Derde Afr. lesing oor Openbaringl

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on April 24, 2010 at 10:53:35:

Hfst.3 – Laaste 3 gemeentes
Die woord “departed” in die Engelse weergawe kom ook in ander dele van Openbaring voor. Op. 6:9 “and the heavens departed as a scroll when it is rolled together” asook in Op 18:14. “and the fruits thy soul lusted after are departed from thee”. Dit is makliker om dit in Engels te verduidelik. In Afr., word die woord “ontneem” gebruik. In die eerste aanhaling is die betekenis, dat die tyd van Openbaring nou uitgespeel is, en dat die wederkoms naby is. In die tweede aanhaling beteken dit dat die mens se “siel” voedsel van die Hemel benodig om te kan groei. Jesus is die “brood” van die lewe. Hierdie “voedsel” is op baie plekke in die Christen lande nie meer beskikbaar n ie. Die nasies het nou die punt bereik dat hulle nie eers meer agterkom dat hulle siele voedsel nodig het nie. Niemand het meer die begeerte om kennis van die misterie van God te bekom nie, of die verborge misterie van profesie te ondersoek nie. Waarom nie? Hulle glo nie meer dat die woorde van Jesus Christus en die profete die absolute waarheid is nie. Die boek Openbaring gaan nou in vervulling. Dit is wat die woorde “scroll rolled together” beteken. Soos ‘n boekrol word Openbaring toegerol, want Openbaring is nie meer ‘n profesie nie, maar dit het nou geskiedenis geword. Die profesie het gebeur en dit is bekend gemaak.
SARDIS
Op.3:1–6 Skrywe aan die leraar van die gemeente Sardis:
So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het. Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Word wakker (soos die maagde) en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed voor die oë van my God nie. Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ‘n dief in die nag en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. Maar julle het darem ‘n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie en hulle sal altyd in wit klere by My wees, omdat hulle dit waardig is. Elkeen wat die oorwinning behaal sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe haal nie en Ek sal voor My Vader en voor Sy Engele verklaar dat hy aan My behoort. Elkeen wat kan hoor moet luister wat die Gees aan die gemeente sê.
As gevolg van die vrugbare gebied waarin Sardis geleë was, was dit ‘n baie vooruitstrewende stad. Sardis was ook die blyplek van die Konings van Lydia. Die baie ryk Croesus wat bekend was vir sy ongekende rykdom het ook daar gewoon. Die fragmentele oorblyfsels van die masiewe tempel van Cybele kan steeds gesien word. Die woorde “sewe sterre” aan die begin, dui aan dat dit gerig is aan al die leraars van die Christelike kerke na 97nC. Die kerk in Sardis was bekend vir sy bedrywighede, maar tog was dit op die punt om dood te loop. Om klere te “besoedel” beteken seksuele immoraliteit (sondige luste Judas 23) Met ander woorde dit help nie om as ‘n kerk uiterlik bedrywig te wees en die mense het “sondige luste” nie. Die wat sondige begeertes “kruisig” sal gered word.(neem jou kruis elke dag op en volg My) Dit geld ook vir die 21ste eeu. In Openbaring is die dra van simboliese“wit klere”, die wat gered is. As hulle nie wakker word nie, sal hulle God skielik, sonder waarskuwing sien. Hierdie woorde verwys na die einde van die eindtyd, wanneer Christus terugkom. Dit is dus van die allergrootste belang vir die Christene vandag. Ons kan vandag sien hoe seksuele sondes en wangedrag die hele wêreld oorheers.
Daar sal altyd hoop wees vir diegene wat wegdraai van hulle sondes af. Hulle sal “wit klere” dra. (verlossing vind) en hulle name sal nooit uit die boek van die lewe gevee word nie.(vind die Ewige Lewe) Hierdie kerk herinner nogal sterk aan die 10 maagde.
FILADELFIA
Op.3: 7-13 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God. Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie. Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en my nie verloën nie. Kyk ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg – kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet. Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing (Eng. Temptation) wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek ‘n pilaar in die tempel van my God maak en hy sal altyd daar bly. Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, die Nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die hemel uit afkom. En Ek sal ook my eie Nuwe Naam op hom skrywe. Elkeen wat kan hoor moet luister na wat die Gees vir die gemeente sê.
