4e Lesing - Hemel geopen

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on May 13, 2010 at 15:38:31:

Lesing 4
Hfst. 4 – Hemel geopen.
Dr. Janson maan ons dat die volgende twee hoofstukke baie moeilik is, omdat ons nog nie die hele Openbaring verstaan nie. Hierdie twee hoofstukke stel ons voor aan omtrent al die begrippe van Openbaring wat in die res van Openbaring in detail bespreek sal word. Nou kan ons sien waarom Jesus Christus so klem lê op volharding. U gaan hierdie begrippe slegs verstaan en onthou as u nou volharding aan die dag lê. As ons aan die einde van Openbaring kom, moet ons weer hierdie twee hoofstukke doen, dan sal u sien hoe maklik dit eintlik is. Dit is soos ‘n groot legkaart wat gebou moet word sonder die groot prent. U gaan die legkaart stukkie vir stukkie bou, totdat u die hele prent kan sien. Hierdie hoofstuk stel u voor aan die stukkies van die legkaart.
DIE HEMEL GAAN OOP. Hierdie hoofstuk begin vir ons die seёls van die boekrol oopmaak. Daar is sewe seёls. ( Onthou die visioen wat Dr. Janson gesien het. Sy het die bevel gekry om bekend te maak wat sy weet. Dit wat sy geweet het, het te doen gehad met die vier perde wat ook die tydperk was van die seёls.) Op hierdie stadium, net nadat die briewe aan die gemeentes geskrywe is, is die boekrol nog dig gesluit of opgerol. Namate die geskiedenis begin afspeel word die seёls een vir een oopgemaak. Ons kry dan ‘n klein kykie in die hemel in om vir ons te wys wat God se gedagtegang oor die aarde en die mense is en hoe God-drie-enig Sy kerk se gang bestuur en hoe Hy in absolute eenheid saam met Sy kerk is. Die woorde “nuwe hemel en nuwe aarde” het ‘n simboliese betekenis. Dit beteken dat ons kennis van die hemel en die aarde vernuwe word.
Wanneer die totale Openbaring verstaan word kry hoofstukke 4 en 5 nuwe en groter betekenis, want die konsepte wat hierin verskyn kom ook weer later in Openbaring voor. Die betekenis van Openbaring is in Sy woorde en in die herhaling van woorde . Die herhaling vergroot en brei die betekenis uit.
Op 4:1 Hierna het ek, Johannes, in die hemel ‘n deur gesien wat oopgemaak is en die stem soos die geluid van ‘n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê” “Kom op hierheen en ek sal jou wys wat hierna gaan gebeur”.
Die woorde “hierna” dui twee tye aan. Eerstens, die tyd na 97nC toe Johannes die boodskap aan die sewe kerke van Klein-Asiё gerig het. Dit dui ook op die tydperk na die jaar 2000, omdat die boodskap aan die sewe kerke nie net vir die gemeentes van daardie tyd was nie, maar vir al die Christene wat sou leef tot die tyd dat God die sleutel van die verborge betekenis van Openbaring aan die mens sou gee. Hoe bevoorreg is ons nie in hierdie tyd dat God vir ons die sleutel gegee het nie. Ek dink die vorige geslagte en selfs die engele was begerig om ‘n kykie in hierdie verborge geheime te kry. Ons weet dit ook uit die woorde “kom op hierheen” Hierdie woorde dui ook op die wegraping. God wil vir ons sê dat die hemel net so sal lyk na die wegraping wanneer die laaste Christene daar aankom as wat dit gelyk het in 97nC.
Deur die ingryping van God in Dr. Janson se lewe in 1996 het sy bewus geword van tydmeting wat verskuil is in Openbaring. Die jaar 1996 was 2000 jaar na die geboorte van Christus (4BC) Onthou dat die tydmetinge begin met die kardinale tye in Christus se lewe. Die tyd van sy doop (26nC) was ook die begin van sy werk (bediening) op aarde. Hierdie hoofstuk wys vir ons dat elke woord met sorg gekies is deur die Drie-eenheid. Openbaring verbind die tyd dat Johannes die tekens op Patmos gesien het aan die tekens van die eindtyd (na 2000). Dit wys ook dat tydmeting verskuil is in die woorde.
