Hfst.17 - Groot prostituut

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on March 06, 2011 at 11:53:32:

HOOFSTUK SEWENTIEN
Groot prostituut

Op. 17:1 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het, gekom en met my gepraat: “Kom, het hy gesê,” en ek sal jou wys hoe die oordeel voltrek word oor die onsedelike vrou wat by baie waters bly.”/And there came one of the seven angels which had the seven vials, and talked with me, saying unto me. Come hither; I will shew unto thee the judgement of the great whore that sitteth upon many waters.
Dit kom voor asof dit die tweede engel is wat met Johannes gepraat het. Die engel wat sy bak uitstort op die see. Die feit dat hy egter nie seker was watter engel dit is nie, toon aan dat die oordeel van die groot slet wat op baie waters sit, verwant is aan die oordeel van al die wraakbakke.
Om hierdie hoofstuk te verstaan moet ons ‘n baie duidelike begrip hê oor die betekenis van die woord waters. Openbaring toon dit aan in vers 15.”En hy sê vir my: “Die waters wat jy sien, waar die groot prostituut op sit, is volke en stamme en nasies en tale. Ons kan dus sien dat hierdie hoofstuk gaan oor die verspreiding van die Evangelie oor die see tot by al die nasies van die hele wêreld.
Die vrou word verduidelik in Op.17:18 “Die vrou wat jy sien is die groot stad wat regeer oor die konings van die aarde. Openbaring maak dit duidelik dat die groot slet die personifikasie is van kommersiёle bedrywighede, handel en nywerheid , wat so belangrik vir die nasies geword het dat dit die meerderheidsregering beheer , tot aan die eindes van die aarde, selfs al ondermyn hierdie meerderheidsregering die Christelike waardes. Openbaring gebruik spesifiek die woord vrou, omdat Openbaring wil aantoon dat goed en boos albei voorkom in die groot stad.
Die woord vrou in Op.12 maak bekend dat die ware boodskap van die Christelike kerk (simbool is vrou) verspei is na die nasies in die nuwe lande oor die see van Europa af, waar die Christelike Kerk(vrou) bewaar sou word tot die tydperk van 1260 dae.
Die groot slet is die personifikasie van die groot stad. Dit is die stad waar handel en nywerhede die belangrikste werkswyse is. Kommersiёle bedrywighede en nywerhede help die mens om ‘n goeie lewenstyl te handhaaf en hoe meer eksoties die goedere is en hoe moeiliker dit is om goedere te bekom, hoe hoёr is die prys. Omdat die vrou ook beskryf word as die slet, verwys dit na die aanvaarding van immoraliteit as deel van die lewe van die “volke, stamme, nasies en tale”.
Immoraliteit was altyd nog teenwoordig tussen mense, maar dit sal vermeerder en vererger oor die eeue wanneer die dier die nasies mislei het. ‘n Leierskap uit die nasies is gekies (dier uit see) wat nie die Christelike Kerk gesteun het nie, maar eerder die begeerte van die nasies na vryheid ondersteun het. Hierdie vryheid sal geleidelik lei tot die aanvaarding van ‘n immorele lewenstyl. Dit is waarom Openbaring in die volgende verse sê: “Met wie die konings van die aarde onsedelikheid bedryf het” Dit sal dus uiteindelik aanvaar word. Die politieke vryheid sal lei tot immoraliteit van die nasies, en dit sal maar net aanvaar word. Oor tyd het die mense gerebelleer teen die Christelike lewenstyl.
Op.17:2 En met wie die konings van die aarde onsedelik verkeer het. Die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid./with whom the kings of the earth have committed fornication, and the inhabitants of the earth have been made drunk with the wine of her fornication.
Die woorde konings van die aarde beteken die regeerders van die nasies. Hierdie woorde sluit beide goeie konings en misleide konings in. Op.21:24 die nasies sal in die stad (Nuwe Jerusalem) se lig lewe en die konings van die aarde verleen luister daaraan”. Die gebruik van die woord aarde toon aan dat daar ook goeie regeerders sal wees in die tyd van die dier uit die see. Daarom gaan Openbaring ‘n baie groot lengte van tyd in die geskiedenis oorvleuel. Die inwoners van die aarde is diegene wat deur die diere van Openbaring mislei is. Hulle kan nie meer die verskil waarneem tussen goed en boos nie. (dronk van wyn).
Op.17:3 Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na die woestyn toe geneem. Daar het ek ‘n vrou gesien wat op ‘n helderrooi dier sit. Die dier was oortrek met godslasterlike name en het sewe koppe en tien horings gehad./so he carried me away in the Spirit into the wilderness; and I saw a woman sit upon a scarlet beast, full of names of blasphemy, having seven heads and ten horns
Waarom gebruik Johannes die woorde meegevoer deur die Gees? Dit is om aan te toon dat dit die uittog is van Christene uit Europa, wat geglo het in die Christelike geloof volgens die Leerstellings van Chalcedoon. Daarvolgens is die Vader, Seun en Heilige Gees van een substansie .
Die woord wildernis word verbind met die woord wildernis in Op.12:6. Dit is baie belangrik om te onthou dat Openbaring die woord wildernis gebruik om aan te dui waarheen die Evangelie van Jesus Christus versprei het van Europa af, na plekke waar die Kerk kon groei. Dit was in die tweede millennium na die geboorte van Jesus Christus. Die eerste area waarheen die boodskap van Christus versprei het, was na die Midde-Ooste toe in die tyd van die Kruisvaarders. Die tyd van die Kruisvaarders was in 1095. Van daardie tyd af, het Openbaring aangedui, is daar ‘n groter aanslag op die Christendom deur die draak. Soos wat die Christene in aanraking gekom het met ander nasies en hulle gelowe, het hulle gevind dat hulle beter kon handel dryf as die “geloof” nie in die pad kom van saketransaksies en handelsaangeleenthede nie. Namate die leierskap van die Europese nasionale state bewus begin word het van die voordele van handel dryf en die mag wat dit vir ‘n nasie bring, was die tafel gedek vir handelskonflik. Dit sou lei tot konflik met die magtige Katolieke Kerk, wat geglo het dat die leierskap van die Christelike state onderdanig aan hulle moes wees. As die Pous die koning aangeraai het om ‘n leёrmag op die been te bring vir een of ander Christelike saak, het hulle verwag dat dit dadelik gedoen moes word. Diegene wat van die adelstand was, het ook persoonlike rykdom vergader, deur hulle eie handelstransaksies in die Meditireense gebied asook in die Midde Ooste. Hulle was nie meer geneё om onderdanig aan die koning te wees nie, veral omdat die hoё belastings wat gehef was hulle aan bande probeer lê het.
