Hfst.12 - Vrou en die draak

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on January 03, 2011 at 05:54:24:

HOOFSTUK TWAALF
Vrou en Draak

U sal onthou dat daar met die opening van elke seёl ‘n spesifieke tydmeting onthul is. Die opening van die seёls is ook vergesel deur die woord stem van een van die diere. Die invloed wat die bose op die regerings van die nasies uitgeoefen het , is ook bekend gemaak in sekere van die tydmetings. Hierdie tye is bekend gemaak deur die woorde in die middel/in the midst met die opening van die derde seёl. (Op.6:6 en ek het ‘n stem hoor praat in die middel van die lewende wesens…)
Die betekenis van die woorde "in die middel"is simbolies, en dit beteken dat die invloed van die satan altyd teenwoordig was in die nasies waar die Christelike kerk gegroei het. Nou sal hoofstuk 12 vir ons duidelike maak hoe die draak die verspreiding van die getuienis van Jesus Christus beïnvloed het gedurende die twee millenniums. Om dit te kan doen, gebruik openbaring die begrip van een duisend jaar . Een duisend jaar is ook die middelpunt van die twee millenniums. Hierdie hoofstuk kan net verstaan word deur die kennis en insig, dat die woorde van hierdie hoofstuk verwant is aan hierdie tydmeting van een duisend jaar.
Op.12:1 Toe het daar ‘n groot teken in die hemel verskyn; daar was ‘n vrou met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre./And there appeared a great wonder in heaven; a woman clothed with the sun, and the moon under her feet, and upon her head a crown of twelve stars.
Die woord teken/ wonder verwys na twee tydmetings. Dit verwys na die ster van Bethlehem en dit verwys na die môrester wat op 28 Aug. 2003 verskyn het. Dit verwys na die geboorte van Jesus Christus en ook na die tyd 28 Aug. 2003, toe die wêreld die simboliese môrester ontvang het. Op.22:16 Ek is die Wortel, die nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester. Hierdie tekens of wonders maak die profesie bekend van die wederkoms van Jesus Christus.
Op 28 Aug 2003 was die môrester nie Venus soos gewoonlik nie, maar die planeet Mars. Die planeet Mars was ook die naaste aan die aarde die afgelope 60 000 jaar. Op daardie dag was Venus onder die horison en kon nie met die naakte oog gesien word nie. Die verskyning van Mars in hierdie posisie was buitengewoon en dus ‘n wonder en ‘n teken. Dit was ook ‘n wonder omdat dit die lengte van ‘n dag in Openbaring bewys het. In die jaar 2287 sal Mars weer so naby aan die aarde wees. Op daardie dag is bekend gemaak dat die lengte van ‘n dag in die sterre gemeet kan word. Dit was ook die teken dat die drie en ‘n halwe dag van die tweede millennium tot ‘n einde gekom het. Dit was ook deel van die opening van die sesde seёl. Dit het ook die verband bevestig tussen die woorde van Openbaring en die tekens aan die son, maan en sterre (Op.6:12 die son het swart geword soos ‘n roukleed en die maan het soos bloed geword)
Die manier waarop Openbaring die tydmetings verbind aan die herhaling van woorde en die tekens van die eindtyd en spesifiek die tyd van die môrester, bewys uiteindelik al twaalf tydmetings van Openbaring. Die insig oor die betekenis van die môrester wat al die tydmetings van Openbaring saambind, is die betekenis van die woorde; op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre. Onthou dit het nie net die tyd van dag bevestig nie, maar ook die tyd van maand (Aug. tot Des. 2003) Die opening van die sesde seёl het ons ook gelei na die insig om die tydmeting van 1260 dae en 42 maande te verstaan. En natuurlik, die grootste Openbaring van alles is die woorde van Jesus in Mat. 24:27 “Soos weerlig uit die ooste kom en tot in die weste skyn” wat verbind word aan die oopmaak van die sesde en sewende seёls.