Die woorde “hemel is geopen” wat ook gebruik is toe Christus gedoop is (Mat.3:16) en wat weer gebruik word in Op 4:1 “deur oop in die hemel”, dui vir ons aan dat ons moet meet vanaf die doop van Christus (26nC.) Wanneer Openbaring voltooi is, sal die wegraping plaasvind. “Kom op hierheen/Come up hither”
Die eerste stem wat Johannes hoor en wat soos ‘n trompet klink is die stem van die Seun van God. Ons lees dit in Op. 1:10 Hierdie stem sê hy moet opkom na die hemel toe, sodat daar vir hom gewys kan word wat hierna gebeur. Profesie wat deur die Heilige Gees vir ons gegee word oor die toekoms is dus ‘n kykie in die beplanning van God.(Lees ook 2Pet.1:20-21 en Deut.18:21 en Joh.16:13)
Omdat ons nou Openbaring kan verstaan en weet van die verborge tydmeting in Openbaring, verskaf hierdie vers vir ons groter insig in die betekenis en begrip van Openbaring. Veral wanneer ons die herhaling van woorde in gedagte hou.
Die woord “hierna” verwys na dit wat gaan gebeur nadat die boodskappe aan die sewe gemeentes gegee is. Hierdie boodskappe aan die gemeentes gee ook ‘n insig in die betekenis van openbaring (deur oopgemaak in hemel). Ons weet dat Openbaring in die brief aan die gemeente Smirna vir ons aangedui het hoe om die tydperk van ‘n dag te bepaal. Openbaring het dus die tyd van ‘n dag aan die mense bekend gemaak
Hoe weet ons dit? In Op. 1:10 sê Johannes “Ek was in die Gees op die dag van die Here” Dit het ook betrekking op die oopmaak van die sewe seёls. Die sewe seёls word oopgemaak deur die klank van die trompet. “die stem soos die geluid van ‘n trompet”. Dit word ook verbind aan Op 10:4 “die sewe donderslae het hul stemme verhef”.
Om op te som: Aangesien die eerste stem van God af kom, sal die sewe donderslae se stemme ook van God af kom. Die begrip van die tydmeting van Openbaring kom van God af deur die werking van die Heilige Gees. Dit is waarom Openbaring 1:10 sê: “ Ek was in die Gees op die dag van die Here en ek het agter my ‘n harde stem gehoor, soos van ‘n trompet.” Ons kan nou duidelik sien hoe die woorde van Openbaring dwarsdeur die boek skakels vorm met dieselfde woorde in ander hoofstukke en ook met die res van die Bybel. Hierdie skakeling dui op ‘n eenheid.
Die sewe donderslae is aan Dr. Janson bekend gemaak toe sy die woorde “maak bekend wat jy weet” in haar kombuis sien neerdaal het. Sy het toe geweet dat sy die 4 perde moet verbind aan vier tye in die geskiedenis toe daar boekrolle op geheime plekke ontdek is. Hierdie ontdekking het gelei tot die ontdekking van vier van die sewe donderslae. Dit is deur die ontdekking van sewe argeologiese ontdekkings op sewe geheime plekke, dat sy die simboliek van Openbaring kon begin verstaan. Dit sal later duidelik word, dat die woorde “geraas van die donderslae” betrekking het op die 1ste seёl. (Op.6:1) Die Bybelse verwysing na die donderslae op geheime plekke is Ps.81:7 “In the secret places of thunder”.
Ons kan nou agterkom dat die res van die Bybel vir ons groter begrip en insig kan gee oor die woorde wat in Openbaring verskyn.
Openbaring se samestelling strek oor twee periodes van ongeveer een duisend jaar elk. Om Openbaring korrek te interpreteer, moet elke periode gemeet word van een van die hooftye af in die lewe van Christus.
In die vorige hoofstukke het ons ‘n tydperk gemeet vanaf AD97 tot 313. As ons nou die tydperk meet vanaf 26nC, die tyd van Sy doop, heg ons nog 72 jaar aan die vorige meting.
Dit werk soos volg.
26 + 72 = 98. 98 + 72 = 170. 170 + 144 (2x72) = 314 Dit gee ons ‘n tydmeting van 288. 4x72=288
Dit is hoe een dag in Openbaring gemeet word.
“Wys” (show) is ook ‘n woord wat maklik kan wegraak tussen die ander woorde, maar tog is dit baie belangrik. Die woorde van die profete van die Ou Testament moet verbind word aan dit wat die engel in Openbaring sê, sodat dit met die Geskiedenis van die kerk oor twee duisend jaar kan korreleer.
