Hfst 15 - 7 engele met plae

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on February 13, 2011 at 13:32:57:

HOOFSTUK VYFTIEN
Sewe plae

Om hierdie hoofstuk te verstaan moet ons weet dat sekere verse verwant is aan sekere tye. Dit word bekend gemaak deur sekere woorde wat in hierdie hoofstuk voorkom en wat ook in ander verse van Openbaring voorkom.
Op.15:1 Toe het ek ‘n ander groot en wonderbaarlike teken in die hemel gesien. Ek het sewe engele gesien wat die sewe laaste plae bring. Daarmee het die toorn van God sy einde bereik./And I saw another sign in heaven, great and marvelous, seven angels having the seven last plagues; for in them is filled up the wrath of God.
Die woorde ander groot teken in die hemel, word ook gebruik in Op.,13:3 ‘ ander groot wonder in die hemel. Dit het te doen met die rooi draak. Nou kan ons agterkom dat die tydperk wat verwant is aan hierdie hoofstuk te doen het met duisend jaar. Hierdie hoofstuk maak die sewe wraakbakke, wat ook die laaste plae is aan die mense bekend. Dit is dus ook die tyd van die einde van die tweede millenium en die begin van die een en twintigste eeu. Dit is ook die tyd van die kort tydjie , wanneer die tekens direk van God se troon af sal kom. Hierdie tyd word bevestig deur die woorde groot en wonderbaarlik.
Die woord groot word in Openbaring 16:17-21 sewe keer gebruik. Die tyd van die sewende wraakbak is ook die tydperk wanneer die tekens direk van God se troon af kom.
Die woorde wonderbaarlik/marvelous word dikwels in die Skrif gebruik om die Here se werke te beskryf. Job.5:9 Wat God doen is groot en ondeurgrondelik, wonder op wonder./Unto God will I commit my cause; which doeth great things and unsearchable; marvelous things without number.
Ps.118:23 Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oё!
Mark.12:11 & Mat.21:42 Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oё.
Ons kan dus sien dat die tyd van die sewe engele met die sewe laaste plae, verwant is aan die tydperk van die kort tydjie, en hierdie hoofstuk gee ook die rede waarom die laaste plae oor die aarde gebring is. Hierdie sewe engele het die sewe laaste plae. Hierdie plae is waarneembaar in die tyd van die teken in die hemel . Dit is natuurlik die tyd toe Mars in die hemelruim baie naby aan die aarde was, op 28 Aug. 2003 en toe Mars die môrester was.
Openbaring maak bekend dat die tyd van die 1260 dae ook die tydperk was wat die wraak van God bekend gemaak is. Die volgende drie verse verwys na die einde van die tydperk buitekant/outer court.
Op.15:2 En ek het iets soos ‘n spieёlgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieёlgladde see gestaan met siters wat hulle van God gekry het./And I saw as it were a sea of glass, mingled with fire; and them that had gotten the victory over the beast, and over his image, and over his mark, and over the number of his name, stand on the sea of glass, having the harps of God.
Hierdie vers dui aan dat die einde van die tydperk van die plae na die tyd 2005 is.
Openbaring maak bekend dat dit in ons kennis van die dier uit die see is, dat die finale tekens sal “reflekteer”. (see van glas) Dit sal wees in die vryheid van die mens en die outoriteit van die nasies wat hulle diskressie sal oorlaat aan die algemene publiek en die wette van die mens. Die finale misleiding van die dier uit die see sal vermeng met die finale vuur van die eindtyd.
Die woorde hulle wat die oorwinning behaal het oor die dier beteken dat diegene wat bewus raak dat die tekens van die eindtyd nou in vervulling gaan, sal nie vrees as hulle sien hoe die see in die eindtyd onrustig word nie. Onthou die see is die massas.. Hulle sal weet dat die tye op aarde gereflekteer is in die edelstene van die Nuwe Jerusalem. Uiteindelik sal God die stormagtige waters weer tot kalmte bring en almal sal weet dat God in beheer is van die finale tye van die mens.
