Vyfde seel - altaar

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on July 25, 2010 at 15:09:48:

Hfst.6 – 5e seёl
Op. 6:9-11 En toe die Lam die vyfde seёl oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is, omdat hulle aan die Woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het hard uitgeroep: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?” Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee en daar is vir hulle gesê om nog ‘n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle ook doodgemaak gaan word, almal daar is./Rev. 6:9-11 And when he had opened the fifth seal I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God and for the testimony which they held; and they cried with a loud voice, saying “How long O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?” And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellow servants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
Altaar in hemel.
Met die opening van die vyfde seёl kry ons ‘n algehele nuwe scenario as die perde van die apokolips. In die Ou Testament het Moses die tabernakel presies volgens die voorskrifte of “patroon” gemaak wat God aan hom gegee het .(Eks.25:9 en 40 en 26:30) Daarom kan ons verstaan dat daar ook ‘n figuurlike “altaar” in die hemel is. Hierdie is ‘n visioen van die siele wat doodgemaak is, omdat hulle die Woord van God en die getuienis daarvan verkondig het. Ons weet nou dat Openbaring te doen het met die Geskiedenis van die afgelope twee duisend jaar, daarom kan ons nou met sekerheid weet dat die martelare wat vir hul getuienis gesterf het deel sal uitmaak van hierdie siele. Openbaring ontsluit die altaar in die hemel met die opening van die vyfde seёl, sodat daar vir die gelowiges gewys kan word wat gebeur in die hemel met die opening van die vyfde seёl. Hier het ons nou die tyd bereik waar Openbaring dit wat in die hemel gebeur, korreleer met dit wat op die aarde gebeur, omdat ons nou die vervulling sien van die profesie van Openbaring.
Meet die altaar - In Op. 11:1 word daar gesê dat die altaar gemeet moet word. Openbaring onthul dat ons die tyd van die altaar kan meet met die inligting wat ons ontvang het met die opening van die eerste vier seёls.
Harde stem – Die woorde “harde stem” in Openbaring verwys na die tyd van die blaas van die basuine. Ons weet dit uit Eks 19:16 “die stem van die basuin was baie hard” (exceedingly loud). Ons sal dus sien dat die tyd van die altaar ook die tyd is van die blaas van die basuin.
Met die kennis van die opening van die vierde seёl, kan ons nou vasstel wanneer die tyd van die opening van die vyfde seёl is. As ons die vorige verse korrek kan interpreteer lei dit tot die kennis van die opvolgende verse.
Met ‘n harde stem het hulle uitgeroep: “hoe lank nog , O Heer” - As ons teruggaan na die Bybel kry ons dieselfde tipe vraag in Sag.1:12 “Here van die Leerskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Judea waarop U alreeds sewentig (threescore and ten) jaar vertoornd was? Neem kennis van hierdie meting. “ Threescore and ten.” In Afr., moet ons dit eintlik vertaal as sestig en tien . Soos ons voorheen gewys het met die opening van die vierde seёl, by die verse oor die “dier uit die aarde” (Op.13:11-18) is daar verskuil in die woorde van Openbaring ‘n tydmeting van sestig jaar (threescore) vanaf 1952 tot 1992. Daarom sal sestig en tien die tydperk wees vanaf 1952 tot 2002. (70)
Die leser moet verstaan dat die kennis wat Dr. Janson gekry het deur die Goddelike ingryping , kan as die losmaak van die seёls beskryf word. Sy het drie insigte gekry. Die eerste was die vyf spesifieke tye in die geskiedenis wat met Openbaring kon korreleer. Die tweede was dat die einde naby is en dat Openbaring feitik vervul is. Die derde was dat sy bekend moes maak wat sy weet. Dit was dan ook wat sy op daardie tydstip geweet het. Die seёls is dus besig om losgemaak te word en dit is ‘n progressiewe proses in die verstaan van Openbaring. Soos wat Openbaring in vervulling gaan, sal ons dit waarneem. Dit is ook die rede waarom sy ‘n “website” het, sodat sy dit wat sy waarneem met die lesers kan deel. Dit is dus ontdekkings wat nie ophou voordat Openbaring nie totaal vervul is en Jesus weer Sy verskyning gemaak het nie.