Aangesien ons nou die kennis oor tydmeting in Openbaring kan verstaan, kan ons die simboliek van hierdie hoofstuk heg aan die tyd van die tweede millennium en so kan ons die simboliek van die hoofstuk beter verstaan.
In die tydperk van die tweede millennium het die dier uit die see ontwikkel. (Hfst. 13) In Hoofstuk 17 onthul Openbaring dat diegene wat die Christelike geloof na die Nuwe Lande toe versprei het ook diegene sal wees wat die ideologie van die diere sou bevorder. Die woord bloedrooi (scarlet) is verwant aan die kleur rooi op die kleurkaart van die “geslagte” in die tweede millennium en ook in die tydperk 1860 tot 2004. Onthou die geslagte is 72 jaar .
Edelgesteentes Kleur Datum
Jaspis Deurskynend 1068 – 1140
Saffier Blou 1140 – 1212
Agaat Blou-wit 1212 – 1284
Smarag Groen 1284 – 1356
Sardoniks Rooi 1356 – 1428
Karneool Rooi 1428 – 1500
Chrisoliet Groen-geel 1500 – 1572
Beril Groen-geel 1572 – 1644
Topaz Geel 1644 – 1716
Chrisopraas Groen 1716 – 1788
Hiasint Oranje-rooi 1788 – 1860
Ametis Pers 1860 - 1932


Histories is hierdie uitleg korrek. In die tydperk 1360 tot 1500 was kommersiёle bedrywighede in Europa op sy kruin. Na 1500 het die nasies begin om die grense te verskuif na die suidelike kuslyn van Afrika en die Ooste en ook oor die Atlantiese Oseaan na die Amerikas. In 1860 tot 1932 sien ons dat die wêreldhandel uitgebrei het om die verste gebiede van die aarde in te sluit. In 1908 tot 1932 het die aandele beurs geval en daar was repurkussies dwarsoor die hele wêreld. In die tydperk 1980 tot 2001 was dit die tydperk van groter interkontinentale handel. Hierdie tye van ekonomiese vooruitgang was ook die tye wat die diere van Openbaring ontwikkel het. (sit op die bloedrooi dier wat sewe koppe en tien horings het.)
U het gesien in die analisering van die dier uit die see, (hoofstuk 13) dat die sewe koppe en tien horings verwant is aan die generasies vanaf 1000 tot 2004. Die tydperk van die sewe koppe was 1068 tot 1572 en die tyd van die tien horings was die tydperk 1212 tot 1932.
U sal onthou dat die sewe generasies van 1068 af tot 1572 die tyd is van die sewe konings wat die sewe koppe is . Die tien generasies van 1212 af tot 1932 is die tydperk van die tien konings wat die tien horings van die dier uit die see is. Hierdie tye word gewys op die diagramme van die drie dae van die tweede millennium.
Hierdie kaart dui die drie dae van die sewe generasies aan , wat die tyd van die sewe konings is wat die sewe koppe van die dier is.
1000 { 1dag } { 1dag } { 1dag } 2004

1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932

Die kaart van die drie dae wat die tien generasies aantoon wat die tydperk van die tien konings is wat die tien horings aandui.
1000 2004
1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932

{ 1 dag } { 1 dag } { 1 dag }
Deur die woorde sit op/sit upon in die “vrou sit op die bloedrooi dier” maak Openbaring bekend dat die vrou en die dier ‘n eenheid vorm. Dit wys waarskynlik krag in eenheid en dit beteken dat die nasies meer vatbaar is vir misleiding in tye van ekonomiese voorspoed.
Op.17:4 Die vrou was uitgedos in pers en helderrooi klere en opgetooi met goud, edelstene en pêrels. In haar hand het sy ‘n goue beker vol losbandigheid gehad, die onreinheid van haar onsedelikheid. /And the woman was arrayed in purple and scarlet colour and decked with gold and precious stones and pearls, having a golden cup in her hand full of abominations and the filthiness of her fornication.
Die woorde pers en helderrooi/purple and scarlet, is verwant aan die tydperk op die twee kaarte hierbo van die tydmetings van die drie dae in die tweede millennium. Dit hou ook verband met die tydperk van die twaalf half ure van die tydperk 1860 tot 2004. Soos genoem, was hierdie tye die tye van groot ekonomiese voorspoed. Deur die woorde opgetooi met goud, edelstene en pêrels maak Openbaring bekend dat dit beide die goeie en die bose verteenwoordig. Dit verteenwoordig diegene wat mislei is deur rykdom, asook diegene wat die Koninkryk van die hemel sal beёrwe. Openbaring maak dan bekend deur die woord beker/cup wat vol van losbandigheid en onreinheid is, dat dit simbolies verwys na die ekonomiese sukses van die nasies en die beweging van die nasies weg van die regering van die koning na die regering van die mens. Hierdie oorskakeling na sekulêre regerings sal lei tot vryheid van geloof en immoraliteit, wat die betekenis van die Nagmaalsviering sal ondermyn. In die Skrif is die woord beker die simbool van die bloed wat uit die liggaam van Christus gevloei het tydens sy lyding en dood aan die kruis. Dit is ook die simbool van die beker wat met wyn gevul is, wat die simbool is van die bloed as offer vir die sondes van die mensdom. Jesus was die Lam wat geslag is in die Ou Testament, sodat ons die Ewige Lewe kan beёrwe. Dit is deur hierdie simboliek dat Dr. Janson insig kon verkry het, dat die beweging weg van die regering van die konings na die regering van die mense, uiteindelik oneerbiedig sal staan teenoor die boodskap van die Christelike geloof, waarvan die kern die offer van Jesus aan die kruis is vir die mensdom. Ons sien hier ‘n voorbeeld van die Christene wat waarlik die Nagmaalsbeker met geloof gebruik en diegene wat die Nagmaalsbeker as onbelangrik beskou.
