Hfst.16 - wraakbakke

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susann on February 22, 2011 at 14:33:56:

HOOFSTUK SESTIEN
Wraakbakke

Op.16:1 Toe het ek uit die tempel ‘n harde stem vir die sewe engele hoor sę: “Gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God , op die aarde uit.”
Die woord groot het betrekking op die sewende en laaste wraakbak. Die woord groot kom sewe keer voor in die woorde van die sewende wraakbak. Die woorde groot stem/great voice is ook verwant aan die blaas van die sewende trompet. Daarom word die finale tekens bekend gemaak deur die woorde van die sewende wraakbak en die tyd van die sewende wraakbak, sowel as die tyd van die blaas van die sewende trompet.
Weereens maak Openbaring die einde bekend en dan die begin. Openbaring maak bekend deur die woorde groot stem uit die tempel, dat die tye (stem) van die sewe wraakbakke eindig in die tyd van die buitekant/outer court. Hierdie engel maak die einde bekend van die vyfde tydmeting van Openbaring. Dit is die tydmeting van “áarde”(666). Dit word bekend gestel deur die woord aarde.

Op.16:2 Die eerste engel het toe gegaan en sy bak op die land(aarde) uitgegooi. Daar het kwaadaardige en pynlike swere uitgekom aan die mense wat die merk van die dier aan hulle het en wat sy beeld aanbid.
In hierdie vers maak Openbaring bekend dat die eerste wraakbak die wraak is van God op diegene wat mislei is deur die dier uit die aarde
In Op. 13:11-18 is die dier uit die aarde bekend gemaak. Dit is die tydperk 1266 tot 1932. (Ook die tye 1932-1992 en 1860–2004 - wat alles te doen het met die dier uit die aarde) Diegene wat mislei was deur die dier uit die aarde, sal uiteindelik getreiter word deur die plaag van seksuele aansteeklike siektes. In die geskiedenis het promiskuďteit gelei tot siektes, maar in die finale tydmeting van die dier uit die see, is dit verwant aan die einde van die twintigste eeu en die een en twintigste eeu. Op.13:13 is verwant aan die tyd 1992. Dit is die tyd van die HIV plaag.
Op 16:3 Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos die bloed van ‘n dooie en alles wat in die see lewe, het doodgegaan.
Hierdie vers verwys na die dier uit die see. Die ideologie van die dier uit die see, is die regering wat die Christelike geloof gevange hou onder wetlike verpligtings in ‘n godsdiensvrye samelewing. Hierdie godsdiensvrye samelewing sal uiteindelik die boodskap van die kruis, die bloed van Jesus Christus, wat die simbool van vergifnis van sonde is, (soos die bloed van ‘n dooie man) ondermyn. Die nasies sal nie langer glo dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood uit nie. Hulle sal nie langer in die offer van Jesus Christus glo nie. Deur die woord dood kan ons ook sien dat hierdie vers verwant is aan die ruiter van die vaal perd. Hy word gevolg deur die doderyk. Dit is die tydperk 1947 en daarna, toe die nasies oorlog gemaak het oor die meerderheidsregering en vryheid.
Die woorde alles wat in die see lewe het doodgegaan, verwys na die gelykheid van gelowe. Almal wat die Christelike geloof gelyk ag met ander gelowe en wat nie meer glo aan die redding deur die bloed van Christus en dat hy uit die dood uit opgestaan het nie, het geestelik doodgegaan.
Die tweede engel bring ‘n einde aan die sesde tydmeting van Openbaring. Dit is die verdeling tussen die twee millenniums in “’n duisend jaar”.
Op.16:4 Die derde engel het sy bak in die riviere en waterbronne uitgegooi. Dit het ook bloed geword. Toe het ek die engel wat oor die water toesig hou, hoor sę: “U is regverdig, U wat is en wat was ,U , die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het, want hulle het die bloed van die gelowiges en van die profete vergiet en U het hulle self bloed laat drink. Dit het hulle verdien. Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sę: “Ja Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele.
Die woorde riviere en waterbronne/fountains and rivers of fountains is verwant aan die verspreiding van die Evangelie boodskap gedurende die tydperk 1500 en na die tydperk van 1932 en daarna. Die verspreiding van die Christelike geloof en die gespook van die nasies om die universele regering van die meerderheid tot stand te bring, het gelei tot baie verwoestende oorloё en dood. (dit het bloed geword).
Die jaar 1932 is die middelpunt van die tydperk 1860 tot 2004. Dit is die tyd van die riviere (Op. 22:2 …in die middel van die straat en op albei kante van die rivier/in the midst of the street of it and on either side of the river) Hierdie woorde verwys na die middelpunt van die tydperk 1860 tot 2004. …en dit het bloed geword verwys na die Tweede Węreldoorlog en die oorloё van die tweede helfte van die twintigste eeu en daarna.
Die derde engel bring ‘n einde aan die sewende tydmeting van Openbaring. Dit is die middelpunt van die tweede millennium(1500) en die middelpunt van die tydperk 1860 tot 2004
Die woorde die engel van die waters maak bekend dat die eerste val van Babilon geskied het in die tydperk 1932 tot 1945. Dit is bekend gemaak deur die woorde van Op.16:7 …want hulle het die bloed van die heiliges en van die profete vergiet en U het hulle self bloed laat drink. Hierdie woorde vind aanklank in Op.18:24 en in haar is gevind die bloed van die profete en van die gelowiges en van almal wat op die aarde doodgemaak is/and in her was found the blood of the prophets and of the saints and of all that were slain upon the earth.
U sal later sien dat dit die éngel van die waters” is wat die simboliese die tyd meet van die “buitekant/outer court” wat nie gemeet mag word nie. Hierdie engel kom nie uit die tempel of uit die altaar uit nie. Die engel van die water is die simboliek om die mag van die Drie-eenheid bekend te stel, deur die water en fonteine van die lewende water van die Lewe te laat vloei na die nasies toe.
Die oorloё wat geveg is om die meerderheidsregering aan bewind te bring en die invloed van die dier uit die see en die groot prostituut, wat op die baie waters sit (Op17:1) is deel van die straf op die nasies oor die dood van die Christene.
Deur die woorde uit die altaar uit maak Openbaring bekend dat die straf aan sal hou tot die tyd van die finale val van Babilon. Dit sal in die tyd van die “buitekant/outer court” gebeur. Die finale val van Babilon word bekend gemaak in die sewende wraakbak (Op.16:19 …en God het nie groot Babilon vergeet nie …./and great Babilon came in remembrance before God….)