In Op. 22:6 “wys die engel sy dienaars wat gou moet gebeur. Ons sien dus dat die woorde “ gou moet gebeur” en “hierna moet gebeur” baie belangrik is en dit was van die uiterste belang dat geen woorde in Openbaring verander sal word nie. Van die tydperk van Christus se doop af sou die getuienis aan die heidene (gentiles) verkondig word en van die Heidene sal God sy volgelinge bymekaar maak. Ook verwys dit na die tyd van “dae” waarin Christus die tabernakel van Dawid sal herbou. Hand. 15:16-17 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle huis van Dawid weer opbou en wat daarvan verwoes is, sal ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsels van die mense die Here kan soek, ja al die heidennasies wat Ek geroep het om My eiendom te wees.”/After this I will return and will build again the tabernacle of David, which is fallen down; and I will build up the ruins thereof, and I will set it up. That the residue of men might seek after the Lord, and all the Gentiles, upon whom My name is called. Kyk ook Amos 9:11-12.
Dit lyk asof hierdie vers meer insig gee . Die “deur in die hemel” is nie net geopen in die tyd van Patmos nie, maar ook in die eindtyd. In die tydmeting van “hemel”, die tyd wat nie gemeet kan word nie, sal weer ‘n “deur in die hemel” geopen word, wat die tekens van die einde sal bevestig. Aangesien die tydmeting van “dag” verbind is aan die blaas van die sewe trompette in die tyd van 2001-2005 en daarna, sal ons later sien dat die trompette geblaas word in die eindtyd, wat aan die einde van die 3 ½ dag in die 2e millennium is. Twee millenniums na die geboorte van Christus is die tyd van die môrester. Dit is 28 Aug. 2003. Ons sal dit later volledig bespreek. Neem net kennis van al hierdie dinge, want ons sal dit later meer volledig bespreek.
Op 4:2-4 Onmiddelik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan ‘n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. Sy voorkoms was soos opaal(jaspis) en karneool. Om die troon was daar ‘n reёnboog met die glans van smarag. Reg rondom die troon was daar vier-en-twintig ander trone en op die trone het daar vier-en-twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad en op hulle koppe was daar goue krone.
“Deur die Gees meegevoer” (I was in the Spirit) - Die woord Gees kom sewe keer voor in die sewe briewe aan die sewe gemeentes, asook sewe keer in ander verse in Openbaring. Die eerste posisie is in Op.1:10 en dan weer in Op.4:2. Dit beteken dat hierdie verse net deur die Heilige Gees geїnterpreteer kan word en dan deur die Heilige Gees aan ons gegee kan word. Sonder die kennis van tydmeting is hierdie vers ‘n visioen van die Seun op die troon in die Hemel. Met die kennis oor tydmeting het hierdie vers ‘n “nuwe” dimensie bygekry. Dit verwys in die eerste plek na die edelstene jaspis (jasper) en karneool (sardine stone), asook na die reёnboog en die smarag (emerald). Deur hierdie prentjie of beeld wat geskep word, sien ons die eenheid van die Seun met die Nuwe Jerusalem. Tweedens kom ons nou agter deur die tydmeting in Openbaring, dat die Drie-eenheid kennis en insig oor die simboliek van Openbaring aan die mense op die aarde wil oordra.
Hierdie is ‘n grootse en wonderlike insig wat die Drie-eenheid oordra. Die kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem (wat ook die kleure van die reёnboog is) weerkaats(reflekteer) op die tye van die generasies of geslagte van die Christene wat op die aarde geleef het oor die twee millenniums, vanaf die koms van Christus tot nou. ‘n Baie interessante vers kom in Jesaja 33:6 voor. He will be your sure foundation for your times, a rich store of salvation and wisdom and knowledge; the fear of the Lord is the key to this treasure”. Hierdie edelgesteentes word ook in Op.21:18-20 genoem.
Op.21:18-20 Die muur is met opaal(jaspis) gebou en die stad self met suiwer goud wat soos ‘n skoon spieёl lyk. Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier; die eerste fondament met opaa(jaspis)l, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis.
