Swart perd

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on June 18, 2010 at 12:38:54:

Swart perd
Op. 6:5 Toe Hy die derde seёl oopmaak, het ek die derde lewende wese hoor sê: Gaan uit! Ek het gesien; daar was ‘n swart perd. Sy ruiter het ‘n skaal in sy hand gehad. Toe het ek iets soos ‘n stem in die middel van die vier lewende wesens hoor sê: “Net een skeppie koring vir ‘n dagloon en net drie skeppies gars vir ‘n dagloon. Maar moenie die olie en die wyn bederf nie.”
Die eerste vier seёls hou verband met Geskiedenis. Soos ons gesien het, was die eerste seёl 216nC en die tweede seёl was die tyd 792nC in die eerste millennium na die geboorte van Jesus Christus. Die tyd van die vyfde, sesde en sewende seёls, kan net verstaan word en geopenbaar word na 2000, wanneer ons die kennis het dat ons naby die eindtyd is. Hierdie kennis is aan die Dr. E. Janson geopenbaar deur die Goddelike ingryping.
As ons ‘n bietjie vooruit loer kom ons agter dat die tye van die eerste vier seёls ook die tyd is van die eerste vier donderslae. Die laaste drie van die sewe donderslae is ook tye van argeologiese ontdekkings en wys ook drie ander tydmetings, maar dit is nie die tye van die opening van die laaste drie seёls nie. Die tye van die laaste drie seёls word bekend gestel deur die woorde ;”donderslae, weerligstrale en ‘n aardbewing “ (Op 8:5, 11:19 en 16:18) asook die tydmeting van 1260 dae en 42 maande.
Daar is twaalf tydmetings in Openbaring. Hierdie tydmetings word genoem die “twaalf sterre” in Op 12:1. Twee van die twaalf tydmetings is bekend gemaak met die opening van die eerste twee seёls. Met die opening van die derde, vierde en vyfde seёls sal ‘n verdere nege tydmetings aan ons bekend gestel word. Die hele Openbaring rus op hierdie tydmetings.
Hierdie derde seёl word ook deur die Lam oopgemaak. Hierdie is dus ook een van die interpretasies wat Dr. Janson gekry het. Dit is ook een van die donderslae en ook is daar boekrolle ontdek op geheime plekke in 1896 en daarom hou dit verband met die oopmaak van die derde seёl.
Naby die einde van die vorige eeu was daar ‘n baie ou Sinagoge in Kaïro wat ‘n solder (geniza) gehad het en hierdie Sinagoge dateer vanaf die 9e eeu. In 1896 is ‘n paar fragmente van boekrolle aan Solomon Schechter gewys. Hy was ‘n lektor aan die Cambridge Universiteit wat op besoek was in Kaïro in daardie tyd. Een van die fragmente het ‘n gedeelte van ‘n oorspronklike Hebreeuse teks bevat wat vir 1000jaar net in tweede en derdehandse geskrifte beskikbaar was. Dit het Schechter oorreed om verder ondersoek in te stel. In Desember 1896 het hy die totale solder deursoek en 164 bokse met manuskripte gevind. Daar was 100 000 stukke. Hy het dit na die Cambridge Universiteit toe geneem.
Uit al hierdie fragmente kon hulle twee Hebreeuse dokumente saamstel en dit het bekend geword as die Damaskus dokumente. Hierdie dokumente was nie volledig nie en het begin- en eind- gedeeltes gekort asook ‘n paar middelgedeeltes. Hierdie dokumente was deurmekaar en die logiese temas was onverstaanbaar. Wat egter van belang is, is dat daar kennis van hierdie dokumente in die omloop was, lank voordat die Dooie See rolle ontdek is. Die wetenskaplikes het nie geweet wat om hiervan te dink nie.
Dr Janson het hierdie dokumente verbind aan die derde perd wat swart is. Dit word ook die derde donderslag genoem en val saam met die oopmaak van die derde seёl.
Om die betekenis van “swart” te vind moet ons gaan kyk na Spreuke 7:9.”in die middel van die nag en die donker / in the black and dark night.” M.a.w. die swart perd verwys na nag of duisternis.
Die tyd van die drie dae in die drie en ‘n half dag van die tweede millennium, is ook die tyd dat die aarde donkerder geword het. Die drie dae is ook die tyd van die drie nagte. Ons vind die verwysing in Jesus se woorde; Mat 12:40 Net soos Jona vir drie dae en drie nagte in die maag van die walvis was, so sal, Ek die Seun van die mens, vir drie dae en drie nagte in die binneste van die aarde wees”. Hierdie woorde verwys na die dood en opstanding van Christus, maar in die konteks van die tydmeting en geskiedenis verwys dit na die drie dae van die 2e millennium.
In die tydperk van “nag” kom dit voor asof die tyd teruggemeet word vanaf 1896. Die tyd van die drie nagte begin ongeveer in 1032 en dit is ongeveer 1000 jaar na die kruisiging en opstanding van Christus.
288 288 288
1000 1032 1320 1608 1869
Die tyd van “nag” in Openbaring is die derde tydmeting van die twaalf tydmeting in Openbaring. Die twaalf tydmetings is die twaalf sterre wat in Op.12:1 gevind word. Hierdie is die tyd wat die mens deur die diere mislei word.