Op.17:5 Op haar voorkop was haar naam geskrywe en dit het ‘n verborge betekenis. Die naam was “Groot Babilon”, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid (gruwel) op die aarde/And upon her forehead was a name written MYSTERY, BABILON THE GREAT, THE MOTHER OF HARLOTS AND ABOMINATIONS OF THE EARTH.
Al die simboliek wat verwant is aan die groot prostituut/slet wat die groot stad is, is verwant aan die resultate van die misleiding van die nasies. Hulle dryfveer was die rykdomme van handel en nywerhede.
Die woord misterie/mystery het te doen met die “tot niet maak”(wegneem) van die woord in die Skrif soos ons dit voorheen verstaan het. Dit word bekend gemaak in 1 Tim.3:9 , waar ons sien dat dit te doen het met geloof. “Manne wat die verborgenheid (misterie) van die geloof in ‘n rein gewete hou.”
Mark.4:11 “Aan julle is gegee om die verborgenheid (misterie) van die Koninkryk van God te ken.” Ef.5:31 “ Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle sal een vlees wees. Hierdie verborgenheid (misterie) is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.”
Kol.1:26-27 “ God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seёnryk en heerlik hierdie geheimenis (misterie) vir die nasies is. Die inhoud daarvan is : Christus is in julle. Hy is julle hoop op die heerlikheid.(geloof in Christus)
Openbaring maak bekend deur die woord misterie dat die skeiding van die Christelike Staat en Kerk wat al meer en sterker ontwikkel het oor eeue heen, sal lei tot al erger misleiding . Hierdie misleiding is die korrupsie van die nasies wie se fokus al hoe meer op handel en nywerheid is. Hierdie misleiding sal daartoe lei dat die mens nie meer enige kennis (voorkop) sal hê oor die eenheid tussen God en die Kerk nie. (Hierdie eenheid is soos tussen ‘n man en sy vrou ) Die kennis is weggeneem (tot niet gemaak)
Hierdie is ‘n baie groot openbaring, want dit is in die huidige tyd dat die onkunde van die mens so groot is , dat die mens nie meer deel wil hê aan die Nagmaalstafel nie. Dit is die simboliek van die beker.
Deur die woorde op haar voorkop, maak Openbaring bekend dat diegene van die groot stad wat mislei is deur die misterie (verborgenhede) van die groot stad, sal die merk van die dier op hul voorkoppe dra.
Babilon , die grootte in Openbaring is die groot stad. Hierdie stad hou deur sy onchristelike wette en reёls die Kerk gevange. Hierdie wette is die wette om alle gelowe gelyk te stel voor die reg. Hierdie simbool kom van die Ou Testament en die Israeliete af, wat gevange gehou is in Babilon. Dit is die betekenis van die woord gevange (captivity). Op. 13:10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap. Diegene wat die nasies gelei het in skeiding tussen die Christelike Kerk en Staat sal die gevolge daarvan moet dra, om deur die dier in gevangenskap gehou te word in die groot stad.
Weereens sien ons dat dit deur die misleiding van die bose is, dat die korrupsie van die mens in die groot stad plaasgevind het. Die woorde moeder van die slette maak bekend dat die groot stad die skeiding is tussen die “man en sy vrou*” (* Christus en die Kerk)
Die woord gruwel (losbandigheid) is verwant aan die woorde wat Jesus Christus gebruik het in verband met die rede vir die finale konflik wat Jerusalem gaan betrek. Mat 24:15 “ Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting(abomination that leads to desolation), waarvan gespreek is deur die profeet Daniёl, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees oplet - dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug.” Deur hierdie woorde van Jesus Christus en die gebruik van die woord gruwel in Openbaring, sal die finale oordeel of val van die groot stad, wat ook die groot slet genoem word, plaasvind in die tydperk van die regering van die mense en ook wanneer die mens mislei is deur die dier uit die see. Hierdie oordeel of val sal te doen hê met die ou Judea, wat vandag die West Bank genoem word.
Op.17:6 En ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het. Toe ek haar sien, het ek my baie verwonder./ And I saw the woman drunken with the blood of the saints and with the blood of the martyrs of Jesus; and when I saw her, I wondered with great admiration.
Wat maak Openbaring bekend in bg., vers? Die denke van diegene met valse geloof, wat die groot stad bestuur in die huidige tyd. Hulle sien nou die resultate(ontken Christelike leerstellings) van die dood van die Christene wat vasgevang was in die verandering van regerings van die konings af, tot by die regering van mense in die vorige Christelike nasionale state van Europa. Dit wat in vorige eeue gebeur het, het ‘n invloed op dit wat vandag gebeur. Die verlede het dus ‘n invloed op die hede en die toekoms.
Let op die woorde verwonderd/wondered with great admiration. Dit is dieselfde woorde wat gebruik word in Openbaring om diegene aan te toon wat mislei is deur die diere van Openbaring. Op.13:3 En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangeloop.” Op.17:8 En die bewoners van die aarde sal verwonderd wees”
Op.17:7 Die engel sê toe vir my: “Waarom verwonder jy jou? Ek sal jou vertel wat die verborge betekenis is van die vrou en van die dier wat haar dra, wat die sewe koppe en die tien horings het.
In die bg. , vers onthul Openbaring dat selfs Johannes, wat ‘n volgeling van Jesus Christus is, verwonderd gestaan het. Die doel van hierdie reaksie van Johannes, is om aan te toon tot watter mate selfs die Christene mislei sal word. Die engel waarsku dat dit nie iets is om oor verwonderd te wees nie. Deur die woord dra/carry verwys Openbaring na die eenheid van die groot stad en die regeerders van die nasies. Hulle het ‘n ideologie voorgestaan, wat die invloed verklein het wat die Christelike kerk oor die nasies uitgeoefen in die vorige eeue.
