Re: Midde Ooste

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on March 01, 2011 at 07:19:57:

In Reply to: Midde Ooste posted by Susanne Baker on February 17, 2011 at 11:19:49:

Met die kennis dat ons naby die eindtyd is en ook met die kennis van Openbaring is die gebeure tans in Noord-Afrika en die Midde-Ooste besonder interessant. Ek het tot nou toe nie daarop gereageer nie, want die ‘rebellie’ in Noord-Afrika en die Midde-Ooste kan nog ‘n tydjie duur. Aan die ander kant kan sake vinnig vorder en dan is ek spyt dat ek nie verduidelik het nie.

Die gruwel

Volgens my begrip van Openbaring is die ontwikkeling van die gestaltes van die ‘dier uit die see’ en die ‘dier uit die aarde’ tydsgebonde aan vorige eeue.

Die gevolge van die ontwikkeling van die gestaltes van die ‘die dier uit die see’ en ‘die dier uit die aarde’ wat oor die eeue ontwikkel het, ontwikkel verder tot wat Openbaring in Op 17:1 en 2 simbolies uitdruk as “die berugte sedelose vrou”. Sy “ sit op ‘n skarlakenrooi dier” Op 17:3. Hulle wat my boeke gelees het sal weet dat die woord “skarlakenrooi” tyd aandui, dit is die einde van die twintigste eeu en die begin van die een-en-twintigste eeu. Met ander woorde die gestaltes van die “dier uit die see” en die “dier uit die aarde” ontwikkel aan die einde van die twintigste eeu tot die gestalte van die sedelose vrou wat op die dier sit. Wat vir my belangrik is, is dat Openbaring die onsedelike vrou uitdruk as “vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery” Op 17:4. Die woord “gruwel” is belangrik(Engels ‘abomination’). Ek sal later verduidelik waarom ek so sę.

Lesers moet onderskei tussen die simbool van die “vrou” van Openbaring, hoofstuk 12, wat die Chriselike Kerk simboliseer en van die “draak” bekerm word en die “onsedelike vrou” van Openbaring, hoofstuk 17, wat die sedelike verval van Christene deur die verleiding van die bose (“dier”)

Die dier uit die see

In Openbaring hoofstuk 13, word die ‘dier uit die see’ en die ‘dier uit die aarde’ aan ons geopenbaar. In Openbaring 13 :4-8 word die mag van die dier uit die see oor die mensdom beskryf. “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk? En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon te laster. Dit is ook aan om gegee om oorlog te maak met die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, wie se name van die grondlegging van die węreld af nie in die boek van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.”

God het dit in hulle harte gegee.

Soos op hierdie webblad verduidelik is, is die “dier uit die see” ‘n gestalte van die bose krag op die mensdom wat gepaard gegaan het met die oorgang in die geskiedenis van ‘n Christelike staat na ‘n sekulęre regering. Ek moet dadelik hierna verduidelik dat God die oorgang goedgekeur het , want daar word in Op 17:17 gesę: “Want God het dit in hul harte gegee om sy bedoeling uit te voer, en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.”

Waarom het God die toestand toegelaat? Hy het dit toegelaat om ‘n einde te bring aan die dood van Christene en sodat die Christendom alle lande van die węreld kon bereik. Dit is wat openbaar word in Op12:16 ”En die aarde het die vrou tot hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk wat die draak uit sy bek uitgegooi het.” Die mens wat gesoek het vir antwoorde (“aarde”) het die stortvloed van dooie mense wat gesterf het as gevolg van godsdienstige rusie (“die rivier opgesluk wat die draak uit sy bek uitgegooi het”) tot ‘n einde gebring en sodoende is die Kerk van Christus (“vrou”) tot die wederkoms bewaar (“tot hulp gekom”).

In 2011 kan ‘n mens nie die “dier uit die see” beskou sonder die kennis van die “dier uit die aarde” nie. Die “dier uit die aarde” is die bose krag wat gepaard gaan met die groter vryheid van die mens wat gekom het met politieke vryheid, kennis van die wetenskap, wat die mens laat dink het dat hy kan alles deur die wetenskap en proefneming kan verstaan. Tot op die punt dat hy nie meer wil glo dat daar ‘n God in beheer is nie.