Hierdie engel wat die “ander engel uit die altaar uit” is, bring ‘n einde aan die agtste tydmeting van Openbaring. Dit is die tydperk 42 maande en 1260 dae.


Op.16:8 Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi, sodat die mense met vuur gebrand word/and the fourth angel poured out his vial upon the sun , and power was given unto him to scorch men with fire.
Hierdie vers verwys na dieselfde tydperk as Op.13:13. Dit is die tydperk van die eerste klonering van paddas in 1952/3. Dit is ook die ontdekking en ontwikkeling van kernsplyting en die waterstof bom. ‘n Verandering van massa na energie vind plaas wanneer die kernliggaampies van ligatome aanmekaar smelt. Hierdie smeltingsreaksie vind plaas teen ‘n miljoen grade Celcius. Daarom word hulle genoem termonukleer reaksies. Hierdie temperature vind ons in die middel van die son en ander sterre en dit is daar waar die smeltingsreaksies plaasvind. Die mees algemene kernsmeltingsproses in die sterre is een waarin vier protone saam smelt in stadiums om ‘n enkele gaskern te vorm. In die middel van die twintigste eeu het die mens ontdek dat hy smeltingsreaksies te weeg kan bring op aarde tussen deuterium(swaar waterstof) en tritium, wat twee isotope van waterstof is. Dit gebeur in ‘n waterstofbom ontploffing. Hierdie hoё temperature word verkry deur ‘n kernbom eerste te ontplof.
Dit kom dus voor asof Openbaring die tyd bevestig van die mens se ontdekking van die ergste wapens van die twintigste eeu. Openbaring beskou dit as ‘n plaag omdat dit onmin sou voortbring tussen die nasies in die tweede helfte van die twintigste eeu en vandag.
Op.16:9 Die mense is met groot hitte gebrand en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle het hulle nie bekeer en aan Hom nie die eer gegee nie.
Openbaring maak bekend dat die Westerse nasies kennis gegee is om kernwapens te ontwikkel en in die posisie geplaas is om ‘n einde te bring aan die Tweede Węreldoorlog en te wen. Openbaring maak bekend dat hierdie mag van God af kom maar die nasies sal steeds aanhou om die Christelike geloof te ondermyn en gelyk te stel aan ander gelowe.

Die vierdie engel met die bak bring ‘n einde aan die negende tydmeting van Openbaring. Dit is die tyd van “144” (cubits) Dit is die tydperk 1860 tot 2004 en in hierdie tydperk het daar weer ‘n “muur” ontstaan tussen God en die mens.


Op.16:10 Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi en daar het duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn en het die God van die hemel gelaster oor die pyn wat hulle verduur en oor die swere. En hulle het hulle nie bekeer van hulle verkeerde praktyke nie.
Deur die woord koningkryk , dui Openbaring aan dat dit die tyd is wat die nasies regeer word deur die dier uit die see. Hulle het hulle Koningkryk vir die dier gegee.(Op17:17) Deur die woord duisternis maak Openbaring die tyd Nov. 2003 (Op.6:12) bekend. “die son het swart geword… “ Dit is die tyd van die węreldwye plaag na 1992, wat die Vigsplaag is (pyn en swere).

Die vyfde engel met die bak bring ‘n einde aan die tiende tydmeting van Openbaring. Dit is die tydperk van “nag”.