Die aardbewing in Bam op 26 Des. 2003 was ‘n jaar na die groot aardbewing naby Sumatra op 26 Des. 2004. Die insig om hierdie tekens aan die son, maan en sterre raak te sien, was aan ‘n vrou gegee. Die twaalf sterre is die twaalf tydmetings van Openbaring.
Die woord wonder hou verband met die teken van Jona en die kroon het ‘n simboliese betekenis van die koningin van die suide in Mat. 12:42. ‘n Vrou wat van die eindes van die aarde af kom, sal in die tyd van oordeel, insig kry deur Goddelike ingryping oor die tye van die sewe donderslae. Mat.12:42 “ ….die koningin van die suide sal in die oordeel opstaan…”
Die tyd van Jesus Christus se geboorte word bekend gemaak deur die woorde ‘n vrou met die son as kleed om haar.” Die simboliek van son kry ons in Mal. 4:2 “ Maar vir julle wat My Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan en daar sal genesing onder sy vleuels wees.” Dit is ‘n profesie oor die koms van Jesus Christus. Daarom beteken gekleed met die son die vervulling van die profesie oor die koms van die Messias. In die eindtyd beteken dit die uitdra van die getuienis van Jesus Christus en die insig in die boek Openbaring. Openbaring is die getuienis van Jesus Christus.
Die woorde die maan onder haar voete beteken dat die insig en kennis oor die son, maan en sterre in die eindtyd aan ‘n vrou gegee sal word. Hierdie woorde word verbind aan die opening van die sesde seёl en die tyd Aug. tot Des. 2003. Dit was ook die tyd van die einde van die tydmeting van die tempel.
Die woorde op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre is verwant aan die geboorte van Jesus Christus. Die tyd van die geboorte is ook een van die tye waarop die tydmetings van Openbaring bereken word. Die twaalf sterre is die twaalf tydmetings van Openbaring.
Op.12:2 Sy was swanger en het geskreeu van pyn, want die geboortepyne was daar/and she being with child travailed in birth, and pained to be delivered.
Hierdie vers verwys na die pyn van kindergeboorte en dit is die tyd van die geboorte van Jesus Christus, maar dit verwys ook na die tyd 1000nC en 2000nC. Dit is die duisendste en twee duisendste herdenking van die geboorte van Christus . Dit word bekend gemaak deur die woord skreeu/cried in Op.10:3 met die bekendmaking van die sewe donderslae. En toe hy uitroep(cried), het sewe donderslae geantwoord. Hierdeur maak Openbaring bekend, dat tydmeting ( sewe donderslae) verstaan moet word, voordat insig in hierdie hoofstuk verkry kan word. Jy kan dit slegs verstaan as jy kennis dra van die twaalf tydmetings van Openbaring en dat een van die tydmetings verwant is aan die twee duisend jaar, en die middelpunt , wat natuurlik die tydmeting van duisend jaar is.
Die woord pyn word in verband gebring met Ps.55:3-4 “Luister na my gebed en antwoord my; my sorge gee my geen rus nie. Ek is hewig ontsteld oor die dreigemente van my vyande en oor die druk van die slegte mense op my. Hulle wil my met onreg breek/Because of the oppression of the wicked; because they cast iniquity upon me ….My heart is sore pained within me. Hierdie woorde verwys na die tyd na 2000 wanneer daar sekere Christene is, wat agterkom dat die tekens van Openbaring in vervulling gaan, maar dat die sondige wêreld dit nie wil weet nie en nie oplet na die tekens aan die son, maan en sterre nie. Hulle kom ook nie agter dat Openbaring in vervulling gaan nie. Deur die woord pyn is daar ‘n verwantskap aan Tirus en aan die blaas van die trompette en aan oproep tot oorlog. Jes. 23:5 “…hulle beef van angs by die tyding aangaande Tirus.” Jer 4:19 O die krampe (pyn) in my ingewande, o die benoudheid van my hart! My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie, want ek het die geluid van die ramshoring (trompet) gehoor en die oorlogskrete! Na 2005 beteken die woord pyn dat ons sal agterkom dat Babilon besig is om te val. Openbaring bring die val van Tirus in verband met die val van Babilon. Die tyd van die blaas van die trompette word in verband gebring met die oproep tot Armageddon.
