'n Paar gedagtes oor die opsomming van my vertolking

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on May 11, 2010 at 05:55:46:

‘n Paar gedagtes oor die opsomming van my vertolking


Lesers moet in gedagte hou dat my insig in die verstaan van Openbaring heeltemal nuut is omdat niemand nog ooit geweet het dat die verse van Openbaring aansluit by spesifieke tye in die geskiedenis van die afgelope twee duisend jaar nie. Dit is ‘n vertolking wat gedoen is na ‘n Goddelike opdrag. Om die rede is dit uniek.

Dit is daarom nie ‘n vertolking wat op enige tyd in die verlede gedoen kon word nie en ek glo is gehou vir die eindtyd.

Hierdie vertolking sal dus nie aansluit by ander interpretasies wat uitsluitlik uit die Skrif verduideliking gee nie. Na my vertolking is enige vertolking wat ‘n vers in Openbaring SONDER ‘N GRONDIGE REDE BY DIE GESKIEDENIS AANSLUIT na my mening foutief. Ek sę dit omdat ek glo die tydmeting van Openbaring vir my bekend is. Die dinge wat nou węreldwyd gebeur getuig vir my dat die korrek is.

Die opdrag van God was dat ek moes bekend maak dat die verse van Openbaring aansluit by die geskiedenis van die regerings van die nasies. Van die tyd van die Romeinse Ryk tot vandag. Dit is hoekom Johannes die opdrag in Openbaring 10:11 gekry het ”Jy moet weer God se boodskap aangaande baie volke, nasies, tale en konings verkondig”. Ek glo Openbaring openbaar waarom daar vandag ‘n skeiding is tussen staat en die Christelike Kerk is

Sekere syfers in Openbaring dui tydperke aan. Sekere symbole dui spesifieke tye aan. Op hierdie manier kon ek deur die verse aan te sluit by die geskiedenis verstaan wat die symbole beteken. Om hierdie ontleding te doen moes ek sekere woorde terug vat na die Skrif en daar het ek leidrade gekry. Dit was hierdie manier van doen wat die Skrifgeleerders en predikante kritiseer. Hulle glo nie dat AS DIE WOORDE VAN OPENBARING NA DIE SKRIF GENEEM WORD DAAR IN DIE SKRIF LEIDRADE SAL WEES WAT OPENBARING BY DIE GESKIEDENIS VAN DIE AFGELOPE TWEE DUISEND JAAR AANSLUIT EN DIE BETEKENIS VAN DIE SIMBOLE ‘N NUWE BETEKENIS GEE.

Omdat die opdrag glo ek van God gekom het, het ek geweet dat ek antwoorde in die Skrif sou kry. God in sy grootheid het Openbaring so aan Johannes gegee dat die Skrif leidrade in die toekomstige gekiedenis ook gee. Vir my is God groot genoeg om dit te kon doen.

Hierdie aansluiting van die verstaan van Openbaring met die Skrif is veral in “How Near Armageddon” gegee. In die tweede en derde boeke het ek nie altyd die aansluiting met die Skrif gegee nie, omdat dit reeds in die eerste boek gedoen is. Die eerste boek beslaan dubbel die hoeveelheid bladsye van die tweede en derde boeke.

Die jammerte is dat die konserwatisme van die Kerk (wat natuurlik ook ‘n goeie ding is) en die skeptisme van die Kerk die boodskap van my boeke vir baie versluier gehou het. Dit was slegs diegene wat dringend na antwoorde gesoek het wat volgehou het om te lees en probeer verstaan het. Openbaring is so wonderbaarlik aanmekaar gesit dat sy woorde in die een en twintigste eeu openbaar dat God altyd geweet het hoe die mensdom en die nasies deur Satan mislei sou word. Openbaring openbaar dat God die tydsverloop tot die Wederkoms reeds met die koms van Christus geweet het, en ek meen dat sekere verse aandui dat God dit geweet het van die wording van die aarde.

Ek glo dat God die internet in die laaste dae gebruik om te wys hoe die profesie geopenbaar word. Lesers vandag wat besef dat dinge besig is om te gebeur kan miskien met groter aandag en minder kritiek kyk hoe ek Openbaring ontleed het.

Hierdie vertolking is persoonlik omdat die insig aan een persoon gegee is. Geen persoon is onder enige verpligting om dit te aanvaar nie. Ek glo die vertolking het antwoorde gegee aan mense wat bewus is dat die boodskap van die Kruis vandag onderdruk of geminag word sonder kritiek van die regerende instansies van die węreld.

Ek glo dat Openbaring ‘n voorbereiding is vir die eindtyd en dat dit insig gee in die tekens van die tyd wat ons nou aanskou en wat ek op hierdie webwerf uitlig.

Dit is vir my verstommend dat soos die tekens van die einde aansluit by die woorde van Openbaring die mensdom net nie die grootsheid van die boek Openbaring kan insien nie. Hulle is so gebreinspoel deur menslike teorië wat nie meer wil glo dat daar ‘n God is wat in beheer is dat die grootsheid van die verstaan van Openbaring hulle verbygaan.

Die verstaan van hierdie boek het oor ‘n tydperk van 14 jaar gekom. Deur die Goddelike tussenkoms is die seëls van die boekrol losgemaak, maar nog steeds vandag word die boekrol oopgemaak. Ek het nie alles met “How Near Armageddon” verstaan nie. Sekere verse het duideliker geword soos die tyd verloop het. Soos die tekens van die einde verskyn sal die boekrol verder oopgemaak word.

Lesers moet onthou dat dit amper onmoontlik is om ‘n opsomming van Openbaring se aansluiting by die geskiedenis en die Skrif te maak. Noodwendig moet sekere dinge uitgelaat word en dit kan verstaanbaar wees vir hulle wat alles gelees het, maar verwarrend vir die wat nie alles gelees het nie. Die kompleksiteit van Openbaring, die aansluiting van Openbaring met die Skrif en die verloop van die geskiedenis (ook alles wat in die laaste dekade gebeur het) maak dit ‘n geweldige studie.

Ek meen Susanne Baker se opsomming sal vir diegene wat dit lees insig gee in hoe Openbaring tydmeting gebruik om sy boodskap te openbaar en hoe belangrik die plasing van elke word in Openbaring is. Dit sal bydra om mense te laat besef dat Openbaring nie net ‘n klomp onvestaanbare simbole is maar dat dit deur God self aanmekaar gesit is om vir sy volgelinge Sy grootheid te openbaar en insig te gee van hoe Hy die nasies oor die eeue met ‘n ysterhand regeer het. Dit gee vir ons vandag die sekerheid dat Sy Kerk nie sal vergaan nie en Hy sal getrou bly aan die wat in hom glo tot die dag van die Wederkoms.

Na 14 jaar is dit vandag vir my duidelik dat slegs die tekens wat nou aan ons geopenbaar word, wat aansluit by die woorde van Openbaring vir mense sal oortuig dat Openbaring wel aansluit by die geskiedenis en so sy boodskap in die een en twintigste eeu openbaar.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]