Hfst.14 - 144 duisend

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on February 06, 2011 at 11:21:24:

HOOFSTUK VEERTIEN
Honderd vier en veertig duisend

In hierdie hoofstuk wys Openbaring, dat die tyd 1860 tot 2004, die tyd is wat die diegene wat die merk van hulle Vader op hulle voorkoppe het, hulle eerste offergawes (first fruits) aan God sou bring. Dit is ook die tyd dat die Evangelie die eindes van die aarde bereik het.
In hierdie hoofstuk beweeg Openbaring ook na die tyd na 1860 – 2004. Dit is die tyd wat ons nie kan meet nie. Hierdie tyd word aangedui deur verskillende woorde. Dit is die tyd van hemel, of buitekant. In hierdie tyd sal dit ook die finale val van Babilon wees. Die straf van diegene wat die Dier aanbid , sal ook dan plaasvind, asook die oorlog wat gaan kom oor die stad Jerusalem.
Op.14:1 Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met Sy Naam en Sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe.
Hierdie vers verwys na die berg Sion, waar die nasies gaan vergader na die laaste tydmeting nl.144 jaar. Dit is waar die volgende gebeure sal afspeel. Berg Sion is ‘n sinoniem vir Jerusalem. Dit is ook die tyd dat die seël geplaas sal word op die voorkoppe van diegene wat die Lam, die Seun van God, gevolg het. Die einde van die 144 jaar in die Geskiedenis, is 2004. Die einde van die tyd van die tempel was 2003, toe die môrester op 28 Aug. 2003 voor Venus opgekom het en dus die môrester was op daardie spesifieke oggend.
Op.14:2 En ek het ‘n geluid(stem) uit die hemel uit hoor kom wat soos die gedruis (stem) van ‘n groot watermassa en soos die gedreun(stem) van swaar donderweer geklink het. Die geluid (stem) wat ek gehoor het, was ook soos die siterspelers wat op hulle siters speel./ And I heard as voice from heaven, as the voice of many waters, and as the voice of great thunder ; and I heard the voice of harpers harping with their harps.
Onthou dat die word stem tyd aandui. In hierdie vers toon Openbaring simbolies aan dat die einde van die 144 jaar ook die einde is van vier ander tydmetings. Dit word gedoen deur die herhaling van die word stem(voice). Om dit te kan verstaan moet ons in die Skrif gaan kyk, waar die woorde van hierdie vers verbonde is aan tyd. Jer.31:37 As die hemel daarbo gemeet kan word en die fondasies van die aarde vasgestel kan word, sal ek die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het
(1). Hierdie woorde verwys na die toemaak van die boekrol, want Openbaring toon aan dat die mate van ‘n dag gevind kan word in die tyd toe die ster Mars die môrester was op 28 Aug. 2003 en weer in ‘n dag se tyd so naby sal wees. Dit is in 2287. Dit is wat Openbaring bedoel met stem uit die hemel (‘n tydmeting wat bekendgemaak is in ‘n ster – in die hemel)
(2) Die woord stem van groot watermassa, toon aan dat na die tyd wat die Evangelie oor die see versprei het, sal die tydmetings tot ‘n einde kom. Dit is aan die einde van die 144 jaar. Dit is die tyd van die drie dae van die tweede millennium, wanneer die dier en die groot prostituut op die baie waters sit. (Op.17:1) Hierdie is die tydperk wat hulle probeer om die Evangelie te ondermyn.
(3) Die woorde die stem van swaar(groot) donder, bevestig die tydmeting van 1260 dae waarin die groot aardbewing plaasgevind het. Dit het ook plaasgevind aan die einde van die 144 jaar. Hierdie tydmeting is ook verwant aan die woord groot. In die Engelse vertaling word die woorde great thunder gebruik. Dit is ook die tyd van die sewende wraakbak en daarin kom die woord groot/great sewe keer voor.
