Re: Openbaring 19 vers 6

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on September 13, 2005 at 15:34:19:

In Reply to: Openbaring 19 vers 6 posted by Chris Badenhorst on September 07, 2005 at 19:40:25:

Die woorde van Openbaring 19:6 het betrekking op die tyd dat ‘n “groot menigte” besef dat die profesie van Openbaring in vervulling gaan. Die woorde “soos die geluid van baie waters” beteken die “lewende waters” wat van God kom hulle tot daardie insig te bring. Die woorde “soos die geluid van donderslae” openbaar dat die tydmeting van Openbaring hulle tot daardie insig sal bring. Die woord “donderslae” in Openbaring beteken die kennis dat tydmeting die betekenis van die simboliek van Openbaring bekend maak. Dit word gesê in Openbaring 10:4.

Omdat ek glo dat orkaan Katrina in die tyd kom van die tekens van die einde het hierdie vers ook betrekking op hierdie ramp. Dit kan hierdie ramp of dit wat gaan volg om die see, die aarde en die bome te beskadig (Open. 7:3) wat die menigte sal laat besef dat Openbaring bewaarheid word.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]