Hfst.11 - Twee getuies

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on December 17, 2010 at 07:20:22:

HOOFSTUK ELF
Twee getuies

Hierdie hoofstuk is ook deel van die “tweede wee”. Weereens maak Openbaring die geskiedenis, sowel as die eindtyd bekend.
Op.11:1 En ‘n riet soos ‘n meetroede is aan my gegee en die Engel het gestaan en gesę: “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid./ And there was given me a reed like unto a rod; and the angel stood, saying Rise, and measure the temple of God, and the altar and them that worship therein.
Die woord “riet” verwys na ‘n maatstok. (Ese.40:3) Hierdeur bevestig die woorde van Openbaring dat Openbaring gaan oor die tydmeting in die geskiedenis. Dit verwys ook na die “riet”(in plaas van ‘n septer) wat in Christus se hand geplaas is voordat Hy gekruisig is, sodat die mense die spot met Hom kon dryf. Dit mag ook verwys na die mense se minagting en ongeloof oor die tydmeting in Openbaring in die tyd waarin ons nou leef.
In die Engelse vertaling word gepraat van ‘n “rod” . Hierdeur sal Openbaring bewys dat God nog altyd, van die begin af in beheer was van die nasies, totdat die finale geveg sal plaasvind “hy het die wynpers getrap.” God se outoriteit en beheer word bewys deur die verse waarin die woord “meetroede/rod” verskyn.
Op. 2:27 Hy sal hulle met ‘n ystersepter/rod of iron regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan.”
Op.12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter/rod of iron sal regeer.
Op.19:15 Uit sy mond het daar ‘n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref en Hy sal hulle met ‘n ystersepter/rod of iron regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God die Almagtige.
Openbaring gebruik die woord meetroede/rod in Op.11:1 omdat Almagtige God, deur die twee millenniums, in beheer was van die nasies en die verspreiding van die Christelike boodskap tot aan die eindes van die aarde. Een ding wat ons in gedagte moet hou is dat die aspekte van die regerings van die nasies nou bymekaar gebring word. Dit is geprofeteer in Openbaring dat die hele aarde die “groot stad” sal wees, wanneer al die nasies aanmekaar verbind sal wees deur die ekonomie en deur moderne tegnologie en kommunikasie. Op.10:11 bevestig dat Openbaring al die nasies van die węreld insluit.
In die meting van die tempel bevestig Openbaring die eerste en tweede seёls. Die woorde van Jesus Christus wat hierdie twee seёls open vind ons in Joh.2:19 en 21. “…die tempel afbreek en in drie dae sal ek dit weer opbou”. Die mate/ meting van die tempel is van die uiterste belang, want daardeur wil Openbaring die nasies inlig oor wat gaan gebeur. Die woord “tempel” in Op,11:1 verwys terug na die woorde van Jesus Christus in Joh.2:19 en 21 ….die tempel afbreek en in drie dae sal ek dit weer opbou. Hy het egter sy liggaam bedoel. Hierdie woorde verwys na die dood en opstanding van Jesus Christus, maar vir insig in Openbaring 11:9 en 11 waar dieselfde tyd “drie dae en ‘n half” genoem word, verwys dit ook na die ontstaan en groei van die Christelike Kerk.(en hulle wat daarin aanbid) Die gelowiges in die Christelike Kerk gebruik die brood en wyn tydens nagmaal en is dan simbolies deel van die liggaam en bloed van Jesus Christus. Hierdie ontstaan en groei van die Christelike kerk in die nasies word gemeet in “dae”. (In die geskiedenis word die lengte van ‘n “dag” in Openbaring gemeet as 288 jaar en in 2003 is dit verkort na 287 jaar.) Soos gesien in die tyd van die “kort tydjie” word die lengte van ‘n dag gemeet, soos ons dit normaalweg doen. (In die dae van die stem van die “sewende engel” word ‘n dag gemeet in 24 uur, sowel as in die tyd van 1260 dae.)
Vanaf die verwoesting van die tempel in 70nC kan ons drie periodes van “dag” meet. 70 + 864(288x3) bring ons by die tyd 934nC. Teen 934nC was die meeste van die nasies van Westelike Europa bekeer tot die Christendom. Dit sal deur hierdie nasies wees dat die boodskap van redding deur Jesus Christus sal versprei tot aan die eindes van die aarde. As nog ‘n periode van 72 jaar bygevoeg word (kwart dag) bring dit ons tot by die jaar 1004. Dit is die totale tydsduur van “drie en ‘n half”. Ons sien dus dat Openbaring “drie en ‘n halwe dag meet in die eerste millennium. M.a.w. die tydmeting van die tempel bevestig die opening van die eerste twee seёls.
0-70nC 1004
72j 1 dag(288 jaar) 1 DAG (288 jaar) 1 DAG (288 jaar) 72j

Aangesien daar ‘n herhaling van die woorde “drie en ‘n halwe dag” is in Op.11:11 meet Openbaring ook “drie en ‘n halwe dag in die tweede millennium. Die tweede millennium se tydmeting verwys na Jesus Christus se woorde in Mat.12:40 Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” Hierdie woorde verwys na die dood en opstanding van Jesus Christus maar deur die insig van Openbaring se tydmeting in die eindtyd, verwys dit ook na die “drie dae” wat die nasies mislei sal word deur die invloed van die “dier uit die see” en die “dier uit die aarde”.
