Hfst.18 - Val van groot stad

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on March 16, 2011 at 13:28:50:

HOOFSTUK AGTIEN
Val van Groot stad

Almal wat Openbaring Hoofstuk 18 gelees het deur die eeue, weet dat hierdie hoofstuk aandui dat oormatige materiёle rykdom nie voordelig is om siele te werf vir die Koningkryk van God nie, maar dit lei slegs tot gemaklike leefwyses en geestelike armoede. Die gebeure van die groot aardbewing rondom Kersfees in 2004, sowel as die insig in die tydmeting van die 1260 dae en 42 maande, kan verbind word aan die huidige tyd. Dit kan verbind word aan die woorde van Jesus Christus en ook die kennis van die magtige engele wat ook verbind kan word aan die huidige tydperk. Ons sal nou kan sien tot watter mate die simboliek van die val van die groot stad verwant is aan die huidige tyd.
Vergeleke met ander hoofstukke in Openbaring, is hoofstuk 18 nie moeilike om te verstaan nie. Vir diegene wat deur die groot depressie moes leef, moes hierdie hoofstuk van spesiale belang gewees het. Die magtige engele is simbolies verwant aan hierdie hoofstuk, want ons glo dat God die ekonomiese strukture redelik stabiel sal hou ten spyte van ekonomiese krisisse, sodat daar vir die oorblyfsels van Sy volgelinge voorsienning gemaak kan word. (Dit word later bevestig deur die woord ”meulsteen" in Op.18:21)
Dit is belangrik om te onthou dat die tydmetings wat in hierdie hoofstuk gebruik word, soos dag en uur, verwant is aan twee tydmetings elk. Die rede hiervoor is dat die een histories is en die ander een eindtyd (huidiglik). 'n Dag is 287 jaar lank in die geskiedenis en 24 uur huidiglik(eindtyd). 'n Uur het ook twee tydmetings nl., 24 jaar en ook 60 minute , soos ons dit ken in die eindtyd wat huidiglik is. Die rede hiervoor is dat die simboliek van die val van die groot stad drie tye aandui. Deur die vorige eeue en ook omdat die woorde van Openbaring, simbole is, sal hierdie hoofstuk al die stede insluit wat geval het a.g.v. oormatige rykdom, wat gelei het tot korrupsie, immoraliteit en agteruitgang en verval. Nadat God egter die betekenis van Openbaring bekend gemaak het aan Dr. Janson, en die kennis dat Openbaring te doen het met die afgelope 2000 jaar, is die groot stad nie sommer enige stad nie, maar val dit in 'n spesifieke tydraamwerk. Dit is die tyd van die groot depressie Die tyd toe die aandelemarkte in Wall straat geval het en die groot depressie wat daarna geheers het vanaf 1927 tot 1933. Hierdie tydperk val ook in die eindperiode van 287 jaar ('n dag) in die konstruksie van Openbaring. Dit is ook verwant aan 11 Sept. 2001, wat die begin is van die tydmeting 1260 dae in die eindtyd.
Op. 18:1 Hierna het ek 'n ander engel uit die hemel uit sien afkom. Hy het groot gesag gehad en die aarde is deur sy heerlikheid verlig. Hy het met 'n sterk stem uitgeroep: "Geval, geval het die grote Babilon.
Dit is van die grootste belang dat die woorde van Jesus Christus oor die eindtyd in ag geneem word. Mat. 24:27 Soos die weerligte uit die Ooste kom en skyn tot in die Weste, so sal die koms van die Seun van die mens wees." Hierdie woorde korreleer met die gebeure in die tydperk 2003 tot 2005. Hierdie gebeure word weer in verband gebring met die woorde van Openbaring; donderweer, weerligte en 'n aardbewing., (Op.8:5) (Hierdie woorde kom ook voor in Op.11:19 en 16:18) Saam met ander woorde wat belangrik is in die totale insig van Openbaring word hulle in verband gebring met die tydperk 2003 tot 2005. Deur die woorde van 2 Tes. 1:17 "Jesus word bekend gemaak deur Sy Magtige Engele", wys dit vir ons dat ons die woorde van Jesus Christus in ag moet neem om die tydmeting van Openbaring te kan verstaan, want hierdie woorde hou ook verband met die tydperk 2003 tot 2005 sowel as die 1260 dae en 42 maande. Hierdie tye is ook die tye van die magtige engel en die engel met groot gesag.