(4) Die woorde stem van die siterspelers, verwys na die tydmeting 288 wat een dag in die die Geskiedenis is. Dit sal eers in Aug. 2003 wees dat ons sal besef dat ‘n dag verkort is na 287dae. Dit is die vervulling van die woorde van Jesus Christus in Mat. 24:22 En as daardie dae nie verkort word nie, sal niemand gered word nie. Dit word bekend gemaak deur die herhaling van die woord harp. In Engels word die woord drie keer herhaal (Harpers, harping with their harps) Ons moet ook na die Skrif gaan kyk in 1Kron.25:6 en7 Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die Here, met simbale harpe en siter vir die diens in die huis van God …….. En hulle getal saam met hulle broers wat geoefen was in die gesang tot eer van die Here, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig.
Op.14: 3 Hierdie mense sing ‘n nuwe lied daar voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge . Niemand anders as net hierdie honderd vier en veertig duisend mense, wat van die aarde af losgekoop is, kon hierdie lied leer nie.
Hierdie vers bevestig dat die harpe verwant is aan 1Kron. 25:7, maar hulle sing nou ‘n nuwe lied voor die troon. In die tyd na Feb. 2005 wanneer die tekens van die eindtyd direk van die troon af kom, sal die mense besef dat die tydmeting in Openbaring ‘n nuwe betekenis gee aan die woorde van Openbaring. Diegene wat hierdie nuwe lied sing, sal diegene wees wat hulle klere gewas het in die bloed van die Lam. Openbaring bevestig ook dat niemand anders (no man) hierdie lied kon leer nie. Man/mens het te doen met die dier. Niemand wat die dier aanbid het , sou hierdie lied kon leer nie. Hulle sou die lied nie verstaan nie. Hulle sal nie weet of verstaan dat tydmeting te doen het met Openbaring en die een en twintigste eeu nie. Diegene wat losgekoop is van die aarde, is almal wat die mag van die dier kon weerstaan in die tyd 1860 tot 2004.
Om te verstaan wat Openbaring bedoel met die getal 144 000, moet ons al die verse bestudeer wat vir ons insig en begrip sal gee.
Waarom 144 000? Dit is om aan te toon dat ons te doen het met die tydperk 1860 tot 2004. Dit is 144 jaar en ‘n halwe dag van die drie en ‘n halwe dag in die tydperk vanaf die eerste duisendste herdenking van Jesus Christus se geboorte. Dit is AD 1000. Die leser moet ook onthou dat die getal van die mens gemeet is in jare . In Op.21:17 meet die engel die mate van die muur van die Nuwe Jerusalem, en hy gebruik die mate van ‘n mens . ‘n Mens word ook in jare gemeet. Dit bevestig dat die tyd 144 in jare gemeet moet word. Die 000 na die 144 toon die drie dele van die aarde aan. Dit is al die Christene van die Ooste, Midde Ooste en Weste, wat nog nie aanvaar het dat alle gelowe gelyk is nie en nie die Christendom gelykstel aan alle gelowe op die aarde nie.
Op.14:4-5 Dit is hulle wat hulle nie met vrouens besoedel het nie, hulle het kuis gebly. Hulle volg die Lam waar Hy ook al gaan. Hulle is onder die mense uit losgekoop as eerstelinge vir God en vir die Lam. Uit hulle mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie. Hulle is onberispelik
Aangesien ons nou te doen het met die tydperk 144 000 en ons weet ook dit is die 144 jaar van 1860 tot 2004, lyk dit asof Openbaring seksuele losbandigheid hier aantoon in die twintigste eeu. Dit sal bevestig word in die volgende hoofstukke en dit toon ook die morele agteruitgang van die laaste eeu aan.
Die woorde eerstelinge (first fruits) dui op die offerhandes van die Ou Testament. Die eerste van al die ryp vrugte van die oes is aan Huis van die Here geoffer. (Eks. 23:19 Die eerste vrugte van die land moet na die Huis van die Here toe gebring word.) Dit was ‘n aksie van eer aan God as die Gewer van Alle Goeie Gawes . Geen presiese hoeveelheid is verwag nie, maar dit is oorgelaat aan die geestelike en morele diskressie van elke individu.