Die tydperk van die tweede millennium word gemeet in drie dae en 144 jaar. Daarom was dit so merkwaardig en insiggewend dat die planeet Mars op sy naaste aan die aarde was in 2003. Volgens Dr. Janson bevestig die opeenvolging van gebeure teen die einde van 2003 die opening van die sesde seёl. Die tyd toe die planeet op sy naaste was aan die aarde op 28 Aug.2003 en die feit dat hy weer so naby sal wees in 287 dae, bevestig ook die tydmeting van ‘n dag in Openbaring. Ons het nou die tyd van “die dag van die Here” bereik.(Op.6:16. Dag van wraak)
1070 2004
1 dag (288jaar) 1 dag (288 jaar) 1 dag (288 jaar) Halwe dag (144 jaar)

Neem kennis dat die twee tydmetings van die twee millenniums uiteindelik sal “reflekteer” deur middel van die lengte en die breedte van die Nuwe Jerusalem. Die middelpunt van die tydmeting sal 1000 wees. Die eerste “drie en ‘n half” begin in 4vC en eindig in 2004. Hierdie is die simboliese tydmeting van “lig” en die verspreiding van die boodskap van Jesus Christus wat oor beide millenniums gestrek het.
Dit is in die vorige hoofstukke gewys dat die woord altaar verstaan kan word deur;
a) hoe die woord in die Bybel gebruik word;
b) deur die insig wat verkry word in Openbaring;
c) deur die dinge wat op die aarde plaasvind.
Al die verse waar die woord altaar voorkom, moet bestudeer word. In Op. 6:9 word die woord altaar gebruik by die opening van die vyfde seёl. Openbaring plaas die woord altaar in ‘n spesifieke posisie, sodat sy betekenis bekend gemaak kan word. Dit word ook gedoen om aan te toon dat die meting van altaar verwant is aan die tyd van die kort tydjie. (Op.6:9-11). Dit verwys ook na die sewende seёl (goue altaar)(Op.8:3) , sowel as die blaas van die sesde trompet (goue altaar)
Soos gesien in die opening van die vyfde seёl kan die tydmeting van die altaar net gesien word met die kennis van meting met die opening van die eerste vier seёls.
Die tempel word gemeet vanaf die ster wat die geboorte van Jesus Christus aankondig tot by die ster op 28 Aug. 2003. Dit was die planeet Mars wat as die Môrester op daardie dag verskyn het. Die tyd van die altaar is vanaf 11 Sept.2001-2002. Die kort tydjie is die 1260 dae vanaf 11 Sept. 2001 tot 22 Feb. 2005 en die tyd van die goue altaar is die tyd na 28 Aug. 2003.
Die herhaling van die woord altaar in goue altaar in die opening van die sewende seёl (Op.8:3 en 5) sowel as in die blaas van die sesde trompet (Op.9:13) wys dat die bekendmaking van die tekens wat direk van God se troon af kom, deur die blaas van die trompette, verwant is aan die tyd van die altaar. Hierdie gebeurtenisse kan op die ou einde verbind word aan die 1260 dae en die 42 maande. Onthou die altaar het te doen met die siele wat onder die altaar is en wat vra; ”Hoe lank nog, O heer. “ In die tyd van die 1260 dae sal God hulle gebede beantwoord.
Die tempel se tydmeting begin by die geboorte van Jesus en die altaar se beginpunt is by die”Lam wat geslag is” Ons weet nou deur tydmeting dat die tyd van die bou van die tempel verby is op 28 Aug.2003 (Mars). Is die tyd van die altaar ook verby? Uit die opening van die vyfde seёl het ons gesien dat die tyd van die altaar eindig in 2002. Ons sal dit eers duidelik kan sien as ons die hele Openbaring verstaan. Hierdie ontdekking wat Dr. Janson verkry het, is een van die latere ontdekkings wat sy gekry het nadat sy eers van die laaste tekens waargeneem het en so die berekeninge kon doen. Ons moet onthou dat die insigte in Openbaring ‘n voortdurende proses is , wat te doen het met die verlede, die hede en die toekoms.
Op.11:2 Maar die voorhof, wat buitekant die tempel is, moet jy heeltemal uitlaat en dit nie meet nie, omdat dit aan die heidene oorgegee is en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.
Hierdie vers verwys weereens na geskiedenis sowel as die eindtyd.
In die geskiedenis is die voorhof/buitekant/outer court die tyd vanaf 1932 tot 2003 (die tyd wat nie gemeet moet word nie). In die eindtyd is die tyd van die buitekant/outer court van die tempel, na 28 Aug.2003 (Mars) en die tyd van altaar, na die tyd van 1260 en 42 maande – dus die tyd na Feb. 2005.
In die totale konstruksie van die tydmeting van die tempel, word 3 ˝ dag in elke millennium gemeet.
Edelstene van die fondasies van die muur van die Nuwe Jerusalem word geplaas op die twaalf generasies, maar geen kleur word op die eerste en die laaste generasie geplaas nie. So bevestig Openbaring die 3 ˝ dag in elke millennium.
4vC 1000
˝
1 dag
1 dag 1 dag ˝

1000 2004

1e 2e 3e 4e 5e 6e 7e 8e 9e 10e 11e 12e 13e 14e


Openbaring maak bekend dat al twaalf tydmetings sal eindig in die tydperk 28 Aug. 2003 en daarna. Die tyd van die heidene het tot ‘n einde gekom. Openbaring maak dit bekend in die volgende woorde “kom uit die tempel uit” en “kom uit die altaar uit”.
Die woorde “die heilige stad sal vertrap word vir 42 maande” het betekenis in die geskiedenis en in die eindtyd. Hierdie woorde maak bekend dat daar tweespalt onder die nasies is, oor die status van die stad Jerusalem, in die tyd van die kort tydjie. Dit is vanaf 11 Sept. 2001 tot Feb. 2005. In hierdie kort tydjie is die nasies mislei en sal hulle nie notisie neem oor wat gesę word in Openbaring van die Nuwe Jerusalem (heilige stad) wat van die hemel sal neerdaal nie. Dit sal verander namate die tekens van die eindtyd in vervulling gaan.
Op.11:3 Ek sal aan my twee getuies opdrag gee en hulle sal met rouklere aan, my boodskap twaalf honderd en sestig dae lank verkondig.