Op.12:3 Daar het ‘n ander teken in die hemel verskyn; daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings en op sy koppe was daar sewe heerserskrone.
Die woord ander beteken ‘n ander tyd. Dit sal ‘n ander millennium wees, want onthou in hierdie hoofstuk is die tydmeting duisend . Dit is ook die middelpunt van die twee millenniums en die begin van die tweede millennium. Sonder die kennis van die tydmetings sou ons nooit in staat gewees het om hierdie verse te analiseer nie.
Hierdie vers verwys na die groot vuurrooi draak. Die betekenis van die draak word aan ons bekend gemaak in Op.12:10 die aanklaer van ons broers” Dit beteken dat die draak die simbool is van vyandskap en twis tussen Christen en Christelike nasies van die koms van Christus af. Hierdie vyandskap tussen Christene sou lei tot skeuring en skeiding in die kerk, erge oorloё en die dood van baie onskuldiges. Deur die woorde sewe koppe en tien horings en sewe krone op sy koppe wys Openbaring die verwantskap van die draak met die dier uit die see (Op.13:1)
In bg. Vers wys Openbaring dat die draak aktief is in die tyd van die dier uit die see . Dit is die tyd van die tweede millennium. Deur die woord rooi koppel Openbaring die draak aan die tyd van die rooi perd. Dit is die tyd 790nC tot 1896. Die tyd van skeiding en vyandigheid verwys na die tyd van baie oorloё. Dit het gebeur in die geskiedenis van die tweede millennium, tussen die konings van die nasionale state van Europa en die Rooms Katolieke Kerk. Dit is ook die tyd van die reformasie.
Deur die woord groot plaas Openbaring ook die klem op die heel eindtyd. Dit is in die tyd van die groot aardbewing. Selfs tot dan sal daar steeds verskille en vyandigheid wees onder Christene en selfs wat betref die tekens van die eindtyd.
Op 12:4 Sy stert het ‘n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om ‘n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.
Die woord stert word in verband gebring met Jes.9:15 “ en die profete wat leuens vertel, is die stert.” Die woorde derde van die sterre in die hemel verwys na ‘n derde van die tydmetings (sterre) van Openbaring. Let op Op.12:1 “kroon van twaalf sterre”, wat die twaalf tydmetings aandui. Openbaring toon aan dat vier van die tydmetings van Openbaring het met die diere van Openbaring te doen. Hierdie tydmetings is;
a) die tydmeting 666;
b) die middelpunt van die twee millenniums;
c) die middelpunt van die tweede millennium en
d) die middelpunt van die tydmeting 144.
Die woorde op aarde gegooi is ook verwant aan die derde deel van die tydmeting aarde – dit is die tydmeting van die dier uit die aarde . ‘n Derde deel van die tydmeting 666 is die tyd 1926 tot 1932. So kan ons sien dat die draak baie interaksie gehad het met die dier uit die aarde. Ons kry insig deur die kennis van die dier uit die aarde. Later sal ons sien dat die dier uit die aarde te doen het met wetenskaplike ontwikkeling en uitvindsels. Die uitvindsels en ontdekkings is gedoen deur mense wat minerale en edelstene uit die aarde geneem het. Dit sal vir die mens die doel word van sy bestaan. Hierdie ontwikkelinge en handelswyses van die mense sal die mens ook in konflik bring met die kerk. Op.12:3 en 4 wys dat die draak veral aktief was in die tyd van die tweede millennium na die geboorte van Jesus Christus.