Die simboliek van die woorde oorwinning oor die dier en sy beeld en die merk en die getal van sy naam kom ook voor in Op.13, wat die dier uit die aarde aan ons bekend stel. Openbaring sê dus dat dit uit die kennis van die dier uit die see en die dier uit die aarde is, wat die oorwinning sal “reflekteer” oor die getroue gelowiges.(hulle wat die oorwinning behaal het) Dit is ook die tyd van die einde van die drie en ‘n halwe dag. Dit is bekend gemaak deur die woord harp. Kyk weer na die vorige hoofstuk .Op.14.
Op.15:3 Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam: Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige, Reg en betroubaar is u optrede Koning van die nasies./They sing the song of Moses, the servant of God, and the song of the Lamb, saying; “Great and marvelous are thy works, Lord God Almighty; just and true are thy ways, thou King of saints.”
Openbaring maak bekend dat teen die tyd dat die gelowiges oorwinning behaal het, sal die nasies weet dat die profesie van Openbaring in vervulling gaan en dat die woorde van die profete van die Ou Testament die waarheid is. Onthou Moses was ‘n profeet van God. Net soos God die Israeliete uit Egipte na die beloofde land gelei het deur groot tekens en wonders so sal die tekens van die eindtyd ook groot en wonderbaarlik wees, om die einde van die tydperk van die heidene aan te dui. So sal diegene wat die boodskap van verlossing deur Jesus Christus uitdra uiteindelik die mag van die diere oorwin en die Ewige Lewe beёrwe.
Op.15:4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en U Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat U oordele regverdig was./Who shall not fear thee O Lord, and glorify thy name? For thou art holy; for all nations shall come and worship before thee; for thy judgements are made manifest.
Hierdie vers maak bekend dat vanaf die tyd 28 Aug. 2003 (tyd van die môrester) tot aan die einde van die tyd van die buitekant/outer court wanneer die tekens direk van God se troon af kom, sal die nasies weer begin om God te vrees en Sy Naam te eer. Die tyd van oordeel sal bekend gemaak word.(U oordeel sal regverdig wees.)
Op.15:5 Hierna het ek gesien; die tempel in die hemel, die woonplek van God, is oopgemaak./And after that I looked and behold, the temple of the tabernacle of the testimony in heaven was opened.
Dit wil voorkom asof hierdie vers bekend maak en bevestig dat die meting van die tempel van die Christelike kerk aan die eindes van die aarde (wilderness) af sal kom. (tabernacle of the testimony). Ons moet hier eerder die Engelse vertaling gebruik, want die Afrikaanse vertaling kom min ooreen met die Engelse vertaling. Soos voorheen aangedui gebruik Openbaring die simbool van die wildernis om die Christelike Kerk aan die eindes van die aarde aan te dui. Die boodskap van Christus se verlossing het van Europa af versprei na die eindes van die aarde toe. Die tabernakel is die kerk wat ontstaan het in die lande ver oor die see, die wildernis. Die einde van die mate van die tempel is 28 Aug. 2003. ( toe Mars die môrester was.)
Soos voorheen genoem kom dit voor asof die tydmeting hemel in beide tye van die kort tydjie en die buitekant/outer court val. Beide is deel van die tydmeting hemel. Dit is die tydperk waarin die tekens en die gebeurtenisse op aarde finaal deur God beheer word en ons kan die tyd nie meet nie. (in die hemel) Toe Johannes op Patmos die tekens gesien het, was die tekens letterlik in die hemel . Deur die interpretasie van die woorde van Openbaring het die woorde in die hemel ‘n nuwe betekenis gekry. (Oopgemaak). Nadat tekens vanaf Aug. 2003 tot Des. 2003 in verband gebring is met die verse in die opening van die sesde seёl (Op.6:12-14) kon die tydperk van die kort tydjie gemeet word en is die tyd van hemel bekend gemaak (oopgemaak).