Hierdie vers hou ook verband met die geskiedenis sowel as die eindtyd.
Openbaring maak bekend dat diegene wat vervul met die Heilige Gees, die boodskap van redding deur Jesus Christus verkondig, die twee getuies is. Hulle sal die boodskap deur die twee millenniums dra. Hulle sal voortgaan daarmee tot die tydperk van 1260 dae. Dit is tot Feb. 2005 en die einde van die 1260 dae. Dwarsdeur die geskiedenis sal dit baie moeilik wees om hierdie boodskap uit te dra in ‘n węreld waar die meeste mislei is. Die betekenis van die woord getuie kry ons in Rom.8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees, dat ons kinders van God is.
Ons kan nou op hierdie tydstip, d.m.v. die Heilige Gees begin verstaan hoe die tekens wat direk van God se troon af kom, verwant is aan die woorde van Openbaring. Ons het nou die tyd bereik van 1260 dae en 42 maande.
Die eerste indikasie wat aan ons gegee is dat die tyd van die blaas van die trompette op hande is, is met die opening van die sesde seёl.. Dit was die gedeelte van die vers wat te doen het met “stemme, donderslae, weerligte en ‘n aardbewing.” Hierdie aardbewing was die aardbewing in Bam op 26 Des. 2003.
Die opening van die sesde seёl het gewys dat ons in die tydmeting van maande is, soos ons dit ken. Dit was vanaf Aug. tot Des. 2003. Deur die gepaardgaande simboliek en die opening van die sesde seёl , en veral die vierde trompet het bekend gemaak dat die eerste vier trompette geblaas is. Op. 6:12 “ Die son het swart geword soos ‘n roukleed” en Op.8:12 “die dag het nie lig gehad nie”.
Die herhaling van die woorde in die opening van die sesde seёl Op.6:13 .. en die sterre van die hemel het op die aarde geval” en die woorde van die vyfde trompet (Op.9:1) ‘n groot ster het van die hemel op die aarde geval, en aan hom is die sleutel tot die bodemlose put gegee, “ maak bekend dat dit deur die tekens vanaf 28 Aug. 2003 (die tyd dat Mars die Môrester was) is, dat ons die tyd van die kort tydjie kan bereken.(Op.6:11 en 20:3)
Vandat die (a) ster uit die hemel geval het (28 Aug.2003), het die vyfde trompet reeds geblaas,(b) 11 Sept. 2001 het reeds gebeur. Dit was die(c) tyd van die rook uit die bodemlose put en daarom is een wee reeds verby.
Hieruit lei ons af dat die opening van die vyfde, sesde en sewende seёls op dieselfde tyd oopgemaak word in die tyd van die kort tydjie. Dr. Janson neem kennis van Jesus Christus se woorde in Mat. 24:17 sę “die een wat op die dak is moet nie afkom en iets uit sy huis uit kom haal nie”. Dit sal dan die tyd van vloede wees.
Die groot aardbewing aan die kuslyn van Sumatra wat op 26 Des. 2004 plaasgevind het, het presies ‘n jaar gemeet vanaf die aardbewing in Bam, wat ook op 26 Des. 2003 plaasgevind het. Die aardbewing in Sumatra, is die groot aardbewing waarna Op.11:13 en 16:18 verwys.
Die tydmeting van 1000 + 200 dae wat tussen 11 Sept. 2001 en 26 Des. 2004 gemeet kan word het vir ons die tydsmeting van 1260 dae ontsluit. Die aardebewing in Zarand, Iran op 22 Feb. 2005 bevestig die tydmeting van 1260 dae, want hierdie aardbewing het 60 dae na die aardbewing in Sumatra plaasgevind.
As ons dieper navors kom ons agter dat daar nog meer dinge in die natuur plaasgevind het in die tyd van 1260 dae.
1.Die aardbewing in Zarand, Iran het 6.4 op die richterskaal gemeet en dit het 60 dae na die aardbewing in Sumatra plaasgevind.
2. Op 15 Jan 2005 het ‘n vulkaniese uitbarsting plaasgevind in Papua, New Giunea. Dit was 20 dae na die aardbewing in Sumatra.
3. Op 4 Feb. 2005 (20 dae na die uitbarsting in Papua)het lava van die vulkaan Kilua in Hawaii vermeerder en ‘n nuwe pad na die see gevind. Hierdie lavavloei het die hele Feb. aangehou.
Ons sien dus dat hier ‘n patroon is 20 + 20 + 20. Al hierdie tydmetings verwys na die 1260 dae , sowel as na die betekenis van stemme, donderslae, weerligte en ‘n aardbewing.
Van die begin van Feb. 2005 het daar in die Stille Oseaangebied vier verwoestende siklone ontstaan. Meena (kat. 5) Olaf (kat.4) , Nancy en Percy. Hulle het die eilande Samoa, Cook Island en Tokelau getref. Hierdie is die vier winde wat die Stille Oseaan gebied getref het. Daarom sę Openbaring dat die vier winde nie meer teruggehou word nie. (Op.7:1 en Op. 9:14)
Neem kennis dat al hierdie natuurverskynsels in die Stille Oseaangebied plaasgevind het. Openbaring dui die eindes van die aarde aan. Die Christelike boodskap het na die eindes van die aarde versprei. Dit is die derde deel van die aarde. Die groot stad is die hele aarde.
Die aardbewing naby Sumatra wat op 26 Des. 2004 gebeur het, het 200 dae na ‘n toename in seismiese aktiwiteite regdeur die aarde vanaf 28 Mei tot 7 Junie 2004 gebeur. Gedurende hierdie tydperk is ongeveer 50 aardbewings opgeteken węreldwyd. Op 28 Mei het ‘n sterk aardbewing die provinsie Mazandaran Casvin in Iran getref. (Midde Ooste) en in Hawaii het die lava van die vulkaan Kilauea se intensiteit versterk en het dit die see bereik op 30 Mei 2004.