Dr. Janson se kennis van Openbaring is gebasseer op tydmeting, geskiedenis en die sinvolheid wat verkry word deur die woorde van Openbaring te korreleer met verse uit die Bybel. Die woorde uit Sag.1:12 is ‘n goeie voorbeeld. Dit is hoe Openbarin g sin maak en die woorde van Openbaring verryk word met “nuwe” betekenis en daarom sê Op.21:5 “Ek maak alles nuut.” Vandag as ons terugkyk op al die konflik in en om Jerusalem en die stede van Judea vanaf 1947, kan ons ook vra; “Hoe lank nog O Heer bly U sonder ontferming oor Jerusalem en die stede van Judea.”
Met die kennis van tydmeting van die getal “seshonderd sestig en ses”, en na die Ingryping van God aan Dr. Janson en nadat die Geskiedenis uitgespeel is tot die tyd 2003, kan ons nou insig kry in die opening van die vyfde seёl.
Tien dae – Openbaring meet “drie en ‘n halwe dag” in elke millenium van die geboorte van Jesus Christus af. Daarom, op hierdie tydstip, met die insig van “tien dae” wat ons nou het, kan ons meet van die tyd toe Elia op die berg Karmel was (+/- 866BC) tot aan die einde van die “sewe dae” 3 ½ + 3½= 7. Ons moet nou in ag neem of die altaar in die hemel ‘n simboliese konneksie het met die altaar op die berg Karmel. 288x3=864. (3dae) 7+3=10
Dit is baie interessant in die interpretasie van Openbaring, want in 1Konings, hoofstuk 18 sien ons dat Elija bid tot God om ‘n teken dat Hy God is. Almagtige God stuur dan vuur om die offer op die altaar te verbrand. In die tydmeting van die “dier uit die aarde” Op. 13:13 verwys dit na die tyd 1992. In Op.13:13 word gesê ; hy (dier uit aarde) doen groot wonders, sodat vuur uit die hemel neerdaal voor die oё van die mense. Met die ontleding van die “dier uit die aarde” sien ons dat die nasies teen 1992 so mislei is deur die dier, dat die mens , deur die ontwikkeling van die wetenskap, glo dat hy die heelal en die ontstaan van die mens, kan verstaan en kan kontroleer en dat daar geen God is wat in beheer is nie. Die mense glo nie meer dat God kan ingryp soos wat Hy by die berg Karmel gedoen het nie en vuur uit die hemel gestuur het nie. In 1 Kon.18:38 is die woorde “die vuur van die Here het neergeval”
In die opening van die vierde seёl het ons gesien dat dit die tyd was dat al die nasies op die TV kon sien hoe die wapens wat vervaardig is uit die minerale van die aarde, verwoesting gesaai het in die oorlog in die Midde-Ooste, - Dessert Storm. Dit was in 1992. 1992 is ook die einde van die “sestig” jaar van die “sestig en tien” jaar. As ons dus nog tien jaar bylas kry ons die tyd 2002. Op. 13:13 herhaal die woorde van 1Kon.18:38 om te wys dat God sal reageer op die gebede van die gelowiges in die tyd van die einde van die twintigste eeu en die begin van die een en twintigste eeu. Hierdie beeld van “vuur” in Openbaring verwys daarna dat God, die Vader van die Seun Jesus Christus en die Heilige Gees weer aan die mense, soos in Elia se tyd, sal bewys dat Hy God is.
Die “Kort tydjie” - Volgens die tydmeting van die “altaar” begin die “kort tydjie” (little season) in 2002. Ons sal later sien dat daar sekere gebeurtenisse plaasgevind het wat vir ons wys dat die “kort tydjie” begin op die 11 September 2001.
Die tyd van die “kort tydjie” (little season) is ook die tyd van die 1260 dae en die 42 maande Op.11:2-3. Dit is die elfde tydmeting van die twaalf tydmetings van Openbaring.

Die “wit klere” (white robes) van Op.6:11 verwys na diegene wie se klere gewas is in die bloed van die Lam en hulle is onder die altaar. Dit bevestig dat die tyd van die altaar ook die begin is van die “kort tydjie”

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]