Rooi Perd

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on June 03, 2010 at 14:55:12:

Hfst. 6 – Rooi Perd
Die leser moet kennis neem hoedat Openbaring in hierdie hoofstuk en die vorige hoofstuk met groot tree beweeg oor lang tydperke van eeue in die Geskiedenis.
As daar ‘n verband is tussen die ontdekking van die Psalms deur Origen in 216nC en die wit perd, is dit ook moontlik dat daar ‘n verband kan wees tussen ander ontdekkings van Judaїese boekrolle in die Midde Ooste op ander tye in die twee millenniums.
Die tweede ontdekking is ‘n Hebreeuse manuskrip in 800nC. In hierdie manuskrip skryf ‘n ouderling van die gemeente Seleucia (726 – 819), Timoteus 1 aan sy vriend Sergius in Elam (dood 805) dat betroubare Jode wat opleiding ontvang het in die Christelike geloof in die katakombes, tien jaar gelede boeke gevind het in ‘n bewoonde grot in Jerigo. Onder hierdie boeke het hulle oor die twee honderd Psalms van Dawid gevind. Ons kan dus hierdie ontdekking plaas in die tydgleuf van 790nC. Daar is ook bewyse gevind dat hierdie boeke in verband gebring kan word met die Qumran sekte. Net soos in die geval van die wit perd, kan hierdie datum slegs van belang wees as ons dit kan verbind met dit wat Openbaring van die rooi perd sê. Slegs die Psalms is definitief ontdek en daarom word hierdie ontdekking dus as een van die “sewe donderslae” gesien. (Op.10:4)
Op.6:3 Toe Hy die tweede seёl oopmaak, het ek die tweede lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” Daar het ‘n ander perd, ‘n vuurrooie uitgegaan. Aan sy ruiter is opdrag gegee om die vrede van die aarde af weg te neem, sodat die mense mekaar sal uitmoor. ‘n Groot swaard is aan hom gegee.
Volgens historiese bronne is boekrolle met Psalms van Dawid ontdek ongeveer in die jaar 790nC. Ons kan sien dat hier twee tydperke van 288 jaar aangedui word. Dit is belangrik want dit is die tweede keer dat Openbaring tyd aandui van +/-288jaar. Die eerste keer was dit vanaf Patmos tot die Edik van Milan (gemeet vanaf doop van Christus)
Nou, met die tydmeting van die tweede seёl word die tyd 790nC aangedui. Omdat hierdie ruiter ook Christus is moet ons die tyd vanaf Sy geboorte meet.
Die tyd van die rooi perd strek oor altwee millenniums. Waar die Woord versprei na die eindes van die aarde, sal die vrede weggeneem word. Ons lees in Op. 5:5 dat net die Lam die boek kan oopmaak. Daarom moet ons kyk na die woorde van Christus Mat. 10:34 “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. In Joh. 2:19-21 het Jesus geantwoord. “Breek die tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig. Die Jode sê toe : “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig? Met “ met hierdie tempel” het hy egter sy liggaam bedoel” (Liggaam is kerk)
In die jaar 70nC is die tempel in Jerusalem verwoes deur die Romeine. Die opening van die tweede seёl dui aan dat twee en ‘n halwe tydperk van 288 jaar gemeet kan word vanaf die jaar 70nC. Na aanleiding van die woorde van Christus moet ons nog ‘n halwe dag van 144 jaar byvoeg. 790 + 144 = 934
Teen die jaar 934nC was feitlik al die nasies van Europa gekersten. Uit Europa sou die Christendom volgens die Leer van Chalcedoon tot aan die eindes van die aarde geneem word.
In Daniël 7:5 word ons in aanraking gebring met die tweede dier , wat ‘n beer is. And behold another beast, a second like a bear, and it raised up itself on one side, and it had three ribs in the mouth of it between the teeth of it and they said thus unto it “Arise, devour much flesh ………Ek het die tweede dier gesien wat soos ‘n beer lyk. Dit het drie ribbebene tussen sy tande in sy bek gehad. Daar is vir hom gesê: “Staan op en verslind baie vleis.”
