Kommentaar gelees oor u boek

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by A Muller on May 20, 2010 at 05:21:27:

Hoe Naby is Armageddon?
Saturday, 27 March 2010 12:02
How Near is Har-Magedon.
Eerstens is Har-Magedon nie ʼn fisiese oorlog met wapens nie, maar is ʼn geestelike oorlog (die oorlog van die Evangelie) en die finale Har-Magedon is deur ons Koning wat, (nie letterlik op ʼn wit perd nie), maar soos dit uitgebeeld word, majestieeus sy verskyning gaan maak saam met sy engele. Vir die ongelowiges en vir Satan en sy hordes sal dit ʼn vreesaanjaende gesig wanneeer Jesus kom om te oordeel die lewende en die dode. Dan sal God vir Satan en sy hordes in ʼn oomblik oorwin met Sy swaard uit Sy mond. Met Sy asem, ʼn eensydige oorlog. Die oorwinning is so seker dat die Engel die simbool gebruik dat die voëls klaar saamtrek vir fees op die dooies. 2Th 2:8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,Die woord Armageddon kom nie voor in Hoofstuk 19 nie.

Kortliks oor die Boek van Elana Janson.
Dit is onverstaanbaar vir ʼn mens, maar tog is daar begrip vir die soeke na fabels en versinsels in die Christelose tyd waarin ons lewe, en die uiteinde is dat die Christen vandag so maklik na ʼn ander evangelie verlei kan word. Die Woord is altans duidelik daaroor dat in die laaste dae daar valse evangelies sal wees, soos ons ook kan sien wanneer die ortodokse Christen betrokke raak by allerhande eksterne Bybelse invloed wat ʼn mens se natuurlike psige stimuleer - wanneer die ortodokse Christen (die een wat staan by die Apostoliese Geloofbelydenis van die Apostels) nie kan onderskei tussen waarheid en valsheid nie. Die Post moderne Christen waardeer nie meer goddelikke kommentators se interpretasie van die Heilige Skrif wat die toets van eeue deurstaan het nie. Die Christen soek nuwe inligting, nuwe sogenaamde openbaring, soos die Israeliete was nie meer tevrede met die kos uit die hemel nie maar wou ander kos gehad het. Indien jy aanhou vra en vra sal God dit vir jou gee, maar soos die Israeliete het hy armoede in hulle siel saam gegee. Sommige Christene staan krities en afbrekend teenoor Leraars wat 45 volumes se kommentaar oor die Bybel geskryf het en geen volume minder as 400 bladsye bevat het, en wat gegrond was in Grieks, Hebreeus Latyns en Bybelse literatuur, wat geroep is deur God en wat God volkome besit het. Maar dan gaan hulle na nuwe sogenaamde profete en apostels se lering (met min of geen bybelse kennis nie), om ʼn gebrek aan insig en onderskeiding van geeste te openbaar. Dat ons hierdie dinge in ʼn groter mate te ondervind, die afvalligheid van wat die Apostels geleer het, is een van die groter tekens van die tye. Mense soos William Hendriksen en Charles Alexander wat Grieks en Hebreeus vlot gepraat en gelees het, wat die woord van voor tot agter geken het en net Skrif Alleen gebruik het, se interpretasie van Openbaring word verwerp. Die mense was eksegete van faam en was gerespekteer deur mede teoloë vir hulle Christelike karakter en dat die hand van God op hulle lewens erken het, hulle word versmaai, gekritiseer en hulle interpretasie verwerp. Daar word gegaan van tafels gedek met vaste spys, met soete melk van die ware Woord na tafels gedek met drek (beesmis). Lustig eet diegene daaraan want dit is mos ʼn vars Woord van die Here in hierdie laaste dae. Nou word daar dinge bekend wat vir die vroeë kerk onbekend was deur hedendaagse profete wat nuwe openbaring en insig gekry het.
Dit is baie maklik om mense wat besondere teoloë was (die koninging van die wetenskappe bestudeer, nl die bybelse taal van hulle geloof oor God) af te kraak, op hulle foute te wys, te kritiseer maar soos Bezo sê; ‘maklik om hulle sleg te maak maar dit is moeilik om hulle na te boots,’in karakter, in kennis en onmoontlik in die Goddelike ingryping in hulle lewe.
Waarom kyk ons nie wat geakrediteerde godsmanne gesê het oor die geloof nie, maar hardloop agter nuwe eeuse profete aan wat nie werd is om mense soos Calvyn, Luther, Knox, Bunyan, Spurgeon, Whitfield, Edwards en later, Hodge, Warfield, Hoeksema, Packer, Boice, se skoene vas te maak nie. Ek weet waarom, want ons soeke is maar na die aardse dinge, dit is die ingeboude sondige mens se soeke na iets wat hy kan sien, wat hy kan betas, wat sy vlees streel.