Hoekom word eerste vrugte verbind met seksuele gedrag in die twintigste eeu? Diegene wat seksuele verleiding kan weerstaan, met die hulp van die Heilige Gees en omdat hulle getrou aan die leerstellings van Jesus Christus wil wees, in ‘n tyd van vrye seksuele verkeer, sal dit doen om hul getrouheid en eenheid met Christus te toon.
Die woorde eerstelinge (first fruits) in hierdie gedeelte wat te doen het met die 144 jaar, het die skrywer laat besef dat die kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem ook geplaas kan word op die tydperk 1860 tot 2004. Sy noem dit die tabel van vrugte van die aarde. U sal onthou dat Openbaring aangetoon het dat die tyd 144 jaar verdeel kon word in twaalf dele in die gedeelte van die twaalf stamme van Israel. (Op.6:8) Dit is met die opening van die vierde seël. Openbaring verdeel die tydperk in maande van 6 jaar. Hierdie vrugte van die aarde ( bome wat twaalf keer vrugte dra Op.22:2) bestaan uit twee vrugte van dieselfde kleur. Omdat ons vasgestel het dat ‘n maand 6 jaar is, moet ons nou begryp dat die vrugte 12 keer gedra word. Dit is dus twee keer ses. 2x6=12. Dit is twee keer die tyd van een maand.
Openbaring toon aan deur die woorde eerstelinge (first fruits) dat daar in die tydperk 1860 tot 2004, in die tyd toe die nasies mislei was deur die dier uit die see en dier uit die aarde, tog diegene was wat hulle eerste vrugte simbolies vir Christus gebring het. Dit was diegene wat die leerstellings van Jesus Christus nagevolg het. Hulle is onder die 144 000 wat losgekoop is aan die einde van die 144 jaar.
Openbaring noem ook die eerste vrugte spesifiek om aan te toon dat die vrugte en die kleur van die vrugte gebruik sal word om die verdeling van die twaalf jaar in 1860 tot 2004 aan te toon. Die kleure van die edelstene van die muur van die Nuwe Jerusalem word geplaas op die twaalf verdelings van die tydperk 1860 tot 2004.
1860 1872 1884 1896 1908 1920 1932 1944 1956 1968 1980 1992 2004
Jasper Jaspis Sapph Saffier Chalcedony Aggaat Emerald Smarag Sardonyx Sardonik Camelian karneool Chrysolite Chrisoliet Beryl Beril Topaz Topaz Chrysoprase Chrisopraas Jacinth Hiasint Amythist Ametis
Deurskyn wit Blou Blou-wit Groen Rooi Wyn Rooi wyn Groen-geel Groen-geel Geel Geel-groen Oranje-rooi Pers

Ons moet na die Skrif gaan kyk om die verbintenis met vrugte te vind. Eks. 34:22 …die fees van die eerstelinge (first fruits) van die koringoes. Num 18:12 Al die beste van die olie, die wyn en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die Here gee. Deut. 18:4 Die eerstelinge van jou koring, jou wyn en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan die Here gee.
Die woord tipe/allerhande/manner word gebruik om beide vrugte en edelstene aan te dui. Op 21:19 edelstene en Op.22:2 twaalf tipe vrugte. In Engels word die woord manner, vir albei gebruik. Die vrugte en die edelstene. Die Afrikaanse vertalings het die een uitgelaat en die ander een is vertaal met die woord allerhande. In die ander hoofstukke het ons reeds gesien hoe hierdie vrugte gebruik word vir interpretasie.