Daar word gesê dat die muur van die Nuwe Jerusalem van jaspis(jasper) is. Dit is ook die kleur van die eerste fondament. Smarag en karneool is die vierde en die sesde fondamente. Ons sien dus dat God met die mens kommunikeer op Patmos, maar ook na 1996, want in 1996 is die kennis van die tydmeting om Openbaring te verstaan aan die mens gegee. Nou het ons die kennis en insig gekry om die kleure van die Nuwe Jerusalem te plaas op die fondasies van die geslagte (generations). Hierdie generasies van Christene het geleef in die twee millenniums na die geboorte van Jesus Christus.
Stefanus het ook “die hemel oop” gesien. Die boodskap wat Openbaring hier oordra, is dat die ware getuies en die martelare deel van die hemel, wat soos edelstene lyk, sal wees.
Volgens instruksies wat later in Openbaring aangedui word, moet die kleure van die edelstene van die fondamente van die Nuwe Jerusalem op sekere tye in die geskiedenis geplaas word. Wanneer dit gedoen word, word die betekenis van Openbaring in verband gebring met die feite van die geskiedenis.
Waarom sou Openbaring dit vereis? Omdat al die Christene wat die afgelope 2000 jaar geleef het, deel sal uitmaak van die Nuwe Jerusalem en deel sal hê aan die glans van die edelstene in die hemel. Veral ook moet diegene wat vervolg word ter wille van Christus, weet dat hulle groot aansien en ‘n plek in die hemel verseker word.
Ons het gesien dat Openbaring sover baie klem gelê het op die eenheid van Christus en God die Vader met die kerk op aarde. Ook hierdie hoofstuk beklemtoon dit weer baie sterk. Waarom is dit so belangrik vir God dat die mens daarvan kennis moet hê? Openbaring begin van hierdie hoofstuk af hierdie begrip oordra in terme wat die mense kan verstaan, nl. Tydsberekeninge binne die geskiedenis van die tyd van die geboorte af tot die laaste kort tydjie voor die wederkoms.
Openbaring behandel die twee millenniums as twee eenhede van +- 1000 jaar elk. Dit vorm die lengte en die breedte van die Nuwe Jerusalem. Die hoogte is die simbool van die eenheid van die aarde met die hemel (hoogte). Dit is Christus se eenheid met Sy kerk en die Nuwe Jerusalem wat ‘n eenheid vorm met al die gelowiges in die twee millenniums.
In die eerste millennium het die Evangelie van Jerusalem af na die Weste en die Ooste toe versprei. Die verspreiding na die Weste was susksesvol in die sin dat die konings van die westerse lande die Christelike Godsdiens aangeneem het en sodoende het ‘n eenheid gevorm tussen die Staat en die Kerk. Die Christelike leerstellings is verkondig en die Christelike lewensstyl het die norm geword. A.g. daarvan kon die Christelike boodskap sterk word en het die “son van geregtigheid” helder geskyn. Westelike Europa het ook die Drie-eenheid aangeneem. (Vader, Seun en Heilige Gees)
In die tweede millennium het daar ‘n verdeling gekom tussen die staat en die kerk a.g.v strewe na mag en gierigheid aan albei kante, priesters en konings. Dit sou met verloop van tyd ‘n afvalligheid van die leerstellings van die Christelike kerk meebring.
Hoekom wil Openbaring hierdie feite vir ons voorhou? Hoekom is dit belangrik dat ons dit moet weet? Ons wat huidiglik lewe het tog min te doen met die Christene van die geskiedenis. Dit is om te verhoed dat ons nie in dieselfde slaggate trap as wat daardie Christene getrap het en ons versekerde paspoorte na die hemel kwytraak nie. Dit is ook sodat ons voor die wederkoms kan insien en verstaan hoe God Sy hand oor die Christelike kerk gehou het en om ons insig te gee in die ontwikkeling van die “dier” Onthou, die dier wil mislei. Hy gaan mooi dinge gebruik om mee te mislei. As dit lelik en aaklig was sou alle Christene dit vermy het, maar sodra dit mooi en onder die dekmantel van Christenskap en “liefde” geskied, word ons maklik mislei. Dit is ook die verloop van die regerings van die Christelike lande waar Christelike konings eers regeer het wat geleidelik hulle heerskappy oorgedra het na die regering van mense of “die mens” wat nie noodwendig Christene is nie.
Die tweede millennium word in 14 fondamente (geslagte) afgebaken. Die getal 72 jaar word gebruik Die Bybelse teks wat Dr. Janson as aanknopingpunt gebruik het, is Jes.23:15 In daardie tyd sal Tirus vir sewentig jaar vergete lê, die leeftyd van ‘’n koning/ At that time Tire will be forgotten for 70 years, the span of a Kings life.