Dit is waarom ons boeke en films kyk wat ons natuurlik kan verbind met dinge wat in Openbaring staan. Ons wil die gebeure in Openbaring in konteks bring wat nou in die geskiedenis plaasvind sodat dit korreleer met wat ons bv. In Israel, in konflikte in die wêreld sien gebeur. Die Jood wil tekens sien, wil ʼn fisiese Koning hê, ʼn fisiese ryk van God. In plaas van dat ons geloof in dinge is wat ons nie sien nie, waarop ons hoop, ʼn ewige stad, ewige woning nie van hierdie aarde nie, ons is bywoners en soos Abraham ons soeke is na die geestlike, ons begrip is in die geestelike ruimte.
Elana Janson se Boek: How Near Armageddon
Nou kom ek by Elana Janson. Soos ek verwag het voor ek die boek gelees het is dat sy nuwe insig gekry het wat nie voorheen bekend was nie. Sy roem haar op ʼn ondervinding soos Bennie Hinn wat plaasgevind het in haar kombuis. So ook het ʼn menigte ander sulke ondervindings gehad en ander evangelie begin verkondig. Ek dink aan Joseph Schmidt wat die Mormoonse Kerk gestig het. In haar boek bring sy die Dooie See se skrifte in verband met die Openbaring se boek met sy Sewe Seels wat net Jesus waardig is om oop te maak. Die boek is die simbool van die heerskappy en uitvoerende outoriteit van God in die skepping. Dit is in belang van die verdrukte Kerk wat die Seels die simbool is.
Kom ons kyk na twee sleutel verse wat sy interpreteer as histories gebeure verwysend na histories figure in seker datums. Kom ons kyk eers wat die werklik beteken in die lig van die Heilige Skrif.
Rev 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
Hier in Openbaring is dit die finale en tweede koms van Jesus om te oordeel die lewende en die dode, sy kleed simbolies in bloed gedoop van sy oorwinning oor sy vyande. In Johannes 1 se dit wie is die Woord van God.
Isa 63:1 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.
Wat beteken dit?: Die profesieë praat van die Verlosser oor ons geestelike vyande. En Wie is dit wat ons oorwinning gekry het met die genade van God in Christus? Dit is op die kruis waar Christus oor magte in die hemele oorwin het. Wie is die een in sy volheid en krag?: Hy is die Verlosser, God was Israel se Verlosser uit die hand van hulle vyande en die Here Jesus is ons s’n, Sy naam: Jesus, die Verlosser hy red sy mense van hulle sonde.
Elana Janson se egter iets heeltemal nuuts waarvan niemand tot dusver geweet het nie. Die een waarvan Jesaja praat verklaar sy: is Marcus Aurelius Antonius, ook bekend as Caracalla en dit in 212 nC. Om alles te kroon stel sy voor dat Origen (een van die kerkvaders), is die een waarvan Jesaja praat as iemand wat in die volheid van sy krag kom. Die Origen is verborge in die gedeelte; ‘en sy Naam is: Die Woord van God.’ Origen is daarom so belangrike dat tot Jesaja van hom in verborgenheid praat. MAAR DIT IS JESUS DIE CHRISTUS WAT KOM IN WRAAK MET SY KLEED ROOI IN BLOED VAN WRAAK. MAAR HIER KOM N VROU EN Sê DIT IS ORIGEN. Sy is ook verkeerd dit is Tertullian wat die eerste keer die woorde drie eenheid gebruik het en nie Origen nie.
Sy sê, ek haal aan: ‘die derde persoon is definitief Origen want dit word gesê in Openbaring dat ‘sy naam is die woord van God.’ Die vrou het geen benul waarvan die Ou Testamentiese profete gepraat het nie, dat sy selfs verklaar dat die profete gepraat het van Origen in die Ou Testament is nie net godslasterlik nie maar idiotiese interpretasie van iemand wat haar moet beperk by haar vakgebied. (God help haar studente)
Ek het net die krag gehad om een gedeelte van haar drek bloot te stel in die lig van die Skrif. Diegene wat dit lees en promofeer verdien haar en die desepsie waarin hulle leef.
Die grootste rooi ligte het aangegaan toe die Here vir haar ʼn gesig gee met sewe woorde.