Op.16:12 Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water daarvan het opgedroog om ‘n pad vir die konings uit die ooste oop te maak.
Deur kennis van die opening van die sesde seёl en die blaas van die sesde trompet kan ons nou die tyd bepaal van die uitgooi van die sesde wraakbak. Die finale opening van die sesde seёl was die tyd Aug. tot Des. 2003. En die blaas van die sesde trompet is die tyd toe ‘n “jaar” gemeet kon word tussen die aardbewing in Bam op 26 Des. 2003 en die aardbewing by Sumatra op 26 Des. 2004. Dit was in hierdie tyd dat Dr. Janson agtergekom het dat al die tydmetings bymekaar gebring word in die tydperk van 1260 dae vanaf 11 Sept. 2001 en 22 Feb. 2005
Die woord Eufraatrivier word twee keer in Openbaring gebruik. Ons weet dit uit die analisering van Op. 9:14 (dit is die verse waarin die woorde groot Eufraatrivier voorkom.) Ons het agtergekom dat Openbaring fokus op die Eufraatrivier in die tydperk 11 Sept. 2001 tot 22 Feb. 2005. In daardie tyd word die tyd van die blaas van die sewe trompette in verband gebring met die tydmeting van ‘n uur, ‘n dag en ‘n maand en ‘n jaar, sowel as die tyd van 1260 dae en 42 maande. Openbaring bevestig die tyd, deur die woorde die water daarvan opgedroog het.
Die Eufraatrivier se ontstaan is in Turkye en daarvandaan vloei dit deur Siriё en tot in Irak. Alhoewel die Eufraatrivier deur drie lande vloei, ontstaan ongeveer 88% van die water in Turkye. Daar was ‘n area waar die water heeltemal opgedroog het en dit was in die vleilande in Suidelike Irak. Die vleilandarea lę tussen die laerliggende dele van die Tigris en Eufraatriviere. Nadat die Golfoorlog tot n einde gekom het in 1991 het die Irakese regering met ‘n baie ambisieuse ingeneursprojek begin deur hierdie vleilande te dreineer. Deur damme en ‘n dreineringstelsel is die vloei van die rivier amper heeltemal verander na die sogenaamde Derderivier kanaal. Hierdie verandering het tot gevolg gehad dat die vleilande feitlik heeltemal vermy is. Die Tigrisrivier is herlei na sytakke en hul kunsmatige hoё banke het verhoed dat die water deursypel na die vleilande toe.
Die drooglę van die vleilande is histories belangrik omdat ons weet dat die inwoners van hierdie area reeds vir 5000 jaar oorleef het, deur bestaansboerdery van visserye en jag. Hulle het oorleef op die natuurlike vloei van die Eufraatrivier. Ironies is hierdie droё area die gebied waar die ou Sumeriёrs gewoon het. Hulle was die vroegste mense wat water herlei het deur ‘n drooglę metode, deur kanale te bou na hulle landerye sodat hulle voedsel kon produseer vir hul stede.
Met ons kennis van die tydmeting van Openbaring moet ons kennis neem van die tyd van die drooglę van die Eufraatrivier. Dit was in die tydperk 1991 tot omtrent 2003. Hierdie tydperk word bevestig deur die tyd van die “Eufraat”. Teen April 2005 het groot dele van die vleilande weer begin om te oorstroom met water.
Die woorde die water daarvan het opgedroog het ook ‘n simboliese betekenis. Dit beteken dat in die tyd van die kort tydjie en daarna sal die sekulęre ideologie wat in die Midde Ooste gepropageer word, die lewende waters laat opdroog.
Die woorde om ‘n pad vir die konings van die Ooste oop te maak, is verwant aan die konings van die Ooste wat die ster van Betlehem gevolg het om die Koning van die Jode te sien en te aanbid. Die Eufraatrivier was die Oosterse grens van die land wat God aan Abram gegee het. Onthou dit was die gebeure van 11 Sept 2001 wat gelei het tot die oorlog in Irak. Van daardie tyd af was daar oorlog en is ‘n regering d.m.v. stemme gepropageer en dit het met baie geweld gepaard gegaan. Deur die simboliek en die tydmeting van Openbaring, kom dit voor asof die gebeure in die area van die Eufraatrivier sal lei tot die bekendmaking van die profesie van Openbaring. Op een of ander manier sal dit die voorbereiding vir die gelowiges van die Ooste wees om aan te dui dat Jesus se Terugkoms op hande is.
Op.16:13 “Toe sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk
Die woord onrein in Openbaring is verwant aan ‘n promiskue leefstyl wat buite die Christelike morele leerstellings is.
Die betekenis van paddas is verkry deur die analisering van Op.13:15. “en hy het mag om lewe te gee” As ons die totale dier uit die aarde analiseer sien ons dat hierdie woorde verwant is aan die tydperk 1952-1953. Dit is die tyd toe ‘n sekere spesie, paddas, gekloon is vir die eerste keer. Dr. Janson glo dat die bg. Vers (Op.16:13) aan ons bekend wil maak dat in 2004 sal die invloed van die draak (uit die bek van die draak) en die invloed van die diere (uit die bek van die dier) van Openbaring, suksesvol wees om die wil van die mens(uit die mond van die vals profeet) bo die wil van God te plaas. Die betekenis van die vals profeet word verkry uit Op. 13:18 bereken die getal van die dier. Hierdie woorde dui vir ons aan dat die kennis van die tydmeting van Openbaring die betekenis van die dier uit die aarde bekend sal maak. Die vals profeet is ‘n konsep wat ontwikkel het oor eeue. Dit is ontdek deur die woord wysheid in Op.13:18 Hier is wysheid. Laat die een wat verstand het die getal van die dier bereken. Dit is die getal van die mens en sy getal is ses honderd ses en sestig.” Die valse profeet word verbind aan die jaar 1266 tot 1932. Wysheid word verbind aan die mens se denke en filosofie vanaf daardie tyd. In 1266 is Thomas Aquinas se Summa Theologica geskryf. Dit was van daardie tyd af dat die mens se fokus meer op humanisme sal wees as op sy geestelike toekoms.
Deur die mens se fokus op die mens, saam met al die prestasies van die mens vanaf 1266, het dit die mens weggelei van die geestelike. Dit het nie net ‘n skeiding van die Christelike Kerk en Staat gebring nie, maar dit het veroorsaak dat sekere mense rebelleer teen alles wat te doen gehad het met die Christelike Kerk. Hierdie houding het naderhand gelei na rebellie teen alle outoriteit. Hierdie tendens sien ons vandag in ‘n baie groot mate. Hierdie houding het sy wortels in die gees van die Franse Revolusie. Openbaring verbind hierdie rebellie met die klonering van selle van die padda in die tydperk 1952. Teen 1952 het die nasies die regering van die nasies, aanbid. Alles was toelaatbaar in die naam van die wetenskap en daardeur het die mens nog meer seksueel promisku geword. Die vooruitgang van die biologiese wetenskappe in die tweede helfte van die twintigste eeu het ontwikkeling gebring soos die voorbehoedmiddels. Dit het die mens nog verder op sy pad van verwoesting geplaas, deurdat die mens nou nog meer gedink het dat die leerstellings van die Bybel onnodig is. Die vooruitgang van die wetenskap en die seёninge wat dit vir die mens gebring het , het die mens nog meer laat glo dat hy nie God nodig het nie. Hierdie uitkyk van die węreld sal ‘n hoogtepunt bereik in 2004 toe die wette aanvaar is om klonering te wettig in voormalige Christelike lande.
Op.16:14 Hierdie geeste wat wondertekens doen, is bose geeste. Hulle gaan na die konings van die hele węreld toe om hulle byeen te bring vir die oorlog op die groot dag van God, die Almagtige.
Nou moet ons al hierdie kennis saambind (die hele węreld) om te sien wat bekend gemaak gaan word. In 2004 het Engeland ‘n wet deurgevoer wat die wetenskap toelaat om menslike embrios te kloon vir terapeutiese doelwitte. (Onthou dat die tyd van die laaste drie trompette ook die tyd is van die drie wee en dit is verwant aan die woorde van Jesus Christus in Mat 23:13 “wee julle skrifgeleerdes en fariseers”) Hoekom sou dit teen die leerstellings van God wees? Die Bybel beskou ‘n embrio as die begin van ‘n lewe. ‘n Lewe mag nie as ‘n werktuig gebruik word nie.
Openbaring wil bekend maak dat hierdie wet die oorsaak is van al die saamgestelde verkeerde dinge deur die eeue bv., in die politiek van die nasies, in die ontginnings in die see en die elemente van die aarde, sowel as die filosofiese denkrigtings van die mens wat uiteindelike die waarheid van die Skrif sal ontken (uit die mond van die draak, uit die mond van die dier en uit die mond van die valse profeet.) Veral ook die promiskue leefwyse van die tweede helfte van die twintigste eeu, wat die mens blind maak vir die heiligheid van die huwelik en die gawe van die lewe.
Die woorde valse profeet word gebruik in Op.16:13 omdat dit die tyd is wanneer die mens weg sal draai van die geloof af. Hierdie betekenis kry ons in Han.13:8 waar die valse profeet die adjunk goewerneur laat wegdraai het van die waarheid van die geloof af. Die goewerneur wou die woord van God gehoor het, soos wat Paulus en Barnabas dit gebring het. In 2004 het die wegdraai van die geloof af sulke afmetings aangeneem dat dit sal lei tot die finale oorlog. Op.16:14 hierdie geeste wat wondertekens doen,is bose geeste. Hulle gaan na die konings van die hele węreld toe om hulle byeen te bring vir die oorlog op die groot dag van God, die Almagtige.
Neem kennis van die woord uit. Uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet . Die sesde wraakbak duur voort verby die tyd van Feb. 2005 tot in die tyd van die buitekant/outer court.
Op.16:15 Kyk Ek kom onverwags soos ‘n dief. Geseёnd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie. Die geeste het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word./ Behold I come as a thief. Blessed is he that watcheth, and keepeth his garments. Lest he walk naked and they see his shame. And he gathered them together into a place called in the Hebrew tongue Armageddon.
Hierdie vers is verwant aan die tyd van buitengewone weerpatrone waar mense onverwags oorval sal word. Dit is ook ‘n waarskuwing dat net soos wat skielike buitengewone weersomstandighede die mense kan tref, net so onverwags sal die tekens van die eindtyd wees en die Here se terugkoms. Dit is ook die tyd wanneer die nasies bymekaargemaak sal word vir die finale oorlog wat sal plaasvind in die area van Armageddon of wat die area van Armageddon sal betrek. Armageddon is in die Midde Ooste. Die woorde bymekaar gebring en die woorde in Op.19:19 bymekaar gebring om oorlog te maak teen Hom wat op die perd sit, dui vir ons aan dat dit ‘n oorlog is waarvoor almal bymekaar gebring gaan word. Die woorde Hom wat op die perd sit, maak bekend dat Armageddon sal plaasvind oor die eenheid van die Kerk en Staat in die eerste millennium en die uiteindelike meerderheidsregering wat nou die aanvaarbare reёl is vir alle nasies.
Die sesde engel met die wraakbak bring ‘n einde aan die elfde tydmeting van Openbaring. Dit is die tydmeting van “vyf maande”

