Sesde seel - sigbare tekens

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on July 27, 2010 at 13:48:57:

Hfst 6 – 6e seёl

Op 6:12 Ek het gesien toe die Lam die sesde seёl oopmaak; daar het ‘n groot aardbewing gekom. Die son het swart geword soos rouklere en die maan het heeltemal soos bloed geword. / And I beheld when He opened the sixth seal, and lo, there was a great earthquake, and the sun became black as sackcloth of hair, and the moon became as blood.

Die Lam maak die sesde seёl oop. Openbaring gaan nou in vervulling deur die tekens van die eindtyd. Niemand kon voorsien voor die aardbewing in Bam op 26 Des. 2003 dat ‘n reeks opeenvolgende gebeurtenisse sou plaasvind, wat in verband gebring kon word met die sesde seёl nie. Vanaf Julie tot Des. 2003 het dit plaasgevind. Ons sal ook sien dat Openbaring tyd terugmeet vanaf Des. 2003. Openbaring 6:12 begin in Des. 2003 en beweeg terug in tyd, maand vir maand.
Die aarbewing in Bam het plaasgevind op Des. 2003 en dit is belangrik, want dit is voorafgegaan deur ‘n reeks belangrike en groot globale gebeurtenisse wat min of meer plaasgevind het op ‘n maandelikse basis vanaf Des., en dit het terugwerkend voorgekom tot in Jul 2003. Dit versterk ook Dr. Janson se siening dat Openbaring ook op sekere plekke tyd terugmeet van‘n sekere datum af.

So word dit teruggemeet.

1. Groot aarbewing – aarbewing in Bam op 26 Des. 2003.
2. Son het swart geword en maan soos bloed – totale eklips van die son op 23 Nov. 2003, gesien in Antartika en Australiё, en totale eklips van die maan gesien op 9 Nov. 2003. Dit gebeur net elke 400 jaar om ‘n son- en maansverduistering in een maand te sien. Nov. 2003.

Op. 6:13 Die sterre aan die hemel het op die aarde geval soos die navye van ‘n vyeboom afval as dit deur ‘n sterk wind geruk word.

3. Die sterre aan die hemel het op die aarde geval – Een van die grootste son uitbarstings (solar flare) het gebeur op Dinsdag 29 Okt .2003. Dit was die derde grootste wat nog ooit gemeet was. In die vorige week is twee sonstorms geregistreer. Hierdie klomp uitbarstings was ongekend, omdat die son ‘n siklus van elf jaar volg na elke uitbarsting. Die vorige sonuitbarsting het in 2000 plaasgevind. Hierdie woorde het ook ‘n simboliese betekenis. Dit beteken dat die twaalf tydmetings (twaalf sterre) aan die mense op aarde bekend gemaak word. (sterre in die hemel na mense op aarde). Kennis van God af na die mense toe. Watter kennis? Kennis en bewyse dat Openbaring nou in vervulling gaan.

4. In Openbaring 8:5 staan daar “stemme en donderslae en weerligte en ‘n aarbewing. Die word aarbewing word verbind met bg. verse. Hierdie weerligte (lightnings) verwys na die Noorderligte in Alaska en omgewing wat veroorsaak is deur die uitbarstings van die son. Dit verwys ook na die sewe trompette. Ons kan dus aflei dat vanaf Okt., tot Des., het die trompette begin blaas.
5. Soos die navye van ‘n vyeboom afval – As gevolg van die uitstralings van die son het ‘n ongekende hoёdruk ontstaan gedurende die somer van 2003 (Julie/Aug) en dit het langer getalm oor sekere areas, met die gevolg dat geweldige hoё hittegolwe ontstaan het en dit het veroorsaak dat die vrugte van die vrugtebome op ongewone tye gepluk moes word en sommige vrugte was baie klein en het van die bome afgeval.

6. Deur ‘n sterk wind geruk – Sept. 2003 was die maand waarin daar ongewone sterk orkane en siklone waargeneem is. Die orkaan Maemi was die ergste wat Korea nog ooit getref het. Dit was ook die ergste orkaan wat Okinwa in Suid-Korea in dertig jaar getref het. Die orkaan Isabel in die Atlantiese Oseaan het die stormsterkte bereik van ‘n kategorie 5 storm. Die woord sterk (mighty) het ook ‘n simboliese betekenis want dit dui op die tyd dat Jesus deur die Sterk Engele openbaar sal word.


