Hfst 9- Vyfde trompet

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on October 15, 2010 at 11:14:57:

Hfst 9 – 5e trompet.
Ons het in hoofstuk 8 gesien dat die tydmeting verwys na die vyf maande in die geskiedenis( vierde seёl) sowel as na die “vyf maande” aan die einde van 2003. Die vyf maande in die opening van die vierde seёl was die 30 jaar vanaf 1932 – 1962 en die tyd 1962 tot 1992.
Voor 2003 kon niemand weet dat die opening van die sesde seёl en die vyf maande in Aug. – Des. 2003 ook in die tydperk van 42 maande sal val nie. Dit kon slegs bekend word na die groot aardbewing in Sumatra wat die groot Tzunami tot gevolg gehad het op 26 Des. 2004.
Die lesers moet in ag neem, dat alhoewel die Duiwel neergedaal het na die aarde toe in die kort tydjie het Almagtige God die Opening van die boek Openbaring aan ons gegee, sodat die” regverdiges” sal weet dat God in beheer is en was van alles wat met die nasies gebeur het en nog sal gebeur.
Op. 9:1 Die vyfde Engel het toe op sy trompet geblaas. Ek het ‘n ster gesien wat van die hemel af op die aarde geval het en die sleutel van die skag na die onderaardse diepte is aan hom gegee.
Hierdie ster verwys na die tyd 28 Aug.2003 toe die planeet Mars op sy naaste was aan planeet aarde. “’n ster val van die hemel af” beteken dat een van die twaalf tydmetings bevestig word. (12 sterre Op.12:1) Hierdie ster bevestig ook die tydmeting van “dag”. Hierdie ster bring ook die eindpunt van die “drie en ‘n halwe dag”.
Op 28 Aug. 2003 het Mars verrys as die oranje “môrester.” Venus, die môrester kon nie waargeneem word nie, want dit was te naby aan die son. Mars kon waargeneem word vanaf Julie tot Des. In die jaar 2003 kon die mens dus die uur (9.51 GTM), die dag (28e ) die maand (Aug.) en die jaar (2003) bereken. Die mens kon ook bereken dat Mars die naaste aan die aarde, op daardie spesifieke dag was, as wat dit die afgelope 60 000 jaar was. Die mens kon ook bereken dat dit weer in die jaar 2287 so naby sal wees. Gemeet vanaf die jaar 2000, sal dit die tyd van “een dag” wees. Dit bevestig ook die tydmeting van “dag” in Openbaring. Het dit dalk betrekking op Genesis?
Esegiёl verbind die edelstene, wat ook genoem word in Openbaring, aan die skepping van die mens en die “dag” toe dit plaasgevind het. Ese.28:13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking; karneool, topaas, en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was jou pype en groewe aan jou, die dag toe jy geskape is, is hulle berei. /Thou hast been in Eden, the garden of God, every precious stone was thy covering, the sardius, topaz and the diamond, the beryl, the onyx and the jasper, the saphire, the emerald and the carbuncle and gold: the workmanship of thy tabrets and of thy pipes was prepared in thee in the day that thou was created.” Vergelyk dit met Spr.8:27 “Toe Hy die hemele berei het was ek daar, toe hy die kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed./ When he prepared the heavens …. When he set a compass on the face of the depth ……..


Die “tempel” word in twee periodes van “drie en ‘n halwe dag” gemeet in elke millennium.
Die woorde “en aan hom is gegee die sleutel tot die bodemlose put/onderaardse diepte” maak bekend dat die tyd 28 Aug. 2003 ook die tyd is van die “bodemlose put/onderaardse diepte”. Op.20:3 “ Ek het hom in die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseёl , sodat hy nie meer die nasies kan mislei voordat die 1000 jaar om is nie. Daarna moet hy ‘n klein rukkie losgelaat word.”
Die tyd van die “onderaardse diepte” word dus bereken volgens die 1000 jaar in elke millennium. Ons sal dit bespreek met die analisering van hoofstuk 20.
Openbaring maak bekend dat die tyd van die “kort tydjie” ook die tyd is van die “onderaardse diepte/bodemlose put”.
Daar is twee tydmetings verbonde aan die tyd 28 Aug.2003. Dit is eerstens die eindpunt van die “drie en ‘n halwe dag” en tweedens is dit die “vyf maande” van die tyd 42 maande (Op.11:2) Omdat 28 Aug. 2003 ‘n spesifieke dag is, soos ons dit ken, is dit bekend gemaak dat 28 Aug. 2003 ook in die tyd val van die 1260 dae. Volgens hierdie ontdekking lyk dit asof die 42 maande en die 1260 dae dieselfde tyd is.
Op.9:2 Hy het toe die skag van die onderaardse diepte oopgemaak en daar het rook uit die skag opgestyg soos die rook van ‘n groot oond. Deur die skag se rook is die son verduister en het die lug donker geword.