Op.15:6 en die sewe engele wat die sewe plae bring het uit die tempel uitgekom. Hulle het helder blink klere aangehad en elkeen het ‘n goue band om die bors gehad./and the seven angels came out of the temple, having the seven plagues, clothed in pure and white linen and having their breasts girded with golden girdles.
Openbaring maak bekend dat die tydperk uit die tempel die tyd is na 28 Aug. 2003.
Die woorde uit die tempel en uit die altaar verwys na die vorige hoofstuk waar twee engele uit die tempel uitgekom het (Op.14:15&17) en een engel uit die altaar uit. (Op. 14:18). Daar het ons vasgestel dat daardie engele ‘n einde gebring het aan die tweede, derde en vierde tydmetings van Openbaring. Onthou daar is twaalf tydmetings. Die sewe engele wat die sewe wraakbakke het kom ook uit die tempel uit en daarom bring hulle ‘n einde aan nog sewe tydmetings van Openbaring.
Onthou dat die skares wat voor die troon was wit klere aangehad het, want hulle het hul klere wit gewas deur die bloed van die Lam. (Op.7:9). Jesus Christus het ook ‘n goue band om gehad.(Op.1:13)
Op.15:7 And one of the four beasts gave unto the seven angels seven golden vials full of the wrath of God, who liveth for ever and ever.
Die derde lewende wese was die dier met die gesig van ‘n mens.(Op.4:7). Openbaring verwys na die simboliek van die dier uit die aarde wat verwant is aan die mens. (Op.13:18) Aangesien Openbaring die woorde een van die diere gebruik, moet die aspekte van al die ander diere ook in ag geneem word, want ons is nou in die finale tydperk van die kort tydjie . Onthou Satan is ook losgelaat in die tyd na Feb. 2005.(Op.20:3)
Openbaring maak bekend dat ses kere van die sewe kere wat die wraakbak uitgestort is, is dit verwant aan die ses tye van die dier uit die aarde na 1886.
Op.15:8 Die tempel het vol rook geword vanwee die heerlikheid en die mag van God en niemand (no man) kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.
Die woorde vol rook vanwee die heerlikheid en die mag van God dui aan dat die tekens van die eindtyd wat van die troon van God af kom, so sal gebeur omdat dit as ‘n teenvoeter sal dien vir dit wat sedert 11 Sept. 2001 plaasgevind het. Dit word bekend gemaak deur die woord rook. Die woord rook is ook gebruik in Op.9:2 (die rook het opgestyg uit die put.) Die tekens van die eindtyd kom om die mag wat die bose op die nasies van die aarde het, te verydel.
Die woorde niemand (geen mens) kon in die tempel ingaan nie verwys eerstens na die tyd wanneer die tyd van die heidene (gentiles) vervul is. Dit sal die tyd van oordeel wees. Die plae en die finale tekens is ‘n bewys dat die tyd van die heidene (gentiles) in vervulling gaan. Tweedens sal daar diegene wees wat nie die tyd van die tempel kon meet nie en nie die simboliek van die tydmeting van Openbaring verstaan het nie. Van hulle sal gered word na die tekens van die eindtyd. (tempel het vol rook geword vanwee die heerlikheid en mag van God). Daarom sal daar sekeres wees wat mislei was deur die dier uit die see, wat tot bekering sal kom in die tydperk vanaf 28 Aug.2003 en tot die einde van die tydperk buitekant/outer court.(tot die sewe plae die einde bereik het) Hulle sal dan ook die Koninkryk van die hemel kan ingaan. Enige mens wat mislei is deur die diere en na die tekens nog steeds nie glo dat God in beheer is van die regerings van die nasies in die afgelope twee millenniums nie, sal nie die Koninkryk van die hemel ingaan nie.




Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]