Die interpretasie van: Openbaring 1:3 salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. Die betekenis van hoor en bewaar volgens die Griekse Woordeboek van Prof. Jannie Louw wat gebaseer is op Semantiek, is om te luister, maar dan om te glo en te reageer op dit wat jy gehoor het. Soos die evangelie hoor en dan aanvaar. Wat se reaksie moet hulle hê in Johannes se tyd? Dat daar vervolging sal wees, toe en nou, ons moet moedhou want Christus is die oorwinnaar. Die tyd is naby, vervolging is altyd naby, sodoende moet die die wederkoms altyd voorgehou word vir die gemeente. Sodat in tye van verdrukking, is ons uitkoms altyd daar, self in dood. Lukas 11:28: En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar. Hier is dit hoor en dan bewaar hier in die Grieks is gehoorsaam. In konteks is die betekenis anders.
Kom ons kyk nou wat se Elana Janson van die twee verse: Om te verwys na Jesus se woorde in Lukas 11: 28 persoonlik aan ʼn vrou wat hom volg en die woorde dan in verband te bring met Openbaring 1:3 dat dit na ʼn vrou verwys wat sal lewe in die eind tye wat die Tweede koms sal aankondig, is so verwerplik dat ons dit met minagting behandel wat dit verdien. Die Bybel leer dat God sal die wederkoms aankondig en nie eers die Seun nie. ʼn Mens wonder of Elana dink sy gaan moontlik daardie vrou wees. So is al haar verduidelikings van die simbole, onvanpas, glad nie in verband met die res van die skrif nie, die betekenis is nie volgens die woord van God nie. Openbaring is geensins ʼn boek waar ʼn mens enige historiese gebeurtenis mee kan verbind nie. Sy beweer die Heilige Gees wys vir haar dit. Hier neem sy God se naam in ydelike gebruik. Dit is nie wat God sê nie, die is nie God se bedoeling met Openbaring nie. Die Heilige Gees werk deur die Woord van God, dit beaam die Woord van God, dit beaam nie ekstra bybelse openbaring nie. Dit is my boodskap aan diegene wat so Charismatiese versindsels en fabels bylas.
Van die boek moet ʼn mens wegbly sover van die Ooste na die Weste waar dit nooit sal ontmoet nie. Dit is die teenoorgestelde wat die Bybel vir ons leer en die interpretasie van Openbaring. ʼn Vrou raak makliker in desepsie as ʼn man, en om haar woord te aanvaar as Evangelies is om in die strik te trap van verleiding en om drek te eet van daardie tafel wat sy dek.
Wat is dan die Boodskap van Openbaring?
Waarna ons moet let, luister en bewaar in hierdie laaste dae (laaste dae is al die laaste 2000 jaar en kan om almal teleurtestel nog ʼn duisend jaar duur voor die wederkoms). Die boodskap van Openbaring is juis dat ons moet groot verdrukking verwag (die voorvoegsel ‘Die’ kom nie voor in die oorspronlike tale nie, dit is net groot verdrukking) en ons reaksie daarom is ons moet gereed wees, ons moet voorbereid wees in ons deel van die laaste dae van verdrukking, valse openbaring, ander evangelies, verleiding van die waarheid, ons oë moet gevestig wees op Jesus die voleinder van ons geloof, en mekaar bemoedig op dit wat gaan kom, sodat ons gereed sal wees, want ons weet verseker dat in die lewe gaan ons verdrukking hê. Dit suiwer tog die Kerk en het die Kerk nie vandag ʼn suiwering nodig nie en dit gaan kom deur ongekende vervolging waardeur jy en ek sal gaan as ons nog lewe, of ons wil of nie. Verseker gaan ons dit nie van Bo af sien nie maar ons gaan die beleef. Om vir mense gereed te maak om dit wat kom te ontsnap is die grootste onguns wat ons mense kan aandoen. Om van ʼn sogenaamde wegraping te praat wat nie in die Bybel voorkom nie en soos ek sê, om in desepsie te wees is een ding, maar om desepsie te verkonding gaan jou werke soos strooi vegaan en verbrand word, moontik soos die bybel sê kan jy deur vuur gered word. Daar gaan die krone wat ons so onskriftuurlik na uitsien wat ook verkeerdelik geinterpreteer word. Kyk na die artikel oor belonings op die webwerf; www.reformedtruth.co.za
ʼn Mens raak moeg om al die onheilige vure te probeer doodslaan, maar een troos is, is dat God dit toelaat, mense oorgee aan fabels, vir hulle gee wat hulle soek buite die Heilig Woord van God want dit is ʼn oordeel oor diegene.
Die wat ore het om te luister luister.

Nico Engelbrecht

Bron: www.reformedtruth.co.za

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]