Die woorde draak het voor die vrou gestaan hou verband met die tyd van Jesus se geboorte, toe Herodus probeer het om die kind leed aan te doen en toe Maria en Josef na Egipte toe gevlug het. Dit hou ook verband met die tyd dat Christen teen Christen sal draai en ook nie-Christene wat sal probeer om die boodskap van die wederkoms van Jesus te verwoes.
Op.12:5 Sy het ‘n manlike kind in die wêreld gebring, bestem om al die nasies met ‘n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na Sy troon toe./ and she brought forth a man child, who was to rule all nations with a rod of iron and her child was caught up to God and to his throne.
Deur die woorde ‘n manlike kind verwys Openbaring na die geboorte van Jesus, maar ook na die tweede millennium (die tyd 1000 en 2000) wanneer die Christelike nasies regeer sal word deur die meerderheid. (rule of man) Die woord “man” hou verband met Christus as ‘n man en God, maar dit hou ook verband met die regering deur die mens.(rule of man) Openbaring wys dat Christus die mens se begeerte verstaan om homself te regeer, omdat Christus self ‘n mens geword het. Ons weet dit deur die woorde in Op.17:17 God het hulle gedagtes so gerig dat dit wat hulle doen volgens sy bedoeling is; hulle het een en dieselfde doel voor oё en hulle stel hulle koningskap tot die dier se beskikking totdat God sy woorde in vervulling laat gaan het.” Uiteindelik sal al die nasies onder die regering van die meerderheid staan in die tweede millennium. Dit word bevestig deur die woorde met ystersepter regeer. Maar selfs al het die regerings van die nasies, van die regering van die Konings na die regering van die meerderheid verskuif, is die Drie-enige God steeds in beheer van die nasies tot die Wederkoms van Christus.
Die woorde weggeruk na God en na sy troon is baie belangrike woorde in die insig van Openbaring. Openbaring maak bekend dat die draak nie in staat sal wees om die kind Jesus Christus se boodskap te vernietig nie. Daarom is die tyd dat die draak gebind is, die tyd 1nC tot 1000 nC. Op.20:2 “Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind.” In Op. 20 word daar ook kennis gemaak met die begrip 1000 jaar.
Daar is ook ‘n ander betekenis verskuil in die woorde weggeruk. Dit word bekend gemaak deur 2 Kor.12:2 …Ek ken ‘n man wat aan Christus behoort….weggeruk na die derde hemel.” Hierdie woorde verwys na Goddelike Ingryping. Openbaring maak bekend dat in die 2 duisendste herdenking van die geboorte van Jesus Christus sal ‘n Goddelike ingryping gebeur wat verband hou met haar kind. Dit is die boek Openbaring. Onthou Openbaring is die openbaring van Jesus Christus. Dit sal geskied deur ‘n Goddelike Ingryping.
Op.12:6 En die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ‘n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.
Die woord vrou is die simbool van die verspreiding van die evangelie van Jesus Christus. Die woorde na die woestyn toe gevlug maak die tydmeting 1000 en 1500 bekend. Openbaring wys ook dat die tyd van die woestyn ook die tyd is wat die evangelie versprei het na die eindes van die aarde. Die woorde waar God vir haar ‘n plek gereed gemaak het, dui aan dat dit vooruit bestem was dat die evangelie sou versprei tot aan die eindes van die aarde. Dit maak ook bekend dat God die Christelike kerk en die verspreiding van die evangelie, sou beskerm en voed tot die tyd van die 1260 dae. Ons weet dat hierdie 1260 dae geёindig het in Feb. 2005. Na daardie tyd sal die tekens van die wederkoms van die troon van God af kom.
Deur die woorde een duisend, twee honderd, en sestig dae heg Openbaring die tydmeting van die kort tydjie , by die tydmeting van middelpunt van die twee millenniums , sowel as die middelpunt van die tweede millennium en die middelpunt van die tydperk 1860 tot 2004.
Op.12: 7-9 Daar het toe oorlog gekom in die hemel; Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds , wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.