Openbaring bevestig ook deur die woorde uit hul mond het nooit ‘n leuen gekom nie, dat diegene wat God die Vader se Naam op hulle voorkoppe het, sal geen woord spreek wat oneer aan God sal bring nie. Dit sal veral wees in die tyd dat die dier uit die aarde lasterlike dinge sal spreek. In die ontleding van die dier uit die aarde, het ons agtergekom dat mond en praat verwant is aan die tyd na 1906.
Diegene wat hulle eerste vrugte aan God geskenk het in die tyd 1860-2004, en wat hulle klere gewas het in die bloed van die Lam, sal voor die troon van God wees. Openbaring bevestig ook dat die tyd van troon ( die tekens kom direk van die troon af) na die 144 jaar is.
Op.14:6 Toe het ek ‘n Engel hoog(middel van die hemel) in die lug sien vlieg. Hy het ‘n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly. Hy moes dit aan die bewoners van die aarde, aan elke nasie, stam, volk en taal verkondig.
Hierdie vers verwys na die middelpunt van die tydperk 1860 tot 2004 (1932), maar ook na die tydperk Des.2003 en Jan 2004. (middel van die hemel) Die einde van die tyd van die tempel is ook die middel van die hemel – ‘n finale tyd wanneer die tekens direk van die troon af kom.
Hierdie vers verwys eerstens na die geskiedenis d.m.v. die middelpunt van die tydperk 1860-2004. Dit is 1932. Dit is ook die tyd dat die Evangelie oor die aarde sal versprei aan al die bewoners van die aarde. Die woorde bewoners van die aarde is ook die tydperk wat die nasies onder die misleiding van die dier uit die aarde sou staan.
Hierdie vers verwys tweedens na die tydperk Des. 2003 tot Jan. 2004. Dit is die middelpunt van die tydperk hemel en ons kan nie hierdie tydperk meet nie. Dit sal eers gemeet kan word wanneer die finale tekens vanuit die troon aan ons bekendgestel word. Jer.31:37 As die hemel daarbo gemeet kan word en die fondasies van die aarde deursoek kan word, sal ek die hele nageslag van Israel verwoes vir dit wat hulle gedoen het.
Die tydperk Des.2003 en Jan.2004, was ook die tyd van die voëlgriep in die Ooste, wat die dood van ontelbare voëls veroorsaak het. Hierdie gebeurtenis is ook verwant aan die tydperk middel van die hemel . Op.19:17 en Op.8:13 mag ook na hierdie tydperk verwys, want die woorde in die middel word ook daar gelees. Al hierdie verwysing na die woorde in die middel van die hemel, dui op dieselfde tydperk. Dit is ook die tyd wanneer die Evangelie oor die aarde versprei word.
Op.14:7 En hy het met ‘n harde stem uitgeroep: “Vrees God en gee Hom die eer, want die uur van Sy oordeel het aangebreek. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne (fountains of waters) gemaak het.
Hierdie vers verwys na die tydperk na 2004 en die tyd van die finale buitekant/outer court. Die woorde, met ‘n harde stem uitgeroep, maak die talle plekke in Openbaring bekend waar die woord harde stem voorkom. Wanneer die engel met ‘n harde stem woorde praat verwys dit na die tyd van die blaas van die trompette.
Die woorde, die uur van Sy oordeel, verwys na die uur in die tydperk 1980 tot 2004 (24 jaar) Dit verwys ook na die tyd van die finale uur waarvan die middelpunt Des. 2003 en Jan. 2004 is. Ons weet nie wanneer hierdie tydperk begin het nie, maar ons weet dat dit die tydperk van die buitekant/outer court insluit.
Des.2003 Jan.2004 Feb. 2005
Einde van die tydmeting van die “tempel Tyd van buitekant/outer court van die tempel - dit kan nie gemeet word nie. Tyd van die goue altaar – kan gemeet word tot Feb. 2005 Tyd van buitekant/outercourt.
Middel van die hemel - hemel is die tyd wat nie gemeet kan word nie.