Neem nou in aanmerking dat die ruiter op die wit perd ‘n kroon dra en die swaard wat die vrede van die aarde sal wegneem van die rooi perd. Die skale van die swart perd het te doen met die regerings van die nasies. Hulle verwys na die meerderheid se stem (majority rule) deur die mense wat die regering van die Konings omver gewerp het. Dit het dwarsoor die Westerse wêreld gebeur en in die Amerikas in die negentiende eeu en vroeg in die twintigste eeu. Die meerderheidstem word ook die regering van die mens(majority rule) genoem en dit sou lei tot die geleidelike vervreemding van die Christendom onder die nasies.
Dit sou later oor die hele Europa versprei en het sy toppunt bereik in Rusland (Noordelike nasie) waar die Kommuniste die nasies wou regeer deur totale ekonomiese riglyne. In die eerste helfte van die twintigste eeu is die Christelike kerk in Rusland feitlik verwoes.
In Sag. 6:6 word ons vertel dat die profeet die swart perd na die noorde toe sien gaan het. “ Die met die swart perde trek uit na die land van die noorde/ The black horses which are therein go forth to the North Country”. Teen die einde van die negentiende eeu sien ons in die geskiedenis, dat dit die nasies in die Noordelike halfrond is, wat die meerderheids regering die sterkste propageer, sodat hulle kan regeer volgens die regering van die mense (majority rule).
Die tyd van 100 jaar is die vierde tydmeting van Openbaring. 1896 is 100 jaar voor 1996 (Goddelike ingryping) Daar is ook 100 jaar tussen Christus se geboorte en Johannes op Patmos. 4vC-97nC

Met die opening van elk van die vier seёls hoor ons die vier lewende wesens sê; “Kom kyk”. Met die woorde “Toe het ek iets soos ‘n stem by die vier lewende wesens hoor sê.” Dit beteken dat die eerste vier seёls ‘n verdere tydmeting bekend maak. Een van hulle is die “getal van die mens” (Op 13:18) Onthou die derde dier het die gesig van ‘n mens gehad (Op 4:7) Deur die woord “man” of mens maak Openbaring bekend dat die jaar 1896 verbind kan word aan die getal van die mens. Op 13:18 Wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is ‘n mens se getal. Sy getal is ses honderd ses en sestig. (Six hundred threescore and six) Hierdie tyd van 1896 val in een van die tydperke van die getal van die mens. Dit is 1866 – 1926
Die tyd 1896 is ook die middelpunt van die tydperk 20+20+20 (threescore years)
Die tyd 666 is die vyfde van die twaalf tydmetings van Openbaring. Die twaalf tydmetings is die twaalf sterre wat in Openbaring 21:1 voorkom. Hierdie tydmeting openbaar dat die mens deur die dier mislei word.