Die sesde engel met die wraakbak bring ‘n einde aan die elfde tydmeting van Openbaring. Dit is die tydmeting van “vyf maande”.


Ons kan nou Op.9:14 verstaan. Maak die vier engele los wat gebind was by die groot Eufraatrivier. Dit is na Mei 2004 dat ons die groot orkane en siklone kon waarneem wat in alle dele van die węreld gewoed het. Die leser sal onthou dat die 1000 dae (vanaf 11 Sept. 2001 tot 7 Jun. 2004) van die 1260 dae die tyd was van die bymekaar maak vir die oorlog in Irak. Ons sien dus dat dit die gebeure wat plaasgevind het in die area van die Eufraatrivier is, wat die uiterlike tekens van die eindtyd aan ons bekend maak. Die gebeure is die sekulęre regering wat na die area van die Eufraatrivier toe gebring is. Die uiterlike tekens van die eindtyd is die buitengewone weerpatrone en winde wat waai in die vier rigtings van die aarde.
Op.16:17 Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af het daar ‘n stem hard uitgeroep: “Dit is verby!”/And the seventh angel poured out his vial into the air; and there came a great voice out of the temple of heaven, from the throne, saying, It is done.
Hierdie vers dui die veranderende weerpatrone aan wat ons nou oor die hele aarde sien. Hoёdrukstelsels bly vir lang tye en veroorsaak droogte en laedrukstelsels bring abnormale hoё reёnval op ander gebiede. Dit is die tyd van die finale trompet (groot stem uit die tempel van die hemel.)
Op.16:18 Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook ‘n groot aardbewing soos daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie, so ‘n geweldige groot aardbewing was dit./And there were voices, and thunders, and lightnings, and there was a great earthquake, such as was not since men were upon the earth, so mighty an earthquake and so great.
Die woorde van die vers is verwant aan die groot aardbewing in die kuslyn naby die eiland Sumatra op 26 Des. 2004.(Die grootste tot op hede) Dr. Janson sę dit na aanleiding van die woorde weerligte, dreunings en donderslae. Hierdie woorde hou verband met die blaas van die trompette en die tydmeting van 1260 dae. Hierdie aardbewing het gekom presies in die tyd wat dit voorspel was deur die tydmetings van Openbaring. Diegene wat die vorige boeke gelees het sal weet dat die groot aardbewing voorspel was om te gebeur in die jaar 2004, rondom Kersfees . Dit was verstommend! Hierdie groot aardbewing is deur Johannes geprofeteer en dit het eers in 2004 in vervulling gegaan. Hoe merkwaardig is dit nie! Dit is ook die einde van die tydmetings wat reeds in 4vC begin het. Dit bevestig ook die begrip van die lengte en die breedte van die Nuwe Jerusalem wat bestaan uit ewe lang lengtes van tyd. Hierdie lengtes word gemeet vanaf 4vC met Jesus Christus se geboorte tot by die jaar 2004. Soos U weet is die tydmetings van die Nuwe Jerusalem die “refleksie” van die kleure op aarde vanaf Christus se geboorte. Daarom is dit ‘n groot aardbewing, in grootte sowel as die grootste teken wat nog ooit plaasgevind het (soos daar nog nie was vandat mense op die aarde was nie, so geweldig groot) Die woord magtige/geweldige kom ook voor in 2Tes. 1:7 wanneer die Here Jesus Christus met sy magtige engele verskyn… Die aardbewing op 26 Des. 2004 bewys die tydmeting van Openbaring en dit bevestig dat die profesie van Openbaring in vervulling gaan. Dit bewys ook dat Jesus Christus opgestaan het uit die dode en dat Jesus Christus die Seun van God is.
Op.16:19 Die groot stad het in drie dele geskeur en die stede van die nasies het inmekaar gestort. God het ook nie vergeet om vir die grootte Babilon die beker met die wyn van sy gloeiende toorn te gee nie./And the great city was divided into three parts, and the cities of the nations fell; and great Babilon came in remembrance before God, to give unto her the cup of the wine of the fierceness of his wrath.
Die woorde groot stad het in drie dele geskeur verwys na ‘n tyd wat nog moet kom wanneer die mense van die węreld sal besef dat Openbaring besig is om in vervulling te gaan. Soos U weet verdeel Openbaring ook die aarde in drie dele om die boodskap van Openbaring te onthul. Bv. Die getalle “000” verwys na drie dele van die aarde. Ons verstaan ook nou dat die woord aarde en die getal 666 verwant is aan die dier uit die aarde en drie dele . Groot Babilon verwys na die hele aarde wat nou verbind is deur die internet sodat dit ‘n “global village” vorm. Dit word die groot Babilon genoem, omdat dit in die tydmeting van die groot aardbewing is en die val sal ook verband hou daarmee. Dit word Babilon genoem want die antieke Babilon het die kinders van Israel gevange gehou. ‘n Węreld wat mislei is deur die dier uit die see, hou op hierdie oomblik die Christelike kerk en die Christene gevange. Hulle kan nie die boodskap, dat Jesus Christus die enigste waarheid is, uitdra na ander toe nie. Die woord beker is verwant aan die dood van Jesus Christus wat gesterf het vir die sonde van die mens, wat gelyk gestel word aan al die ander gelowe op aarde.
Op.16:20 Al die eilande het verdwyn en die berge was daar ook nie meer nie./And every island fled away and the mountains were not found.
Hierdie woorde mag verband hou met die eilande wat ontruim moes word na die tsunami in Des. 2004 en die valse verwagtings van die eilandbewoners van die węreld dat elke groot tsunami ‘n skielike einde aan alles kan bring. Ons weet uit die Skrif dat God belowe het dat die aarde nie weer met water sal vergaan nie. Die feit dat die oppervlakte van die see besig is om te styg a.g.v. die smelting van die yslae in die Noordpool en Antartika mag dalk ook iets hiermee te doen hę. Ons sal egter nog moet sien wat hierdie vers in die toekoms beteken.
Die woorde berge was daar ook nie meer nie mag ‘n simboliese betekenis hę, want die simboliese betekenis van berge is verwant aan profesie. In 2004 het profesie in vervulling gegaan. Dit is dus nie meer ‘n geheimenis nie. Die profesie is nou verby. Die nasies weet nog nie dat die tekens van die eindtyd besig is om openbaar gemaak te word nie.
Op.16:21 Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar, het van die hemel af op die mense geval. En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag verskriklik groot was. /And there fell upon men a great hail out of heaven, every stone about the weight of a talent; and men blasphemed God because of the plague of the hail; for the plague thereof was exceedingly great.