Die tydperk 1932 tot 2004 is die laaste 72 jaar van die tydperk drie en ‘n half van die tweede millennium. Die woord uur verwys na die 24 jaar in die tydperk 1860 tot 2004. Die diagram wys hoe die ure van 24 jaar verdeel is in die tydperk 1860 tot 2004 . Die uur word aangetoon deur die gekleurde blokkie.

1860 1884 1908 1932 1956 1980 2004
Die woorde aanbid Hom wat die hemel, aarde, see en fonteine van water gemaak het, bevestig dat die eerste vier trompette geblaas het teen die einde van 2003 en 2004, in die tydperk wat ons kan meet. In Op. 8: 7-12 sien ons dat die;
eerste trompet verwys na die aarde, die
tweede trompet verwys na die see, die
derde trompet verwys na die fonteine van water en die
vierde trompet verwys na die son, maan en sterre. ( hemel)
Openbaring kyk ook vooruit na die tyd van die uitgooi van die sewe wraakbakke. Teen 2004 het die eerste vier engele hulle wraakbakke uitgegooi op die aarde, see, fonteine van water en die son. Ons sal dit later bespreek in Op. 16.
Op. 14:8 ‘n Ander engel het agter die eerste aan gevlieg en uitgeroep:” Geval, geval het die grote Babilon wat al die nasies van die wyn van wraak van haar onsedelikheid laat drink het.
Onthou ons maak gebruik van direkte vertaling uit die King James vertaling so ver as wat ons kan. Daar was twee tye waarin Babilon geval het. Die eerste keer is die tyd van die groot depressie in 1932. Dit was die middelpunt van die tydperk 1860 – 2004. Dit was ook in die tyd wat ons kan meet. Dit is nie net ‘n tyd van finansiële verlies van die nasies nie, maar ook die verlies van wysheid , want die wysheid van die wêreld is verwoes. Let op na 1Kor. 2:6 wat met wysheid bedoel word.
1 Kor 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir die wat daarvoor ryp is en dan ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is, of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was, en wat God van die Ewigheid af vir ons voortbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie.
Openbaring bevestig dat hierdie hoofstuk betrekking het op die tydperk 1860-2004 en die middelpunt 1932. Openbaring toon aan waarom die nasies geval het en dit is omdat hulle die punt bereik het van die meerderheidsregering , wat aanvaarbaar geword het vir alle nasies. Deur die meerderheidsregering word alle gelowe gelyk gestel. Die Christelike leerstellings word nie meer gevolg nie. Dit is die betekenis van die woorde, met die konings van die aarde onsedelikheid gepleeg. (Op.17:2) M.a.w. die nasies het wegbeweeg van die Christelike leerstellings en hierdie regerings van vryheid, het immoraliteit en wetteloosheid tot gevolg gehad.
Die woorde wyn en wraak, toon die val van Babilon aan in die tyd wat ons nie kan meet nie. Hierdie woorde word ook gebruik in Op.16:19 in die uitgooi van die finale wraakbak van God, in die tyd van die buitekant/outer court. As ons na die diagram van die vrugte kyk, sal ons sien dat die val van Babilon verwant is aan die tye 1908-1932 (rooi) en ook 1992 en daarna (indigo)
Op.14:9-10 En die derde engel het agter hulle aangevlieg en hard uitgeroep:” Wie die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word.
Openbaring toon aan dat almal wat glo aan vryheid van geloof, wat die boodskap van die kruis en die redding van die mens deur die bloed van Jesus Christus ondermyn,( aanbid dier), sal as ongelowiges beskou word, want hulle strewe nie na die Ewige Lewe deur Jesus Christus nie (ontvang merk op voorkop en hand). Dit is hulle wat die toorn van God sal ondervind en hulle sal nie die Koninkryk van God binnegaan nie.