Die stad Filadelfia is deur Attalus II gebou wat in die jaar 138vC gesterf het en het die Griekse taal en kultuur bevorder. Die stad was onderhewig aan aardskuddings en die mure was nie veilig nie. In Jes.22:22 word daar gesê dat op die skouers van die Messias sal die “sleutel van die huis van Dawid” lê. Jesus bevestig dat Hy die Messias is. Die boodskap van Christus is daar vir ewig. Dit is ‘n deur tot die ewige lewe wat niemand kan toemaak nie. Die kerk in Filadelfia het deur beproewing volhard en daarom sal hulle “kroon” (geloof dat Christus die absolute waarheid is)nie weggeneem word nie. In Openbaring is die simbool van die “kroon” vir hulle wat deur beproewing volhard. Dit is vir hulle wat “konings en priesters” bly in Christus. Hulle wat hulle nie deur ‘n nie-Christelike regering van hul geloof laat afsien nie . Dit is ook veral vir diegene na 2000 wat hulle teen die “misleiding” van die magte van die “dier uit die aarde” en die “dier uit die see” verset en vashou aan die voorskrifte van die Bybel. Dit wil voorkom asof diegene wat vashou aan die absolute waarheid van Christus, baie van die beproewing gespaar gaan word wat oor die wêreld gaan kom in die eindtyd. Hy weet dat hulle min krag het, maar in Christus (volhard in geloof in Christus) sal hulle oorwin. “Kroon” beteken dat hulle glo dat Christus die absolute waarheid is. Dit is ook ‘n geloof wat oorwin, al word dit getoets tot die dood toe. (Op 2:10)
Wat dit so merkwaardig maak vir vandag is dat wanneer die laaste tekens van Openbaring plaasvind, die wat vashou aan die geloof gered sal word. In die nabye toekoms wanneer die aarde verbind gaan word aan die Hemel en die hemelruim, en ons die addisionele dimensies sal kan waarneem (Op 21:1-2) dan sal ons deel word van die Nuwe Jerusalem. Die woord “uur” verwys na die “laaste uur”, wat ook in die tydmeting van die “troon” val. M.a.w. dit kan nie meer gemeet word nie.
Pilaar in die tempel van my God. Hier moet ons gebruik maak van die Engelse vertaling. “pillar in the temple of my God, an he shall go out no more” Hierdie versie stel ons nou voor aan die konsep “tempel wat van God af kom” In Joh. 3:19 sê Christus:” breek hierdie tempel af en in drie dae sal ek dit weer opbou/ “destroy this temple and in three days I will raise it up”. Hy praat van die tweede tempel van Salomo wat vernietig sal word in 70nC. (ou verbond word vernietig) Die dood en opstanding van Jesus verwys na die Nuwe Verbond. Dit het ook ‘n addisionele betekenis, want dit verwys na die eerste millenium en die tweede millenium na Christus se geboorte. In die hele konstruksie van Openbaring verwys die woord “tempel” eintlik na die algehele verbintenis van God met Sy volk op aarde. Vanaf Abraham en die ou verbond wat vervang is deur Jesus Christus en die Nuwe verbond en die ontwikkeling van die Christelike kerk oor die twee milleniums. Ons sou dit nooit kon verstaan het as dit nie vir ons duidelik gemaak is deur die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees wat by God was van altyd af en wat vir die Christene gegee is as ‘n vertrooster en die verkondiger van die Waarheid, nadat Christus opgevaar het na die Hemel. Hier kan ons die grootheid van die drie-enige-God waarneem. Vader. Seun en Heilige Gees wat saam werk om Openbaring vir ons duidelik te maak.