Onthou dat die woord “stem” (voice) na tydmeting verwys. Die stem maak bekend. Die woorde “in die middel” verwys na die middelpunt van die tydmetings of die middelpunt van ‘n spesifieke tydmeting. Daar was bv. ‘n middelpunt tussen die eerste (216nC) en tweede (792nC) seёls. Die tydperk van twee dae kan tussen hierdie twee tydmetings gemeet word. Die middelpunt tussen 216nC en 790nC is 504nC. Van 216nC to 504nC is 288 jaar (een dag) en vanaf 504nC–792nC is ook 288 jaar. Openbaring verwys ook na die middelpunt van die millennium en sommige tydmetings se middelpunte word simbolies vergelyk met “rivier” (soos in waterskeiding), asook ‘n vloed in verhouding met die diere. (Op 12:15 & 16) Dit is ‘n waterskeiding in die geskiedenis van die Christelike nasies. In die eerste millennium was dit die tyd dat die Frankse Koning tot die Christendom bekeer is en dit is hierdie Koning wat groot dele gewen het vir die Christendom. Dit is egter ook die tyd van die Arian debat wat groot verdeeldheid onder die Christene gebring het. In die tweede millennium was dit die tyd van die Reformasie (ook verdeeldheid tussen Christene asook die tyd dat die Christene versprei het na nuwe lande oor die see.
Deur die woorde “ stem tussen (midst) die diere” wil Openbaring vir ons die middelpunt wys. Dit is AD500 en AD1500, asook die middel van die twee millenniums. Dit is AD1000.
Openbaring wys simbolies vir ons die Drie-eenheid se beheer oor die nasies, asook die beheer oor die magte van die bose.
Die verdeling van die twee millenniums in twee periodes van “een duisend jaar” is die sesde van die twaalf tydmetings in Openbaring. Die twaalf tydmetings is die “twaalf sterre” van Op 12:1


Die “middelpunte” van die millenniums is die sewende van die twaalf tydmetings van Openbaring.


Die laaste gedeelte van die vers het te doen met meting of mates. “’n Skeppie koring vir ‘n dagloon en drie skeppies gars vir ‘n dagloon; maar moenie die olie en die wyn bederf nie.” Ons moet nou eers in die Bybel gaan kyk wat bedoel word met mates (measure). In Openbaring moet ons bou op die kennis wat ons reeds ontvang het. Ons weet reeds hoe lank is “een dag”. Wanneer Openbaring die getal 144 gebruik moet ons weet dat dit ‘n “halwe dag” is.
Op. 21:17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel was/ And he measured the wall thereof, an hundred and forty-four cubits, according to the measure of a man, that is of the angel.
Hierdie vers stel baie inligting bekend aan die leser. In die eerste plek vertel Johannes dat die lengte van die muur 144 (el/cubits) lank is. Slegs met die kennis van die simboliese “tempel” van Openbaring dat die tempel se lengte en breedte elk drie en ‘n half dag is, weet ons nou dat dit die Christelike Kerk is wat in daardie tyd gebou is. (Joh.2:19 In drie dae sal ek dit oprig). Hierdie tempel is die tempel van Christus op aarde – die kerk – en dit is ook die weerkaatsing (refleksie) van die Nuwe Jerusalem. Omdat ons nou al hierdie inligting het, kan ons die tyd van die muur van 144 meet. Dit is die laaste gedeelte van die” drie en ‘n half” dag in die 2e millennium. Hierdie simboliese muur van die Nuwe Jerusalem word verbind aan die 144 jaar op aarde wat ons kan meet. Hierdie “ el/cubit” word verbind aan die Nuwe Jerusalem en dit is die tyd van jaar. Die tyd van die muur is ongeveer van 1860–2004 af. Dit is ook die tyd van die “dier uit die aarde” en die tyd van die “ruiter op die vaal perd” Hierdie tye oorvleuel mekaar. Die simboliek van hierdie muur is dat dit in daardie tyd baie moeilik vir die mens sal wees om die Nuwe Jerusalem in te gaan, want die muur is “hoog”. Daar is egter twaalf ingange na die Nuwe Jerusalem toe – drie poorte na elke kant; Oos, Wes. Noord en Suid. Ons moet hierdie simboliek baie goed begryp, sodat die res van Openbaring verstaanbaar sal wees.
Deur die woord “mates van ‘n mens” weet ons dat dit die mates is wat die mens gebruik en nie die mates van die hemel nie. Die mens gebruik die mates van “jaar” en daarom word die 144 gemeet in die jare van mense.
Die tydmeting van “144 cubits” is die agtste van die twaalf tydmetings van Openbaring. Dit is die 144 jaar vanaf 1860-2004. Hierdie tydmeting reflekteer die tyd van die “muur “ van die Nuwe Jerusalem.