In Op. 9:2 word die woorde “onderaardse diepte/bodemlose put vir ‘n tweede keer gebruik. Dit dui aan dat hierdie woorde verwant is aan twee tydmetings. Dit is die tyd 1260 dae en 42 maande. Die woorde “rook uit die skag opgestyg soos die rook van ‘n oond” verwys in die Bybel na die toorn van God. Eks.19:18 “ En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond en die hele berg het vreeslik gebewe.”
Hierdie verwysing in Eks. 19:18 verbind Op. 8:4 aan die “ rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die Engel opgegaan na God.” En aan Op.9:2 “ rook uit die skag opgestyg soos die rook van ‘n oond.” Dit kom dus voor asof die opening van die vyfde , sesde en sewende seёls almal die bekendmaking van die “kort tydjie” is. Die kort tydjie het begin op 11 Sept.2001.

Hierdie woorde “ rook soos uit ‘n groot oond” verwys ook na Sodom. Gen.19:28 “Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ‘n smeltoond.” Die woord “rook” is ook verwant aan die “val van Babilon”. Op.18:9 “wanneer hulle die rook van haar verbranding sien.” Babilon is die simbool van ‘’n wêreld wat mislei is deur die “groot prostituut” (Op. 18:18)
Dit lyk asof 11 Sept. 2001 die tyd is wanneer God die gebede van die regverdiges onder die troon hoor. God maak Homself bekend deur Openbaring sowel as deur Sy toorn. Net soos in die Ou Testament het God Israel se vyande teen hom laat draai as straf, net so het die vyande van die Weste teen hom gedraai in 2001.(is dieselfde vermoё gegee as wat skerpioene op aarde het.)
Die verskyning van ongewone groot swerms van sprinkaanplae in Afrika in Okt 2003 en 2004 wys dat ons nou die tyd bereik het van die blaas van die vyfde trompet.
Die Engel van die vyfde trompet het ook voorberei om te blaas, m.a.w. ons moet na die geskiedenis ook kyk. Hierdie vers verwys na 1932 tot 1962. (vyf maande.) Onthou ‘n maand in die geskiedenis is 6 jaar. Die vyf maande sal dus 30 jaar wees. Ons het dit behandel met die oopmaak van die vierde seёl. Dit was die tyd van die Tweede Wêreldoorlog en die tyd van die Atoombom. ‘n Skerpioen kan met sy stert doodmaak. Die simboliese betekenis van skerpioen is dat in daardie tyd is die nasies regeer deur die ideologie van gelykheid van alle gelowe en om dit af te dwing sal militere mag gebruik moes word.
Om die woord “sprinkane” te verstaan, moet ons na die boek Joёl toe gaan . Jo.1:3-4. “ Vertel daarvan aan julle kinders en julle kinders weer aan hulle kinders en hulle kinders weer aan die volgende geslag. Wat die afknyper (sprinkaan) laat oorbly, het die treksprinkaan verslind, en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger(sprinkaan) verslind, en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind. Word wakker, julle donkaards en ween! En huil al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit uit julle mond weggeruk is./What the locust swarms has left, the great locusts have eaten, what the great locusts have left, the young locusts have eaten; what the young locusts have left, the other locusts have eaten.”
Openbaring wil hiermee progressie aandui. Dit is die effek wat verdonkering van die boodskap van Christus op die nageslag sal hê. Dit sal lei tot byna die totale verwoesting van die Christelike leierskap.
Die simboliese verdonkering van die aarde vanaf 1932 tot 1962 (eerste periode van vyf maande) tot aan die einde in 2003 (tweede periode van vyf maande) beteken dat die nasies met elke generasie, leierskap sal kies, wat al hoe meer skade aan die Christelike leerstellings sal bring.
Die woord “skerpioen” se simboliese betekenis het te doen met strafgerig. In 1Kon.12:11 My father scurged you with wips, I will scurged you with scorpions./My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle tugtig met gésels. Ons sien hier dat die Afrikaanse vertaling nie die woord skerpioen bevat nie.
Op.9:4-5 Hulle is aangesê om nie die gras van die aarde, die plante en die bome kwaad aan te doen nie, maar net die mense wat nie die seёl van God op hulle voorkoppe het nie. Hulle is nie toegelaat om die mense dood te maak nie, maar wel om hulle vyf maande lank te pynig. Die pyn wat hulle veroorsaak , is soos die pyn as ‘n skerpioen ‘n mens steek.
Ons weet deur Op.9:4 dat die magte van die bose nie die Christene sal seermaak wat die evangelieboodskap aan hulle kinders en die volgende geslag verkondig het nie. Deur die twintigste eeu is die ware gelowiges beskerm en teen die tyd dat die vyfde trompet blaas, sou die seёls reeds op die voorkoppe geplaas wees van diegene wat die misleiding van die Satan sal kan teenstaan. Omdat ons weet dat die “vyf maande” verwys na twee tydmetings 1932 – 1961 en Aug. tot Des. 2003, sal hierdie boodskap geld vir die totale tydperk vanaf 1932 tot 2003.