‘ n Talent in die Bybel was die gewig van enigiets tussen 50 en 100 pond, volgens die standaard wat in gebruik was in daardie tyd.
Op hierdie tydstip kan groot hael miskien betrekking hę op die baie groot stene van ys wat in Europa gesien is in 2002 of die ongewoon groot stene van ys wat in Australiё en Florida gesien is. Lesers het moontlik ook gelees van die besonder groot haelstene wat in Spanje gevind is. In S.A. is die berigte geplaas teen die einde van Sept. 2002. Die berig het gelui dat groot ys meteoriete in Madrid Spanje uit blou lug geval het. Dit is moontlik vir hierdie groot “haelstene om motors en huise erg te beskadig in die toekoms.
Die Spaanse wetenskaplike, Jesus Martinez-Frias, het voorlopige bevindings gedoen, deur ‘n studie van die afgelope dertig maande en die mega-cryometiorites bestudeer wat meer as 10 kg. geweeg het.
Hy is ‘n direkteur van dieSpaanse sentrum van geografiese astrobiologie van die planeet. Hy meen dat hierdie ysblokke wat uit die skoon lug uitval ‘n kommerwekkende simptoom is van klimaatsverandering. Die isotopiese komponente van die ysblokke is dieselfde as Iberiese reёn. ‘n Spaanse boer het die eerste mega-cryometeoriet gevind. Dit het 16kg. geweeg. Nog ander blokke is later gevind en dit word geskat dat daar in die laaste tien jaar meer as vyftig sulke blokke op die aarde geland het.
Martinez het ‘n teorie dat die kern van die yswolk wat baie hoog in die lug gevorm word agter straalvliegtuie, in die lug bly vir ‘n langer tydperk a.g.v. aardverwarming. Die verwarming van die aarde veroorsaak een laag van die atmosfeer om warmer te word en een laag om kouer te word. A.g.van hierdie lugstrome bly die ysblokke in die lug en verskuif op en af tussen hierdie lae in die atmosfeer, terwyl dit al groter en groter word. Tot op ‘n punt dat dit so swaar word dat swaartekrag die oorhand kry en hulle neerstort op die aarde.
Ons moet ook die analisering van die dier uit die aarde in berekening bring om hierdie mega-cryometeoriete te kan verstaan. Die vorming van hierdie ysblokke wat gevorm word agter die straalvliegtuie bevestig die betekenis van die dier uit die aarde.
Die wetenskaplikes reken dat die ysblokke reeds vir die afgelope tien jaar besig is om te vorm. Dit pas in by die tydmeting van Openbaring. Almagtige God het altyd geweet op watter tydstip sekere kennis oor ontdekkings en uitvindings aan die mens gegee sal word. Hy het geweet dat die mens vliegtuie sal maak om mee te vlieg, maar hy ken ook die mens se natuur en weet dat die mens altyd vinniger en vinniger sal wil vlieg. Hy het geweet dat die mens die straalvliegtuie sal maak. In die laaste tien jaar het aardverwarming versnel en die kombinasie van hierdie twee faktore mag dalk die groot hael uit die hemel voortbring.
Dr. Janson glo dat die woorde groot hael ook ‘n figuurlike en geestelike betekenis het. Dit word bevestig deur die woorde uit die hemel. Die hael word figuurlik in Jesaja 28:2 gebruik. Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy produksiesieraad wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is., Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos ‘n haelstorm ‘n storm vol verwoesting, soos ‘n stortbui van geweldige oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag. Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim/Woe to the crown of pride, to the drunkards of Ephraim, whose glorious beauty is a fading flower which are on the head of the fat valleys of them that are overcome with wine. Behold the Lord hath a mighty and strong one (crown) which as a tempest of hail and a destroying storm as a flood of mighty waters overflowing, shall cast down to earth with the hand. The crown of pride the drunkerds of Ephraim shall be trodden under foot.
Soos ons voorheen gewys het kan Openbaring net verstaan word as ons die simbole terugneem na dit wat in die res van die Bybel is om betekenis daar te soek. Dit is ook wat die woorde klein boekie en neem dit en eet dit beteken. Die insigte wat ons deur hierdie oorlegpleging met die Skrif verkry, alhoewel dit na ander tye en plekke verwys, gee vir ons groter duidelikheid en begrip oor die betekenis van ‘n sekere simbool in Openbaring. Daarom kan ons deur die boek Jesaja te raadpleeg agterkom dat groot hael nie net betrekking het op die letterlike hael nie, maar ook op figuurlike betekenis van hael. God sien dat die Westerse nasies baie arrogant en hoogmoedig geword het en hulle kan nie die groter prentjie (dronk) sien nie. Hulle sieraad verdwyn deur hulle oormatige lewenstyl. God gaan egter ‘n val bring oor die vorige Christelike nasies.(onder voete vertrap).
Neem kennis van die woorde in Jes. 28:1-3 wat simbolies verbind word aan Openbaring.
Kroon - Op. 14:14 ..die Seun van die mens en op sy kop ‘n goue kroon en in sy hand ‘n skerp sekel..” Ten spyte van die feit dat die nasies hoor van die twaalf tydmetings (op haar kop ‘n kroon met twaalf sterre) sal dit nie genoeg wees om ‘n hoogmoedige węreld (kroon van hoogmoed) te oortuig nie. Dit sal slegs die tekens van die eindtyd wees wat die nasies sal kan oortuig.
Wyn - Op.16:19 “gee vir haar die beker met die wyn … “ en Op.17:2 en 18:3 “ word dronk van die wyn van haar losbandigheid (fornication)”
‘n Vloed van magtige waters - Op. 12:15 … die draak gooi ‘n vloed van water ….”
Die woorde magtig en sterk word in Openbaring gebruik vir die engele wat die finale tekens aankondig. Dit is die opening van die klein boekie en die finale val van Babilon.
Neergegooi - Op.12:10 die aanklaers van ons broers is neergegooi…
Op die aarde - Op.8:5 Toe het die engel die wierookbak gevat, dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. En daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en ‘n aardbewing. Neem kennis van die woorde op die aarde neergegooi . Hierdie woorde, deur die kennis van die woord altaar en die tydmeting van 1260 dae, is verwant aan 11 Sept.2001. Dit was die gebeure rondom 11 Sept. 2001 wat gelei het tot die oorlog in Irak en die toename in geweld en terroristiese bedrywighede wat ons vandag waarneem. Op.18:21 So, met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en niemand sal hom ooit weer kry nie.