Dr. Janson het eers die getal 70 gebruik, maar het gevind dat dit nie in die konstruksie van Openbaring inpas nie. Nadat sy egter die 144 000 ontleed het, het sy uitgevind dat die tydperk van ‘n geslag 72 jaar is. 72x2=144.. Die tweede millennium word gemeet oor 14 geslagte van 72 jaar elk. Die eerste en die laaste geslag word egter nie gemeet nie. Op. 11:1-2 Meet die tempel van God .........maar die binneplein moet nie gemeet word nie/ Measure the temple of God ……but the court that is without (outer court) leave out. Ons kry dus nou 12 geslagte van 72 jaar elk.
Vir interpretasie gebruik Openbaring die kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem. Die reёnboog bevestig dat God getrou is aan Sy verbond met die mense. Die wêreld sal nie weer vergaan met water nie. Jesus het gesê dat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe sal verkry. Openbaring onthul dat God met Sy volgelinge is in die lewe, die dood, en na die dood

Word nie gemeet nie. 996 – 1068
Opaal(jaspis) 1 deurskynend 1068 – 1140
Saffier 2 blou 1140 – 1212
Agaat 3 blou-wit 1212 – 1284
Smarag 4 groen 1284 – 1356
Sardoniks 5 rooi 1356 -1428
Karneool 6 rooi 1428 – 1500
Chrisoliet 7 groen-geel 1500 – 1575
Beril 8 groen-geel 1557 – 1644
Topaz 9 geel 1644 – 1716
Chrisopraas 10 groen 1716 – 1788
Hiasint 11 oranje-rooi 1860 – 1932
Ametis 12 pers 1860-1932
Word nie gemeet nie 1932 – 2004

In die tydperk 1068 – 1500 was daar baie konflik wat al veller geword het tussen die Christelike konings van Europa en die Rooms Katolieke Kerk. Dit was ook in daardie tydperk dat die gesag van die gesalfde Christelike koning geleidelik begin kwyn het. In 1356 is ‘n grondwet deur Keisel Karel IV opgestel om voorsiening te maak dat die koning van die Heilige Romeinse Ryk verkies sou word. Dit was die begin van die tydperk van verkose regeerders in Christelike lande. Wat hier baie belangrik is , is dat mense , wat nie noodwendig Christene is nie, nou die kans gekry het om Christelike konings te kies. Let op dat die kleure opaal(jaspis), smarag en karneool almal in die eerste helfte van die tweede millenium val. Die jaar 1500 is die middelpunt van die millennium.
Ons sal sien dat die generasies wat in die tydperk van opaal(jaspis) (1068-1140), smarag (1284-1356) en karneool (1428-1500) val, die tydperkte was van baie binne gevegte en onrus tussen die RKK en die Christelike konings van Europa.
Dit is ook die tyd dat die erflikheid van Konings as “konings en priesters” van die Christelike kerk begin verkrummel het.
Op. 4:4 Reg rondom die troon was daar vier-en-twintig ander trone en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad en op hul koppe was daar goue krone.
Die vier en twintig ouderlinge is die totale aantal gelowiges wat die kroon van die ewige lewe sal dra. Vier en twintig is twee maal twaalf. (12 x 2). In Mat. 10 sien ons dat Jesus die twaalf apostels uitgestuur het, maar later het Hy die totale tydperk van die verkondiging van die evangelie geїnkorporeer in die tyd van oordeel. Die getal 24 is simbolies van almal wat die ewige lewe sal beёrwe in die twee millenniums vanaf die koms van Christus. Ons weet dit ook deur die 12 fondasies van die Nuwe Jerusalem wat reflekteer op die drie en ‘n half dag in elke millennium Dus 12 x 2 = 24
Die woorde “geklee in wit klere” is simbolies van diegene wat hul klere (sonde) gewas het in die bloed van die lam. M.a.w. diegene wat die getuienis van Jesus Christus en Sy groot offer aangeneem het, en wat Nagmaal gebruik met die oortuiging dat hulle deur die bloed van Jesus gereinig is, en wat dan hul beste probeer om nie meer sonde te doen nie met die hulp van die Almagtige God. Dit is hulle wat “wit klere” aanhet.