“Shall go out no more/sal vir altyd daar bly” is die tweede deel van die vers en dit kon net verstaan word na 28 Aug. 2003. Ons weet nou dat die tydmeting van die “tempel” strek vanaf die geboorte van Christus tot by die tyd van die “môrester”. Go out no more” hou verband met die tyd na 2003. Hierdie is baie belangrike woorde en verwys na diegene wat die naam van die Vader op hulle voorkoppe het (Op.14:1) en na Aug. 2003 nie weer “buitekant die tempel/outside the temple” sal wees nie. Hierdie woorde verwys ook en stel die leser bekend aan die kennis oor die tyd “buitekant/outside the temple”. Dit is ook figuurlik die tyd van “buitekant/outer court” en verwys na 2005. (die einde van die 1260 dae en die 42 maande)
Dit verwys ook na die engele wat “uit die tempel en uit die altaar” kom. (Op 14:15,17 en 18; 15:6; 16:7) Met die beskrywing van die Nuwe Jerusalem word daar gepraat van 12 engele wat by die 12 poorte staan.(Op 21:12)Hierdie Engele bring die” tyd van die heidene”(gentiles) en ook die tyd van Openbaring tot ‘n einde.
Die woorde “ Jerusalem wat van God af kom” word herhaal in Op 21:10. Dit beteken dat die woorde wat bedoel was vir Filadelfia van toepassing is op al die Christene tot die tweede koms van Christus. Die simboliek van die Nuwe Jerusalem verwys na die insig wat die mens sal kry oor die interpretasie van Openbaring. Die kleure van die edelstene van die fondasies van die Nuwe Jerusalem word geplaas op die “generasies” of geslagte van die Christene wat op die aarde gelewe het van die geboorte van Christus af. (Elke geslag is 72jaar lank)
LAODISEA
Op 3:14 – 22 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodicea:
So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het. Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.
Julle sê: “ ons is ryk, skatryk en ons het niks meer nodig nie” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie. Arm, blind en kaal. Daarom raai ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien.
Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom feesmaal hou en hy saam met My.
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op My troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op Sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor moet luister na wat die Gees vir die gemeente sê.
In die aanhef van hierdie brief dui Jesus Christus aan dat Hy die ware getuie is, die wil van God aan die mens en dit wat God aan die mens bekend wil maak. Hy vervul dit wat deur die profete voorspel is. “Amen” beteken “dit is waar, vas en seker”. Let op die herhaling van “geloofwaardig en waar” Op. 22:6 word gepraat van “hierdie woorde is betroubaar en waar”. Die Here God wat Sy Gees aan die profete gee, het Sy Engel gestuur om vir Sy dienaars te wys wat” binnekort moet gebeur.” As die twee verse saam gelees word, dan gee dit die vers ‘n groter dimensie en betekenis. Hy is dieMessias wat deur die profete van die Ou Testamens voorspel is. Hy was van die skepping deel van God en die Gees (Hy deur wie God alles geskep het) Dit is daardie Drie-eenheid wat die profesie van Openbaring aan die mens gee. (sy engel gestuur) Dit bevestig ook dat die Wederkoms en die Opstanding van die ware getuies van Christus SAL gebeur.
In die stad Laodisea was daar vele bedrywighede en welgestelde mense. Die stad was ook bekend vir sy bankinstellings en sy wolmarkte. Daar was ‘n florerende tekstielbedryf en ook ‘n beroemde mediese skool, Naby die stad was ook warmwaterbronne by Hierapolis. Hierdie inligting word indirek in die vermanings aan die gemeente gegee.
Ek weet dat julle nie koud is nie en ook nie warm nie. (warmwaterbron)
Ons is ryk, skatryk en ons het niks meer nodig nie. (welvarende stad)
Ek raai julle aan om by my goud te koop (bankwese)
Koop wit klere (tekstielbedryf)
Koop oogsalf (mediese skool)
Uit hierdie indirekte inligting kan ons agterkom dat Geskiedenis verskuil is in die woorde. Geskiedenis wat vertel waar die gemeente afvallig geraak het in hulle welvaart. Dit is veral hierdie brief wat aanduiding gee dat die betekenis van Openbaring te vind is in die Geskiedenis van die Christelike kerk op aarde in die tyd na Patmos. Die gemeentes word aangesê om nie verknog te raak aan aardse voorspoed nie en die wat hulle bekeer sal saam met Jesus feesmaal hou. Wat Christus sê van die gemeente van Laodicea korreleer met dit wat ons weet uit die geskiedenis en wat dit nog meer merkwaardig maak is dat ons kan identifiseer met die karaktertrekke van die gemeente.