7. Op 28 Aug. 2003 het die planeet Mars (ster) as die môrester op die horison verskyn.

Ons weet nou hoe Openbaring vir ons vyf maande in die eindtyd aanwys. Jul. tot Des. 2003. Dit is nou vasgelê in die geskiedenis.

Op.6:14 Die hemel self het verdwyn soos ‘n boekrol wat opgerol word en al die berge en die eilande is uit hul plekke geskud.

Hierdie woorde boekrol wat opgerol word, dui vir ons aan dat ons die tyd bereik het wat die einde van die boekrol is. Dit is waarom Openbaring tyd terugmeet vanaf Des. 2003 tot Jul. 2003.

28 Aug 2003 was ook die tyd dat Mars die naaste aan die aarde was. Dit was ‘n fenominale gebeurtenis, want ook hierdie gebeurtenis het die lengte van ‘n “dag” in Openbaring bevestig. In die begin van die een en twintigste eeu was dit moontlik vir die wetenskaplikes om te bereken dat die planeet Mars op 28 Aug. 2003 die naaste aan die aarde sal wees in 60 000 jaar en dat dit weer so naby sal wees in die jaar 2287. Hierdie planeet het gelyk soos ‘n baie helder ster aan die hemelruim. Hierdie informasie is belangrik, want 287 is ongeveer die lengte van’n dag in Openbaring. Openbaring verbind hemel aan boekrol en oprol. Dit beteken dat die boekrol oor die hemel toegemaak (opgerol) word. Dit is waarom die gebeure in terugwerkende volgorde gebeur het. God het geweet op watter tydstip die drie en ‘n halwe dag in elke millennium sou eindig. Die drie en ‘n halwe dag in Openbaring is nou verby.

Hoekom dui Openbaring ‘n terugwerkende volgorde aan? Dit is om aan te dui dat die simboliek van Openbaring verstaanbaar sal wees binne die tydperk van ongeveer twee duisend jaar. Hierdie tydperk word simbolies uitgedruk as die lengte en die breedte van die Heilige Stad , die Nuwe Jerusalem. (Op.21:16 en 21:2) Almagtige God weet wat is die uiteinde van elke mens van die begin van tyd af en daarom kan tyd en gebeure in terugwerkende volgorde geplaas word in Openbaring. Dit wys op die grootsheid en sterkte van Almagtige God. Hy beheer die verlede, die hede en die toekoms.

Dit lyk ook of die tydperk 42 maande van Op.11:2 verwant is aan die maande van die sesde seёl. Die tydperk van die tempel is die twee periodes van drie en ‘n halwe dag in beide millenniums. Die tydmeting van tempel kom dus tot ‘n einde in Aug. 2003.

Dit kom dus voor asof die tyd 42 maande gemeet moet word voor Aug. 2003. Dit word gemeet vanaf Maart 2000 tot Aug. 2003. Openbaring maak dit absoluut duidelik dat die tydperk van “buite die tempel (outer court) nie gemeet mag word nie. Daar is natuurlik ook die moontlikheid dat die tydperk 1260 dae ook as die 42 maande geїnterpreteer kan word. Dit is die tydperk van 1260 dae vanaf 11 Sept. 2001 tot 22 Feb. 2005. Die tekens van die eintyd sal soos geprofeteer in die sewende wraakbak (Op.16:17-21) in vervulling gaan. Dit sal die laaste tekens wees. Ons sal dit herken wanneer dit gebeur.

Buitekant. - As ons die opvolgende hoofstukke van Openbaring bestudeer, sal ons agterkom dat die simboliese konstruksie van Openbaring verwys na die buitekant/outer court. Dit verwys na die tydperk na Aug. 2003. Na Aug. 2003 is dit ook die tyd dat die tyd van die heidene/time of the gentiles in vervulling gaan. Openbaring noem dit buitekant die tempel. Waarom word dit so genoem? Dit verwys na die tydperk na die tyd van die lengte en die breedte van die Nuwe Jerusalem. Dit is ook 2000 jaar na die geboorte van Jesus Christus. Openbaring wys ook dat ander tydmetings tot ‘n einde kom. (Die tyd van die heidene gaan in vervulling.)

