beskryf word en reeds plaasgevind het, die merk van die dier, ens. Die boeke wat sy geskryf het is op die internet beskikbaar. Die eerste boek is in 1999 gepubliseer en die tweede boek in 2005. Na 2000 het daar heelwat gebeurtenisse plaasgevind wat nuwe lig gewerp het op die tydmeting van Openbaring. Het u geweet dat daar presies 1200 dae tussen die val van die ※twin towers§ en die Tzunami verloop het, en daarna het daar elke 20 dae &n groot w那reldwye gebeurtenis plaasgevind totdat 60 dae verby was en toe het dit opgehou, en dat die een aan die weste van die aarde plaasgevind het en die een aan die Ooste en dat albei so skielik gekom het dat niemand daarvoor kon voorberei nie. So sal die koms van Christus ook wees. Soos &n dief in die nag.
Die tekens van Christus se koms sal subtiel wees. Nie omdat God nie wil h那 ons moet weet nie, maar omdat ons self al so gewoond gemaak is aan verskrikkings en ook die ※spectacular§ op die TV, en al die gebeure rondom ons, dat ons nie God se tekens sal kan waarneem nie. God is ontsettend lief vir die mense en Hy sal niks doen om die mens te verwoes nie. Hy sal tot op die einde vir die mense kans gee om tot bekering te kom. Openbaring praat juis daarvan dat die deure van die Nuwe Jerusalem wawyd oopstaan in al die rigtings van die aarde. Noord, Suid, Oos en Wes. Enige een wat wil kan ingaan. God is egter ook realisties en Hy waarsku juis die mense dat niemand Hom sal verwag nie. As die mens minder sinies gewees het oor die tekens, sou hy dit sekerlik raakgesien het, maar nou is die mens mislei en Christus se koms sal wees§ soos &n dief in die nag§ .
Die Bybel s那 ook dat niemand Hom sal verwag nie. Dit klink soos nou. Baie min mense sien met verwagting uit na Sy koms op hierdie oomblik. Ek dink Hy het al hierdie dinge bekend gemaak, sodat daar darem sommige sal wees wat gereed sal wees vir Sy koms. Al die ekonomie忸 van die w那reld sal nog aan die gang wees en dan sal Christus verskyn. Ons sien dus dat die tekens in ons o忸 subtiel sal wees a.g.v ons eie sinisme maar nie in Johannes se o忸 nie. Vir hom was dit &n verskrikking.
Aan die einde van Openbaring word die mense streng vermaan om geen woord te verander nie. Waarom sou dit wees? Omdat daar verborge tydmeting in die woorde verskuil is en as dit verander sou word, sal die tydmeting verdwyn.
Hoe weet ek dat hierdie interpretasie die waarheid is? Omdat God &n geweldige groot teken gestuur het, wat Hy self ingebou het in Openbaring en eers in 2004 onthul het, nl. die aardbewing in 2004. Joh. 16:13 s那 vir ons dat die Heilige Gees die Gees van die waarheid is en dat Hy die dinge wat gaan kom aan ons bekend sal maak. Dit wat die Heilige Gees Johannes laat neerskryf het en bekend gemaak het aan die skrywer van die boek, het gebeur. Dit is &n gebeurtenis waarteen niemand kan stry nie. Deut. 8:21 gee ook vir ons riglyne oor hoe ons moet toets vir die waarheid.
Die woorde van Openbaring het verwysings geword van spesifieke gebeure in die geskiedenis bv. Die vier perde. Die woorde het ook simbole geword van dit wat na 97nC gebeur het. Omdat die woorde uit die Bybel geneem is, was die konneksie met tyd verskans en kon die woorde toegepas word op enige tyd die afgelope 2000 jaar. Vir baie mense was dit toepaslik slegs op die eerste paar eeue na 97nC.
Slegs goddelike ingryping kon die uiteindelike en ware konstruksie en betekenis bekend maak. Wanneer het God ingegryp in die geskiedenis? Dit was die tye van die losmaak van die se忸ls van die boekrol. God drie-enig wil h那 dat die w那reld moet weet dat Hy in beheer was van elke oorlog, elke ontdekking, elke verandering en elke wetenskaplike en wiskundige berekening.
Openbaring is so saamgestel dat Bybelstudente die simbole gedeeltelik kon verstaan deur verwysings uit die Bybel. Dit verbreed die betekenis van &n woord en maak dit duideliker. Elke woord in Openbaring is dus daar geplaas met &n spesifieke doel. Hierdie doel blyk te wees dat ons, die Christene van die 21ste eeu, sal kan sien dat God lewe en in beheer is van die regerings van die Christen nasies en dat Hy ook in beheer is van die tekens van die laaste dae. Hieruit weet ons dat God in beheer was die laaste 2000 jaar, maar ook vanaf die skepping. Sonder hierdie geloof kan jy nie die simbole van Openbaring verstaan nie.
Ek sluit my brief af met hierdie wonderlike aanhaling uit die boek ※How near Armageddon§ van Dr. E. Janson.
The book of Revelation and the understanding of Revelation in 2004 is the greatest gift to all mankind. The signs of the end will be very subtle because the end will come ※as a thief ※ But for those believing Christians that are at this time SEEKING answers, Revelation is there to provide insight and to give believers courage, not to despair and above all to hold fast to their faith. Revelation is however, initially complicated, but with understanding and perseverance, Revelation proves to be the GREATEST book ever to have been put to words. From it*s formation In that which was seen by John on Patmos, to it*s construction of words and symbols pertaining to Scripture, faith, time measure, the history of the Christian nations and the end time 每 IT IS AS PROFOUND AS THE UNIVERSE ITSELF.
Ek hoop van harte dat u self ondersoek sal instel.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]