Re: BP se olielek in die see

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on June 21, 2010 at 08:05:40:

In Reply to: Re: BP se olielek in die see posted by Martie de Jager on June 21, 2010 at 02:28:54:

Jou woorde “’n Derde van die seelewe, ‘n derde van die waterbronne, ekologie ens” herinner aan die verse: Op 8:9 “En ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe”; en die blaas van die derde basuin Op 8:10 en 11 “En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. En die naam van die ster word genoem Wilde-als en ‘n derde van die waters het als geword, en baie van die mense het gesterf van die water, omdat dit bitter geword het.”

Soos ek in die artikel wat ek ‘n paar dae gelede op hierdie Forum geplaas het, gesê het, meen ek dat hierdie drie verse wel betrekking het op die besoedeling van water in die tydperk van die twintigste eeu en ook in die eindtyd, en spesifiek die westelike ‘derde’ van die aarde.

In Eségiël 29:27-31 word die volgende gesê “En almal wat die roeier hanteer,sal van hulle skepe afklim: die stuurvaarders, al die stuurmanne van die see, sal op die land gaan staan.” Wat belangrik vir ons vandag is, is dat hierdie beelde in Openbaring 18:17 herhaal word. “En elke stuurman en die hele menigte op die skepe,en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan”. Die herhaling in Openbaring, omdat dieselfde woorde en beelde gebruik word dui aan dat hierdie situasie in die eindtyd gaan plaasvind. Dit gaan plaasvind in die tyd dat die mens se handelsbedrywighede geraak gaan word. Dit kom in die gedeelte van Openbaring wat handel oor die “val van Babylon” wat eintlik in die eindtyd openbaring insluit wat die hele handeldrywende wêreld gaan raak. Soos ons in die Golf van Mexiko gesien het kon die vissersbote nie uitvaar op die besoedelde water nie. In hierdie opsig sluit Ezekiel aan by wat tans in die Golf gebeur.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]