“Arise (staan op) word hier verbind aan die woorde van Op. 11:1. “Rise, and measure the temple of God and the altar. (Staan op en meet die tempel van God en die altaar.)
In hoofstuk 4 is daar ‘n tabel met die mates van die “tempel” in. Die leser moet goed verstaan dat Openbaring vir ons duidelik wil tuis bring, dat die “dier” geleidelik ontwikkel het tot ‘n totale dier uit die see en uit die aarde. Ons het dus hier te make met progressie. Openbaring maak dit nou duidelik dat die “dier” ‘n anti-Christelike mag is wat probeer om die ontwikkeling van die Christendom (4 perde) in die wiele te ry. Die “diere” van Openbaring is ‘n reuse konsep wat strek oor albei millenniums en die enigste manier vir Openbaring om die kompleksiteit te verduidelik, is om gebruik te maak van die simboliek van die diere van Daniёl. Die tweede dier van Daniёl het sekere eienskappe wat verbind kan word aan die ruiter op die rooi perd, wat op sy beurt ook aan die geskiedenis verbind moet word. Op hierdie manier kan ons uiteindelik die volle konsep van die dier verstaan. Dit verduidelik ook die periode van die ruiter op die rooi perd en waarvoor hierdie ruiter en rooi perd staan.
Die tweede dier wat Daniël gesien het, het homself opgerig na die een kant toe. Later sal ons sien dat die eerste dier wat Daniël gesien het, die leeu, op albei bene staan.
Ons moet ook die “rooi draak” verbind aan die rooi perd. Op.12:3 “En ‘n ander teken het in die hemel verskyn en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings en op sy koppe was sewe krone.” Ons sal later die rooi draak bespreek. Neem net kennis dat die draak aktief was vanaf 325nC tot 1932. Die verband vind ons in die woorde “tien horings” Om die “rooi draak” te interpreter moet ons ook weet hoe die “dier uit die see” lyk. Op 13:1 “…..dit het sewe koppe, tien horings en op die horings is daar tien krone” en vers 4 sê dat” die draak gee krag aan die dier.” Ons sien dus hoe verbind Openbaring die verse aanmekaar. Die “sewe koppe en tien horings” kom voor by die draak en die dier, terwyl die “sewe krone” net by die draak voorkom. Daar is ‘n goeie rede vir die tweeledigheid van die draak. In die eerste plek dui dit spesifiek aan wat die rooi draak is. Dit is die simbool van skeiding tussen Christene. In die tweede plek dui dit aan dat dit homself alleen oprig in die eerste millennium aan die een kant, en dan in die tweede millennium word hy saam met die dier uit die see opgerig aan die een kant. Ons sien dus dat hy op die ou end op albei voete staan. Die totale tydperk van die rooi perd is dus 325-1932.
Die tweede lewende wese word verbind met die oopmaak van die tweede seёl. Die tweede lewende wese het gelyk soos ‘n bul. Die opdrag van die ruiter was om die vrede van die aarde weg te neem. Dit hou ook verband met die tweede donderslag. Onthou die donderslae is ontdekkings op geheime plekke. Hierdie boekrol wat ontdek is was die Psalms van Dawid. Ps. 22 is ‘n psalm van Dawid. Ps.22:13 ‘n Wreedaardige klomp mense het my omsingel, soos beeste uit Basan staan hulle my toe. Soos verskeurende brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.”
In die geskiedenis van die nasies van Europa, het daar vanaf daardie tyd breё opstande en revolusie van die gewone mense teen die koning en die leiers van die Christelike kerk gewoed. Dit het verandering in die regerings van die nasies tot stand gebring. Toe die Christelike geloof versprei het tot aan die eindes van die aarde, het die gewone mense in opstand gekom teen die koloniale owerhede.