Hierdie gedeelte is ook verwant aan die tyd van die blaas van die sewende trompet en die buitekant/outer court. Dit is nogal spesifiek omdat daar ‘n herhaling van woorde is, soos wyn van Sy toorn moet drink. Hierdie woorde is verwant aan die konflik oor Jerusalem. Ons sal dit meer volledig bespreek in Op.14:19-20
Dit blyk dat die finale val van Babilon gesien kan word in die oorlog in Irak, en daarna, die val van Banda Ache na die tsunami van die groot aardbewing , en die val van New Orleans na die vloede. Die val van Groot Babilon is 'n proses en dit sal eers finaal wees, wanneer die laaste tekens plaasgevind het. Ons het onlangs gesien, na die aardbewing in Haiti op 12 Jan. 2010 hoe geboue inmekaar gestort het en duisende mense verskuif moes word en sonder heenkome is. Ook in Chile het ons gesien watter verwoesting aangerig is , nie net in die aardbewing nie, maar ook deur die tzunami's wat gevolg het.
Op.14:11-12 Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid en die wat die merk van sy naam aanvaar. Hier het die gelowiges volharding nodig; hulle wat die gebooie van God nakom en in Jesus bly glo.
Openbaring gee ‘n finale waarskuwing aan Christene wat die geloof in die reddende bloed van Jesus Christus verwerp het. Diegene wat vashou aan daardie geloof , sal baie geduld aan die dag moet lê in die tyd van die finale tekens.
Op.14:13 Toe het ek ‘n stem uit die hemel hoor sê:” Skryf op! Geseënd is die wat van nou af in die Here sterwe”. “Ja” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.
Diegene wat getrou gebly het aan die boodskap van Jesus Christus tot aan die einde, sal hulle beloning in die hemel ontvang.
Op.14:14 Toe het ek ‘n wit wolk gesien. Op die wolk het daar Iemand soos die Seun van die mens gesit. Hy het ‘n goue kroon op Sy kop gehad en ‘n skerp sekel in Sy hand.
Hierdie vers toon aan dat die Almagtige God ‘n einde bring aan die tydmetings van Openbaring in die tyd van die heidene. Deur die woorde goue kroon wys Openbaring dat Almagtige God altyd in beheer van die regerings van die nasies was gedurende die tydmetings van Openbaring. (Op.12:1 kroon van twaalf sterre)


Die woord goue dui ook die tyd aan na 28 Aug. 2003. Dit is die tyd van die môrester. In Op.8:3 en 19:13 het ons gesien dat die woorde goue altaar die tyd meet van die altaar na die tyd 28 Aug. 2003.
Die twaalf tydmetings van Openbaring word aangetoon deur die woorde “op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre” (Op.12:1)
Deur die woorde in Sy hand ‘n skerp sekel, toon Openbaring aan dat God in beheer is van die finale tekens in die tyd van die buitekant/outer court. Dit is ook die tyd van die oes. Dit is hoekom die woord sekel gebruik word. Die einde van hierdie tye word deur die engele aangetoon wat uit die tempel en uit die altaar kom.
Op.14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die oes.” Hy wat op die wolk sit, het toe sy sekel ingesteek op die aarde en die aarde is afgeoes.
Om hierdie vers te verstaan moet ons kennis hê van die tyd van die tempel. Dit is die drie en ‘n halwe dag van die tweede millennium. Hierdie tyd het tot ‘n einde gekom in die tyd 28 Aug. 2003. In hierdie vers het die engel uit die tempel gekom en met ‘n harde stem geskreeu.
Noudat ons weet dat die tyd van die tempel ‘n weerkaatsing (refleksie) is van die tydmetings van die Nuwe Jerusalem, en dat daar twaalf engele by die poorte van die muur van die Nuwe Jerusalem staan, toon die woorde kom uit dat die tydmetings van Openbaring tot ‘n einde gekom het. Hoe weet ons dit? Omdat daar twaalf engele in Openbaring is wat die tyd meet. Dit is die tyd van die heidene. Hierdie tye kom tot ‘n einde na 28 Aug. 2003. Hierdie engel kom uit die tempel uit en gaan simbolies in die buitekant/outer court in.