Slegs deur die kennis van die tydmetings van Openbaring, sal ons hierdie verse kan verstaan. Deur die woorde is uit die hemel gegooi weet ons nou dat die draak simbolies uit die hemel gegooi is in die tyd van 1000 jaar. (middelpunt van die twee millenniums) . Die woorde op die aarde gegooi beteken dat dit die tydmeting is wat aan aarde verbind is, wat hier in ag geneem moet word. Dit sal ook die tyd wees dat daar ‘n Goddelike ingryping plaasgevind het. Die duiwel is dus twee keer na die aarde uitgegooi. Dit sal die tye wees wat die Christelike nasies geteister is deur die bose. Openbaring toon aan dat dit die tyd van aarde( 1266 tot 1992) is en weer in die kort tydjie en dit is vanaf 2001 tot 2005.
Op.12: 10-11 Toe het ek ‘n harde stem uit die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
Deur die harde stem verwys Openbaring na tydmeting. Onthou dat Openbaring die stem verbind aan die sewe donderslae, wat die begin van tydmeting is. (Op. 10:4 en wanneer die sewe donderslae hulle stemme verhef het.) Die tydmeting wat hier aangetoon word is die tydmeting van dag en nag. Openbaring toon aan dat die tyd van nag ook die tyd is wat die Duiwel op die aarde neergegooi is. Openbaring toon ook aan dat die tyd van nag ook die tyd van die drie dae is in die tweede millennium. In daardie tyd sal die Christene die mag van die Duiwel weerstaan deur hulle geloof in Jesus Christus en deur vas te hou aan die leerstellings van die Bybel en die woorde van Jesus Christus. (hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woorde van hulle getuienis.) In daardie tyd sal Christene sterwe vir hulle geloof. (hulle het hulle lewens nie liefgehad tot die dood toe nie.)
Die woorde harde stem is ook verwant aan die tyd 1260 dae en dit is ook die tyd van die blaas van die trompette.
Die woorde aanklaer van ons broers toon aan ons wie die draak is. Openbaring toon aan dat daar vanaf 1000 groot konflik sal wees in die Christelike nasies. Dit is korrek volgens die geskiedenis. Dit was die tyd van konflik tussen die konings van die Christelike nasies van Europa en die Roomse Katolieke Kerk. Dit was ook die tyd van die reformasie waar Christene teen Christene geveg het.
Op.12:12 Daarom, hemel en die wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.
Deur hierdie vers toon Openbaring aan dat die duiwel ‘n tweede keer na die aarde toe gegooi is. Dit is die tyd van die wee. (ons weet nou dat dit die tyd van 2001 tot 2005 is) Dit is ook die tyd van die dier uit die aarde en die dier uit die see. In daardie tyd sal die Satan ‘n houvas hê op die inwoners van die aarde. Openbaring toon ook die tyd van die kort tydjie aan deur die woorde min tyd . Ons is bewus daarvan dat die kort tydjie die tyd van 1260 dae en 42 maande is.
Op.12:13-14 Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die manlike kind in die wêreld gebring het. Maar die vrou is twee groot arendsvlerke gegee , sodat sy na die woestyn, na haar plek toe kon vlieg. Daar word sy vir ‘n tyd, tye en ‘n halwe tyd , weg van die slang af , versorg.
Eerstens moet ons kyk na die woorde manlike kind. Openbaring bevestig ook die tyd van die tweede millennium. Openbaring toon ook aan dat die Christelike kerk sal groei binne die nasies in die tweede millennium en uit die uitvloeisel daarvan sal die regering van die meerderheid (rule of man) ontwikkel. In die tye van verandering sal die Christene vervolg word (vrou) a.g.v. die konflik tussen Christene. Dit is die invloed van die Satan nadat hy na die aarde toe gegooi is.