Die woorde “kom kyk”, verwys na die tyd van die kruisiging. Mat. 28:6 “Kom kyk na die plek waar die Here gelê het. Vanaf 33nC kan ons 288 jaar bylas dan kry ons die tydperk 321nC.
Die ruiter op die rooi perd het ‘n swaard gedra en dit moet ook verbind word aan die eindgedeelte. Op. 19:25-26. Hierdie gedeelte praat ook van die rooi perd. Wanneer ons deur Openbaring beweeg sal ons sien dat daar in die tweede millennium sterftes van Christene plaasgevind het . Dit het plaasgevind a.g.v die gevegte tussen die Christelike Kerk en die Christelike Konings. Die swaard wat uit die mond van die ruiter kom, dui aan dat Christus in beheer is selfs in tye van konflik.
Om die simboliek van die rooi perd te verstaan moet ons Sag.1:8 lees : “In ‘n visioen gedurende die nag het ek ‘n man op ‘n rooibruin perd sien sit. Hy was tussen mirtebome in ‘n laagte. Agter hom was daar bruin, rooi en wit perde. “ Die Here het dan vir Sagaria vertel dat dit diegene is wat heen en weer oor die aarde loop. Deur hierdie prent of simboliek sien ons dat dit die tyd is dat die Christendom oor die aarde sal versprei – Noord, Oos en Suid en dan tot die eindes van die aarde.
Hy het “krag” ontvang om die die vrede van die aarde af weg te neem. Openbaring dui aan dat dit die tyd na 790nC sal wees, wanneer die Christelike nasies krag sal ontvang om oor ander nasies te regeer, sodat die Christelike kerk bewaar sal word. In Sag 1:11 sê dit dat die ruiter die aarde rustig en vol vrede gevind het, Nou in kontras sê Openbaring dat die ruiter op die rooi perd die vrede van die aarde sal wegneem. Vergelyk dit ook met Mat.10:34 “Nee, ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.”
“Hulle sal mekaar doodmaak; en aan hom is gegee ‘n groot swaard”. Die Christelike nasies sal moet oorlog maak teen die ander nasies, sodat hulle oor die ander nasies kan heers. Die woorde “groot swaard” wys dat Christus met die Christelike nasies sal wees tot by die laaste oorlog in die laaste tydmeting van Openbaring. Die woord “groot” het ook te doen met die tyd van die sewende wraakbak en dit is die laaste tydmeting van Openbaring.
Die Rooi perd wys vir ons die tyd wat die Christendom oor die aarde sal versprei tot by die eindes van die aarde en dit sal gepaard gaan met baie oorloё, maar die Christelike kerk sal beskerm word tot in die 21e eeu.
‘n Kettingperiode van 72 jaar periods kan gemeet word vanaf 216nC – 792nC.
72 72 72 72 72 72 72 72 72 72
216 288 360 432 504 576 648 720 792
Net soos in die geval van die ruiter op die wit perd, kan hierdie datum net belangrik wees as daar iets in die geskiedenis is wat aan die rooi perd verbind kan word. Charlemagne was in 800nC die hoof van die Kerk en die staat. Hy het die Biskoppe as koninklike afgevaardigdes gesien wat moes help om die regering vlot te laat verloop. Hulle was regters asook belasting gaarders. Hierdie sisteem het tot lank na Charlemagne se dood in 814nC voortgeduur. Dit het selfs nog in werking gebly toe die Frankse Koninkryk opgebreek het en Duitsland ‘n los federasie van state geword het.
Die Magyar en Slavse invalle het in die tiende eeu begin , maar die Duitse federasie was versterk deur die Saksiese Ryk. Die Sakse koning Otto 1 is gekroon as die Heilige Romeinse Keiser in 963nC. Hy en sy opvolgers het die Ryk bestuur deur Biskoppe en Monikke. Hierdie sisteem was feitlik dieselfde in Spanje, Engeland en Frankryk en die gesamentlike regering van Kerk en Staat was stewig vasgelê teen 1000nC.