Die woord “kroon” het twee betekenisse. Dit kan simbolies wees, bv. Die geestelike kroon van diegene wat oorwin het oor die duisternis op aarde, of dit kan konings wees. Openbaring maak ook die geskiedenis van die konings bekend. In hierdie konteks het dit op albei betekenisse betrekking.
Op. 4:5 Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe vakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God.
Hierdie woorde “weerligstrale, dreunings en donderslae” kom weer later in Openbaring voor. Dit verwys na die tyd wat God homself bekend gemaak het op Sinai (Eks. 19:16) Hiermee dui Openbaring aan dat die storms op die aarde deur God self beheer word. Dit is veral belangrik met betrekking tot die storms wat die aarde in die laaste dae sal tref. Die aarde sal nie weer deur water vergaan nie, maar die storms gaan vir die mense ongerief en plae bring. Hierdeur sal God homself weer aan die mense bekend maak. Ons moet ook daarop let hoedat die storms en vloede oral oor die wêreld toegeneem het sedert 1999.
Die woorde “vanuit die troon” (out of the throne) is baie belangrike woorde. Deur hierdie twee baie klein ou woordjies “out of”, kry ons een van die belangrikste bekendmakings. Dit wys ook weereens hoe belangrik dit was dat nie een woord in Openbaring verander mag word nie.
Die betekenis van die “weerligte, dreunings en donderslae” sal vanuit (out of) die troon vir die mens duidelik gemaak word. Ons sal later sien dat die woorde “weerligte, donderslae en stemme” in Op. 11:2-3 verbind word aan die sewe trompette, asook aan die meting van 1260 dae en 42 maande. Hierdie is natuurlik die laaste tydmeting was gemeet kon word en dit het gestrek vanaf Sept. 2001 tot Feb. 2005.
Ons sien ook deur die getal sewe die geweldige sterk eenheid tussen die Drie-eenheid (sewe Geeste van God) en die Christelike kerk (sewe lampe)
Die woorde “vanuit die troon”(out of the throne) wys vir ons dat die heel laaste tydmeting,saam met die laaste tekens, reguit vanaf God se troon sal kom. Dit is die tyd wat ons nie kan meet nie. (The court without do not measure)
Op. 4:6 Voor die troon was dit soos ‘n spieelgladde see, helder soos kristal. Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oё van voor en van agter.
Die woorde “spieelgladde see, helder soos kristal” is baie belangrik. Soos wat die see die kleur van die lug reflekteer , so sal die 2e millennium ook deur “kristal ,“ die “lig” van die edelstene van die Nuwe Jerusalem op die geslagte , reflekteer. Die 2e millennium is ook die tyd van die “dier uit die see”. In Op.21:11 word die Nuwe Jerusalem beskryf as “die stad het die heerlikheid van God; Sy glans is soos die van die kosbaarste edelstene, soos kristalhelder opaal(jaspis).” Die simboliese betekenis hiervan is, dat in die tyd van die misleiding van die dier uit die see, sal die lig van die getuienis van Jesus Christus altyd skyn vanaf die troon van God, deur die Heilige Gees, na almal op die aarde, soos kristalhelder jaspis. Die woorde “see van glas, soos kristal” dui vir ons aan om die edelstene van die Nuwe Jerusalem op die generasies (geslagte) van die 2e millennium te plaas vir interpretasie. Onthou, die simboliese betekenis van see is; die nasies, of massas mense.
Die Engelse woord verduidelik die volgende woorde beter. “Rondom/Midst of the throne” wys vir ons dat God in beheer is van die uitwerking van die diere. Die diere kom te voorskyn a.g.v. die sondige natuur van die mens.
“Vol oё van voor en van agter” - Die betekenis van oё in die Bybel is van een van onderskeidingsvermoё en oordeel. Die simboliese betekenis van die oё met betrekking tot die diere, is dat die diere die boosheid van die mens kan onderskei en dan sal kan oordeel hoe om die mens te beїnvloed. Die “voor en agter” het betrekking op die Ooste en die Weste – dit is die tyd toe die evangelie oor die aarde versprei het.