Hierdie engel verteenwoordig die einde van die tweede tydmeting van Openbaring. Dit is die tyd van die ruiter op die rooi perd.

Die tyd na 28 Aug. 2003 is die oestyd, want die oes is ryp.
Op.14:17 Toe het daar ‘n ander engel uit die tempel wat in die hemel is, uitgekom. Hy het ook ‘n skerp sekel gehad.
Die woorde in hierdie vers uit die tempel wat in die hemel is, uitgekom toon aan dat in die tydperk van die buitekant/outer court, die tyd wat ons nie kan meet nie, sal God ook oes. Deur die woorde tempel wat in die hemel is, toon Openbaring aan dat hierdie tydmeting ook tot ‘n einde kom na 28 Aug. 2003, want hemel is die tyd wanneer die tekens direk van God se troon af kom. Hierdie engel bring simbolies die derde tydmeting van Openbaring tot ‘n einde. Dit is die ruiter op die swart perd.

Op.14:18 En ‘n ander engel het uit die altaar uitgekom. Hy het mag oor die vuur gehad en het met ‘n harde stem geroep na die engel wat die skerp sekel het, en vir hom gesê: “Steek jou skerp sekel in en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.”
U sal onthou dat die tydperk van die altaar, die tyd was wat die heiliges gepleit het by God om wraak te neem in die opening van die vyfde seël (Op.6:9-12) Dit was deur die tydmeting van die opening van die sewende seël en die 1260 dae . Dit is die tyd van 11 Sept.2001 tot Feb. 2005. Die altaar was ook die tye van wraak. Die woorde uit die altaar uitgekom. Hy het mag oor die vuur gehad toon aan, dat dit wat gaan gebeur in die tyd van die buitekant/outer court, sal die resultaat wees van dit wat plaasgevind het vanaf 11 Sept. 2001.
Deur die woorde wingerd en druiwe en die kleur pers (indigo) op die diagram van die vrugte , lyk dit of aangetoon word, dat die finale konflik, wat Armageddon is, die resultaat sal wees van wat plaasgevind het in die tydperk 1992-2004.


Op.14:19 Die engel het toe sy sekel in die aarde ingesteek. Hy het die wingerd op die aarde afgeoes en die oes in die groot parskuip van God se toorn gegooi.
Openbaring onthul dat die resultate van dit wat plaasgevind het in 1992-2004 en veral die oorloë (bymekaar maak van die wingerd) wat plaasgevind het in daardie tyd, sal uiteindelik die konflik na Jerusalem (parskuip) toe bring in die tyd na 2004.
Die woord parskuip verwys na Jerusalem. As ons na die Skrif gaan kyk, sien ons in Kla.1:15 Die Here het my magtige manne binne-in my verwerp. Hy het teen my ‘n feestyd uitgeroep om my jongmanne te verbreek; die Here het die parskuip getrap vir die jonkvrou , die dogter van Jerusalem. Die dogter van Juda verwys na Jerusalem. (Jes.37:22)
Op.14:20 Die parskuip, buitekant die stad, is getrap. Uit die parskuip het daar bloed uitgekom wat tot aan die tooms van die perde geraak en sestien honderd (1600) Km/furlongs ver gestrek het.
Openbaring sluit hierdie hoofstuk af met ‘n vers wat weereens die twee tye van die buitekant/outer court bekend maak. Dit is die tyd 1932 tot 2004 en laastens die tyd na 2005. Dit word gedoen deur die woorde buitekant die stad. In die totale tydmeting van Openbaring verwys die woorde buitekant die stad na drie tye
Dit verwys na Golgota die plek buitekant die stad waar Christus gekruisig was. Golgota beteken plek van kopbeen. Dit sal later aangetoon word dat die sewe berge wat deel is van die dier, te doen het met die tye van martelaarskap.