Die simboliese betekenis van “skerpioen” is iets wat ‘n mens “tref”. Hier kan ons dink aan patrone van gewere, skrapnel van wapens en ook inspuitingnaalde van dwelms en ander misbruike. Ons kan dus sien dat hierdie ‘n tyd van tugtiging is en ook dat Christene beskerm is deur hulle geloof.
Die regerings van die mense na 1932 sal die Christene treiter en kwel, want die meerderheid sal die gelykstelling van gelowe voorstaan, en dit sal ook die boodskap van die evangelie van Jesus Christus ondermyn.Die boodskap dat die weg na die Vader deur Jesus Christus is, wat vir ons gesterf het aan die kruis,
Op.9:6 In daardie dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; hulle sal verlang om te sterwe, maar die dood sal hulle ontwyk.
In hierdie vers maak Openbaring bekend, dat die tyd “vyf maande” ook die tyd is van “dae” in “daardie dae”. Dit is die 1260 dae.
Die woorde “mense die dood soek” verwys na Spr.21:6 “Skatte wat met bedrog versamel is, verdwyn in die wind en bring die dood./ The getting of treasures by a lying tongue is a vanity tossed to and fro of them that seek death.” Hierdie woorde bevestig dat in die tyd van die “vyf maande” (dit is die tyd van 1932 tot 2003 sowel as die tyd Aug. tot Des. 2003 asook die tyd tussen in), sal die regerings van die mense , staatsbeleid gebruik om rykdom te versamel. (treasures). In hierdie tyd sal die misbruik van medikasie en dwelmmiddels groot smart bring. Dit sal ook die tyd wees van die vigsplaag, wat ook baie pyn sal veroorsaak.
Op.9:7 Die sprinkane het gelyk soos perde wat regstaan vir oorlog. Op hulle koppe was daar iets soos krone wat gelyk het asof dit goud is. Hulle gesigte was soos die gesigte van mense.
Om die woorde “gelyk soos/shapes of” moet ons na Ps. 51: gaan kyk. Ons moet hierdie vers in Eng. Aanhaal, want die Afrikaanse vertalings het nie die korrekte woorde nie. In die Engelse Bybel is dit vers 5, maar in die Afrikaanse Bybel is dit vers 7. “Behold I was shapen in iniquity (meaning falsehood or wrongdoing); and in sin did my mother conceive me.” Perde is simbole van oorlog en baie oorloё is geveg vir valse ideologiё. So is die sprinkane die simbool van die ideologie wat gelei het tot oorloё in veral die laaste deel van die twintigste eeu. Dit was die oorloё wat geveg is vir Vryheid, gelykheid en broederskap. In Ps. 51 :5 word die prent geskets van die valsheid wat van een generasie na die ander oorgedra word. Dit is ook die betekenis van Joёl 1:3-4.
Teen 1932 tot 2003 sal die die oorloё geveg word vir rykdom(krone van goud) en vir die meerderheidsregering (gesigte van mense) . Ook in Op. 4:7 sien ons dat “die derde lewende wese die gesig van ‘n mens” het.
Op. 9:8-9 Hulle het lang hare gehad soos vrouens se hare en hulle tande was soos die van leeus. Hulle borskaste was soos ysterharnasse. Die gedreun van hulle vlerke was soos die gedreun van baie strydwaens met perde wat opruk vir oorlog.
In daardie tyd sal die mans lang hare dra en vroulike maniertjies hê. Dit sal ook die tyd van kloning wees. (tande soos die van leeus) Hoe weet ons dit? Die kennis van die menslike geen word bekend gemaak in die analisering van die “dier uit die aarde”. Dit is die tyd 1953. Dit word ook bekend gemaak deur die prent van die “drie onrein geeste wat soos paddas lyk” Die tweede dier wat Daniёl gesien het in Dan.7:5 het “drie ribbebene in sy mond tussen sy tande gehad.” God het die ribbebeen van Adam gebruik om vir Eva te kloon.
Die simboliek van die woorde “borsharnasse soos yster/breastplates of iron” wys dat die leierskap van die nasies op hulle arsenaal van wapens steun en nie meer op geloof in God nie. Die woord borsharnasse“breastplate” het ook ‘n geestelike betekenis in die Bybel. Die borsharnas is deur die Hoё Priester in die Ou Testament gedra. Die woorde “die gedreun van hulle vlerke” is redelik duidelik, want Openbaring is nou tydsgebonde en daarom weet ons dat dit die gedreun van vliegtuie as wapentuig van oorlog is in die tyd 1932 tot 2003.