Die “vier diere” illustreer simbolies God se kommunikasie oor oordeel aan die mens deur middel van die profete. In die Ou Testament het die diere van Daniёl simbolies aan die mense oorgedra hoe die sondige natuur van die mens die val van die nasies tot gevolg sal hê. Die woorde “vol oё van voor en van agter” verwys na die invloed van die diere oor die hele aarde – van die Ooste tot die Weste. Die vier diere is ‘n simbool om ‘n spesifieke boodskap aan die Christelike nasies oor te dra. Dan 7:2 Daniёl het gespreek en gesê: Ek het in die nag ‘n gesig gesien en kyk die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.” Hierdie see is natuurlik die see van mense en nie die ware see nie.
Die see van glas, helder soos kristal is ‘n visioen van die hemel in die eindtyd. Dit word verbind aan die opstanding van diegene wat die “diere” oorwin het, met die krag van die Heilige Gees. Die verband tussen die “dier”, die “see van glas, en die “helder soos kristal” vind ons in Ese. 1:22 En oor die hoofde van die wesens(diere) was iets wat gelyk het soos ‘n gewelf(see), soos die kleur van skrikwekkende kristal/ And the likeness of the firmament upon the heads of the living creatures was as the colour of terrible glass”. Dit kom ook voor in Gen 1:6. Hierdie begrip kan angswekkend wees. Die begrip “water” kom later voor en dit dui op geloof (lewende water) Ons sal dit bespreek wanneer ons die “merk van die dier” bespreek.
Op. 4 : 7 Die eerste lewende wese (dier) het soos ‘n leeu gelyk en die tweede soos ‘n bul; die derde het die gesig van ‘n mens gehad en die vierde het gelyk soos ‘n arend wat vlieg.
Deur die woorde eerste, tweede, derde en vierde wys Openbaring dat die hierdie woorde ook betrekking het op die eerste vier seёls sowel as die eerste vier tydmetings.
Die eerste was ‘n leeu;
Die tweede was ‘n bul;
Die derde het die gesig van ‘n mens;
Die vierde was ‘n arend wat vlieg.
Hierdie vier diere het ook betrekking op die vier diere van Daniёl en ook die lewende wesens van Esegiёl. Dit is egter nie presies dieselfde nie. Die wesens in Esegiёl (Es.1:4-14) het vier koppe gehad wat ooreenstem met die wat Johannes gesien het. Die in Esegiёl het vier vlerke gehad en die wat Johannes gesien het ses vlerke. Vier dui op die vier hoeke van die aarde en “ses” dui op die getal van die “mens” wat self sy eie heil wil bepaal en nie verbonde wil wees aan die leerstellings van God nie. Hieruit kan ons aflei dat net die hoofboodskap dieselfde is, maar die historiese feite is verskillend. Openbaring gaan oor die tydperk van die Christelike nasies na die koms van Christus. Die hoofboodskap is dat ‘n nasie of nasies tot ‘n val gebring sal word, maar God is in beheer van hierdie val. In die tyd van Esegiёl het die profesie van die lewende wesens, die val van Jerusalem ingesluit. Later sal ons sien dat die “dier uit die see” en die “dier uit die aarde” in Openbaring aansluit by die vier diere van Daniёl 7 :1-8. Dit beteken dat daar sekere ooreenkomste is met die geskiedenis van die Christelike kerk en die betekenis van die diere wat Daniёl gesien het. Dit handel oor die tydperk 1068 tot 1500 met die val van die Christelike konings. Openbaring sal later deur die twee “diere” aandui hoe die Christelike nasies verwyder geraak het van die Christelike Godsdiens en van God. Die nasies sal tot ‘n val kom as gevolg van die verbrokkeling van die gesag van die Christelike koning en die kerk wat oor die Christelike nasies aangestel was. Die tyd van die finale val van die Christelike nasies sal later in Openbaring aangedui word. Dit word aangedui deur die woorde” ’n derde van die diere op die aarde het doodgegaan/a third of the living creatures died”. Uiteindelik sal Openbaring die “derde” uitbrei om die hele wêreld in te sluit. In daardie tydperk sal die individuele “lewende wese” verdwyn en die “dier” sal die outoriteit besit. Dit is egter ook beplan deur Almagtige God.
Vandag word alle regerings deur mense verkies en die regerings stel nie die Christelike Godsdiens eerste nie. Wat belangrik is, is dat hierdie lewende wesens kenmerke van die wesens van die “aarde” dra. Hulle dui aan dat die mens as gevolg van sy aardse natuur en verbondenheid weggelok gaan word van sy Christelike bestemming
Op. 4:8 Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oё was. Hulle het dag en nag sonder om te rus gesê; Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.