Hierdie tyd van die sterk seismiese aktiwiteite (Midde-Ooste) in Mei/Junie 2004 was ongeveer 1000 dae na die aanval op New York. (11 Sept.2001)
In Mei 2003 is vrede verklaar in Irak, maar die oorlog het nie opgehou nie. Die konflik het aangehou en selfmoord bomme en invallers het die inwoners geteister. Die blaas van die sesde trompet fokus op die gebied van die Eufraatrivier, en die tyd van die 200 dae vanaf 7 Junie 2004 tot 26 Des. 2004. Dit kom dus voor asof die oorlog in Irak die tweede wee is. Dit sal ook ‘n faktor wees in die bymekaar kom van die nasies vir die finale aanslag.
11 Sept. 2001 en 7 Feb. 2005 is 1260 dae uitmekaar. Sept. 2001 en Feb. is 42 maande uitmekaar.
Hierdie tekens dien as getuienis van die boodskap van Jesus Christus wat oor die hele aarde versprei het. Hierdie tekens maak ook die almag, sterkte en beheer van Jesus Christus oor die hele aarde bekend. Dit is soos die vuur uit die hemel wat neergedaal het, toe Elia gebid het dat God ‘n teken moet stuur om vir almal te wys dat Hy lewe en in beheer is.
Op.11:4 Hulle is die twee olyfbome en ook die twee lampe wat voor die Here van die aarde staan.
Die simbole van die olyfbome en die twee lampe dra die gedagte oor van die eenheid van die Heilige Gees met Christene op die aarde (lampe) Dit is die simbool van die lig en die liefde wat Jesus Christus na die aarde toe gebring het. Christene gevul met die Heilige Gees, bring lig en goedheid na die aarde toe.
Op. 11:5 As iemand hulle kwaad wil aandoen, kom daar vuur uit hulle monde uit en verteer hulle vyande. So moet elkeen doodgemaak word wat hulle kwaad sal wil aandoen.
As iemand die getuies van Jesus Christus, wat die boodskap van verlossing uitdra, sou seermaak, sal hulle gestraf word. Ons sal later na die strawwe kyk wanneer ons die wraakbakke behandel.
Op.11:6 Hulle het die mag om die hemel toe te sluit, sodat daar gedurende die hele tyd wanneer hulle God se boodskap verkondig, geen reёn sal val nie. Hulle het ook die mag om al die water in bloed te verander en om die aarde met allerhande plae te tref so dikwels as hulle dit nodig sou vind.
Hierdie vers dui vir ons aan hoedat die Drie-enige God gereageer het in die geskiedenis en tot op hede. Hoedat God opgetree het teen die nasies wat probeer het om die Christelike Kerk kwaad aan te doen. God het droogte gebring (mag het om hemel te sluit) God het oorlog gebring (water in bloed). Openbaring maak ook hier bekend dat die plae wat oor die aarde gekom het die afgelope 2000 jaar, veroorsaak is deur die onregverdige behandeling en dood van Christene. Ook die plae van Openbaring 16 het betrekking hierop. Op.18:24 “En in haar (groot Babilon) is gevind die bloed van die profete en die heiliges wat op die aarde doodgemaak is.” Groot Babilon is die totale aarde wat die Christelike geloof “gevange” hou.
Ons moet meer ondersoek instel na die woorde “mag om die hemel te sluit.” Veral omdat dit betrekking het op die 1260 dae. Ons kan nou die 1000 + 200 + 20+20+20 dae meet. Dit is 3 ˝ jaar vanaf 11 Sept.2001 tot 22 Feb. 2005. In Luk. 4:25 staan daar “ Toe die hemel gesluit was vir drie jaar en ses maande en groot hongersnood op die aarde geheers het.” In Jak. 5:17 “vir drie jaar en ses maande het dit nie op die aarde gereёn nie.” Gedurende die tydperk van 1260 dae (11/09/2001 tot 22 02/2005) het groot dele van die aarde erge droogte ervaar. Daar is nou ook baie veranderinge in die weerpatrone van die aarde. Droogte en hongersnood word in Afrika ervaar en ook langdurige droogtes in Suid-Europa. Hierdie droogtes gaan gepaard met erge storms in ander dele van die aarde. Dit is ook die tyd van oorlog in Irak en die konflik is nog aan die gang.
Op.11:7 Wanneer hulle egter hulle getuienis klaar gelewer het, sal die dier wat uit die onderaardse diepte uit kom, teen hulle oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak.
Hierdie vers verwys na die geskiedenis en die eindtyd. Wanneer ons die totale Openbaring kan verstaan, sal ons agterkom dat die twee getuies drie betekenisse het. Eerstens kry ons die betekenis van die woorde in Rom.8:16 af. “Die Gees getuig met my gees dat ons kinders van God is.” Daarom is die twee getuies al die Christene wat gevul is met die Heilige Gees oor die 2 millenniums. Hulle was getuies vir Jesus Christus. Tweedens, in die tydmeting van Openbaring het ons twee persone geїdentifiseer wat ‘n baie groot invloed uitgeoefen het op die boodskap van redding deur Jesus Christus. Hulle was Origen in die eerste millennium . Origen word gekoppel aan die wit perd en hy het die formelier opgestel oor die eenheid van God Drie-enig. Dit was in 216nC. ‘n Duisend jaar later in 1224 het Francis van Assisi die wonde aan sy hande gekry en hy was die voorloper van die sendelingbeweging in die tweede millennium. Soos Francis van Assisi het die sending genootskap die boodskap van redding deur Jesus Christus na die armes, siekes en die verlatenes gebring.
Hierdie vers beteken dat wanneer die Franciskane en al die ander sendelinge die boodskap van die evangelie uitgedra het, sal daar ‘n tyd wees wat die evangelie nie aanvaar sal word nie en die nasies sal nie die waarheid van die Christus aanvaar nie. Openbaring maak ‘n geleidelike misleiding oor eeue bekend .