Op. 9:10 Hulle het sterte met angels soos die van skerpioene en in hulle sterte is hulle vermoё om die mense vyf maande lank kwaad aan te doen.
Deur die woorde “sterte” maak Openbaring bekend dat dit die tyd sal wees dat mense valse profesieё sal navolg. In die analisering van die “dier uit die see” en die “dier uit die aarde” maak Openbaring die valse ideologieё bekend waarvoor mense in die twintigste eeu oorlog sou maak. Hierdie filosofeё sal ook die Christelike boodskap ondermyn in die regering van die nasies en ook in die denke van die inwoners van die aarde. Hierdie filosofieё sal die mense geestelik en fisies seermaak.
Op.9:11 Hulle het die Engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is Abaddon en in Grieks het hy die naam Apollion.
Apollion beteken “vernietiger” In die tydperk van die vyf maande sou die laaste geslagte van die twintigste eeu vervreemd raak van die sentrale boodskap van die Christelike Godsdiens, dat Christus die Seun van God is en die verlosser van die wêreld is. Openbaring maak ook bekend dat in die tyd van die “Kort tydjie” sal die nasies regeer(koning) word deur ‘n ideologie wat ontwikkel het oor feitlik die hele tweede millennium en dit sal uiteindelik lei tot die “verdonkering van die son en die lug”. Dit is die vernietiging van die Christelike geloof.
Op.9:12 Die eerste wee is verby. Kyk, daar kom nog twee hierna.
Die woorde “wee, wee, wee” is die woorde wat Christus self gebruik het. In Mat 23 het hy die woorde wee gebruik om die konneksies tussen misleiding en huigelary van die skrifgeleerdes en Fariseёrs in Sy tyd te openbaar. Dit lyk asof ons ook hierdie begrip moet gebruik om te weet wat die wee beteken in die tyd van die blaas van die laaste trompette . In die tyd van die verdonkering van die aarde word die bewoners van die aarde mislei.
Die woorde “eerste wee is verby” beteken dat ons eers, nadat die wee reeds gebeur het, dus na die vyf maande, sal besef dat die eerste wee val in die 1000 dae van die tyd 1260 dae. Dit is 11 Sept. 2001.
Dit kom voor asof die eerste wee verbind moet word aan hierdiegedeelte, want daar is ‘n huigelary gekoppel aan die leierskap van die nasies van die twintigste eeu. Die leierskap en die howe staan gelykheid van gelowe voor en dit sal lyk asof dit vir ‘n ruk vrede bring, maar uiteindelik sal hierdie Vryheid die Christelike geloof ondermyn. Na 2001 sal die inwoners van die aarde hul rug draai op die leerstellings van die Christelike geloof en sal slegs dit aanvaar wat nie hul vryheid van keuse en morele vryheid in gedrang bring nie. Deur die woorde “rook soos uit ‘n groot oond” (Op.9:2) sien ons dat hierdie morele vryheid verwant is aan Sodom (Gen.19:28) en dit word beskerm deur die reg. Soos wat Sodom verwoes was deur vuur, so word die wraak van God uitgestort op die nasies.
Hfst.9-6e trompet
Die blaas van die sesde trompet is die eerste van drie dele in Openbaring wat gegroepeer is om die tyd van die tweede wee aan te dui
1. Op.9:13 tot 21
2. Op. 10
3. Op. 11:1-13
In Op.11:14 word genoem dat die “tweede wee” verby is en dat die “derde wee gou sal kom.” As ons in ag neem hoedat Openbaring die betekenis van die sesde seёl en die simboliek van die blaas van die eerste vyf trompette bymekaar gebring het, lyk dit asof die gebeure vinnig op mekaar volg.
Die woorde “die tweede wee is verby” kon eers bepaal word, nadat die gebeure van Hoofstuk 9 tot 11:13 (1260 dae)klaar verby was, en Dr. Janson ontdek het dat die tweede wee reeds verby is. Op hierdie tydstip weet ons dat die “derde wee” die groot Aardbewing was wat in die see naby Sumatra gebeur het op 26 Des. 2004.
Op. 9:13 Toe het die sesde Engel op sy trompet geblaas. Ek het ‘n stem tussen die vier horings van die goue altaar voor God gehoor.
Weereens moet ons kennis neem van die woorde van die Bybel. Dan sal ons sien dat die tyd van die blaas van die trompette verwant is aan “versamel/bymekaar maak”. (Num.10:4, Jer.6:1 en 51:27) Met die kennis wat ons het oor tydmeting in Openbaring is dit die tyd van die versamel van die nasies tot oorlog. Dit is ook die tyd van waarskuwing. (Joёl 2:1 en Ese.33:6) oor dit wat gaan kom en dit is die tyd om voor te berei.
Sef.1:6 ‘n Dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoё hoeksvestings/A day of the trumpet and alarm against the fenced cities and against the high towers.
