Lesing 5

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on May 22, 2010 at 13:48:59:

Lesing 5
Hfst. 5 每Boekrol in Regterhand
Op.5:1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek &n boekrol gesien wat aan die voor- en agterkant vol geskrywe was en wat met sewe se忸ls goed verse忸l was.
In hierdie hoofstuk kom ons agter dat God van die leierskap van &n nasie verwag om Hom te dien. Dit is waarna die woord ※regterhand§ verwys. Die meeste mense is regshandig en dit beteken dat hul regterhande die simbool is van hulle werkskrag. Wanneer die woord ※regterhand§ in die Skrif staan, beteken dit iets wat baie belangrik is. Openbaring verwys na die ※lam§ wat ※geslag is§, want die nasies het na &n sekul那re regering verander en hulle het die groot offer wat God gebring het, vergeet. Dit is die groot rede waarom God weer, aan die einde van die tweede millennium, Openbaring verstaanbaar gemaak het, sodat daar weer mense gered kan word.
In hierdie hoofstuk maak God sonde en straf bekend d.m.v. die ※diere§. Ons kom nou agter dat daar &n boekrol is. Watter boek is die boekrol? Dit is die boek Openbaring. Hoe weet ons dit? Dit is die boek wat God self aan Jesus Christus gegee het.(Op. 1:1) Dit is in § die regterhand van Hom wat op die troon sit§. Openbaring is die Openbaring van Jesus Christus wat aan die regterhand van God in die hemel sit. In Openbaring word hierdie woord deurgaans gebruik om na die opgestane Christus te verwys, of om iets baie belangrik oor Hom bekend te maak.
Hierdie hoofstuk handel ook oor die leierskap van die volgelinge van die Christelike geloof, soos wat dit versprei en ontwikkel regdeur die w那reld. Dit handel oor die Christelike konings in die 1e en 2e millennium , maar ook oor die ※sterk manne/mighty men§ in die tyd van die regerings van die meerderheid (majority rule) in die 2e helfte van die 2e millennium. (Ps 110:1-4 The Lord said unto my Lord (the king) Sit thou at my right hand #.. thou art a priest for ever after the order of Melchizedek)
※Voor en agter§ (within and on the backside) maak nie net bekend dat die boekrol voor en agter volgeskryf is nie, maar verwys ook na die se忸ls wat oopgemaak word. Hierdie woorde se verwysing kry ons van Eks 3:1-2. Ek haal in Engels aan want die Engelse vertaling is meer beskrywend as die Afrikaanse vertaling. ※Now Moses kept the flock of Jethro his father in law, the priest of Midian; and he led the flock to the backside of the desert and came to the mountain of God, even to Horeb. And the Angel of the lord appeared to him in a flame of fire out of the midst of the bush.§
Hierdie vers maak bekend dat dit iemand sal wees wat deur innerlike leiding gelei sal word na &n plek waar &n Goddelike ingryping sal lei tot instruksies, wat van God af kom, oor hoe hierdie s忸els oopgemaak moet word. Dit het ook &n tweede betekenis nl. Oos en Wes. Die evangelie het versprei na die Weste en die Ooste.
Met die oopmaak van die eerste vier se忸ls, word die evangelie uitgedra in spesifieke rigtings. Die vier perde is die simbool van die rigting en verloop van die evangelie.
※Sterre§ is ook &n woord wat verband hou met hierdie gedeelte. Op. 1:6 s那 vir ons dat die opgestane Christus die sewe sterre in Sy regterhand vashou ( Op.2:1). ※Hierdie is die woorde van Hom wat die sewe sterre in Sy regterhand vashou.§ M.a.w. dit het te doen met die essensie van die boodskap van Christus aan die Christene. Wat sou die sewe sterre simboliseer? Die absolute waarheid van die Christendom en dit is die enigste godsdiens op aarde wat hierdie waarhede verkondig:
1. Geboorte van die redder van die w那reld, aangekondig deur &n ster.
2. Christus se kruisdood as offer vir ons sonde
3. Opstanding en Ewige Lewe as belofte vir almal wat Sy offer aanneem .
4. Vergifnis as sonde bely word en weggedraai word van sonde.
a. Gehoorsaamheid aan God word beloon met Ewige Lewe.
5. Heilige Gees as Gees van Waarheid.
In Op. 6:13 word daar ges那 dat die sterre gaan van die hemel val. Dit beteken dat die sterre(boodskap van waarheid) sal val , wanneer die nasies nie meer die Christelike boodskap as die absolute waarheid sal aanvaar nie. Wat egter belangrik is, is dat die mense reeds hier sal besef dat dit die eindtyd is.