Deur die woorde “’n skeppie koring/ a measure of wheat” en “drie skeppies koring/ three measures of wheat”, weet ons dat dit ook die tyd is van die “dier uit die aarde” Hoe weet ons dit? Koring en gars is vrugte van die aarde. Dit word ook in “mensejare” gemeet en is daarom verbind aan die getal van die dier wat ook die getal van die mens is en wat ook in mensejare gemeet word. In Esra 7:22 kry ons die woorde “a hundred measures of wheat”. In Rut 3:15 kry ons die woorde “six measures of barley”. Die getal van die dier is “ses honderd ses en sestig. Dus 600 (100x6) en drie keer ses dus 666. Hieruit kan ons nou aflei dat die 144 sowel as die 666 in mensejare gemeet moet word.
Die woorde “’n dagloon / for a penny” moet ons na die woorde in Mat. 20:2 gaan kyk “Hy het met hulle oor die gebruiklike daaglikse loon ooreengekom.” Hoe merkwaardig akkuraat is Openbaring nie! Dit is presies gedurende hierdie tyd dat die leiers van die nasies met die werkers ooreenkom oor hulle lone. In die Geskiedenis sien ons dat dit die tyd is vir meer stakings, die opkoms van sosialisme, arbeiderspartye, politieke partye en kommunisme. Ook die gedeelte in Luk. 20:24-25 is gebruik vir interpretasie. “Gee aan die Keiser wat die Keiser toekom.” Arbeiders en inwoners van stede wat inkomstebelasting aan die leierskap betaal, sal aan die leierskap voorskryf hoe om te regeer. Hierdie is bykomende inligting wat ons uit hierdie vers leer. Ook sal die sukses van ‘n regering afhang van hoe suksesvol hy is om die goedere wat in aanvraag is te bekom, soos olie en wyn. Olie en wyn is van die noodsaaklikste items vir die regerings van nasies. Hoe meer geld deur die nasies gemaak word, hoe meer tevrede sal die volk onder hul leierskap wees. Ook sal die gewone volgelinge al hoe meer en meer luukse goed as noodsaaklik beskou. In die geskiedenis sien ons dat dit presies is wat die nasies van die twintigste eeu gedoen het.
Ons sal sien dat die dier uit die aarde verwys na die ontdekkings wat deur mense in sekere jare gedoen is. Die mens se kennis van minerale en die wetenskap van die aarde het geweldig toegeneem. Om hierdie ontdekkings te illustreer kan ons bv. Dinamiet neem. Dit is in 1866 ontdek en dit het gelei na atoomsplitsing in 1932. In die twintigste eeu het die nasies hulle beywer vir verteenwoordigende regering. Die mees suksesvolste nasies sou die wees wat hierdie ontdekkings verder kon uitbrei deur wetenskaplikes en ingenieurs. Hierdie nasies kon ook die meeste geld maak uit handel en sou ook die meeste hulpmiddels gehad het om hoogs ontwikkelde wapentuig te maak en ook selfs om die buitenste ruim te ondersoek. Ook sal die olie en wyn in die twintigste eeu, die mees gesogste handelsitems word. Vir Johannes op Patmos, wat geen begrip van tegnologie gehad het nie, moes hierdie dinge wat hy gesien het ‘n verskrikking gewees het. Hy het dit in die sterkste taal beskryf. Ons sal dit later behandel wanneer ons by die getal van die mens kom.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]