Die getal sewe is die totale getal Christene wat doodgemaak is vir hulle geloof en dit sal almal insluit tot die Tweede Koms van Christus. Dit word bevestig deur die woorde, tot aan die tooms van die perde . Dit beteken deur al die tye van die vier ruiters op die perde van die Apokolips.
Deur die woorde buitekant die stad, verwys dit na die woorde van Jona 3:3 ‘n Baie groot stad; ‘n mens het drie dae gevat om dit deur te stap. In die tydmeting van die tempel, is die edelstene van die Nuwe Jerusalem gereflekteer op die generasies tussen 1000 en 2004. Dit is ook drie en ‘n halwe dag. Uit die instruksies wat ons gekry het in Op.11:2 moet nie die buitekant van die tempel meet nie, moet ons nie die eerste generasie meet nie (996-1068) Die kleure van die edelstene word dus geplaas op die generasies vanaf 1070 tot 1932. Dit is die twaalf generasies van die drie dae. Dit is die rede waarom die tydperk 1932-2004 nie gemeet is in die twaalf fondasies van die Nuwe Jerusalem nie. Daarom is die generasie 1932-2004 buitekant die stad.


1 dag = 288 jaar 1 dag = 288 jaar 1 dag = 288 jaar
1000 - 1070 1932 - 2004
In die volgende hoofstuk sal dit aangetoon word, dat die tyd van die groot stad gemeet kan word vanaf 1068 tot 1932. Later sal hierdie tydmeting verleng word om die tyd 1932 tot 2004 ook in te sluit. Openbaring noem hierdie tyd die tyd van die groot stad om aan te toon hoe die Christelike nasies meer betrokke sou raak by die baie finansiële bedrywighede van die mens, eerder as in die Christelike boodskap van verlossing en die Ewige Lewe.
Soos aangetoon is die 144 jaar (1860-2004) ‘n weerkaatsing (refleksie) van die muur van die Nuwe Jerusalem wat groot en hoog is.(Op.21:12) Dit wil voorkom asof die muur van die Nuwe Jerusalem in die tweede millennium , figuurlig hoog verrys in die tydperk 1860-2004. Openbaring het deurgaans aangetoon dat die generasies al hoe meer arrogant geword het en die boodskap van Jesus Christus aan die wêreld, vergeet het. Die woorde selfs tot by die perde se tooms, lyk asof dit ook die boodskap van hoog wil oordra.
Hierdie vers verwys ook na die tydperk na 2004. Dit was bekend gemaak in Op.14:17 ‘n Ander engel het uit die tempel wat in die hemel is uitgekom. Openbaring toon aan dat die woorde buitekant die stad ook verwys na die tyd nadat die tydmetings van Openbaring tot ‘n einde gekom het. Dit wil voorkom of die konflik uiteindelik na Jerusalem toe sal verskuif in die tyd na 2004.
Die woorde bloed uit die parskuip verwys na al die oorloë van die twee duisend jaar(tot by die perde se tooms), die oorloë vanaf 1932 tot 2004 en die oorlog van alle oorloë wat nog kom, is almal deel van die wraak van God op die dood van diegene wat die boodskap van verlossing uitgedra het oor die wêreld.
Die getal 1600 is ‘n tydmeting wat nie gemeet kan word nie. Dit is die simboliese tyd van die buitekant/outer court en dit is slegs aan God bekend. Dit is die finale tydmeting wat verwant is aan die tyd 1000 jaar, wat ook verbind kan word met die draak wat na die aarde toe gegooi is (Op12:9). Dit is ook verwant aan die tydmeting van die mens –seshonderd , sestig en ses - 666. (Op.13:18) Hierdie tydmeting 1600 het ‘n simboliese betekenis. Dit wat nou op die aarde gebeur en gaan gebeur in die tyd van die buitekant/outer court is die resultaat van die skeiding tussen Christene (draak) en die misleiding van die mens deur die dier uit die aarde (tydmeting van mens 666)


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]