OP.5:2 Toe het ek &n sterk Engel gesien wat met &n harde stem uitroep; ※Wie is waardig om die boek oop te maak en die se忸ls daarvan te breek.
※Sterk Engel§ (mighty angel) kom ook voor in Op. 10:1. Hierdie Engel moet &n baie ho忸 posisie beklee in die hemel want hy word beskryf in die simbole van die Drie-eenheid, bv. Wolk (Op.14:14) re忸nboog (Op 4:3), son (Mal 4:2) vuur (Op 1:14) In Op 10:1 sien ons ook dat die sterk engel die klein boekrol vashou. In Op 10 word die klein boekrol verbind aan een van die sewe donderslae. In hierdie interpretasie verbind Dr. Janson die sewe donderslae aan sekere ontdekkings wat in geheime plekke gevind is in spesifieke plekke en in spesifieke jare. Ps. 81:7 ##geheime plekke van die donderslae.
Hierdie ※klein boekrol§ word verbind aan die houer met balsam wat in 1988 in Qumran gevind is. Hierdie balsem is in die Ou Testament gebruik om die ware koning van Israel mee te salf. Is dit miskien &n aanduiding dat die tweede koms op hande is?
Op. 5:3 Maar niemand ( no man) in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie.
In die Engelse vertaling word gepraat van ※no man ###was able§. Die gebruik van die woord ※man§ is baie insiggewend, want later in Openbaring sal ons sien dat die woord ※man§ betrekking het op die ※mens§ wat mislei is deur die ※dier§. Die mens glo dat die hy na homself kan omsien, en hy beywer homself nie meer om die ewige lewe saam met Christus te be-erwe nie. Daarom sal geen ※mens§ (man) die geloof h那 om die boekrol oop te maak nie. Net iemand wat glo dat die Woord van God die absolute waarheid is, sal op &n spesifieke tyd , wat deur God bepaal is, die boekrol kan oopmaak om te verstaan, en slegs diegene wat ook glo aan die absolute waarheid van Jesus Christus, sal ※daarin kan kyk§
Op 5:4-5 Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. Toe s那 een van die ouderlinge vir my: ※Moenie huil nie, Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe se忸ls oopmaak.
Dit sal &n Goddelike ingryping wees deur Jesus Christus en die Heilige Gees, wat informasie bekend sal stel oor die oopmaak van die se忸ls. Die woorde ※leeu uit stam van Juda§ kom uit die Ou Testament en het betrekking op die profesie oor die koms van die Messias.
In die volgende hoofstukke sal ons agterkom dat dit die woorde is, wat Jesus Christus op aarde gepraat het, wat die profesie oor die geskiedenis van die kerk ontsluit. Dit bevestig dat die geskiedenis van die nasies oor die twee millenniums, vooruit bepaal is. Deur die woorde wat Christus gepraat het, sal ons die simboliek van Openbaring kan verstaan. Daarom moet jy weet en glo dat die Woorde wat Christus gepraat het op aarde die absolute waarheid is, anders sal jy nie Openbaring se simboliek verstaan nie. Ons weet dus dat Christus lewendig is en inderdaad die Messias is wat deur die Ou Testament voorspel is.
Op 5:6-7 Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, &n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe o忸 gehad. Die sewe o忸 is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.
Die Lam is die simbool van die gekruisigde Jesus Christus. Hierdie hoofstuk gaan oor die oopmaak van die boek Openbaring. In die tyd van die bekendmaking van die boek Openbaring, die ※laaste tydjie§ voor die Wederkoms, word hy weer deur die nasies van die w那reld gekruisig. Dwarsdeur die w那reld word al die gelowe nou gelykgestel deur die regerings van die aarde en dit beteken dat Christus se offer geen gewig dra voor die reg nie. Die boodskap van die ewige lewe deur die dood van Christus (Lam) word ondermyn. Dit word soos in die tyd van die Ou Testament op die altaar geplaas. Die lam was in die Ou Testamentiese rituele geoffer. Dit was &n vooruitskouing van Christus wat gekruisig sou word. Met die kruisiging is Christus verneder en ondergeskik gestel aan die mense.
Die oopmaak van die sewe se忸ls sal op &n tyd geskied dat die Christendom weer verneder en ondergeskik gestel sal word aan die wil van die mense van al die nasies. Hoe weet ons dit? Want die Lam is omring deur die vier lewende wesens.