In die tydperk van mens/man wat die tyd vanaf 1266 tot die huidige tyd insluit, sal daar ‘n geleidelike misleiding van die nasies plaasvind deur die dier uit die see en die dier uit die aarde. Die nasies sal nie meer luister na sendelinge of diegene wat getuienis bring vir Jesus Christus nie. Hulle sal weier om na die totale waarheid van die Christendom te luister, maar slegs na dit wat hulle aanvaarbaar vind en vir hulle mooi klink. Die oorloё wat geveg sal word om die valse ideologie van die regering deur die meerderheid af te dwing (die dier uit die bodemloseput, sal oorlog maak teen hulle), sal op die ou einde geglo word (en hulle doodmaak). Daarna sal die nasies alle gelowe gelykstel voor die reg. Dit beteken dat die waarheid van Christus minder tel as die wette van mense. Hierdie toedrag van sake kan net vir ‘n rukkie voortduur.
Op. 11:8-9 Hulle lyke sal in die hoofstraat van die groot stad lę waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom en Egipte genoem. Mense van al die volke stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n half dag sien lę en nie toelaat dat hulle begrawe word nie.
Hierdie vers het betrekking op die geskiedenis. Die woord straat word drie keer in Openbaring gebruik. Op.11:8 waar die straat betrekking het op die Nuwe Jerusalem. Soos vroёer aangedui word die Nuwe Jerusalem gereflekteer op die laaste twee millenniums. Dit word aangetoon deur die woorde helder Kristal.
Op.21:8 “en die stad is van suiwer goud, deurskynend soos glas. Slegs as ons dit verstaan kan ons die volle betekenis van straat verstaan.
Ons moet ook kyk na Op.21:21 “en die straat van die stad was van suiwer goud, soos deurskynende glas. Openbaring maak bekend dat insig in die woord straat gevind word in Op.22:1-2 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die lewe, helder soos Kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
Die woord straat dui die middelpunt van die drie en ‘n half dag van die tweede millennium aan. Dit dui ook die tyd van die groot stad aan. Dit is ook die middelpunt van die tydperk wat twaalf maande aandui. Dit is van 1860 tot 2004.
Gedurende die godsdiensoorloё in die tyd 1400 tot 1600 het daar in die middel van die millennium, Christene se lyke op die strate gelę, in baie van die groot stede van Europa.
Die betekenis van die woorde Sodom en Egipte is figuurlik. Ons weet dat Sodom verwoes was omdat die inwoners korrup was. Die enigste inwoners wat gespaar was, was Lot en sy familie. Egipte was die land waaruit God die Israeliete gered het.
Aangesien die tyd van die middel van die tweede millennium aangedui word deur die woorde van Openbaring en Openbaring gaan oor die Christelike Kerk en die Christelike nasies, kan ons aflei dat hier van die godsdiensoorloё van Europa gepraat word in die tyd 1500. In Openbaring sien ons dat dit uit Europa is wat God die Vader, die gereformeerde Christene sal lei. Protestante sowel as Katolieke sal na nuwe kolonies gelei word dwarsoor die aarde. Daarom word Europa figuurlik Egipte genoem.
Openbaring maak bekend dat die wegval van die Christelike geloof oor eeue gebeur het. Die woord Egipte dui aan dat die Christene in die middel van die tweede millennium uit Europa sal vlug a.g.v. hulle geloof.
Openbaring sę dat die rivier in die middel van die groot straat van die stad gevloei het. (Op.22:1-2) Die tyd wat aangedui word deur straat is 1500. In die volgende hoofstukke sal ons sien dat die tyd van die groot stad 1068 tot 1932 is. Dit is die tyd van drie dae (288x3=864) Die Middelpunt van hierdie tyd is 1500. (Helfte van 864 = 432. 1068+432 = 1500) 1500 is ook die middelpunt van die hele tweede millennium.
Ons moet net hier noem dat Openbaring woorde gebruiik wat van toepassing is op meer as een tydmeting. Bv. Straat is die middelpunt van die tweede millennium en ook die middelpunt van die tyd 1860 tot 2004. Hierdie was die tyd van waterskeiding in die geskiedenis van die nasies. So gebruik Openbaring die woord buitekant/outer court in verhouding met die drie en ‘n half dag van die tweede millennium, sowel as die tyd buitekant/outer court van die algehele tyd van die drie en ‘n half dag van beide millenniums wat die tyd na 28 Aug. 2003 is.
Die totale tyd van die groot stad is die tweede millennium. Later sal Openbaring die tyd verleng om die tyd 1932 tot 2004 en daarna in te pas. (Dit is die tyd van die val van Babilon). Openbaring wil aandui dat die tyd van die Christene se morele verval , ongeveer vanaf die middel van die tweede millennium begin gebeur het. (1500) Hierdie verval sal die hele aarde insluit in die tweede helfte van die twintigste eeu. (figuurlik Egipte.) Daarom sal die verwoesting van die aarde plaasvind.
Op.11:10 Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle dood en hulle daaroor verheug. Hulle sal vir mekaar geskenke stuur. Hierdie twee profete was immers vir die bewoners van die aarde tot ‘n teistering.
Kyk na die herhaling van die woorde die bewoners van die aarde en hulle wat op die aarde woon. Hierdie herhaling wil vir ons aantoon dat die twee getuies tussen die bewoners van die aarde sal woon. Die getuies is diegene wat vervul is met die Heilige Gees. Hulle sal bly wees oor die nalatenskap van die Christelike geloof. Daar sal ook diegene wees wat geteister sal word deur die sterkte van die Christelike geloof.