Openbaring verwys na die vervulling van die einde van die twaalf tydmetings van Openbaring, deur die elf engele wat uit die tempel en uit die altaar kom. Simbolies verwys hierdie “kom uit” ook na die twaalf poorte van die Nuwe Jerusalem. Die twaalfde engel is die engel van die “waters” (Op 22:1) Hierdie engel dui aan dat geen mens sal weet wanneer die finale tydmeting tot ‘n einde gaan kom nie. In die tyd wat nie gemeet kan word nie, sal die tekens direk van God se troon af kom.

Drie en ‘n halwe dag Drie en ‘n halwe dag 42 maande Tyd wat nie gemeet kan word nie.
4vC. 1000 +/- 2000 Aug. 2003

Elke berg en eiland sal uit hulle plekke verskuif – Die betekenis van hierdie gedeelte is baie interessant as ons na die nuwe inligting kyk wat onlangs deur die wetenskap bekend gestel is. Dr. Janson plaas gedurig nuwe inligting op die internet wanneer dit beskikbaar word deur navorsing van die wetenskaplikes en die tekens van die eindtyd. Op hierdie manier word die Christene op hoogte van sake gehou. Dit bewys ook dat almal in diens van God staan.

In 2006 is daar berig, dat vir die eerste keer in die geskiedenis, het ‘n eiland in die see verdwyn. Dit was ‘n bewoonde eiland. Teen die einde van 2006 het die eiland Lohachara, ‘n eiland in Indiё in die Gangesrivier verdwyn. Daar het ongeveer 10,000 mense op die eiland gewoon. Hierdie eiland is ver van die beskawing af en dit is eers opgemerk toe navorsers dit op die sataliet foto’s gesien het. Nog ‘n onbewoonde eiland in daardie omgewing het verdwyn en die eiland Ghoramara, wat ook bewoon word het reeds twee-derdes onder die water verdwyn.

Die Papua eilande in New Guinea in die Stille Oseaan, genaamd die Caterets word jaarliks meer en meer onbewoonbaar. Huidiglik het die eilandbewoners ‘n moeilike taak om die water uit te hou en hulle skat dat die eiland totaal onder water sal wees teen 2015.
‘n Paar redes word aangevoer vir die verdwyning van die eilande in die see. Die eerste is aardverwarming en die stygende seevlakke, met die toenemende erge storms wat die eilande oorspoel. Die tweede rede wat sommige meen die redes vir die verdwyning is, is deur die mens veroorsaak. Die koraalriwwe om die Carterets is verwoes deur dinamiet. Twee groot mensgemaakte deurgange is tussen die eilande oopgeblaas. Dit het erosie tot gevolg gehad en sal uiteindelik lei tot algehele ondergang.
Nog ‘n teorie is dat die Carteret eilande sink a.g.v. aktiwiteite in die Oseaan vloer. Hierdie eilande sit bo-op vulkaniese aktiwiteite wat van tyd tot tyd rook en vuur uitstoot deur die eilande. Gedurende die Sumatra-Andaman aardbewing (26 Des. 2004) het daar ook eilande verskuif.

Dit kom voor asof Openbaring aan ons wil laat deurskemer dat die heel laaste tydmeting net waargeneem sal kan word deur kennis wat deur die wetenskap bekom is. Deur die mens se eie wetenskaplike navorsing en toepassing van hierdie kennis, sal die aarde soveel skade berokken word, dat eilande en berge sal verdwyn. Ons kan reeds waarneem hoedat berge weggekalwe word om grondstowwe vir bouwerk te bekom. Daarom kan ons hierdie woorde toepas in ons tyd, die tyd wanneer die mense baie kennis besit. D.m.v. sateliet waarneming sal ons kan sien wanneer eilande verdwyn. Ons is nou in die tyd waar aarbewings al meer en meer voorkom. Dit lyk asof Openbaring dit bekend maak dat die mens in die eindtyd baie kennis van die aarde sal hê. Ons kan nou deur die satelietwaarnemings vasstel, dat Suid-Amerika en Afrika uitmekaar beweeg teen ‘n snelheid van 5.7cm per jaar. Die vinnigste verskuiwing op die seebodem van die tektoniese plate vind plaas in die Oostelike Stille Oseaan.

