Hfst.13 - Dier uit die aarde

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on January 30, 2011 at 11:59:16:

Dier uit aarde.

Op.13:11 Toe het ek ‘n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom. Hy het twee horings gehad soos ‘n lam s’n, maar hy het soos ‘n draak gepraat.
Die woorde uit die aarde, kan verstaan word as ons teruggaan na die Bybel. Dit is verwant aan Job.28:2 “Yster word uit die grond gehaal/Iron is taken from the earth”. Ook vers 5: “Die aarde waaruit voedsel kom, word daar onder oopgebreek asof met vuur.” Hieruit kan ons nou agterkom wat Openbaring bekend wil maak. Die dier uit die aarde het te doen met die mens se beroepe om lewensnoodsaaklikhede te verkry d.m.v. handeldryf. Die minerale word uit die aarde ontgin, sodat die mens daarmee kan handel dryf. Uit die aarde kan die mens oorleef, maar dit hou ook andersins onondekte en kragtige potensiaal in.
Die woorde twee horings soos ‘n lam s’n, maar hy het soos ‘n draak gepraat , beteken dat die mens se handelswyse om minerale uit die aarde te ontgin eers onskuldig was, maar na 1906 sou hierdie handelswyses veroorsaak dat Christene teen Christene sou oorlog maak. Onthou dat die woord praat verwant is aan 1906. Die dier uit die see en dier uit die aarde gebruik albei die woord ”praat”.
Op.13:12 Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, die een waarvan die dodelike wond genees het.
Die invloed van die dier uit die aarde is net so kragtig soos die dier uit die see . Dit beteken dat die dier uit die aarde net soveel mag het om die nasies te beïnvloed om weg van die Christelike leerstellings af te beweeg as wat die rebellie teen die konings van Europa die massas laat weg beweeg het van die Kerk af. Die dier uit die aarde sal die konsep versterk dat alle gelowe gelyk moet wees en dit veroorsaak die ruiter op die vaal perd .(Dood van leierskap wat graag die volle waarheid van die Christelike boodskap wil versprei.)
Op.13:13 Hy doen groot tekens, sodat hy selfs vuur van die hemel af op die aarde laat kom vir die mense om te sien.
Hierdie vers het betekenis in die geskiedenis van die tweede millennium sowel as in die Woord van God.
Deur die bekendmaking van die dier uit die aarde gaan Openbaring na sekere jaartalle verwys. Dit is die jare waarin sekere persone die kennis van die minerale van die aarde gebruik het om belangrike ontdekkings te doen, wat groot inpak(groot tekens) sou hê op die vinnige ontwikkeling van die twintigste eeu. Ons kan dus sien dat die dier uit die aarde te doen het met die wetenskap.
Openbaring wys ook dat die dier uit die aarde onder die beheer van God staan en dat God toegelaat het dat sekere wetenskaplike uitvindsels ontdek is op sekere tye. Openbaring wil dit ook onder almal se aandag bring dat die mens mislei is deur hierdie wetenskaplike uitvindsels. In 2 Tes. 2:9 bevestig die Woord dit. “Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders en met gruwelike misleiding van die wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgegee het, sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.
Die woorde van Openbaring onthul sekere jare waarin ontdekkings of uitvindsels vir die eerste keer gedoen is. Waarom word dit so gedoen? Dit is om aan te toon dat die aandag van die mens geleidelik weggelei is van die Woord van God en die Ewigheid, na die wetenskap, tegnologie, biologiese wetenskap, handeldryf en kernfisika. Diegene wat nie hulle oë gerig kon hou op die ewigheid te midde van al hierdie nuwe ontdekkings nie , word deur Openbaring genoem: “ Hulle wat op die aarde woon.”
Hulle is nie deel van die Koninkryk van God nie. Kyk na die gelykenisse. Baie begin met die woorde: “Die Koninkryk van God is soos…..”