Op.17:8 Die dier wat jy gesien het, was eers en is nie nou nie. Hy gaan uit die onderaardse diepte uit kom en gaan na die verderf toe. Die bewoners van die aarde, wie se name nie van die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskrywe staan nie, sal verwonderd wees as hulle die dier sien, want eers was hy en nou is hy nie en tog sal hy wees.
Openbaring begin hierdie afdeling oor die dier uit die see met groot spronge van tyd in die geskiedenis. Openbaring toon aan dat daar in die begin van die oorgangstydperk, van die regerings van die konings af na die regering van die mense toe , die dier uit die aarde en die dier uit die see baie boos voorgekom het. (was) Die woorde is nie toon aan dat die nasies teen ‘n sekere tydperk nie meer so sal dink nie. Dit beteken dat die mens later so gebreinspoel sal wees deur die slegte dade van die konings en korrupte Christene dat hy later dit noodsaaklik sal ag dat die Kerk nie meer deel sal hê in die regering van die nasies nie. Selfs die moord op Christene en verteenwoordigers van die Christelike kerk sal later aanvaar word as deel van die proses om die regering van die mense tot stand te bring.
Die tyd van die onderaardse diepte is 2001. Deur die gebruik van die woorde onderaardse diepte, (bodemlose put) sien ons dat dit dieselfde tyd is as die blaas van die vyfde trompet en die begin van die kort tydjie.
Die woorde na die verderf toe beteken dat hierdie dier uiteindelik verwoes sal word.
Op. 17 : 9 Hier is verstand en wysheid nodig. Die sewe koppe is sewe berge. Daar by hulle het die vrou haar setel. Verder is hulle ook sewe konings.
Die woorde “hier is verstand en wysheid nodig”, is verwant aan die woorde” hier is wysheid nodig. Die een met verstand moet die getal van die dier bereken.” Dit beteken dat wanneer die nasies die insig in die getal van die dier ontvang het, sal hulle die simboliek van die dier kan interpreteer. Die tydperk van die getal van die dier is 1266 tot 1932. Die ideologie van die mens is; die mens wat deur sy eie wonderwerke so verblind is, dat hy glo dat hy God nie meer nodig het nie en dat hy tot alles in staat is deur sy eie krag.
Dit kom voor asof Openbaring bevestig dat die tydperk begin van 1266 af. Dit is die jaar waarin Thomas Aquinas onskuldig opgemerk het dat die mens kennis sonder geloof kan bekom. Dit het gelei tot ‘n totale anti –Christelike filosofie in die regering van die mense. Om die woorde die sewe koppe is sewe berge te analiseer moet ons kyk na Op.14:20….buitekant die stad”. Toe Christus gekruisig was, is Hy na die berg (heuwel) Golgota, buite die stad geneem. Daarom word die woord berg se betekenis geneem as die plek waar Christene gesterf het vir hulle geloof. Openbaring maak bekend dat die Christene doodgemaak is in konflikte oor kommersiёle bedrywighede. (Op.17:18 “En die vrou wat jy gesien het is die groot stad, wat geheers het oor die konings van die aarde.)
Op.17:10 Die eerste vyf het geval. Die sesde is nou hier. Die ander het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort rukkie bly.
Openbaring sê dat daar sewe konings is van sewe lande. Die getal sewe is ook die getal van totaliteit. Dit is om aan te toon dat dit ‘n neiging was om teen die Rooms Katolieke Kerk in opstand te kom in al die Christelike state van Europa. Die woord is ook verwant aan sewe generasies van konings . Ons sien dit op die kaart van drie dae in die tweede millennium.
Die kaart dui die vyf generasies aan vanaf 1068 tot 1428
1000 1 dag } { 1 dag } { 1 dag } 2004

1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
Openbaring maak bekend dat in die tydperk 1068 tot 1428, was die konings van Europa gewikkel in ‘n kragmeting met die Rooms Katolieke Kerk. Christene sou doodgemaak word, maar dit sal ook die tyd wees dat die koning sy mag sou verloor. Volgens die geskiedenis is dit korrek. Hier is ‘n paar voorbeelde.
Die Engelse Koning Henry II was betrokke in ‘n dispuut met die Kerk wat uiteindelik gelei het tot die dood van die Aardsbiskop van Kantelberg (Canterbury), Thomas Becket in 1170.
In 1381 het die gepeupel van die bevolking die mag in eie hande geneem en die Biskop van Canterbury , Simon Sudbury, na die Toring Kerk geneem en hom tereggestel op Toring Heuwel. Sy kop is opgestel op die Londense brug, en sy biskopmus is op sy kop vasgespyker. Die leier van die gepeupel, Wat Tyler, het gesterf, maar die koning het tussen die gepeupel gery en deur aan hulle eise toe te gee, het hy hulle oorreed om uitmekaar te gaan.
In 1197 was die Pous betrokke by ‘n sameswering om die Heilige Romeinse Keiser , Henry IV te vermoor, in samewerking met sy vervreemde vrou Constance van Siciliё. Die Heilige Romeinse Ryk het op daardie stadium ‘n groot area van sentrale Europa gedek. Dit het ook die area ingesluit wat vandag Duitsland genoem word. Hierdie komplot was ontdek en sommige van die samesweerders was gearresteer. Henry het die doodstraf oor hierdie samesweerders uitgespreek. Jordanus van Siciliё is wreed vermoor.
Frederick II (1212-1250) was die Heilige Romeinse Keiser en hy was ook die Koning van Suid-Italiё en Siciliё. Hy het die inkwisisie in die lewe geroep in 1232. Die Katolieke Kerk het later hierdie gebruik oorgeneem. Dit is algemeen bekend vandag dat die Katolieke Kerk sekere dwaalleringe moes bestry deur die eeue, maar dit is ook vandag bekend dat die manier waarop hierdie leringe vervolg en veroordeel is, dit beslis moontlik was dat heelwat onskuldiges gesterf het. Die kriminaliteit van dwaalleringe is moeilik om vas te stel. Die inkwisisie is gebruik om onder marteling ‘n erkenning en belydenis te bekom. Hierdie manier om erkenning te verkry, is in sekere sekulêre howe verbied. Dit was in kontras met algemene wette en in feitlik alle aspekte van regspleging. Die name van getuienisse wat teenstand gebied het, is weerhou en anonieme informante is gebruik. Die beskuldigings van persoonlike vyande is toegelaat. Die beskuldigde was die reg ontneem om hulself te verdedig.