Die Engel op die rooi perd van Sagaria sê dat die rooi, bruin en wit perde heen en weer oor die aarde beweeg het. Na 800nC het daar ook bekerings tot die Christendom plaasgevind in Noord Europa, wat vir ons ‘n aanduiding gee dat die Christendom nou in verskillende rigtings beweeg en dit val saam met die rooi perd van Sagaria wat oor die aarde beweeg. Die tyd 950nC en 1050 was die tyd van die bekerings van Skandinawiё, Denemarke, Noorweё en dele van Swede, asook na die lande buite die grense van Swede waar die mense kolonies gestig het, soos Ysland, Groenland, Kiev en tot by die latere Rusland. Dit was die tyd dat baie Slawiёrs in Sentraal Europa oos van die Elbe rivier, ook tot die Christendom bekeer is deur Otto 1. Die Tsjegiese en Poolse lande het ook tot bekering gekom. Gedurende hierdie eeu is ook die Magyers en Hongarye bekeer tot die Christendom en het hulle deel geword van die Christelike nasies.
Die periode waarin die Christendom versprei het na die Midde-Ooste (kruistogte en Konstantinopel 1096-1292) en die Verre Ooste (sendelinge 1266-1900) en die Verre Weste (Columbus 1492) tot uiteindelik tot in die 21e eeu was dit die tydperk van die rooi perd.
“Uit sy mond gaan ‘n skerp swaard”, het betekenis op meer as een vers. In Op 19:15-16 Uit sy mond het daar toe ‘n skerp swaard gekom om die nasies mee te verslaan en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer. Hy sal self die parskuip vir die wyn trap, dit is die wyn van God die Almagtige se toorn en woede. Op Sy kleed, by Sy heup was ‘n Naam geskryf: “”KONING VAN DIE KONINGS EN HERE VAN DIE HEERSERS.” Die herhaling van die woord “swaard” in hierdie seksie verwys na die tyd van die rooi perd as ‘n baie lang tydperk waarin baie konings sal regeer. Soos wat ons deur Openbaring beweeg, sal ons sien dat baie Christene ook doodgemaak is in die tydperk waarin die Christelike staat en Kerk in onmin gewikkel was. Hierdie swaard wat uit die mond van die ruiter kom, wys vir ons dat God ook in beheer is van al die konflikte en oorloё met die uitsluitlike doel om die Christelike geloof te beskerm en te bewaar.
“Konings en Priesters dui op die tydperk 790nC -800nC toe die Christelike Konings en Priesters van die Kerk in harmonie saam regeer het in die grootste deel van Europa. Na hierdie tydperk sal daar ‘n al groter wordende konflik en onmin ontstaan tussen die Christelike Kerk en die Christelike Konings in Europa.
Ons kan nou sien hoe die rooi draak aan die rooi perd verbind kan word, want die draak is ‘n bose mag wat onmin wil saai tussen Christen en Christen. Dit gaan oor beskuldigings tussen broer en broer. In Op 12:10 sê dit “want die aanklaer van ons broers is neergewerp - the accuser of our brethren is cast down.” Daarom is die rooi perd ook die tydperk toe die oorloё gewoed het tussen Christen en Christen.
In Openbaring 11:9 en 11 word die tydperk drie en ‘n halwe dag” genoem en dit word twee keer genoem. Dit is dus vir ons ‘n aanduiding dat dit in beide millenniums gemeet moet word.
Die “drie en ‘n half dag” in beide millenniums is die tweede tydmeting van die twaalf tydmetings van Openbaring. Die twaalf tydmetings is die “twaalf sterre” wat in Openbaring 12:1 genoem word. Hierdie tydmeting is ook die meting van die tempel (Op11:1)


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]