Deur die woorde bly wees en hulle verheug en vir mekaar geskenke stuur kom voor asof dit die manier is waarop die inwoners van die aarde Kersfees vier, Soos wat ons nader na die einde toe beweeg sal die twee getuie die krag en mag van die Heilige Gees verteenwoordig wat vir Christene die insig gee in die tekens van die eindtyd en dit sal hulle vul met blydskap in die tyd wanneer dit lyk asof die invloed van Satan die aarde sal oorspoel.
Op.11:11 Na drie en ‘n half dag het daar egter asem en lewe van God af in hulle gekom. Hulle het opgestaan en groot vrees het almal oorval wat hulle gesien het.
Deur hierdie vers toon Openbaring aan dat ons na die tyd van die tempel en ook na die tyd van drie en ‘n halwe dag insig sal kry wat ons in staat sal stel om die tekens van die eindtyd te verbind aan die tydmetings van Openbaring.
Die tweede interpretasie van hierdie vers kan ook eenvoudig wees dat wanneer die drie en ‘n halwe dag tot ‘n einde gekom het, sal daar geen twyfel wees, dat diegene wat die boodskap van Jesus Christus deur die twee millenniums uitgedra het, die absolute waarheid verkondig het nie. Dit sal gebeur wanneer die nasies besef dat die tekens van die eindtyd besig is om in vervulling te gaan en dat die woorde van Jesus Christus die absolute waarheid is. Die verwysing in Hand.2:43 En vrees het op elkeen gekom en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind” dui daarop dat net die Heilige Gees die Christene in staat sal stel om die tyd van drie en ‘n half dag te verstaan en die tekens van die eindtyd raak te sien. Dit mag nog nie die tyd van die opstanding wees nie, maar die nasies sal weet dat daar ‘n oordeel en ‘n opstanding gaan plaasvind.
Die derde interpretasie kan wees dat die tekens van (a) 11 Sept.2001; (b) die Oorlog in Irak, (c) die groot aardbewing in die kuslyn van Sumatra, wat verwant is aan die 1000+200+20+20+20 dae en die kort tydjie, sowel as die tekens wat nog gaan kom, alles sal bydra om die nasies te oortuig dat die getuienis van Jesus Christus die absolute waarheid bevat.
Op.11:12 Hulle hoor toe ‘n harde stem uit die hemel vir hulle sę: “Kom op hierheen! Toe het hulle in ‘n wolk na die hemel toe opgevaar en hulle vyande het dit gesien.
Hierdie vers beweeg na die tyd van die buitekant/outer court. Hierdie vers dui die opstanding van die ware getuies aan. Die woord stem maak bekend dat die opstanding sal gebeur in die tydmeting van Openbaring. Dit sal gebeur in die tydmeting van buitekant/outer court wat ons nie kan meet nie, maar sal kan waarneem deur die tekens van die eindtyd en wat die Terugkeer van Jesus Christus en die opstanding van die dooies sal voorafgaan.
Op.11:13 Op dieselfde uur was daar ‘n groot aardbewing en ‘n tiende deel van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom en die ander het bevrees geraak en aan die God van die hemel eer gegee./And the same hour was there a great earthquake, and the tenth part of the city fell, and in the earthquake were slain of men seven thousand; and the remnant were affrighted and gave glory to the God of heaven.
Op. 11:11 en 12 begin in die tyd van 28 Aug. 2003 (na drie en ‘n halwe dag) en verskuif dan na die tyd van die buitekant/outer court en die wegraping. In Op.11:13 beweeg Openbaring weer terug na die tyd van die kort tydjie (op dieselfde uur was daar ‘n groot aardbewing). Waarom doen Openbaring dit? Dit is om aan te toon dat daar twee tydmetings is, nl. Die tydmeting van die tempel en die tydmeting van die altaar maar net een aardbewing.
Die woorde dieselfde uur het ‘n tweede betekenis, want dit wil aantoon dat die groot aardbewing in die tyd van 1260 dae gebeur het, en dit is ook die laaste tyd wat ons kan meet en ook die finale uur en die buitekant/outer court en dit kan ons nie meet nie. Die groot aardbewing val in albei tye.
Die twee tye is die tyd van 1260 dae (wat eindig met die tydmeting van die goue altaar) en die totale buitekant/outer court wat ons nie kan meet nie en dit is na 22 Feb. 2005. Onthou die tydmeting van altaar is die tyd van die klein tydjie (1260 dae) en die tyd van die goue altaar is die tyd na 28 Aug. 2003.
Wanneer Openbaring praat van ‘n tiende deel van die stad wat geval het, is dit ‘n simboliese getal. Dit beteken ‘n derde deel van die aarde. Die groot aarbewing het in die kuslyn van Sumatra plaasgevind en dit is in ‘n derde deel van die aarde . Ons weet dat ‘n tiende beteken ‘n derde deel . (kyk Op. 2:10 - stad opgedeel in drie dele )
Die getal sewe duisend is ook ‘n simboliese getal. Inwoners van baie dele van die aarde is dood of is geraak deur die aardbewing. Dit sal dan duisend mense van drie dele van die aarde wees. Duisend bevat drie nulle. Die sewe van sewe duisend maak bekend dat ons in die tyd van sewe is. Dit is die sewende wraakbak.
Op.11:14 Die tweede wee is verby. Kyk, die derde kom gou.
Dit was eers nadat die groot aardbewing plaasgevind het by die kuslyn van Sumatra op 26 Des. 2004 wat Dr. Janson kon bereken het dat daar 1200 dae tussen die 11 Sept. 2001 ramp was en die aardbewing op 26 Des. 2004. Die eerste wee was dus die aanval op die Handelsentrum in New York op 11/09/2001. Slegs na die groot aarbewing kon sy vasstel dat daar iets belangrik plaasgevind het van Mei tot Jun. 2004. ‘n Reeks aarbewings het plaasgevind en terselfdertyd het die lava van Kilauea in die see geloop. Hierdie was fisiese tekens op die aarde, maar nog van groter belang is die feit dat die oorlog in Irak tot ‘n einde gekom het. Deur die reeks aardbewings en die einde van die oorlog, wat toe nie ‘n einde was nie, kon sy nou vasstel dat die tweede wee reeds plaasgevind het, sonder dat ons dit kon vasstel, en dit sou ons eers agterkom, nadat die derde wee verby is. Die tweede wee is dus die konflik in Irak wat nie wil eindig nie. Slegs nadat die groot aardbewing plaasgevind het, kon ons vasstel dat die groot aardbewing die derde wee is.