Wynpers trap - Op. 14:20 Die wynpers is getrap. Openbaring maak bekend deur hierdie gedeeltes dat die “neergooi van die draak” ook deel is van die wraak van God. Die woord groot is verwant aan die tyd van die groot Openbarings, maar die nasies sien nie die tekens raak nie, omdat hulle te veel mislei is deur die tekens en wonders van die dier . Op.16:21 is ‘n merkwaardige vers in die insig van Openbaring. Dit bevestig wat gesę is oor die dier uit die aarde. God het altyd geweet van elke uitvindsel wat die mens ontdek het in die laat negentiende en twintigste eeu. Van die skepping af het God geweet wat gaan gebeur in die tyd 2004. Pred. 3:1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie węreld het sy tyd./To every thing there is a season, and a time to every purpose under the heaven.
Openbaring meet seisoene in die tydperk 1860 tot 2004. Dit is die tyd dat die regverdiges getrou hulle vrugte op die aarde lewer. Die tydperk 1860 tot 2004 is dieselfde tyd as wat die laaste tye van die dier uit die aarde gemeet word. Dit is die tyd van sestig en ses en die tyd van die vierde deel van die aarde. Hoe arrogant het die mens geword dat hy dink dat dit sy intelligensie alleen is wat die wetenskaplike uitvindsels ontdek het in die twintigste eeu.
Elke haelsteen weeg ‘n talent – In die Engelse Bybel word daar gepraat van ‘n hailstone. In Afrikaans praat ons van ‘n haelsteen. Die Afrikaanse Bybel praat ook van kilogram, maar in die Engelse Bybel word die woord talent gebruik Omdat die woord groot haelstene ‘n figuurlike betekenis ook het moet ons na die verskillende plekke in die Bybel gaan kyk waar die woord stene/stones ook gebruik word. Onthou dit is die Skrif wat die Skrif uitlę. Deur na die ander plekke in die Skrif te gaan kyk, kan ons ‘n groter begrip kry van wat die betekenis in Openbaring is. Die woord steen/stone word die simbool van verskillende betekenisse en begrippe wat die Skrif aan ons bekend wil maak.
1. Die engel het die klip/steen weggerol/an angel rolled back the stone. - Die Bybel verwys hier na die klip wat weggerol is by die ingang waar Jesus Christus begrawe was. Mat. 28:2 Skielik was daar ‘n geweldige aardbewing. ‘n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit./ And behold there was a great earthquake; for the angel of the Lord descended from heaven and came and rolled back the stone from the door and sat upon it. Die woorde van hierdie verse het gekom in die tyd van die Opstanding van Jesus Christus. Die engel het die klip weggerol om aan die węreld te wys dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood. Deur die insig in Openbaring is hierdie woorde verwant aan die tydperk 2005. Die tyd 26 Des. 2004 was weer die tyd van die groot aardbewing deur die tydmeting wat in Jesus Christus se woorde gevind is. Mat.24:27 Soos die weerlig uit die Ooste kom en tot in die Weste skyn, so sal die koms van die Seun van die mens wees.” En ook Mat.24:39 Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens. Hierdie tydmeting is ook verwant aan 2005. (1260 dae) Dit is ook die tyd wanneer die magtige engele neerdaal van die hemel af . Ons verkry hierdie kennis deur die tydmetings van Openbaring wat die engele aankondig.(Op.10:1 en 18:1) Dit bevestig ook dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood en dat alles wat Hy gesę het die waarheid is. Sy woorde open die boek Openbaring en bevestig die tydmeting van Openbaring. Hy was en is met Sy Kerk deur al die onstuimige tye van die laaste twee millenniums en Hy kom binnekort terug om weer aan die mensdom te verskyn.
2. Die volgende verwysing uit Jeremia moet ook in ag geneem word. Jer.51:63-64 Wanneer jy die boekrol klaar hardop gelees het, moet jy ‘n klip aan hom vasbind en hom in die Eufraatrivier gooi en sę: “So sal Babilon wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring. Sy inwoners het hulle afgesloof vir niks./And it shall be when thou hast made an end of reading this book, that thou shalt bind a stone to it and cast it into the midst of the Euphrates. And thou shall say, Thus shall Babylon sink and shall not rise from the evil that I bring upon her, and they shall be weary. Dit is deur die woord klip/stone wat in Openbaring gelees word dat ons die verband kon insien in die woorde van Jeremia en hoe dit verband hou met die stad Babilon. Hierdie val van Babilon in die Ou Testament gee ons insig in die val van Babilon in Openbaring. Die groot stad Babilon is vandag die węreld wat verbind is met die internet. Dit het nou ‘n “global village” geword en dit oorspan die hele aarde. Deur die simbole van Openbaring te verbind aan geskiedenis en die huidige tyd, kry Openbaring ‘n nuwe betekenis. (Op.2:15 – Ek maak alles nuut) Wanneer die laaste tydmeting van Openbaring, 1260 dae en 42 maande, verbind kan word aan die woorde van Jesus Christus oor die eindtyd, is die boek Openbaring oopgemaak (Op.10:2 – die klein boekrol) Deur die woorde Eufraatrivier verbind Openbaring die woorde van Jeremia aan die tyd van die blaas van die sesde trompet en die tyd van die uitgooi van die sesde wraakbak. (dit is die gedeelte waar die woorde Eufraatrivier voorkom). Dit sal in die tyd van die gebeure rondom die Eufraatrivier en oor die Eufraatrivier wees, wat die teken sal wees van die finale val van die groot stad Babilon. (Hou dus die gebeure rondom die Eufraatrivier dop). Ons sien dus dat die plekke waar die woord klip/steen/stone voor kom in die Bybel en Openbaring, bevestig Openbaring die tydmeting van Sept. 2001 tot Feb. 2005. Dit is die tyd 1260 dae en 42 maande. Dit is ook die tyd van die blaas van die eerste ses trompette sowel as die tyd van die magtige engele van Openbaring.
3. Die derde verwysing in die Skrif is die plek van die tweede tempel van Salomo in Jerusalem. Mat. 24:1-2 Maar Hy antwoord hulle: “Julle sien al hierdie dinge? Dit verseker ek julle. Hier sal nie een klip op ‘n ander oorbly nie; alles sal afgebreek(neergegooi) word. (Neem kennis van die woord neergegooi in Op.18:21)
4. Die woord klip/steen/stone hou ook verband met die tien gebooie wat op kliptafels geskryf was. Daar moet in gedagte gehou word dat die VSA debat gevoer het of hulle die verskeie klippe moes verwyder in openbare plekke waar die tien gebooie neergeskryf is, want dit kom voor asof dit onwettig is in ‘n land waar alle gelowe gelyk gestel is voor die reg en waar godsdiensvryheid gepropageer word. In die totale insig en begrip van Openbaring en na alles wat God die Almagtige vir die VSA gedoen het en al die seёninge wat Hy op hulle uitgestort het, glo Dr. Janson dat ons nou die tyd bereik het dat die wil van God vervul is. Op.17:17 God het hulle gedagtes so gerig dat wat hulle doen, volgens sy bedoeling is; hulle het een en dieselfde doel voor oё en hulle stel hulle koningskap tot die dier se beskikking, totdat God Sy woorde in vervulling laat gaan het.