Wanneer Openbaring met die tydmeting van jare werk, ontdek ons die tydmeting van drie dele. Dit is die tyd 600, 60 en 6. Die 600 is die eerste deel, 60 is die tweede deel en 6 is die derde deel. Dan is daar nog woorde wat ‘n vierde deel aandui. Dit is ‘n tweede deel van 20+20+20. Dit sal die volgende jare wees. 1932, 1952, 1972 en 1992. Dit is na hierdie tydmeting wat Openbaring verwys in die opening van die vierde seël. Op.6:8 “en die mag was aan hulle(ruiter op die vaal perd) gegee oor ‘n vierde deel van die aarde.
Die tydmeting is 666 en dit is deel van die twaalf tydmetings van Openbaring. Openbaring verdeel die getal 666 in drie dele nl. 600 + 60(20+20+20) + 6. Ons meet die getal 666 terugwerkend van 1932 af.
1932-6=1926 - ses jaar
1926-20 = 1906 - (20 jaar/one score)
1906 – 20 = 1886 - (20 jaar=one score)
1886 – 20 = 1866 – (20 jaar = one score)
1866 – 100 = 1766}
1766 – 100 = 1666}
1666 – 100 = 1566 } - 600 jaar
1566 – 100 = 1466}
1466 – 100 = 1366}
1366 – 100 = 1266}
Openbaring tel dan nog 60 jaar (threescore) by vanaf 1952 tot 1992 om die vierde deel te bepaal. Dit alles vorm deel van die ontstaan, verloop en konsekwensies van die dier uit die aarde.
Openbaring dui ook die 144 jaar vanaf 1860 tot 2004 aan deur drie gebeure wat pas by die tye 1860, 1932 en 2004. Wanneer ons hierdie gedeeltes behandel kan u terugverwys na bg. tabel. Openbaring wys ook dat elke ontdekking vooruit bepaal is vir ‘n spesifieke tydperk.
Die tydmeting van Op.13:13 “en hy het groot wonders gedoen, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal het op die aarde voor die oë van mense,” verwys na 1866. In 1866 het Alfred Noble dinamiet (vuur maak) ontdek en in 1932 is kernkrag (nuclear fission) ontdek. In 1932 was Sir John Cockroft ‘n Engelse kernfisikus susksesvol om die atome van litium te splyt en dit sou lei tot die splyting van die atome van uraan . Hierdie ontdekkings sou lei tot die ontwikkeling van die atoombom. Openbaring dui dus 66 jaar aan 1866+66=1932
Verskuil in hierdie verse kry ons ook die jaar 1926. Dit was die jaar waarin die eerste eksperimentele vuurpyl (vuur van die hemel op die aarde) met vloeibare brandstof in Massachusetts in die VSA gelanseer is. Dit was ook die jaar toe televisie ontdek is. In 1992 kon die mense op die TV sien hoe oorlog gevoer word met vuurpyle (vir die mense om te sien). Dit was die oorlog “Desert Storm” Ons kan nou ‘n patroon in die tydmeting waarneem. 1866+66=1932 en 1926+66=1992
Op13:14 Aan hom is daar mag gegee om wondertekens namens die dier te doen, waardeur hy die bewoners van die aarde mislei het. Hy sê die bewoners van die aarde ook aan om ‘n beeld op te rig vir die dier wat die wond van die swaard het en wat weer lewend geword het./ And deceiveth them that dwell on the earth by the means of those miracles which he had power to do in the sight of the beast; saying to them that dwell on the earth, that they should make an image to the beast, which had the wound by a sword, and did live.
Hierdie woorde beteken dat die mens mislei sal word deur die wetenskap.(wondertekens) Hoe sal die bewoners van die aarde mislei word? Die bewoners van die aarde sal dink dat hulle in beheer is van die hele heelal. Hulle sal mislei word om te dink dat hulle eendag op ander planete sal kan woon, omdat hulle nou kernkrag (wondertekens) ontdek het. Dit lyk ook so werklik lyk op die TV.(in the sight of the beast).