God het gesê dat die aarde nie weer deur water sal vergaan nie. Die mense sal egter nie notisie neem van profesie nie en eerder konsentreer op wetenskaplike bevindings. Die simboliese interpretasie is dat die mense nie meer sal glo in profesie deur die Heilige Gees nie. Dit lyk asof die sewende wraakbak reeds oor die aarde uitgestrooi is, voordat ons die effek van aardverwarming kon waarneem. D.i. eilande wat verdwyn en lae areas wat oorstroom.

Ons is nou in die tydperk van die sewende wraakbak (of plaag) en dit beteken dat ons in die heel laaste tydmeting is. Na die groot aardbewing in Sumatra-Andaman (26 Des. 2004) area het daar material op die oseaanvloer beland. Gaan daar nog aardbewings plaasvind, wat nog meer material op die bodem van die Oseane gaan stort? Is dit dalk wat Openbaring se betekenis is van “en die groot stad is in drie dele verdeel.” Dit sal veroorsaak dat meer material op die bodem van die oseane beland en dit sal weer veroorsaak dat meer aktiwiteite rondom die plate op die seebodem plaasvind. Kontinentale verskuiwing kan plaasvind.

Die gedeelte in Openbaring wat oor die finale tyd praat is baie kompleks. Ons kan nie die laaste tyd meet nie. Daar is egter heelwat dinge wat gebeur in daardie tyd wat vir ons ‘n aanduiding sal gee dat ons wel in die laaste tydmeting is. Om egter aan te neem dat die seevlak soveel gaan styg, a.g.v. aardverwarming, dat miljoene mense sal vergaan is nie korrek nie. Dit lyk nie asof Openbaring aandui dat die aarde verwoes gaan word nie. Jesus se koms sal onverwags wees en a.g.v. die profesie aan Noag weet ons dat die aarde nie weer deur water sal vergaan nie.

Dit kan ook verband hou met Openbaring self. Hierdie interpretasie is ‘n nuwe interpretasie van Openbaring. Die oue het verbygegaan. Die “berg” word ook i.v.m. profesie gebruik in die Bybel. (Jes. 2:3-4 En baie volke sal heengaan en sê; “Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy weё kan leer en ons Sy paaie kan bewandel.”) Die vorige interpretasies (profesiё) is uit hulle plekke verskuif. Ook sê Jesus in Mat 17:20. “As jy geloof soos ‘n mosterdsaad het, sal jy berge kan verskuif.” Jy moet geloof en vertroue in Christus en die Heilige Gees hê om hierdie interpretasie te verstaan. Jy moet ook glo dat die Bybel die Woord van God is en dus die waarheid is.

Op. 6:15 Die Konings van die aarde, die hoofamptenare en die opperbevelhebbers, die rykes en die magtiges, ja al die mense, slawe en vryes, het in die grotte en kranse van die berge weggekruip. Hulle het vir die berge en kranse gesê: “Val op ons en bedek ons vir die oё van Hom wat op die troon sit en vir die toorn van die Lam. Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek het aangebreek en wie sal staande kan bly?

Hierdie vers verwys na die geskiedenis, sowel as die eindtyd. In die geskiedenis sien ons die progressie van heerskappy onder die nasies. Vanaf die Koning tot by die mense (meerderheidsregering). In die eindtyd sal die regering van die meerderheid baie mag besit. Diegene wat die waardes van die Christelike leefstyl verwerp, sal mislei word.

Die woorde Hulle het vir die berge en kranse gesê: “Val op ons” , is verwant aan die woorde wat Jesus oor die vrouens van Jerusalem uitgespreek het met Sy kruisiging. Luk.23:30 “Dan sal hulle begin om vir die berge te sê: “Val op ons en vir die heuwels; “bedek ons”. Dit het in Jerusalem gebeur. In die eindtyd wil Openbaring ons aandag vestig op dit wat rondom Jerusalem gebeur. Hierdie tekens van die eindtyd het ook te doen met die oordele van God. Die misleide leiers van die nasies sal begin besef dat hulle weer die Lam gekruisig het.

Die woorde “konings van die aarde´ verwys ook na diegene wat geswig het voor die misleiding van die “dier uit die aarde”



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]