Die insig wat ons kry in die opening van die vyfde seёl, is dat die blaas van die vyfde trompet verwant is aan die tyd 11 Sept. 2001 en dat die opening van die sesde seёl en die sesde trompet verwant is aan die tyd Aug. tot Des. 2003. Die totale tydperk van die sesde seёl strek verby 2004 en ons het nog nie die einde van daardie tyd bereik nie.
Die woord “stem” maak bekend dat die blaas van die sesde trompet in die eindtyd verbind kan word aan ‘n spesifieke tydmeting. Hierdie tydmeting het te doen met die “altaar” Dit word bekend gemaak deur die herhaling van die woord “altaar” in die opening van die vyfde seёl. (Op.6:9) Daar kom die woorde “onder die altaar” voor, sowel as die woorde “goue altaar”. Die tydmeting is ook verwant aan die opening van die sewende seёl en die herhaling van die woorde “goue altaar” in Op.8:3 “die gebede van die regverdiges op die goue altaar wat voor die troon is.” Die byvoeging van die woord “goue” voor die woord “altaar” wys dat die tyd na 28 Aug 2003 (Mars) die tyd van die “buitekant “ van die tempel is, want die tydmeting van “tempel” het tot ‘n einde gekom en die tekens van die einde sal direk van God en Sy troon af kom. Die tydperk Aug. tot Des. 2003 is die waterskeiding (watershed) in die tydmetings van Openbaring. Dit is die rede waarom Des. 2003 en Jan. 2004 die middelpunt genoem word. Na daardie tyd sal die “vier winde” losgelaat word op die aarde en die groot aardbewing sal plaasvind op die seebodem by die kuslyn van Sumatra op 26 Des. 2004
Die tydmeting (stem) wat verwant is aan die tyd 11 Sept.2001 (altaar) word albei in verband gebring met die “vier horings van die “goue altaar.”
Om die term “vier horings” te kan verstaan moet ons onthou dat Openbaring die getalle 7, 10, en 4 gebruik om die begrip totaliteit of volledigheid vir ons duidelik te maak. Die woorde “vier hoeke van die aarde” (Op.7:1- in die opening van die sesde seёl) wys dat Openbaring 7 na die hele aarde verwys.
Dus weet ons nou dat Openbaring bekend maak dat die tydmeting van die blaas van die sesde trompet verwys na 11 Sept. 2001 , maar terselfdertyd ook na die hele aarde wat onder die invloed van die “dier uit die see” en die “dier uit die aarde” is. (Op.6:8)
Op. 9:14 Die stem het vir die sesde Engel, wat die trompet het, gesê: “Maak los die vier Engele wat by die groot Eufraatrivier vasgemaak is
Om werklik te kan verstaan wat die verwantskap is tussen die “vier Engele” en die woordjie “losmaak/loose,” moet ons deeglik ondersoek instel na die opeenvolging van die inligting in die verse waar die woord “losmaak/loose” voorkom.
Eerstens kom die bogenoemde “losmaak” (Op.9:14) ook voor in Op.20:4 “en daarna moet hy losgemaak word vir ‘n kort tydjie.” Die herhaling van die woord “losgemaak” bevestig dat die tyd van die “vier Engele” wat “gebind is by die Eufraatrivier” losgemaak is in die tyd van die kort tydjie.
Openbaring verbind die losmaak van die vier Engele aan die Eufraatrivier. Dit is van baie groot belang in 2004, want dit kom voor asof daar in die tyd van oorlog by die Eufraatrivier, orkane en siklone sal wees wat die aarde en die see sal seermaak.
In die tyd dat die “vier winde” losgemaak word, sal daar ‘n opwelling van geweld wees in die Eufraatgebied. Hier moet ons spesifiek aandag skenk aan die geweld wat plaasgevind het. Op.18:21 “Met geweld sal die groot stad Babilon neergegooi word.” Die “groot stad Babilon” is die simbool van die internetgekoppelde , handeldrywende globale wêreld, wat mislei is. By hierdie misleiding sluit Openbaring die draak, die dier uit die see en die dier uit die aarde sowel as die groot prostituut, in.
Die “vier Engele van Op.7:1 “ en na hierdie dinge het ek vier Engele op die vier hoeke van die aarde gesien wat die vier winde van die aarde vashou, sodat die wind nie op die aarde of op die see of op die bome waai nie.” Die tyd van hierdie vers is voor die tyd wat die winde begin waai het in 2004 en 2005 in drie dele van die aarde.
Op. 9:15 Die vier Engele wat gereed gehou is vir hierdie uur en dag en maand en jaar is toe losgelaat om ‘n derde van die mensdom dood te maak.
Die herhaling van die woorde “vier Engele” in Op.7:1 en (:14 en weer in Op.9:15 is baie belangrik in die jaar 2004. In 2004 is die nasies deur baie erge siklone en orkane getreiter.