Waarom is hierdie simbool so in Openbaring geplaas? Dit is met die spesifieke doel om te wys dat die mens tussen die tydperk 1932 tot 2004 (periode van 72 jaar) weer Christus se boodskap sal ※doodmaak§. Dit is ook die laaste periode van 72 jaar van die laaste ※sewe dae§ van die twee millenniums. Dit is in hierdie tydperk dat die Verenigde Nasies vryheid van geloof aanvaar het as internasionale wetgewing van die w那reld. In Openbaring 17:17 lees ons dat God dit toegelaat het, omdat dit net vir &n sekere tydperk sal wees ※omdat dit aan die heidene§ oorgegee is (Op 11:2)
Ons gaan nou &n bietjie vooruit kyk. Ons sal later sien dat die tydperk 1860 每 2004 die tyd is dat die ※muur§ van die Nuwe Jerusalem weerkaats (reflekteer) op die tyd van die aarde. Toe die mense van die aarde in die tydperk 1860 -2004 verander het na sekul那re regerings en ook ander gelowe gelykgestel het met die Christelike geloof, het hulle simbolies weer die Christelike boodskap geoffer op die altaar. Dit het gebeur omdat die mens vanaf die middel van die tweede millennium, vasbeslote was om &n sekul那re regering in te stel wat regeer word deur die wet.
Hierdie laaste 144 jaar (1860-2004) is dus die tydperk van die ※muur§, want in daardie tyd het die mense vergeet dat Christus gekruisig is. Die kruis is juis die simbool van die muur wat afgebreek is tussen die mens en God. Daarom praat Openbaring van die ※muur groot en wyd§ (Op.21:12) in die tydperk 1860-2004. Hierdie muur veroorsaak weer skeiding tussen God en mens.
Die sewe horings is die simbool vir konings. Dit is die tydperk toe die Christelike Konings en Christelike priester in eenheid saamgewerk het. Dit was die tyd toe die boodskap van Christus sterk en kragtig versprei het deur Westelike Europa. Hierdie eenheid sou egter verbreek word deur die korrupte leierskap van die nasies. Die gesalfde Christelike Koning sal vervang word deur nuwe leierskap in die tweede millennium en hulle sal uiteindelik die ※lam§ weer§ offer§. Hierdie is die ※gruwel wat tot die verderf lei§ (abomination that leads to desolation) Die nasies het nie meer geloof in die reddende offer van Jesus Christus nie
Die ※sewe o忸 wat die sewe Geeste van God is, wat oor die hele aarde uitgestuur is§ wys vir ons die verspreiding van die Christelike geloof volgens die ※geloofsformulier (creed)§ van Chalcedoon. Dit is die aanvaarding van die eenheid van die Vader, Seun en Heilige Gees. Hierdie formulier het tot op die eindes van die aarde versprei.
※Uit die regterhand van Hom wat op die troon sit§ beteken dat die boek Openbaring bekend gemaak sou word deur &n ingryping van die drie-enige God. Dit is dieselfde tyd waarin die Lam weer simbolies geoffer word deur die leierskap van die nasies. Hierdie leierskap is veronderstel om die regterhand van God te wees. Openbaring sal later bevestig dat hulle die Christelike konings en leiers van die Christelike kerk sal wees. (Op.6:15) Deur die houding van die Christene word die werk van die Heilige gees onderdruk.
Op 5:8-14 Net toe die Lam die die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het &n siter gehad en &n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Toe sing hulle &n nuwe lied: ※U is waardig om die boek te neem, en die se忸ls oop te maak omdat U geslag is en met U bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. U het hulle in U koninkryk priesters vir ons God gemaak. En hulle sal oor die aarde regeer. Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens &n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor uitroep: ※ Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom en wysheid en sterkte, die eer die heerlikheid en lof te ontvang§. Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja alles wat daar is, het ek hoor s那: ※ Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.§ Die vier lewende wesens het ges那: ※ Amen!§ En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.
Hierdie bogenoemde gedeelte wys vir ons dat die drie-enige God in beheer is van die bose magte (vier lewende wesens) wat gestuur word om die mense te mislei. Hoekom word die mense mislei? Omdat hulle self besluit het om God nie meer te eer nie, daarom word misleiding op hul pad gestuur. God-drie-enig is ook in beheer van die 24 ouderlinge. Dit is hulle wat ook besluit het om God te eer, en hulle sal teenstand kan bied teen die misleiding, omdat hulle glo dat die Woord van God die absolute waarheid is. Ons sal later sien dat die tyd wat aangedui word deur die woorde ※harp, siter, wierook, en die gebede van die gelowiges§ ook verwys na die tydperk wanneer Openbaring bekend gemaak word.
Wanneer al die dinge gebeur waarvan Openbaring praat, sal die nasies verstaan dat God drie-enig nog altyd regeer het en veral die laaste 2000 jaar en dan sal die ※Lam nie meer geslag§ wees nie maar Christus sal erken word as die Opgestane Christus, wat alles onder beheer het.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]