Die vyandskap tussen die oorerflike Hohenstaufen Konings en die Heilige Romeinse Ryk en die Pous het ‘n hoogtepunt bereik gedurende die regering van Frederick II. Frederick het desperate pogings aangewend om ‘n verdedigingstelsel daar te plaas teen, wat hy geglo het, pouslike uitbuiting van geestelike mag is. Die Pous van Rome (Clement IV – 1265-1268) het begin om die opvolgers van die troon te vernietig. Frederick se seun Manfred, is gedood in die geveg by Benevento (1266) en is begrawe sonder enige gelowige seremonie, op bevel van die Pous. So wou die pouslike orde die invloed van die Huis van Staufen uitwis. In so ‘n mate dat die oorblyfsels van Manfred opgegrawe is en buite die Koninkryk van Siciliё begrawe is. Conradin, die laaste Hohenstaufen was net sestien jaar oud toe hy die doodstraf opgelê is. Dit is uitgevoer in Napels deur die bevel van Pous Clement IV.
In 1356 is ‘n handves opgestel deur Keiser Charles IV om ‘n konstitusie te verkry vir die Heilige Romeinse Ryk. Van daardie datum af was die Keiser van die Romeinse Ryk verkies.
Die vyandskap tussen die konings van Frankryk en die pousdom het sy hoogtepunt bereik tydens die regering van Philip IV . Die Konings van Frankryk kon nie regeer sonder om belasting te eis op die groot landelike besittings van die Katolieke Kerk van Frankryk nie. Die Pous was ook afhanklike van die inkomste wat gekollekteer is in Frankryk en na Rome gestuur is. So is die vyandskap op ‘n punt gedryf toe Philip IV besluit het om die uitvoer van geld stop te sit en die Kerk geweier het om sy belasting te betaal aan die Koning. In 1302 het Philip die ondersteuning verkry van die Staatsgeneraal van die Franse Parlement vir sy anti-pouslike beleid. Boniface (Pous) het gereageer deur ‘n ultimatum aan Philip te stuur en gedreig met verbanning uit die Rooms Katolieke Kerk.
In Junie 1303 het Philip vir Boniface in die hof by die Louvre beskuldig dat hy onwettig verkies is tot die Pous, dwaalleringe, onreligieuse gedrag , geweld en simonie (dit is die koop en verkoop van Kerklike posisies). Die howe het toe die Regering die mag gegee om die Pous in hegtenis te neem. Jurielede wat nou in die mag van die koning was, het oor die Pous oordeel gevel. Hierdie gebeure het die outoriteit van die Pous teenoor die Koning verswak. Philip IV van Frankryk het die arrestasie van die Pous Boniface VIII by Anagni, buite Rome, gelas in September 1303. Boniface was so geslaan dat hy dood is in Oktober. Op 13 Oktober 1307 het Philip die lede van die Ridderlike Orde van Templar gearresteer en gemartel. Jacques de Molay is dood. Net twee dae tevore het De Molay ‘n kruisvaart bespreek met die Pous.
In 1415 het die Heilige Romeinse Keiser Sigismund, die teregstelling van John Huss bekragtig. Huss is uit die stad van Constance in Duitsland gelei om op die brandstapel te sterf. Die Raad van Constance wou die Roomse Katolieke kerk verander en het Hus as ‘n dwaalleraar bestempel. Huss was veroordeel oor sy teologiese idees, maar die onderliggende motief vir sy veroordeling was polities. Hy het te uitgesproke geraak oor die korrupsie in die kerk, die verkoop van vergifnis en die koop van posisies in die kerk. Dit het hom ‘n populêre figuur gemaak onder die ongelukkige armes en ‘n bedreiging vir beide die kerk en die sekulêre leierskap. Hy het homself geïdentifiseer met die Tjeggiese nasionalisme en dit was ‘n groot bedreiging vir die Duitsers wat op daardie stadium die hof oorheers het. In 1444 het George Podebrad die Hussiese bondgenootskap gestig, om die Katolieke Kerk teen te staan in Praag en in die res van die land. Deur hierdie volgorde van godsdienstige verandering en die dood van ‘n martelaar, het ‘n politieke party tot stand gekom in 1466.
Ferdinand en sy vrou Isabella het Aragon en Castile verbind, en het die inkwisisie in Spanje gevestig. Die inkwisisie in Spanje het gelei tot heelwat gewelddige sterftes.
Die beheer van ‘n Koninklike in Spanje , was soos om onder ‘n politieke sowel as ‘n godsdienstige agent te staan. In die tydperk van Ferdinand en Isabelle se regering het die uittog uit Europa vorm begin aanneem, en hierdie regeringsvorm sal na die nuwe gebiede oorgedra word en uiteindelik sal die regering van die mense (rule of man) tot stand kom. Dit sal naderhand die hele aarde insluit.
Hierdie inkwisisie wat versprei het na die nuwe lande oor die see sou erge resultate vir die plaaslike bevolkings inhou, asook vir hulle nakomelinge wat onkundig was oor die situasie in Europa. Hulle het die Christendom geassosieer met fisieke marteling en dood.
Ferdinand se kleinseun Charles (1519-1558) het die Spaanse troon ge-erf. Al die lande en streke en gebiede wat hy daarmee saam ge-erf het, sal bladsye volmaak. Deur sy moeder het hy die Koning van Spanje geword, asook van Napels, Siciliё en die regeerder van Spaanse gebiede in Afrika en Amerika. Deur sy vader het hy die erfgenaam geword van die Duitse Vorstehuis van Hapsburg en die gebiede van die Vorstehuis van Burgondia. Dit het Flanders en Artois ingesluit. Luxemburg en die provinsies van die Nederlande is ook bygevoeg. Onthou dat die regering van Spanje en die Hapsburg baie magtig was in Europa in daardie stadium.