Die beeld wat opgerig is, is die “Standbeeld van Vryheid/Statue of liberty” in New York. Dit is in 1886 voltooi. Dit is opgerig om die alliansie tussen die VSA en Frankryk te herdenk tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog. Dit is ook die simbool van die Franse se dankbaarheid teenoor die Amerikaners vir hulle ondersteuning en eensgesindheid tydens die Franse Revolusie en die oorloë van die laat agtiende eeu. Dit is die simbool van die regte van die mens. Dit is die simbool van Vryheid, gelykheid
en broederskap. Dit is die simbool van ‘n regering wat in die belang van die mens regeer. Dit is die filosofie wat in Frankryk na die Revolusie praktyk geword het en na die VSA oorgedra is. Soos Openbaring aandui, is die mens verlei, want deurdat die mens alle godsdienste van die wêreld gelyk gestel het, is die geloof dat Christus die enigste weg tot verlossing is, ondermyn.
Op.13:15 Aan hom is daar ook mag gegee om asem in die dier se beeld te blaas, sodat die beeld kan praat en almal kan laat doodmaak wat nie die beeld aanbid nie./ And he had power to give life unto the image of the beast, that the image of the beast should both speak, and cause that as many as would not worship the image of the beast should be killed.
Die woorde “het mag gehad om lewe aan die beeld te gee” dui die jaar 1952 aan. In 1952 het Robert Briggs en Thomas King paddas gekloneer van die selle van paddavissies. 1952 was ontdek deur 66 jaar by te tel by 1886. 1886+66=1952. Openbaring dui aan dat hierdie wetenskaplike ontdekking sou lei tot menslike klonering in 2004/5 (lewe gee). Klonering van die mens sou net toegelaat word as die Christelike Kerk en die Staat geskei is in die Westerse lande. In Op.16:14 wys Openbaring dat God die mens net vir ‘n sekere tydperk sal toelaat om wetenskaplik op hierdie veld te vorder nadat dit gewettig is om mense te kloneer. Dit is egter ook kennis wat deur die mens se vryheid van die Christelike kerk en die beginsels van die Skrif, van wat reg en verkeerd is, uiteindelik verkeerdelik gebruik sal word en die nageslagte verder van die Waarheid sal laat afdwaal. Dit is gewettig in 2004. Daarna sal die nasies finaal vergader vir Armageddon.
Die woorde beeld kan praat verwys na die radiotelefoon wat in 1906 in die VSA gepatenteer is in New York. Die Audion triode, ‘n radioversterkingslamp, is in 1906 gepatenteer en dit sou telekommunikasie oor die wêreld verbeter. As ons 66 jaar byvoeg by 1906 kom ons by 1972 uit. Volgens Openbaring sal die beginsels van Vryheid van die mens, van 1906 af, deur middel van telekommunikasie oor die wêreld versprei. Die beginsel van verkose regerings deur die mense en wat slegs na die belange van die mense omsien, sal al hoe meer gepropageer word as die antwoord op wêreldvrede. Die gelykheid van godsdienste is ook deur telekommunikasie uitgebasuin oor die hele wêreld. Teen die jaar 1972 sou nasies oorlog voer en hul mense laat sterf vir ‘n regeringsvorm wat glad nie meer die boodskap van Christus eerste stel nie. Hulle sou oorlog voer teen diegene wat nie Vryheid voorstaan nie.
Die jaartalle wat met 66 ooreenkom word nou aangetoon. 1866, 1886, 1906, 1926 en 1932. Dit is die tyd wat die mens verlei is. Die jaartalle 1952, 1972 en 1992 dui die konsekwensies van die misleiding aan. Die mens sal nou nie eers meer agterkom dat hy regeer word deur ‘n mag wat hom weglei van die Ewige Lewe af nie. In die volgende vers gaan Openbaring die misleiding verbind aan die laaste 144 jaar. Dit is die tyd 1860 tot 2004.
Op.13:16 Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ‘n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra.