Die eerste, tweede en derde wee is verwant aan die tydperk 1000, 200, 60 (20+20+20) dae deur die nommers 1,2,en 3. Ons kan dit slegs weet deur die kennis van die 1260 dae wat verwant is aan die tydperk 11 Sept. 2001 tot 22 Feb. 2005. Die groot aardbewing langs die kus van Sumatra het gebeur op die 200ste dag van die tydmeting 1260 dae. Die aardbewing is die einde van die 200 dae. Daarom is die tweede wee verby en die derde wee kom gou.
Soos voorheen vermeld in die blaas van die vyfde trompet in vorige hoofstukke, word die ”wee” in verband gebring met die wette van die mens wat in die weg staan van die wette van God. Om dit te verstaan moet ons gaan kyk wat Jesus Christus sę; Mat. 23:13 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseёrs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie en julle verhinder die wat wel wil ingaan. Die skrifgeleerdes van daardie tyd het die geskrewe wette neergeskryf, maar hulle het ook wette neergeskryf wat deur die leierskap gemaak is en wat die mondelinge wette genoem was. Hulle het hierin baie plek gehad vir skynheiligheid en huigelary. Hiervoor het Christus hulle berispe in die geselskap van die Fariseёrs. “Wee” veronderstel die begrip van valsheid en leuens in die wette van mense. Mat.23:24 Wee julle blinde leiers. Die wette van mense is misleidend.
Daar is drie dele in Openbaring wat deel is van die tweede wee:
a) Die blaas van die sesde trompet
b) Hoofstuk tien wat handel oor die Magtige engel en die klein boekie
c) Hooftuk 11:1-3.
Die rede hiervoor is dat al hierdie afdelings almal verwant is aan die 200 dae. Dit is vanaf 7 Junie tot 26 Des. 2004.
Hoofstuk 10 van Openbaring is ook deel van die tweede wee. Hierdie hoofstuk handel oor ‘n ander Magtige Engel wat in sy hand ‘n klein boekie het. Die klein boekie is die boek Openbaring. Waarom word dit in Hoofstuk 10 geplaas? Dit is om aan te toon dat die simboliek van die boek Openbaring duidelik gemaak word in die tydperk wat die engele “losgemaak” word in die tyd van die “tweede wee”. Die simboliek van Openbaring sal in verband gebring kan word met dit wat op die aarde gebeur.
Hoofstuk 11:1-3 is ook deel van die “tweede wee”. In 2005 wanneer die totale Openbaring verstaanbaar gemaak is vir die nasies en ook die begrip van die 1260 dae asook die dinge wat op die aarde gebeur, sal die nasies besef dat die profesie van Openbaring in vervulling gaan.
Op.11:15-17 Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koninkryke van die węreld het die eiendom van ons Here geword en van sy Christus en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesę: “Ons dank U, Here God Almagtig, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het./And the seventh angel sounded and there were great voices in heaven , saying. The Kingdoms of this world are become the kingdoms of our Lord, and of his Christ and he shall reign for ever and ever. And the four and twenty elders, which sat before God on their seats, fell upon their faces and worshipped God. Saying, we give thee thanks, O Lord God Almighty, which art, and wast and art to come; because thou hast taken to thee thy great power, and hast reigned.
Die sewende engel het geblaas wanneer die tekens van die eintyd baie duidelik is. Dit is wanneer die węreld sal besef dat die tekens van die eindtyd wat in Openbaring voorspel is, plaasgevind het. Dan sal die bewoners van die aarde besef dat die Nuwe Jerusalem ‘n weerkaatsing (refleksie) is van die tempel. (Op. 21:18 soos helder glas en vers 21 soos deurskynende glas) Dit is die weerkaatsing op die twee duisend jaar van die ontstaan en groei van die Christelike Kerk op aarde. (Koninkryke van die węreld het die eiendom van onse Here geword en van Sy Christus)
Op.11:18 Die nasies was woedend, maar nou het die tyd vir U oordeel gekom. Die eindtyd het aangebreek; die dooies word geoordeel; aan u dienaars, die profete, en aan die gelowiges, die wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee; en die wat die aarde vernietig, word vernietig./ And the nations were angry, and thy wrath is come, and the time of the dead, that they should be judged, and that thou shouldest give reward unto thy servants the prophets, and to the saints, and them that fear thy name, small and great; and shouldest destroy them which destroy the earth.
Dit moet nog bekend gemaak word wat dit sal wees wat die nasies sal laat besef dat die oordeel van God gaan plaasvind. Openbaring maak bekend dat die nasies woedend sal wees. Dit sal ‘n baie duidelike teken wees, want hulle sal weet dat die oordeel op hande is. Die woorde “hulle wat die aarde vernietig” gee vir ons ‘n bietjie insig. Die woord “aarde” is baie insiggewend, want in Openbaring wil dit die begrip oordra van “goed en kwaad” Dit is verwant aan diegene wat uit die aarde put om goed te doen en ook diegene wat uit die aarde neem om dinge te doen wat teen God se riglyne is. Die herhaling van die woord “ vernietig”, gee ‘n leidraad. Dit mag beteken dat die twee dele van die “dier uit die aarde” die rede sal wees waarom die oordeel sal plaasvind. (Klein en groot in Op.13:16 en 20:12)
Op.11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan en sy verbondsark is in Sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en ‘n aardbewing en groot hael./ And the temple of God opened in heaven, and there was seen in his temple the ark of his testament; and there were lightnings, and voices, and thunderings and an earthquake, and great hail.