Met ons kennis van tydmeting van Openbaring glo Dr. Janson dat deeglik kennis geneem moet word van die vier orkane Charley, Frances, Ivan en Jeanne wat oor die Atlantiese Oseaan ontwikkel het en groot verwoesting gesaai het op die eilande en lande wat oor hul pad gekom het in die kort periode van ongeveer ses weke in Aug. en Sept. 2004 Teen die einde van Sept 2004 het ‘n buitengewone aantal tropiese storms, 25 in getal, in die Stille Oseaan ontwikkel en ook ‘n rekordgetal van 8 siklone het Japan getref. Songda was een van die sterkste siklone wat nog ooit gemeet is deur die meteorologiese agendskap sedert hulle begin het om die data te versamel in 1972. Meer siklone het oor die noordelike dele ontwikkel.
In die Filipynse gebied het daar , teen die einde van Nov. en die begin van Des. vier storms ontwikkel. Drie was tropiese storms en een was die sikloon Nanmadol. Hierdie vier storms het in net twee weke swaar reёnval gebring. Dit het in dieselfde seisoen gebeur as die vier winde wat in die Karibiese see in die Amerikas verwoesting gesaai het, deur die orkane Charley. Frances, Ivan en Jeanne in net ses weke. Die eerste vier storms was in die Weste en die volgende vier storms was in die Ooste.
In die Stille Oseaan area het , in die begin van Feb. 2005, vier verwoestende siklone Meena (kategorie 4), Olaf (Kategorie 4) Nancy en Percy die eilande in die Stille Oseaan getref. Die eilande was Samoa, Cook Island, Tokelau eiland. Hierdie vier winde was in die Stille Oseaan area en dus weet ons nou dat die vier winde nie meer teruggehou word nie. (Op.7:1 en Op.9:14)
Openbaring verbind die losmaak van die vier Engele van die vier winde aan die Eufraatrivier. Dit is van groot belang in 2004 want dit kom voor asof daar, wanneer dit die tyd van oorlog in die Eufraatgebied is, dit ook die tyd sal wees wat die orkane en siklone die aarde en die see sal seermaak.
Die woorde “om ‘n derde van die mense dood te maak” verwys na die geskiedenis asook na die hede. In die geskiedenis het dit verwys na die tydperk 1926 tot 1932. Soos ons voorheen genoem het, sal ons later , as ons die “dier uit die see” navors, sien dat die tyd “seshonderd, sestig en ses verwant is aan drie dele van die aarde en die “getal van die mense. (Op 13:18) ‘n Derde deel is die tydperk 1926 tot 1932.(6jaar)
In 2004 en 2005 het Openbaring die aarde in drie dele verdeel. Die Verre Ooste, die Weste en die “middeldeel” wat deur die Eufraatrivier aangedui word. Die Eufraatrivier is die middelpunt tussen die Ooste en die Weste. Daarom weet ons dat die woorde “om ‘n derde van die mense dood te maak” dui op oorlog(doodmaak) in die middeldeel (Eufraatrivier) van die aarde ( dier uit die aarde) wat natuurlik die getal van die mens insluit. (van die mense)
Deur die woorde van Op. 9:15 “uur, dag, maand, en jaar” bevestig Openbaring die tyd van “1000” en “200” van die tyd 1260 dae. In die tydperk vanaf 11 Sept. 2001 tot 26 Des. 2004 het daar 1000 dae en 200 dae verloop.
11 Sept. 2001 tot 31 Des. 2001 = 111 dae
2002 = 365 dae
2003 = 365 dae
1 Jan 2004 tot 26 Des. 2004 = 360 dae (skrikkeljaar)
= 1200 dae
Meting van uur
Openbaring meet ‘n “uur” in die geskiedenis en ‘n “uur” in die 1260 dae. In die geskiedenis het ons, met die oopmaak van die sewende seёl, die tyd gemeet van ‘n “halfuur. “En daar was stilte in die hemel vir ‘n half uur” Openbaring het vir ons aangetoon dat die “ure” 24 jaar is en die “halfure 12 jaar in die tyd 1860 tot 2004.
Dan kry ons die uur soos wat ons dit ken. ‘n Uur van 60 minute., In 2003 het die planeet Mars die naaste aan die aarde beweeg op ‘n spesifieke tyd. Die mens is nou in staat gestel om dit te kan bereken. Dit was ook in die bestek van een uur dat die Wêreld Handelsentrum in New York aangeval is en daardie aanval het gelei tot die oorlog in Afghanistan en dit het later uitgebrei na Irak, die area naby die Eufraatrivier.
