Bespreking in gemeente

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on October 15, 2010 at 10:00:28:

As gevolg van 'n klomp vrae wat ek aan die leierskap van ons gemeente gevra het , is ons nou besig om apokoliptiese gedeeltes in die Bybel te bespreek. Ek kom egter agter dat daar selfs onder die leierskap geweldige verskille is in die uitleg van Openbaring. Dit het my tot die besef gebring dat daar oor Openbaring geen eensgesindheid is nie. Elkeen probeer om volgens eie insigte die profesie van Openbaring uit te le. Ek het weereens tot die besef gekom hoe waar die Woord van God is, veral 2 Pet.1:20. Die Heilige Gees moet die profesie uitle. In Dr. Janson se uitleg sien ons dat die Heilige Gees weer toegetree het om die uitleg te gee en dit te bevestig met die aardbewing en die tekens aan die son maan en sterre. By geen ander uitleg het God enige tekens gestuur nie. Ek dink God het gesien hoe deurmekaar die mense op die oomblik is met al die uitlegte van die apokaliptiese materiaal. Daarom moes hy ook die tekens saamstuur anders sou dit ook net een van vele interpretasies gewees het. Ook die feit dat God die woorde "wat jy weet moet jy bekend maak" gestuur het, beklemtoon die dringendheid waarmee God die boodskap gestuur het. Dit is baie belangrik dat die Christene aandag skenk aan die boodskap. God sal nie 'n boodskap stuur wat net betrekking het op sekere Christene nie. Hy wil he dat alle Christene moet aandag skenk aan Sy boodskap. Ek raak somtyds bang as ek sien hoe ongeerg sommige Christene omgaan met die boodskap. Hulle probeer nie eens vasstel of dit die waarheid is of nie. Die Heilige Gees is die Gees van die waarheid en Calvyn het die volgende woorde geskryf:" If we hold the Spirit of God to be the only source of truth, we will neither reject nor despise the truth wherever it may reveal itself lest we offend the Spirit of God."

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]