Simboliek:
Goud koop - om die waarde van aardse rykdom te kan vergelyk met geestelike rykdom. Christus het ‘n goue band om Sy middel gehad.
Dat julle kan sien - Om die geestelike waardes van die Christelike lewensstyl raak te sien en nie te konsentreer op die aardse nie. (Rig jou oë op dit wat daar bo is)
Wit klere sodat julle naaktheid bedek is. In Op 19:8 word gepraat van fyn linne wit en skoon wat die geregtigheid van die heiliges is. Die gemeentelede moet dus nie al hul tyd en moeite gebruik om geld te maak deur hul werke nie, maar moet tyd spandeer om goed te doen aan ander en om Jesus Christus te leer ken.
Louwarm – dit is die grootste probleem in die gemeente. Hulle was nie warm of koud nie Hierdie terme word gebruik in verband met water. Die simboliek van Openbaring verwys na die geskiedenis van die kerk. Dit sal bewys word namate ons verder in Openbaring vorder.
Weereens sê Christus dat die gemeente hulle moet bekeer van hulle verkeerde dade. Hy is by die deur en Hy klop en sal inkom na enige mens wat hom innooi. Let op die woord “enige mens/man” Dit het betrekking op die “getal van die mens/number of man”. Vandag het hierdie woorde ‘n nuwe betekenis. Indien enige mens besef dat die “dier” hom mislei het, kan hy nog enige tyd die deur oopmaak vir Christus om saam met Hom ‘n feesmaal te hou. Enige persoon wat hom bekeer (repents) en die Nagmaal gebruik met die intensie om sy dade te verander vir die goeie, by hom sal God-Drie-enig wees op die dag van oordeel. (sit op sy troon)
Plek - dit is belangrik om te onthou dat die sewe gemeentes in Asië was en dit is in die Midde-Ooste. Dit is een van die drie dele van die aarde waarop die konstruksie van Openbaring gebou is.
Ons kan nou opsom en sien dat daar heelwat boodskappe aan die kerke (gemeentes) gegee is en dat baie van hulle ook boodskappe bevat wat vandag ook van toepassing is.
Efese – die praktyke van die Nikolaiёte moet vermy word.
Pergamum – die gemeente mag nie die leer van Balaam navolg nie.
Tiatire – mag nie die profetes Isebel in hul midde toelaat nie
In die ander gemeentes moet ons na die ou Testament kyk om te sien wat bedoel word.
Sleutel van Dawid – Jes 22:22
Vuil klere – het te doen met korrupsie van die vlees (Jud.23)
Dit wat in Openbaring gesê word moet getoets word aan die ou en nuwe Testament om meer en voller betekenis te verkry. Daarna word dit verbind aan die geskiedenis van die Christelike kerk in die twee milleniums. So kan ons dan agterkom wat word bedoel met die simboliek agter die prentjie, wat geskets word met die woorde en so kan ons die ware boodskap ontsluit wat in Openbaring vir ons geskryf is.
Ander boodskappe word ook verdoesel in die briewe aan die sewe gemeentes. Al die stede was vooruitstrewend, alhoewel sommige meer as ander was. Die inwoners het hul verryk deur handel dryf, industrieё en landbou. As mens die groot biblioteke in ag neem, dan kom dit ook voor asof hulle in prosa en literere werke geїnteresseerd was. Histories is dit nogal treffend, want dit is hoe baie stede van die wêreld vandag ook is. Ons het vandag die volle sirkel bereik waar skatryk stede geen hulp verleen aan sukkelende klein gemeentetjies nie. Ons vind dit veral in die voorheen Christelike lande.
Daar is egter ‘n verskil tussen die eerste millenium gemeentes en vandag s’n. Die eerste kerke het hul geloof so ernstig opgeneem dat hulle lewens daarvan afgehang het. As hulle die woorde “Here Jesus” of die woorde “Heer die Keiser” gebruik het sou dit vir hulle lewe of dood beteken het. Vandag soek die mense antwoorde in die wetenskap, kennis van dinge rondom hulle en ook die sterrestelsels (universe) Die mens het vergeet van die pad wat die eerste Christene geloop het. Die mens is nou verlore.