Meting van ‘n dag
In Openbaring kan die meting van ‘n dag toegepas word op die geskiedenis, sowel as ‘n dag soos ons dit ken, van 24 uur. In die geskiedenis is die tyd van ‘n dag bekend gemaak met die opening van die sesde seёl. Daar is gewys deur Op.6:12-14 dat die tyd vanaf Aug.2003 tot Des. 2003 verbind kan word aan ‘n dag. Die mens se vermoё het so ver gevorder dat hy wiskundige berekeninge kon doen om te bepaal, wanneer die planeet Mars die naaste aan die aarde was, asook wanneer hy weer so naby aan die aarde verby sal beweeg. Op 28 Aug. 2003 was die planeet Mars die naaste aan die aarde en dit sal weer oor 287 jaar so naby wees, gemeet vanaf die jaar 2000 Ons het reeds uitgewerk dat ‘n dag in die geskiedenis 288 jaar is. Die dag is dus met een jaar verkort.
Ons het dus nou altwee tydmetings van ‘n dag ontdek met die besoek van die planeet Mars. In die geskiedenis meet ons ‘n dag van nou af op 287 jaar. En die dag 28 Aug. 2003 was ‘n dag van 24 uur. U kan dus sien dat albei tydmetings voorkom in Openbaring.
Ons kan nou bepaal dat die dag toe die planeet Mars die naaste aan die aarde was, op 28 Aug. 2003, dit ook die einde van die drie en ‘n halwe dag van die tweede millennium is.

Meting van ‘n maand
Met die opening van die vierde seёl het Openbaring die tyd van “maand” in die geskiedenis gemeet. Dit is 6 jaar. Met die opening van die sesde seёl meet openbaring vyf maande. Met die opening van die vyfde trompet word die tyd van die “vyf maande “ bevestig en word dit ook in verband gebring met die tyd van die “ster” asook die tyd van die “rook uit die put.”
Meting van ‘n jaar
Dit kom voor asof Openbaring ‘n jaar nie in die geskiedenis meet nie, maar wel vanaf die tyd toe die aardbewing in Bam gebeur het op 26 Des. 2003 tot die tyd toe die aardbewing aan die kus van Sumatra gebeur het op 26 Des. 2004.
Wanneer Openbaring aandui dat die “vier Engele wat gereed gehou is vir hierdie uur, dag, maand en jaar” (Op. 9:15), wil Openbaring aandui dat die vier Engele nou hulle taak voltooi het en daarom is hulle losgemaak. Ons het nou die eindpunt bereik van die vier Engele wat die tyd meet. Dit is ook waarom Op. 10:6 sê “daar is geen tyd meer nie.”
Let ook op na die woorde van Op. 8:5 “maak dit vol met die vuur van die altaar en gooi dit op die aarde uit” . Dit wil voorkom asof die tyd van die “altaar” die begin is van die tyd wat die “aarde seergemaak” gaan word.
Die woord “gereed gemaak/prepared in Openbaring beteken; dit wat vooraf bepaal is in die geskiedenis en in die eindtyd. (Op. 8:6 Die sewe engele het gereed gemaak om te blaas).
Op. 9:16 En die getal van die leёrs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het die getal gehoor./ And the number of the army of horsemen were two hundred thousand thousand; and I heard the number of them.
Deur die woorde “perderuiters” is Openbaring besig om die totale tydperk van die Ruiters van die eindtyd aan te dui. Dit is die totale tydperk van die afgelope 2000 jaar.
Die getal” twee honderd duisend, duisend” (Engelse vertaling)is ‘n figuurlike getal. Openbaring gebruik nie die woord “stem” hier nie, daarom weet ons dat dit verwant is aan ‘n tydmeting in Openbaring. Dit dui op die oorgangstydperk van die regering van die Konings na die regering van die mense. (getal van die dier). (Op.13:18) Hierdie regering van die dier/mens moet uiteindelik tot ‘n val gebring word. Ons weet nou dat die getal 200 verwys na die tyd 7 Jun. 2004 tot 26 Des. 2004 en die duisend , duisend verwys na die tweeduisend jaar. Dit is die bekendmaking van die tyd wanneer die nasies sal vergader vir die finale aanslag/oorlog. (getal van die leёrs van perderuiters.)

Op. 9:17 En in hierdie gesig het die perde en hulle ruiters so gelyk; hulle het vuurrooi, donkerblou en swaelgeel harnasse aangehad. Die perde se koppe was soos die koppe van leeus en uit hulle bekke het daar vuur, rook en swael uitgekom.
Weereens verwys die blaas van die trompet na die geskiedenis (maak gereed) en na die eindtyd. Hierdie vers verwys na ‘n spesifieke tyd in die geskiedenis en dit verwys na die eindtyd.
Die gevolge van al die oorloё om die regering van die Konings op te rig en daarna om die Konings tot ‘n val te bring en die regering van die mense op te rig, word finaal bymekaar gebring in die tyd na 1788.