Die woorde klein en groot, ryk en arm, vry en slaaf , meet die tyd terug vanaf 2004. In 2004 is wetgewing deurgevoer wat menslike klonering gewettig het in Engeland. Dit is ook die jaar van die groot aardbewing op 26 Des. 2004. Klein= klonering . Groot= aardbewing.
Die woorde ryk en arm dui die jaar 1932 aan. Dit was die jaar van die Groot Depressie. Dit verwys ook indirek na die jaar 1566 toe die fondasiesteen van die Londense Aandele Beurs gelê is. Die Groot Depressie is veroorsaak deur die val van die Aandele Beurse van die Westerse wêreld. Hier maak Openbaring die dier bekend wat waargeneem kan word in die handelsbetrekkinge van die nasies. Om handelsbetrekkinge te bevorder sal die handelaar van die Westerse nasies alle gelowe gelyk stel en die terme Supreme Being aanvaar. (Bv. Vrymesselaars)
Ons weet dat die Vryheidsoorlog in Amerika in 1886 geveg is om die slawe te bevry in die Suidelike State.
Dit dui aan dat Openbaring die tyd terugmeet vanaf 2004 tot 1860. Waarom doen Openbaring dit? Openbaring dui hier twee periods van 72 jaar aan. Daar is ‘n verband tussen die jaar 1932 en die tydperk 1860 tot 2004. Die jaartal kan ook verbind word met die getal van die mens. Elkeen wat dus sy politieke, morele en ekonomiese Vryheid bo die leerstellings van die Christelike geloof plaas, sal die merk van die dier op sy voorkop dra. Onthou voorkop beteken denke en regterhand beteken dade. Openbaring gebruik ook die woorde klein en groot in Op 20:12 om oordeel aan te dui. Die rede hiervoor is om aan te toon dat menslike klonering sal uiteindelik die rede wees waarom Christus terug sal keer en vir die oordeel.
Die woorde merk op die voorkop en regterhand beteken ook dat die handelaar van die generasies (1932-2004) die ekonomiese wette van die wêreld sal moet gehoorsaam, selfs al is dit teen die leerstellings van die Christelike geloof. Die mens se strewe sal wees om so gerieflik as moontlik in sy eie leeftyd te leef en al sy aandag toenemend toe te spits op geld en om vinnig geld te maak. Al hierdie faktore laat die mens werk(regterhand) en dink(voorkop) met die oog op die hede en nie op die Ewige Lewe nie. Die mens se aandag sal totaal gefokus wees op die aarde. Hy sal dit nie meer nodig ag om aandag te skenk aan die leerstellings van Jesus Christus of die Skrif nie. Hierdie merk kan ook in verband gebring word met Fil.3:14 “…..en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Jesus Christus”/I press toward the mark for the prize of the high calling of God in Jesus Christ.
Dit beteken die woord mark/merk in Engels het te doen met die eindstreep van ‘n resies na die Ewigheid, maar die nasies gee eerder baie aandag aan kompetisie sport.
Openbaring kombineer die tyd 144 jaar met die 666 jaar om aan te dui, hoe die skeiding tussen Christelike Kerk en staat, die mens se fokus meer en meer sal intensifiseer op die wetenskaplike uitvindsels. Dit is die invloed van die dier wat al hoe intenser word in die tydperk 1860 to 2004.
Die tydperk 1860 tot 2004 is ook die tyd van die refleksie van die muur van die Nuwe Jerusalem. Openbaring wil vir ons toon hoe moeilik die dier uit die aarde dit vir die mens sal maak om die Nuwe Jerusalem in te gaan van 1860 af. In daardie tyd is die mens mislei deur die dier en so is daar weer ‘n muur opgerig tussen die mens en God. Onthou Jesus Christus het die muur afgebreek. As die mens nie die leerstellings van Jesus Christus aanvaar en uitleef nie, bou hy weer die muur op. Daar is egter twaalf poorte in die muur. Enige persoon wat die groot offer van Jesus Christus aanvaar en Sy leerstellings nastreef kan ingaan deur die poorte.