Dit is wat die boodskap aan die sewe gemeentes aan die Christene van vandag wil oordra. Christene moet hul geloof aktief beoefen en hul geloof bewaar en hulle moet nie eers bang wees om te sterf vir hul geloof nie.
Christene het ‘n vrye wil en kan self besluit om hul geloof te bewaar en aktiewe lede van hul gemeentes te wees. Hulle kan die dinge vermy wat deur Christus veroordeel word.
As Christene waarlik vergifnis vra en jammer is oor hul sondes, sal hulle vergewe word en ryklik beloon word op aarde en die Ewige Lewe ontvang.
Christene moet baie versigtig(wary) wees vir mensgemaakte filosofieë en religieuse aanhangsels en metodes van aanbidding vermy wat nie deur Christus voorgeskryf is nie. Die mens kan so maklik in die patroon van aanbidding verval wat deur die Fariseёrs nagevolg is, want dit bring eer aan mense en dit word ten sterkste veroordeel. Die Fariseёrs was so gebonde aan al die instruksies en mensgemaakte religieuse metodes dat hulle die doel van die wet verloor het. Die uiteinde was die eindelose rituele van reinigingswette wat hulle moes navolg en dit het hulle buitensporig hoogmoedig gemaak, want ander het hulle gesien as diegene wat uiterlik streng korrek gelewe het. Dit was in sterk teenstelling van wat Christus geleer het dat die ware geloof nie gegaan het oor die uiterlike tekens nie, maar oor die innerlike – die gees van die mens (Mat.23:25-33) (Joh. 8:7) Hierdie Fariseёrs was ook die meerderheid in die Sanhedrin en as gevolg daarvan was hul politieke invloed groot regdeur Judea. Hierdie politieke aspekte van die Fariseers is van belang in die Geskiedenis, sowel as in die interpretasie van Openbaring.
Ons moet ook aandag skenk aan die waarskuwing van die Heilige Gees. “Hy wat ‘n oor het om te hoor moet luister.” Hiermee word gesê dat die waarskuwing nie net meer geld vir die sewe gemeentes van Asië nie. Die lering van Jesus Christus is oorgedra van geslag tot geslag en hierdie waarskuwings is van toepassing op al die kerke vanaf 97nC tot vandag en dit is ook belangrik in die totale interpretasie van Openbaring.
Tegnieke van verdoeseling word toegepas in Openbaring en dit is een van die redes hoekom Openbaring nie korrek geїnterpreteer kon word voor 1999 nie. Die hoofrede hiervoor is natuurlik dat God-drie-enig dit so bepaal het. ‘n Woord in Openbaring kan twee en soms drie betekenisse hê en dit hang af van die woord en of dit verbind kan word aan die Geskiedenis op een of ander plek. Soms is die prent wat geskets word so helder en verstommend dat ‘n mens soms die minder aanskoulike dele met minder aandag lees. Ons moet egter daarop let om alles met ewe veel aandag te lees. ‘n Voorbeeld is die volgende. “krag” kan ook “mag “ beteken, maar dit kan ook kernkrag beteken en dit kan verbind word aan sekere wetenskaplike ontdekkings wat in sekere jare gedoen is.
In Op.1:7 word die leser so verstom in die visioen van die opgestane Christus wat Sy hand op Johannes se skouer plaas, dat hy nie notisie neem van die volgende woorde “en wat hierna moet gebeur”nie – dis die Geskiedenis van die kerk tot vandag. Dit gebeur ook met die woorde “ wat die Gees aan die gemeentes sê” - dis vir al die gemeentes tot vandag.
Die Geskiedenis van die kerke van die wêreld (7 is totaliteit) gaan ontsluit word en daarom is die Gees verbind aan die 7 gemeentes asook aan al die gemeentes wat sal ontstaan in die 2 milleniums. ‘n Baie noue verband bestaan tussen die Heilige Gees en die Christelike kerk en dit word beskryf deur die woord “misterie” Dit is die eenheid van die opgestane en verheerlikte Christus met die Christelike kerk oor die twee duisend jaar en dit is wat ons in die volgende hoofstukke gaan bespreek


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]