Die woorde “die tempel van God in die hemel het oopgegaan “ maak bekend dat dit die tydperk van die buitekant/outer court is wat ook tersefdertyd die tydperk van die “Hemel” is, want die tekens kom direk van God se troon af wat in die hemel is. Dit sal deur die tydmeting van “drie en ‘n halwe dag” wees, wat die nasies sal besef dat die eindtyd op hande is. Die tyd van die “tempel” is die tyd wanneer die kennis van Openbaring begryp word. Dit word bevestig deur die woorde van Jesus Christus. (Mat. 12:40-41. Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. Die manne van Ninevč sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel, want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer en – meer as Jona is hier! Wie was die manne van Ninevč? Hulle was die manne van die “groot stad”. Wie gaan vandag die manne van Ninevč wees, wat die eerste manne van die groot stad sal wees, wat sal agterkom dat die tydmeting van Openbaring verbind moet word aan die huidige tyd?
Die woorde Sy verbondsark in Sy tempel gesien, is verwant aan die woorde van Jesus Christus i.v.m. die laaste dae. Mat. 24:38 Soos dit in die dae van Noag was sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens. In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geёet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens.
Ons kon eers na die groot aardbewing die 1260 dae bereken, en so ook die tyd van die kort tydjie vasstel. Hierdie tydmetings is verwant aan die vyfde sesde en sewende trompette deur die woord weerligte, wanneer die woorde van die trompette verbind kan word aan Mat. 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Daarom kan ons die simboliek van Noag se ark toepas op die tydmeting van tempel (drie en ‘n halwe dag in 2e millennium) Net soos die mense in Noag se tyd skielik weggeneem is deur die stormwaters, so sal die koms van die Seun ook wees. Die tekens van die eindtyd, kan ons nou waarneem in die skielike verwoesting wat plaasgevind het in die drie wee.
Volgens Dr. Janson se insig is die tydmeting van 1260 dae en 42 maande verwant aan die blaas van die trompette. Die verwysing in die Bybel is Sag.9:14 “Die Here sal bokant Sy volk verskyn, sy pyl sal soos weerlig uitskiet. Die Here sal die ramshoring (trompet) blaas, Hy sal kom in die storms uit die suide.” Dit kom voor asof hierdie vers die tekens van weerligte, sowel as die vyfde , sesde en sewende trompet verbind aan die seisoen van orkane en siklone wat in daardie tye verwoesting gesaai het en nog steeds vererger.
Die woorde weerligte, stemme, donderslae en ‘n aardbewing, verwys na die finale tydmeting wat aan die mens gegee is en dit is die 1260 dae.
Let op na die simboliese vertolking van weerligte. Dit sluit die noorderligte van Alaska in in Okt. 2003, asook die weerligte van die lava van Kilauea, wat ‘n rivier van vuur was, op Feb. 2005. Hierdie twee tekens is verwant aan die eindtyd van die tydmeting tempel en ook die eindtyd van die tydmeting goue altaar, wat weer op sy beurt verwant is aan die Koms van die Seun van die mens. Mat. 24:27 Want soos weerligte in die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal die koms van die Seun van die mens wees.
Die woord stemme is verwant aan die tydmeting wat bekend gemaak is deur die sewe donderslae. Die woorde van die opening van die sewende seёl, verduidelik vir ons dat die finale tydmeting 1260 dae en 42 maande is en dit is verwant aan die insigte wat Dr. Janson gekry het oor die sewe donderslae. Die sewe donderslae maak ook tydmeting in die twee millenniums bekend.
Deurdat die opening van die vyfde, sesde en sewende seёls verbind kon word met dit wat op die aarde plaasgevind het vanaf 11/09/2001 tot 22 Feb. 2005 kan ons nou vir seker weet dat die seёls finaal oopgemaak is na 2003. Ons sou dit nooit kon raaksien sonder die hulp van die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees het aan Dr. Janson die opdrag gegee op 22 Aug. 1996 om bekend te maak wat sy weet. Dit was slegs met hierdie insig dat sy die tyd van die groot aardbewing(26/12/2004) korrek kon bereken in 1999 en ook die tekens van die eindtyd kon raaksien na 2000. Dit was ook eers na die aardbewing in Zarand op 22 Feb. 2005 en die lava van Kilauea in Feb 2005 dat sy insig gekry het dat die tekens in die natuur, verwant is aan die woorde van Jesus Christus oor die eindtyd. (Mat.24:27)
Die herhaling van die woord aardbewing maak bekend dat die finale tydmeting verband hou met die tyd van aardbewings. In die Bybel hou die groot aardbewing verband met een aardbewing in ‘n reeks van aardbewings. Neem kennis hoe die tyd van 1260 dae verband hou met aardbewings. Daar was ‘n reeks aardbewings in die begin van Mei en die begin van Junie 2004. Dit was ook die tyd dat die oorlog in Irak tot ‘n einde sou kom. Dit is ook die tyd van konflik en insurgensie in Irak. Dit was ook die tyd dat die vier winde losgelaat is in drie dele van die aarde. Dit is ook die tyd van die tweede wee.
Die groot aardbewing op 26 Des. 2004 was die teken van die derde wee. (Mat. 24:38 Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het.)
Op hierdie tydstip moet ons kennis neem van die woorde groot en hael soos dit in Op.16:21 voorkom. “En die mense het God gelaster oor die plaag van hael, omdat die plaag verskriklik groot is.” Hierdie woorde kom voor aan die einde van die sewende wraakbak. Die heel laaste tekens wat van God af kom word bekend gemaak in die woorde van die sewende wraakbak. Ons sal nog moet sien wat die woorde “plaag van hael” beteken.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]