Miskien kan lesers nou die woorde van Op 13 beter verstaan:

Op 13:4 “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het”

Hierdie woorde beteken dat die struwelinge en oorlog tussen Christene in die geskiedenis (“die draak”) het daartoe gelei dat ‘n nuwe bedeling gekom het wat vir die mens groter vryheid gegee het en ‘n einde aan godsdienstige twiste. Hierdie nuwe bedeling het ‘n einde gebring aan die eenheid van die Christelike staat en kerk, en die boodskap van die Christendom onderhewig gemaak aan ‘n aanvaarde gelykheid van godsdienste.

Op 13:4 “en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan met hom oorlog maak” Ja, die demokrasie het foute sę die mense vandag, maar dit is die beste vorm van regering. Mense sal hulle lewens aflę vir transformasie. Soos ons tans in die media sien, niemand mag die beweging na vryheid en demokrasie stuit nie.

Op13:5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen. Die transformasie het die volle ondersteuning van die węreld media. Vir diegene wat moeilikheid het om ‘n teenstrydigheid hierin te verstaan sal dit beter verstaan met die volgende praktiese voorbeelde wat ons vandag sien. Die aanvaarde sienswyse van gelykheid van godsdienste van die węreld kan die unieke boodskap van die Christendom, wat toegang tot ‘n ewige lewe verseker deur die dood van Christus, subtiel versluier.

Christene weet dat transformasie, en gelykstelling van godsdiens voor die gereg absoluut prioriteit geniet. Openbaring waarsku dat die ‘dier’ net vir ‘n sekere tyd mag gegee sal word (“twee-en-veertig maande”). Ek glo dat insig in Openbaring nou aan ons gegee word sodat Christene kan weet dat God net vir ‘n tyd die huidiglike situasie toelaat.

Op 13:6 “En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon te laster.” Die wat bydra tot die ondermyning van die Christelike boodskap en swye oor sekere Christelike waarhede, gaan nie by God verby nie.

Op 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te maak met die heiliges en hulle te oorwin” Die vryheidsvegters kon vir transformasie ook oorlog maak teen Christene en die Kerk en dit is hulle nie toegereken nie. Dit het in die Franse Revolusie in die agtiende eeu gebeur.

Op 13:8 “en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, wie se name van die grondlegging van die węreld af nie in die boek van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.”

Al die lande van die węreld sal streef na vryheid en dit sien ons nou ook in die Midde-Ooste.

Hulle wat egter verlei is deur vryheid en nie meer die boodskap van die verlossing van sonde deur die dood van Jesus Christus aanvaar nie se name is nie in die boek van die lewe nie.

Nou waarom is die strewe na vryheid in die Midde-Ooste van belang in hierdie tyd?

In Openbaring, hoofstuk 17, word die onsedelike vrou op die dier met die woord ‘gruwel’ aangedui.

Op 17:3 “En hy het my in die gees weggevoer na die woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlaken rooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.” Die word ‘woestyn” hier en in Op 12:14 dui op die tyd dat die “draak” en die”dier uit die see” en die “dier uit die aarde” mag het oor die mensdom.

Op 17:4 “En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pęrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en onreinheid van haar hoerery.” Hierdie gestalte van die onsedelike vrou beeld uit hoe die mense verlei is deur rykdom (‘kosbare stene en peels’) en afvallig geraak het van die neem van die heilige nagmaal vir die vergewing van sondes deur die dood van Christus (“goue beker gehad, vol gruwels ). Die mense wat verlei is het ook onsedelik geraak (“oneinheid van haar hoerery”). Die mens wat vry geword het het God verwerp en agter rykdom en na aardse plesier gehunker.

Omdat ek weet dat ons na aan die einde is is dit vir my belangrik dat dit wat Openbaring die “gruwel” noem eintlik ook die “dier” is. Die rebellie wat in Noord-Afrika en die Midde-Ooste woed is volgens die verstaan van Openbaring ‘n uitvloeisel van die mens se soeke na vryheid. Gaan hierdie rebellie verder versprei?

Dit bring ons noodwendig na die woorde van Jesus Christus in Mattheus 24:15 “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniel, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet –“

Beteken dit dat die rebellie wat tans aan die gang is ook Israel gaan bereik? Israel sal nie skeiding van kerk en staat kan toelaat nie. Sal dit die seker teken wees van die eindtyd en Armageddon?

Ons wag maar vir die tekens en wat verder aan ons geopenbaar word.



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]