Charles het uitgevind dat die prinse van die Duitse Katolieke onwillig was om tot sy hulp te kom om die Lutherse leringe uit te wis. Hierdie prinse wat die Protestantisme aangeneem het, het onrustig geword deur die houding van Charles en op 31 Des. 1530 het hulle die Schmalkaldic bondgenootskap gevorm. Dit sou ‘n formidabele mag in Europa word met verreikende gevolge. ‘n Aantal van die regeerders in die state in Charles se regering het die reformasie ondersteun, terwyl die ander die Katolieke ondersteun het. Die skeiding binne in die Christelike Kerk het gelei tot oorlog tussen Christene.
Hierdie is voorbeelde van wat plaasgevind het in die lande van Europa. Dit illustreer hoe die vyandskap tussen die konings en die kerke aanleiding sou gee tot die ontstaan van die reg van die mense en hoe hierdie godsdienstige verskille aanleiding sou gee tot die ontstaan van politieke partye.
Hierdie geskiedkundige gebeure is ‘n prentjie van wat in die geheel in Europa aan die gang was in die tweede millennium. Die Konings sou in opstand kom teen die Christelike kerk en onder die invloed van die groeiende filosofie van die mens kom., Hulle het begin glo dat geloof onnodig is om sekere katagorieё van die mens se werkswyse en handelswyse te handhaaf , en so het die mens gepoog om al meer en groter vryheid te bekom. Hierdie soeke na vryheid het rebellie veroorsaak teen die Kerk en die Staat, en die middel- en laerklasse van Europa het sterk politieke partye gevorm. Hulle eise het later die regering van die mens tot stand gebring en dit het op sy beurt weer die Koninklike mag verwoes.
Op.17:10 is verstaanbaar as ‘n mens besef dat Openbaring die val van die Konings bekend maak op die kaart van die generasies van drie dae van die tweede millennium. Die woorde en een is, verwys na ‘n generasie waar ‘n politieke party so sterk geword het, dat dit die dood van ‘n Koning kon veroorsaak deur vonnisoplegging. Dit word bevestig deur die woord “een” in Op.17:10 en in Op.13:3 . In Op. 13:3 sê dit “en ek het een van sy koppe gesien wat dodelik gewond is” In 1645 is die Engelse Koning Charles I tot die doodstraf gevonnis deur die Parlement. Die mag van die gesalfde Koning is oorgeneem deur die regering van mense (rule of man). Teen 1645 het die mense van die nasies die punt bereik waar die dood van die Koning of die leiers van die Kerk aanvaarbaar sou word. Die doodsvonnis van die Koning deur die wil van die mense (regering van mense), is wat bedoel word met die woorde dodelik gewond. Dit was die einde van die regering van die nasies volgens die orde van Melchizedek, waar die regering van die mense en die geloof gevestig is in die Koning en waar die nasies gedwing is om die Christelike wette te gehoorsaam.
Hierdie kaart dui die tyd aan van die dood van een koning in die state van Europa. Dit was Charles I van Engeland en dit is ongeveer die einde van die agste generasie na 1068. Die tyd 1068 is die tyd van die eerste generasie van drie dae van die tweede millennium.

1000 1 dag } { 1 dag } { 1 dag } 2004

1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
Om die volgende woorde te verstaan “die ander het nog nie gekom nie, en wanneer hy kom moet hy ‘n kort rukkie bly/and the other is not yet come, and when he cometh he must continue a short space,” moet ons weer kyk na die drie dae van die tweede millennium. Die woorde en die ander het nog nie gekom nie, beteken dat daar teen 1645 nog ander state in Europa was wat nog nie die mag van die Christelike Koning verwoes het nie.
Dit is reeds bekend gemaak dat die woorde kort rukkie verwys na die tyd 1260 dae en dit is van 11 Sept.2001 tot 22 Feb. 2005………. Dit was bekend gemaak in Op.6:1 en Op.20:3. In hierdie vers, Op.17:10 maak Openbaring bekend dat die tydperk kort tydjie aan die einde van die drie en ‘n half dae van die tweede millennium kom. Wanneer die aksies van die Konings lei tot die val van die mag van die koning, sal die ander nasies in die tydperk na 1645, steeds aangaan met die proses van verwoesting van die mag van die konings tot in die tydperk van die kort tydjie. Dit is die tydperk 2001 tot 2005, wanneer die meerderheidsregering, die verwoester (destroyer), koning oor die hele aarde is.
1000 2004
He Must con- tinue
1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
In hierdie vers bevestig Openbaring die tydperk van die ontwikkeling van die dier. Ons moet die vorige inligting wat in Openbaring gegee is oor die tydperk van die kort tydjie in ag neem.
Op.17:11 Die dier wat eers was en nie nou is nie, is self die agtste. Hy behoort by die sewe en gaan na die verderf toe.
As die nasies sou dink dit is verkeerd om die koning, of the leierskap van die Christelike Kerk (Dier wat eers was) dood te maak, sal daar teen die tydperk 1645 geglo word dat dit noodsaaklik is om die leierskap van die Christelike koning te vervang (nou nie is nie) met die meerderheidsregering. Die woorde is self die agste bevestig die tydperk van die agste generasie op die kaart. 1572 tot 1644.
Deur die woorde behoort by die sewe, maak Openbaring bekend dat dit wat gebeur het van die dood van die eerste koning af, die gevolg is van die vyandskap van die Christelike Konings teen die Christelike Kerk in die vorige sewe generasies, van 1068 af tot 1572. Aangesien die getal sewe totaliteit aandui, sluit dit al die nasies van Europa in.
Die woorde gaan na die verderf toe, beteken dat al die konings hulle mag sal verloor in daardie tydperk en reg tot aan die einde van die kort tydjie. Dit is dus van 1645 af tot 2005. Na 2005 sal die mag van die dier begin om verwoes te word.