Die vrou, wat die simbool van die Christelike Kerk is, sal uit die kloue van die draak ontsnap, deur simbolies twee vlerke van ‘n arend te ontvang. Deur die woorde groot arend toon Openbaring aan dat die vrou sal ontsnap d.m.v. immigrasie in die tyd van die drie en ‘n halwe dag van die tweede millennium. (tyd tye en ‘n halwe tyd) Dit het so gebeur in die geskiedenis, want die meerderheidstem het ‘n einde gebring aan die konflik tussen Christene in die twintigste eeu. (Die beeld van die arend wat vlieg, dui ook die tyd 1947 aan.) Deur die opening van die vierde seёl word die vaal perd met 1947 geassosieer. (Die vierde lewende wesens was soos ‘n arend wat vlieg.) Christene sal vlug van die Godsdiensoorloё in Europa, na die eindes van die aarde, waar die Christelike geloof sou versprei. Hierdie vers toon aan dat die meerderheidsregering, wat die Vryheid van geloof bevorder, die Christelike Kerk sal beskerm aan die eindes van die aarde (woestyn).
Die woorde tyd, tye en ‘n halwe tyd dui ook op die kort tydjie. Dit is ook die tyd van 1260 dae.
Op.12:15 Die slang het toe ‘n stroom water soos ‘n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur sou word.
Waarom gebruik Openbaring die woord slang en nie draak nie? Die woord slang word gebruik omdat dit beide die draak en die diere insluit. Op.13:4 ( …die draak het mag aan die dier gegee…) maak hierdie begrip vir ons duidelik. Dit beteken dat hierdie vers verwant is aan die tyd van die dier. Dit is die tyd 1266 tot 1992.
Die woorde uit sy bek…uitgespoeg is verwant aan Op.13:15 …die beeld van die dier sal praat… Openbaring maak die draak bekend in hoofstuk 12. In Hoofstuk 13:1-10 word die dier uit die see bekend gemaak. Wanneer Openbaring die dier uit die aarde bekend stel, gebruik Openbaring die woorde in Op.13:11-18 …..hy(dier uit die aarde) het die mag van die eerste dier gebruik. Ons kan nou sien hoe die draak onmin saai tussen broer en broer. In die geskiedenis sien ons dit het gebeur in die tyd van die tweede millennium. Die regerings van die Christelike Konings het geval en uiteindelik het daar ‘n skeiding gekom tussen die staat en die kerk. Hierdie Vryheid sal later lei tot misbruik in die meeste van die mens se noodsaaklike uitvindsels en handelswyses.
Een van hierdie uitvindsels, is die bekendstelling van die kommunikasie netwerk. Dit word bekend gemaak deur die woord praat . Hierdie woord praat is gekoppel aan die tydmeting seshonderd sestig en ses in die tyd 1906. In 1906 is die eerste radiotelefoon gedemonstreer in Amerika. Die “triode Audion amplifying valve” (gehoorfrekwensies en versterkings), wat die telekommunikasie sou verbeter, se patentereg is in New York geregistreer.
Die woord water is ook ‘n aanduiding van tydmeting. Dit dui die middelpunt van ‘n tydmeting aan. In hierdie vers is die middelpunt die middel van die tweede millennium. Dit is die tyd 1500nC. In die Bybel is die betekenis van stroom water gewoonlik gevaar, smart of misleiding. Hierdie is ook die tyd van die reformasie, toe Christene na nuwe lande gevlug het in tye van gevaar, smart of misleiding.
Hierdie vers beteken dus dat in die tyd van 1500 tot 1906 (stroom water/water as a flood), sal die slang groot onmin en skeiding bring tussen Christene. Die vlugtelinge sou swaar tye beleef in die nuwe lande en baie van hulle sou sterf deur oorloё en moeilikheid.