5. Die woord hoeksteen moet ons ook analiseer. Jes. 28:16 Ek lę in Sion ‘n hoeksteen/ I lay in Zion a chief corner stone . 1Pet.2:7 Julle wat glo deel in hierdie eer, maar vir die wat nie glo nie, geld die woorde : “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword/Unto you therefore which believe he is precious; but unto them which be disobedient, the stone which the builders disallowed, the same is made the head of the corner.
6. Jesus Christus is die hoeksteen wat verwerp is deur die Jode, maar hy het die hoeksteen geword van die Christelike Kerk.
7. Die magtige engel neem ‘n meulsteen - In Deut. 24:6 staan daar “Jy mag nie iemand se twee maalklippe as pand neem nie, selfs nie die boonste maalklip nie, want dan vat jy sy daaglikse brood as pand” Die feit dat die magtige engel ‘n klip neem wat soos ‘n meulsteen lyk en die verwysing in Deut., oor die maalklip, kom dit voor asof God die ekonomiese strukture van die węreld in stand sal hou, ten spyte van ekonomiese verliese, sodat daar daaglikse brood aan die oorblyfsels van sy dienaars gegee kan word. In Rig.9:53 staan daar “gooi ‘n vrou die boonste meulsteen…” Hierdie verwysing dat ‘n vrou op die muur (2 Sam 11:21) ‘n stuk van die meulsteen geneem het en Abimeleg se kopbeen vergruis het is ‘n interessante verwysing. Deur die woord meulsteen in Luk 17:2 ”Dit sal beter vir hom wees as hy ‘n meusteen om sy nek hang en in die see gegooi word, as wat hy een van hierdie kleintjies leed aandoen” kan ons sien hoe Openbaring die waarheid vir ons tuisbring. Die waarheid dat die Christelike geloof nie saam met ander gelowe gelyk geag mag word nie, want slegs Jesus Christus het vir ons sondes aan die kruis betaal en slegs Jesus Christus het opgestaan uit die dood en sal weer terugkom. Jesus Christus is die hoeksteen van die Christelike Kerk en slegs deur die bloed van Jesus Christus kan ons die Nuwe Jerusalem binnegaan. As hierdie waarheid van die kinders van die volgende geslag en van die een en twintigste eeu weerhou word, word hierdie kinders geweldige leed aangedoen. Dit is ook ‘n geweldige leed wat die boodskap van die evangelie aangedoen word. Dit is waarom die tekens van nou af onthul sal word.
8. Elke steen weeg ‘n kg./talent – Die woord gewig is verwant aan die woorde ‘n paar gewigte (Op.6:5) of skale wat deur die ruiter op die swart perd gedra word. Die betekenis van die skale is dat daar vanaf 1896 ‘n algemene aanvaarding by die nasies was dat die gewig van die meerderheid die regering van die nasies sal vorm.
9. Sy talent begrawe in die aarde – Die woord talent is verwant aan die gelykenis wat Jesus vertel het in Mat.25:14-30. Aan elkeen van die drie dienaars is talente gegee. Vir die een vyf, vir die ander twee en vir die derde een. Die eerste een het vyf meer bygevoeg, die tweede het twee bygevoeg maar die derde het die een talent in die aarde begrawe. Let op na die woorde van Jesus Christus begrawe talent in die aarde. Dit kom voor asof Openbaring aantoon dat die meerderheid mense vanaf 1896 (gewig) besluit het om die meerderheid van die mense se leiding te volg. Van daardie tyd af sou die mens wetenskaplike uitvindsels ontdek wat groot veranderinge teweeg sou bring. Dit was natuurlik tot die voordeel van die mens, maar die mens is ook mislei om te dink dat hy deur sy ontdekkings in beheer is van sy eie toekoms. Hulle het figuurlik hulle talente in die aarde begrawe . Die tyd van die opening van die derde seёl en die ruiter op die swart perd wat die skale dra, is ook die tyd dat die nasies mislei is deur die dier uit die aarde. Omdat hulle deur die dier mislei is, het die nasies hulle geestelike talente in die aarde begrawe, tot so ‘n mate dat hulle nie meer die opvallende betekenis van die woord steen/stone in die profesie van Openbaring in hul eie tyd kan sien nie.
10. Meulsteen – Hier moet ons gaan kyk na Op.18:21 “en die magtige engel het ‘n klip soos ‘n groot meulsteen geneem en dit is die see gegooi. So met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en niemand sal hom ooit weer kry nie.” In die figuurlike begrip oor die plaag van hael wat in Jes.28:1-3 onthul is, kom ons nou agter dat die misleiding van die nasies, soos gesien in die diere , die mense gelei het om te vertrou en te fokus op die ekonomiese, wetenskaplike en biologiese belange van die mens en nie op God nie. Dit lei tot arrogansie en geestelike blindheid in die tyd na 1991 (die tyd wat die Eufraatrivier opgedroog het en waarin ook die cryo-meteoriete verskyn het). Die aandag van die mens word weggelei van die Christelike geloof af na die suksesvolheid van die mens in sy daaglikse bestaan. Daar is vandag ‘n houding in die meeste Westerse nasies om nie hul geloof te verdedig of op te staan vir die Christelike geloof nie. Hulle beskou hulself slegs soms deel van die Christelike geloof en die Christelike kerk , wanneer dit gepas is vir hulle. Hulle verkies en aanvaar die beeld van die uitwendige aantreklike persone wat sondige lewens lei as rolmodelle vir hul kinders. Hierdie mense wat” íkone” word, het geen planne om van hul sondige lewens afstand te doen nie, maar verkies dat die jonger geslag hulle voorbeeld moet navolg. Die “stilte” van die Christelike geloof is vandag ‘n belangrike deel van die mens se bestaan en dit is die uitkoms van die skeiding van die Christelike Kerk en die meerderheidsregering. (belaster God).
11. Want die plaag was buitengewoon groot – Die sewende plaag is dus die misleiding van die mens. Hierdie misleiding is tans so groot dat die nasies nie die groot kan raaksien in die tydmeting van 1260 dae nie. Hulle kan nie raaksien dat die groot aardbewing op 26 Des.2004 aan die kuslyn van Sumatra die vervulling van profesie is deur die tydmeting en insig wat van God af kom nie. Dit is omdat geloof nie meer van belang is in die motivering van die nasies nie. Die plaag van misleiding tans is buitengewoon groot . Dit oorskrei die grootheid van Openbaring .
Die sewende engel bring ‘n einde aan die twaalfde tydmeting van Openbaring. Dit is die tyd van “uur” Dit is die “uur” en die” halfuur” wat ons kan meet en die” finale uur” wat ons nie kan meet nie. Die “finale uur” is in die tyd van die” buitekant”/outer court.