Op.17:12 Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koningskap gekry nie, maar hulle kry saam met die dier een uur lank gesag as konings.
Die woorde tien horings wat jy gesien het is tien konings, beteken dat ons moet oplet hoe Openbaring weereens die konings van tien nasies gaan insluit. Hulle sal nie ‘n koninkryk besit nie. Hulle sal net Koning in naam wees. Hulle sal ook net outoriteit vir een uur saam met die dier hê.
Die ontwikkeling van die dier het plaasgevind oor ‘n baie lang tydperk. Met tyd sal die mag en outoriteit verskuif van die koning na die Parlement toe, of ‘n ander verteenwoordigende liggaam. Dit kan enige groep mense insluit bv., gewone burgers of hooggeplaastes. Hierdie verteenwoordigende liggaam sou die dier word wat saam met die Koning regeer, want albei hierdie outoriteite sou ten gunste daarvan wees om die Christelike Kerk uit te skuif uit die direkte regering van die meerderheid.
Die woorde het nog nie koningskap gekry nie, beteken dat die Christelike Koning nooit weer absolute mag sal hê nie, tot by die eindtyd.
Die woorde een uur, is nogal baie interessant en kompleks. Deur ons kennis van die getal twaalf in Openbaring kon ons die tydperk van uur vasstel. Die getal twaalf kom voor in Openbaring met betrekking tot die muur van die Nuwe Jerusalem in Op.21:12 en 21. In Op. 21:12 word ons vertel dat die muur twaalf poorte het. Die muur het ook twaalf fondasies. (Op.21:14) In vers 21 word ons vertel dat die twaalf poorte in die muur twaalf pêrels is. Die enigste manier wat ons kan weet dat die twaalf van die Nuwe Jerusalem verwant is aan tyd op aarde, is om te weet dat dit simboliek is en dat die Nuwe Jerusalem ‘n weerkaatsing(refleksie) is van tyd op aarde.
Die getal twaalf kom ook voor in die opening van die sesde seёl. In daardie afdelingkom die getal 144 000 voor en ook die getal 12 000. Deur die insig van die getalle in Openbaring sien ons dat die 12 x 12 verwant is aan die tydmeting van 144 jaar wat opgedeel word in 12 dele. Ons weet dat die 000 verwant is aan drie dele van die aarde, wat eintlik die hele aarde insluit.
In die woorde van Op.22:2 waar die getal twaalf voorkom, (Hy dra twaalf keer per jaar vrugte; elke maand lewer hy sy vrugte), maak Openbaring bekend dat die tydperk 1860 tot 2004 verdeel moet word in twaalf dele (vrugte) en bevestig dat die tydperk maand in die geskiedenis 6 jaar is. Die vrugte is verwant aan die vrugte van die aarde. In hoofstuk 14 word dit bespreek.
Om vas te stel wat die tydperk van uur is, het ons vasgestel dat dit die tydperk van die muur van die Nuwe Jerusalem is, wat reflekteer op die tydperk 1860 – 2004. Dit is in die tydperk van 144 jaar. Hierdie tydperk is verdeel in twaalf seksies of dele (vrugte van die aarde) in die opening van die sesde seёl. Hierdie twaalf seksies of dele is half ure (Op.8:1) van twaalf jaar. ‘n Uur sal dus 24 jaar wees.
Dit is slegs deur hierdie kennis dat ‘n uur in Openbaring histories 24 jaar is, dat ons kan vasstel wat bedoel word in Op.17:12 en die tien horings wat jy gesien het is tien konings wat nog nie ‘n Koninkryk ontvang het nie, maar mag gekry het om vir een uur as konings te regeer saam met die dier.
Charles 1 , van Engeland, wat onthoof was deur ‘n besluit van die Parlement in 1649, toon aan dat Openbaring die val van die gesalfde Christelike konings van die Europese Christelike nasies, bekend maak. Charles was koning vir 24 jaar van 1625 af tot 1649.
Die enigste manier waarop die lengte van een uur in Openbaring vasgestel kon word, was om ondersoek in te stel en te kyk of daar ‘n tydperk is, wat min of meer vergelyk met die een uur wat 24 jaar is. Daar moes ook vasgestel word of hierdie getal vergelyk kan word met die tye van die Konings van Europa wat die laaste konings in ‘n lyn van konings was.
Die tien konings:
In agt lande, is daar konings gevind wat vir ongeveer 24 jaar regeer het. In Frankryk is die 24 jaar bereken van die begin van die regering van Louis XVI tot die tyd van die leierskap van Napoleon. Dit was die tyd van die Franse Revolusie en die dier was die begeerte van die revolusionêre om die mens te bevry, binne die reёls van die nasies. Waarvan moes hulle bevry word? Van die outoriteit van die Christelike Kerk.
In Duitsland is die een uur die tydperk van Koning Wilhelm 1 wat sy mag en outoriteit gedeel het met Kanselier Bismarck, wat ‘n voorstander was van die skeiding van die Kerk en die Staat.
Serbiё Stephan Uroch IV Dushan 1331 – 1355
Byzantium John VIII 1425 – 1448
Pole Sigismund II 1548 – 1572
Engeland Charles I 1625 – 1649
Portugal Peter II 1683 – 1706
Frankryk Louis XVI 1774 - 1793
(Louis XVI is dood in 1793,maar Frankryk was sonder ‘n koning tot 1798toe Napeolon begin het om as leier na vore te tree)
Heilige Romeinse Ryk Joseph II Aug.1765 – Feb. 1790 (24 j. & 6 mnde)
Pruisse Wilhelm I 1866-1890 (24 jr. met Bismarck)
Rusland Nicolas II Nov. 1894 – Mrt. 1917 (23 jaar) (Hy & Fam. Geskiet in 1918)
Spanje Alfonso XIII 1906 – 1931 (24 jr) Gedwing om Spanje te verlaat in 1930.
Openbaring toon die verloop van die tyd aan en dat al die nasies op een of ander stadium hierdie selfde koers sal volg. Elkeen van hierdie tien konings, wat simbolies die tien horings is , het aan ‘n progressie van tien konings in tien verskillende lande behoort . Elkeen van hierdie tien konings was die laaste in die lyn van oorgeёrfde Koningskappe. Dit sal nooit weer herstel word nie.