Die getal Christene het afgeneem oor die Westerse wêreld tot 2004 a.g.v. die totale invloed van die diere. Die oorblyfsels (remnant) van die Christelike kerk staan onder die gesag van die regering. Hierdie gesag is die meerderheidsregering en hulle het geen wetgewing wat die weg wys na Jesus Christus en die Vader toe nie.
Op.13:17 En laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam.
Die analisering van hierdie vers is baie interessant. As ons hierdie vers met tyd verbind, word die betekenis oorgedra. Ons weet uit die analisering van Op.13:13 dat die tyd sestig en ses(threescore and six) is die tydperk 1932 -1926(6jaar), 1906,1886 en 1866(sestig jaar/threescore) Openbaring meet tyd terug vir nog 600 jaar. Die woorde van Openbaring verwys na wetenskaplike ontdekkings en insigte in die 100jaar tydperke. Seshonderd jaar vanaf 1866, 1766, 1666, 1566, 1466, 1366, en 1266.
Die diere van openbaring het veroorsaak dat die mens nie meer fokus op die geestelike en om die wil van God te doen nie, maar om sy fisiese aktiwiteite en aandag te vestig op die dinge wat met die mens en die aarde te doen het. Hierdie vers beteken ook dat daar in die twintigste eeu, ekonomiese sanksies deur internasionale wetgewing teen nasies ingestel sal word wat nie voldoen aan die meerderheidsregering nie. Die jare wat hier aangetoon word, is 1566 en 1766.
In 1566(getal) het Philip II van Spanje (name) oorlog verklaar op Christelike onderdane in die Nederlande. Dit sou lei tot die dood van baie Christene. Die totale dier uit die see sluit in sewe konings van sewe lande en ‘n verdere tien konings van tien lande. Deur hierdie konings wil Openbaring aantoon hoe die leierskap van Christelike lande in Europa, deur geestelike koudheid en ‘n groter belangstelling in handeldryf, die beweging weg van die Christelike strewe na die geestelike(merk), aan die gang gesit het.
In 1766 het die Pous die Jesuite uit Mexiko verban waar hulle ‘n morele en leidende voorbeeld vir die inboorling bevolking was. Hulle uitsetting het gelei tot vele bloedige opstande van die Indiese gemeenskappe en hierdie opstande sou bloedig onderdruk word. Die Koningshuise van Europa was bekommerd dat die Jesuite se invloed te groot was. Dit is ‘n voorbeeld waar die belange van die ekonomie hoёr gestel is as die belange van die Christendom. Dit is wat die merk op die voorkop (denke) beteken. Die belange van die ekonomie sou vooropgestel wees en die leerstellings van Christus tweede.
Op.13:18 Wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is ‘n mens se getal. Sy getal is ses honderd ses en sestig.
In hierdie vers is daar woorde wat jare aandui en die geskiedenis van daardie jare. Ons weet wat hierdie jare is, want dit is die laaste ses nommers van die mens se getal – 666. Ons het reeds vyf nommers uit die totaal van elf van die nommer 666 in die vorige vers ontleed.
666 is seshonderd, sestig en ses.
Ses was die ses jaar van 1932 teruggemeet tot 1926
Sestig jaar (3x20) was die jare 1926, 1906, 1886 en 1866 Hierdie syfers het ons reeds ontleed. Die laaste ses honderd jaar van die getal van die mens is verskuil in verse 17 en 18
In 1266 het Thomas Aqinas die geskrif Summa Theologia die lig laat sien. Dit was grotendeels die filosofieë van die vooraanstaande filosowe wat die mens laat fokus het op dit wat aards en tydelik is. Die Rooms Katolieke Kerk beskou hierdie werk as die beginpunt van die mens se denke (wysheid), wat op die mens begin fokus het en nie meer op Jesus Christus en die hiernamaals nie. Wysheid het te doen met die mens se denke. Hier kan ons dink aan filosowe soos Karl Marx wat ‘n nie-Christelike Kommunistiese staat onderskryf het.