Ek het probeer om ‘n opsomming te maak van die engele en die wraakbakke. Onthou in hoofstuk 14 het daar reeds ‘n einde gekom aan die eerste, derde en vierde tydmeting.
Sterk engel en wraakbakke Tyd Gebeure Einde van tydmeting. Vervulling van wraak (15:1)
Groot Stem uit tempel uit op aarde Verwant 7e wraakbak . Groot – 2005+ Uitgooi van wraakbak 5e tydmeting = aarde. 666
1e = sere 1266 – 1932 – 1992 Vigs
2e = see 1947 + Oorlog + bloed. Geestelike dood 6e = 1000 jaar
3e = waters 1500 + 1932 Oorloё (bloed) 2e = middelpunt
Ander Engel 11Sept. 2001 tot 22 Feb.2005 Lewende water 8e = 42mnde & 1260 dae
4e = son 1953 Kloning & kernbom 9e = 144 cubits = muur
5e = donker & pyn, kners van tande Nov.2003 (Son donker/ maan soos bloed) Son van geregtigheid donker geword + Vigs 5e = nag
6e = Eufraat 1991 -2003 Vleilande opdroog – lewende water opdroog ” “
= paddas & winde van hoeke van aarde losgelaat. 1953 tot na 2005 (buitekant) Klonering en meerderheidsregering. Vals profeet, draak & dier. (fokus op mens) 11e = 5 maande

7e = lug Aardbewing 2004 + hael Christene gevange gehou. Glo nie profesie 12e = uur & halfuur + finale uur (wat nie gemeet kan word nie)

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]