“Voels” en “vlerke” in Openbaring is simbole van die verspreiding van die evangelie na die eindes (vier hoeke Op. 7:1) van die aarde. “Ses” in Openbaring het betrekking op die “mens”.
Bokant en onderkant het simbolies ook betrekking op die bokant en die onderkant van ‘n berg. Die bokant is die hemel en die onderkant is die aarde. Hierdie simboliek kom uit die boek Jona. Jona 2:6 Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here, my God het my van die dood gered.”
Dit is simbolies van die ellende (diepte) waarin die mens hom bevind deur sy aardse natuur en die sonde waarin hy verval, tot die hoogtes wat God hom verhef wanneer hy besef dat daar ‘n God is wat hom kan verlos. Die “lewende wesens” staan in diens van God. God is in beheer oor alles wat op die aarde gebeur. Die mens wil soos Jona wegvlug van sy verantwoordelikhede teenoor God. Jona het ook uit benoudheid tot God geroep van die “fondamente van die berge, die aarde” wat hom toesluit. Tog het hy in sy gebed “opgestyg” tot waar hy besef dat sy hulp van die Here af kom. Uit genade het die Here die vis beveel om Jona op die vaste aarde uit te spoeg.
Op. 14:1 Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom 144,000 mense met Sy Naam en Sy Vader se Naam op hul voorkoppe geskrywe.
Dit is die simboliese getal van die mense wat gered word uit die totale aarde.Wat hierdie gedeelte vir ons wil sê is dat wanneer die gesag van die Christelike Kerk en die Christelike Konings verminder, sal verval onder die nasies toeneem. Die verval sal verder toeneem as die Christelike Godsdiens tot die eindes van die aarde (vier) versprei het. Hierdie verdere verval sal plaasvind omdat die regering van die nasies deur mense (ses vlerke en “die gesig van ‘n mens) aangestel sal word met aardse behoeftes en neigings. (leeu, bul en arend) Tog hou God se Gees toesig oor die invloed van die sonde (vier lewende wesens met oё) Waar Christene in sonde verval , maar tog hulle toevlug tot God neem sal Hy hulle vergewe en hulle red. (oё bokant en onderkant) Openbaring verwys ook baie subtiel hier na die lengte en die breedte van die Nuwe Jerusalem
Die lewende wesens is onder die beheer van God en die Heilige Gees. Alles op aarde gebeur onder die toesig van God. Die mens moet vir die verleiding deur sy menslike aardse natuur , wat lei tot sonde, gestraf word. Dit is ook die tydperk wat Openbaring later aandui as “drie nagte” Dit is ook deel van die tydperk “drie dae” wat later bespreek sal word. Dit is in hierdie tyd dat die “diere” bekend gemaak word, en dit strek oor byna die hele 2e millennium Die lofprysing aan God (heilig, heilig, heilig) is om aan te toon dat die grootheid van God in die hemel erken word. God is in beheer van die lotgevalle van die mens en word daaroor geprys. Dit is Hy wat altyd daar was en binnekort weer aarde toe sal kom.
Op.4:9 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in ewigheid lewe, kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê; “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang, omdat U alles geskep het, deur U wil het alles ontstaan en is dit geskep.
Die ouderlinge (12 x 2 )is die totale getal mense in die twee millenniums wat gered is en “krone” dra van die Ewige Lewe. Die wat in die hemel is besef die grootheid van God. Ons sal dit ook begin verstaan as ons die totale Openbaring ontleed het. Ons sal sien dat God die totale geskiedenis beheer. Deur Openbaring moet die mens die grootheid van God besef. Die mens van vandag het verwaand geraak en besef nie dat hy deur die ontwikkeling van die “diere” van Openbaring mislei is nie. God verstaan die kompleksiteit, die verwikkeldheid en die onpeilbare grootheid van die heelal, die siel van die mens, sowel as sy aardse natuur. Die mens is geneig tot sonde, maar by God is daar altyd vergifnis. Die mens is ‘n wil gegee om te kies tussen goed en kwaad en die knie voor God te buig. God sal straf en oordeel, maar dit sal altyd regverdig wees.
Bronne
• How near Armageddon – Dr. E. Janson
• Ek is die begin en die einde – Dr. E. Janson
• 11 September 2001, die Groot Aarbewing en Openbaring – Dr. E. Janson
• Artikels van Dr. E. Janson.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]