Soos wat ons voorheen gewys het, het die gebruik van kleur in die analisering van Openbaring ‘n belangrike doel. Op die kleurkaart van die geskiedenis (1068) dui die kleur “Hiasint”(oranje-rooi) 1788 tot 1860 aan. Dit wys ook die tydperk 1980 tot 1992(vuur) aan op die kleurkaart (1860-2004) van “halfure”. 1780 tot 1860 was die tyd van die Franse revolusie (1789). In die tyd sou die oorloё plaasvind wat die regering sou oordra van die Koning na die mense in Europa. Hierdie oordrag van regerings sal ook na die kolonies oor die see uitgebrei word. Hou die twee kleurkaarte byderhand, sodat ons na die tydperke kan kyk
Die tydperk 1980 tot 1992 is die tydperk wanneer die “dier uit die aarde” sou regeer en dit sal die motief wees vir die oorlog (die perde se koppe was soos die van leeus.) Dit sal ook die tyd wees wat die internasionale media (uit hulle monde) die regering van die mense sal propageer.
Op. 9:18 Deur hierdie drie plae; die vuur, die rook en die swael wat uit hulle bekke (monde) uitgekom het, is ‘n derde van die mensdom doodgemaak.
Openbaring dui nou aan dat daar teen 1926 tot 1932 (derde deel) soveel propaganda (mond) sal wees vir die regering van die mens (mensdom) dat die voordeel van die Christelike geloof verwoes sal word in ‘n derde deel van die aarde. Ons kan dus nou sien waarom die ruiter op die vaal perd teen 1947 gehardloop het.
Die woorde “vuur, rook en swael” dui op die eindtyd. Die woord “vuur” maak ook die tyd van die vyfde trompet bekend en die tyd 11 Sept. 2001. Die propaganda (mond)vir die regering van die mens sal lei tot oorlog en dood na 1926. (‘n derde deel van die mense is doodgemaak). Die woord “doodgemaak” dui ook die geleidelike geestelike dood oor ’n tydperk aan. Dit kom voor asof die woord “rook” die tyd van die 1260 dae bekend maak. Dit is die tydperk vir die voorbereiding van die nasies vir oorlog.
Op.9:19 Die perde se vermoё om skade te doen is in hulle bekke(monde) en ook in hulle sterte, want hulle sterte is soos slange en het koppe en daarmee pynig hulle die mense./For their power is in their mouth and in their tails; for their tails were like unto serpents and their heads, and with them they do hurt.
Die vermoё/krag/power van die nasies om oorlog te maak is in die wêreld media (in hul monde), maar dit is ‘n valse (in their tails) ideologie wat gepropageer word. Hierdie vermoё/power sal lei tot die seermaak van die “aarde” en die “see”. Neem kennis dat Openbaring al vier die ruiters van die apokalips insluit. Die wit perd was die simbool van eenheid tussen staat en kerk wat die leerstellings van Jesus Christus uitgedra het.
Opsommend: Die propaganda van die regering van die meerderheid en die afdwing van hierdie regering d.m.v. oorlog, is die ideologie , wat vryheid en gelykheid van gelowe bevorder , asook die uiteindelike aanvaarding dat die Kerk en Staat geskei moet word. Hierdie ideologie sal uiteindelik daartoe lei dat die “see” seergemaak/hurt sal word, asook die “aarde”. Hierdie begrip van “aarde” is die wetenskaplike uitvindsels en mynbou om die minerale en ander rykdomme uit die aarde te ontgin en dit sal die” aarde seermaak”
Dit kom voor asof die wraak van God gevind kan word in dit wat die mens mislei het en ook dat die mens dink hy kan onbepaald regeer d.m.v ‘n valse ideologie. Openbaring bewys dat God wil hê dat die nasies regeer moet word volgens Christelike beginsels en leerstellings, soos die voorbeeld wat ons het van Europa in die eerste millennium. Daarom mag dit die rede wees waarom die regering van die meerderheid beïndig sal word in die tyd van die versamel/bymekaarkom van die nasies vir die finale oorlog Armageddon.
Op.9:20 Die ander mense wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het hulle egter nie bekeer nie. Hulle het aangehou met die aanbidding van die bose geeste en van afgode wat hulle self gemaak het van goud, silwer, koper, klip en hout en wat nie kan sien, hoor of loop nie. Hulle het hulle ook nie daarvan bekeer om moord, towery, onsedelikheid en diefstal te pleeg nie.
Neem kennis daarvan dat daar in Op.9:20-21 gesê word dat die mense tot by ‘n sekere punt onbewus daarvan sal wees dat die tornado’s en orkane verbind moet word aan die eindtyd. Die nasies is mislei en is onbewus daarvan dat die “plae” wat die vorm van siektetoestande of enige ander tipe “seermaak” kan aanneem, oor die nasies gekom het en dit wys heen na die Oordeel en die Terugkeer van Jesus Christus.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]