Die herhaling van die woord stroom/flood verwys na ‘n tweede tydmeting. Dit is in die tydperk 1860 tot 2004. Die water wat uit die slang se mond uitkom, verwys na ‘n ideologie wat die vervreemding en skeiding tussen Christene sou versterk. Wêreld kommunikasie sou hierdie skeiding tussen Christene versterk en dit sal uitgebou word dwarsdeur die twintigste eeu. Hierdie vyandskap tussen Christene wat gelei het na bloedige konflikte deur die eeue, sou versterk en bekragtig word deur die wêreldwye televisie. Dit sou ook ‘n slegte invloed uitoefen op die beeld van die Christelike kerk (sodat sy deur die stroom meegesleur sou word) in die twintigste eeu.
Ons moet egter altyd onthou dat God in beheer is, selfs van hierdie misleiding. (Op. 12:5‘n manlike kind wat die nasies met ‘n ystersepter regeer.) Daarom moet ons ook kyk na Op.1:16 …en uit sy mond kom ‘n skerp tweesnydende swaard) Deur die woorde rooi van die ruiter op die rooi perd wat ‘n swaard het en die rooi draak maak Openbaring bekend dat die nasies gestraf word vir die vyandskap tussen Christene en die dood van Christene a.g.v. die godsdiensoorloё. Hierdie straf neem die vorm aan van ‘n valse ideologie wat verkondig dat alle gelowe van die wêreld gelyk is aan die Christelike geloof.
Op.12:16 Maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die stroom ingesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het.
Hierdie vers maak bekend dat die dier uit die aarde ook aktief was in die ontwikkeling van die Christelike kerk (vrou te hulp gekom). Dit kan net verstaan word deur kennis van die dier uit die aarde. Hierdie dier word bekend gestel in Op.13:11-18. In daardie seksie maak Openbaring die ontwikkeling en ontdekkings deur eksperimente bekend. Eksperimente d.m.v. dit wat diep uit die aarde gedelf is. Dit oorvleuel ook die getal van die mens, omdat dit die jare aanwys waarin ontdekkings gedoen is. Ons kan dus sien dat dit verwys na die vooruitgang van die wetenskap, ingenieurswese, meganika en kommunikasie.
Soos vermeld is die woorde uit sy bek/mond verwant aan die jaar 1906. Ons weet dit deur die analisering van die dier uit die aarde waar die woord praat (Op.13L15) korreleer met die jaar 1906. Ons sal dit bespreek in die volgende hoofstuk wanneer ons die dier uit die aarde sal bestudeer.
In die tweede helfte van die tweede millennium sal groot wetenskaplike ontdekkings en uitvindsels gemaak word. (aarde help die vrou) Deur hierdie ontdekkings sal skepe ontwikkel word, wat die Christene oor die see na nuwe lande sal vervoer. In die nuwe lande, wat die woestyn genoem word, sal nuwe nasies ontwikkel. As gevolg van die gevare en die uitdagings in die nuwe lande, sal die vyandskap tussen Christene verdwyn. In Europa sal die regering van die Koning, vervang word met die regering van die meerderheid. Omdat die kommunikasiestelsels(mond oopgemaak) so ontwikkel het dat dit oor die wêreld heen sal strek, sal die nasies hoor van die voordele van die meerderheidsregering en sal al die nasies van die wêreld daarna streef om ook ‘n meerderheidsregering te bekom. Hierdie tipe regering sal die godsdiensvryheid van die Christene beveilig en dit sal die Christelike kerk die kans gee om te groei aan die eindes van die aarde. (sluk die stroom in wat die draak uitgespoeg het).
Vir die mens sal hierdie tyd 1500 tot 1906 groter vryheid meebring, maar Openbaring verbind hierdie emansipasie aan die draak en die diere.
Op.12:17 Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Die dier het toe op die seestrand gaan staan.
Hierdie vers maak bekend dat die vrou die simboliek is van diegene wat die gebooie van God navolg en wat glo in die getuienis van Jesus Christus. Die geslagte /generasies van gelowiges (nakomelinge/seed) sal deur die eeue getreiter word deur die draak. Dit sal aanhou totdat die oorblyfsel(remnant) gered sal word in die eindtyd.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]