In 1666 het Sir Isaac Newton die calculus ontdek. Openbaring toon aan hoe die mens deur sy kennis om te bereken, meer geïnteresseerd sal raak in die geheimenisse van die aarde, as om die Ewige Lewe te beërwe.
1466 was die geboorte jaar van Desiderius Erasmus. Daar word gesê dat hy die leier van die humaniste van sy tyd was. Die humanistiese wêreldbeskouing stel die menslike waardigheid , die Vryheid en die waarde van die persoonlikheid voorop en die godsdiens van minder belang.
In 1366 was die monnike en priesters van Engeland toegelaat om universiteite by te woon en om te studeer. So sagkens en klein het die invloed van die diere begin, dat dit moeilik is vir die mense vandag om te kan begryp hoe dit die Christene beïnvloed het om weg te beweeg van hulle geestelike ideale van die Ewige Lewe. Hierdie bose magte ken die mens se swakhede en sou daarop fokus, sodat die mens geleidelik weg kon beweeg van die leerstellings van die Christendom af. Huidiglik kan ons baie duidelik die invloed van die diere sien in ons universiteite. Dit was ook die tyd van die digters Petrarch en Boccaccio,. Hulle het gedigte geskryf om die aandag op die vrou se liggaam en die sensuele te vestig. Dit was onskuldig, maar in die twintigste eeu sou die onskuld plek maak vir pornografiese boeke en rolprente.
Die begrip van die dier uit die see is verwant aan die drie dae in die tweede millennium . Die verwysing uit die Skrif is die woorde van Jesus Christus, toe Hy gepraat het van die teken van Jona. Soos Jona drie dae en drie nagte in die vis se maag was, so sal die seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. Die tyd van die drie dae (1170 – 1932) is ook die tyd van die dier uit die aarde (1266 – 1932)
Ek het hier ‘n tabel probeer opstel van die totale dier uit die aarde. Onthou ons tel terugwerkend.
Jare Openbaring Ontdekking 144 jaar Konsekwensies
1932-6=1926 Vuur uit hemel Vuurpyl ontwikkel 1992 Desert Storm TV
1926-20=1906 Voor oë van mense 1e rolprente TV
+66 Sodat hy kan praat
Mag om te regeer Radiotelefoon Kommunikasie 1972
Viëtnam
1906-20=1886 Beeld Statue of liberty Demokrasie
+66 Lewe aan beeld Klonering v paddas 1952 Klonering mense
1886-20=1866 Wondertekens Ontdek dinamiet 1932 Atoombom
1866-100=1766 Merk op voorkop – denke Jesuiete uitgeskop Mexiko Ekonomie voor Christenskap
1766-100=1666 Calculus en bereken Isaac Newton 1932 chemiese reaksies, weer, populasie
1666-100=1566 Koop en verkoop Fondasie van aandele Beurs 1932 Groot Depressie
1566-100=1466 ‘n man Desiderius Erasmus Humanisme
1466-100=1366 Lied Priesters universiteit Twintigste eeu Pornografie

1366-100=1266 Wysheid,insig,bereken Thomas Aqinas Summa Theologic Twintigste eeu. Geloof nie benodig vir wysheid.

Elkeen wat politieke, morele en ekonomiese Vryheid bo die leerstellings van Christus plaas, dra die merk van die dier!
Wat sê die Skrif oor wysheid?
Spr.4:4 Wat ek jou sê, moet jy aan vashou, my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy kan lewe. Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het om insig te bekom.
Spr.1:7 Die vrees van die Here is die begin van kennis. Sotte verag wysheid en tug.
Spr.1:23 As julle luister na my teregwysing, gee ek julle wysheid in oorvloed en leer ek julle My woorde begryp.
Spr.2:2 Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ‘n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien; sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]