Ons weet deur historiese feite, dat nadat die regerings van Charles I van Engeland en Louis XVI van Frankryk gedurende die Franse Revolusie tot 'n val gebring is, sou hierdie tendens uitbrei na die ander lande en almal sal regerings van die gewone mense in plek stel. In hierdie soeke na Vryheid om die bande van die Koning en die Christelike Kerk afgeskud te kry, was daar geen waarborg dat die Christene deel van die regering sou wees nie of insae sou hê in die regering van die nasies nie. Die tien horings het nie net die mag van die Koning omver gewerp nie, maar ook die mag van die Christendom en Christus. Hulle het die dier die mag gegee om te regeer. In die meeste van die Europese Lande het die regering d.m.v. die parlement geleidelik die regering van die oorgeёrfde Koningskap vervang met die van die parlement. Waar die verloop daarvan te stadig was na die sin van die mense, het die mense geweld gebruik en dit het gelei na revolusies en oorloё.
Hierdie tien konings verteenwoordig die oorgang na die meerderheidsregering. Dit is simbolies die tien horings wat regeer het sedert 1284 tot 1932 saam met die dier. Hulle het dus hulle mag gedeel met die dier. Na 1932 tot die tydperk van 1260 dae (kort tydjie – Op.17:10) sou die outoriteit van die dier wêreldwyd aanvaar word.
1000 2004

1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
Op.17:13 Hulle het een en dieselfde doel voor oё gehad en hulle stel hulle mag en gesag tot die dier se beskikking.
Die Koning en die Parlement saam met wie hy regeer het, was beide van mening dat Christenskap geskei moet word van die Regering. Hier kan ons nou sien hoe akkuraat is Openbaring.
Op.17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam met Hom die wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die Heersers en die Koning van die konings is.
Daar was die neiging om in konflik te kom met die outoriteit van die leiers van die Christelike Kerk. Hierdie konflik was nie net teen die Kerk nie maar ook teen die outoriteit van die leerstellings van Jesus Christus en die Bybel in die meerderheidsregering. Openbaring toon aan dat die Drie-eenheid wat die Christelike Kerk, sowel as die getroue volgelinge beskerm, hierdie neiging sal oorwin deur die outoriteit van die Skrif en Jesus Christus in die tyd van die meerderheidsregering.
Op.17:15 Verder het hy vir my gesê; “Die waters wat jy gesien het waar die sedelose vrou bly, is volke en stamme en nasies en tale.
Die meerderheidsregering skei die Christelike Kerk (Slet wat sit op bloedrooi dier Op.17:18) van die staat. Die dryfveer van die mens se handelswyse, is sy belange in sake, handelsbetrekkinge en nywerhede tussen die nasies van die aarde en sal uiteindelik die mag en outoriteit wat die dier oor die mens het, net verder verstewig.
Op.17:16 Die horings wat jy gesien het en die dier, hulle sal die sedelose vrou haat en haar kaal en verlate maak. Hulle sal haar vleis opeet en haar met vuur verbrand.
Namate die hoёr-, middel- en laerklas mense van die nasies besef het , dat daar deur die konsep van die meerderheidsregering groot profyt gemaak kan word, profyt wat voorheen net tot die beskikking van die koning was, het intense stryd en bloedige revolusies ontstaan tussen die koning en diegene wat graag die politieke leierskap wou bekom. Dit was eerstens die adelstand wat in opstand gekom het (Poland en Engeland) en later die Parlemente teen die konings (Engeland, Frankryk en Portugal) Later was dit die middelklas en die gepeupel wat teen die koning in opstand gekom het (Frankryk) en uiteindelik was dit die vakbonde en die massas teen die koning. (Spanje en Rusland).
Op.17:17 God het hulle gedagtes so gerig dat wat hulle doen, volgens sy bedoeling is; hulle het een en dieselfde doel voor oё en hulle stel hulle koningskap tot die dier se beskikking totdat God Sy woorde in vervulling laat gaan het.
God ken die mens so goed en Hy weet altyd wat die mens sal dink. God het geweet dat die konings nie altyd tot voordeel van hulle onderdane sal optree nie en dat hulle mislei sou word deur die mag en invloed van rykdom. A,g.v. onregverdige leiers en magtige onregverdige Christelike leierskap het God toegelaat dat hierdie leierskap van die Europese Christelike Koningskap (hulle gedagtes so te rig - volgens Sy bedoeling) weggeneem sal word en dat die Parlementêre sisteem tot stand sal kom, waar die mens d.m.v. ‘n stembrief deel sal verkry in die verkose leierskap van die nasies. Daar was geen waarborg dat hierdie leierskap in die toekoms die Christelike leerstellings sou navolg nie. Die gevolg is dat dit later die gelykmaking van gelowe sou bevorder. Dit is die subtiele gevangenisskap waarin die ware geloof hom sou bevind, in ‘n see van ander gelowe, sonder die outoriteit van die Christelike leerstellings. Vir ‘n sekere tydperk sou Almagtige God hierdie stand van sake toelaat, want selfs in hierdie see van ander gelowe sou die Christelike kerk beskerm word. Wanneer die profesie van Openbaring egter vervul is (totdat God Sy woorde in vervulling laat gaan het), sal die gevangenisskap van die Christene beïndig word.
Op.,17:18 Die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy oor die konings van die aarde uitoefen.
Dit sal uiteindelik die rykdom wees wat die nasies deur handel en nywerhede kan bekom, wat die mag van die nasie sal bepaal., Die regering van die politieke partye sal verplig word om voorkeur te gee aan besluite wat die sukses van internasionale handelsbetrekkinge sal bevoordeel. Die vrou is die groot stad. Die dier is die mens wat verlei word om op die wondertekens van sy intellek staat te maak. (bv. Media, ruimteprogram, vordering op die gebied van die menslike genoom en die vervaardiging van vernietigende wapens.) Dit is hierdie dinge wat die regerings van die aarde verplig om handel nog verder uit te brei.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]