Die engel in Op.18:1-2 is die engel met groot gesag en hy praat met 'n sterk stem . Hy sę Geval, geval het die grote Babilon. Dit bevestig die tyd van die finale val van Babilon, wat ook die tyd is van die insig oor die 1260 dae en 42 maande. (Die tydperk wat begin het met 11 Sept. 2001 - deel van die tyd van die finale val van die groot stad.)
Die herhaling van die woorde uit die hemel sien afkom, toon aan dat dit dieselfde tydperk is as die tyd van die magtige engel in hoofstuk 10:1. Deur die woorde van Jesus Christus in Mat. 24:27, die tydmeting en die tekens van die eindtyd wat reeds plaasgevind het, is hierdie woorde nou tydsgebonde. Dit is al die gebeure wat plaasgevind het van 11 Sept, 2001 tot 22 Feb. 2005. Dit is al die gebeure wat korreleer met die woorde van Jesus Christus oor die eindtyd.
Die woord groot in Openbaring verwys gewoonlik na die heel eindtyd. Die woord groot, word sewe keer gebruik met die uitstort van die wraakbakke van die sewende engel. (Op.16:17-21) Hierdie magtige engel wat groot gesag het is besig om simbolies te toon dat Almagtige God die magte van die bose teenwerk. Soos in vorige posstukke op die internet beskou Dr. Janson die groot aardbewing wat op 26 Des. 2004 naby Sumatra plaasgevind het as groot. Nie net omdat dit groot op die Richterskaal was nie, maar ook omdat dit rondom Kersfees gebeur het in 2004, net soos wat sy dit kon bereken het deur tydmeting , ongeveer vyf jaar voordat dit gebeur het. Dit is sekerlike die grootste teken aan die mensdom i.v.m. die eindtyd.
U sal onthou dat die 1260 dae en 42 maande, is die tydperke 1000, 200 en 20, 20, 20 dae, wat verbind word aan die tyd van 'n aardbewing en van warm lawa van die Vulkaan Kilauea in Hawaii, wat in die see geloop het. God maak Homself weer bekend aan die mense deur vuur, net soos in Elia se tyd. Hierdie tye was ook verbind aan die woorde donderweer, weerligte en 'n groot aardbewing. (Op.8:5 en 16:18) Die tyd van die weerligte was verbind aan die ongewone Noorderligte a.g.v. die uitbarsting van die son in Okt.2003, (opening van sesde seёl) en die tyd van die lawavloei van Vulkaan Kilauea wat in die see geloop het in Junie 2005 en Feb. 2005 (Op.8:8 'n Groot berg van vuur is in die see gegooi). Hierdie was gebeure in die totale tydperk van die eindtyd van 1260 dae en 42 maande. Dit is insiggewend om waar te neem dat die gebeure in die Verre Ooste verbind word met die gebeure in die Verre Weste in hierdie tydmeting van 1260 dae en 42 maande. So word die woorde van Jesus Christus bevestig in Mat. 24:27. Soos wat die weerligte uit die ooste kom en skyn tot in die weste, so sal die koms van die Seun van die mens wees. Die woorde in Op.18:1 aarde is deur sy heerlikheid verlig" , het nou 'n diepgaande en grondige betekenis, want die magtige engel kom in 'n tyd van die weerligte van die aarde. Met ander woorde in die tyd van die simboliese verdonkering van die aarde, verlig die magtige engel die aarde met Sy heerlikheid. Hierdie woorde die aarde was verlig deur Sy heerlikheid, kom ook in die Skrif voor. Ez. 43:2 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die Oostekant af gekom, en die gedruis daarvan was soos die geruis van baie waters en die aarde het geglans van Sy heerlikheid.
Op.18:2 Dit het die blyplek van die bose geeste geword, die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoёls en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere , omdat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het. Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer, en die sakemanne van die aarde het ryk geword uit haar grenslose weelde.
Die magtige engel kom met die finale val van Babilon. Die leser moet in gedagte hou dat die hoofstukke of sekere gedeeltes van Openbaring, dikwels voorgestel word in die eindtyd en dan bring die opvolgende verse die "voorbereidingstyd". Op. 18:2 en 3 dui dus aan dat uiteindelik sal al die nasies van die węreld oorgegee wees aan die misleiding van die diere van Openbaring. Die simbole wat in vers 3 gebruik word, dui immoraliteit, korrupte leierskap en oormatige rykdom aan. Die vers in Op.18:2 is dieselfde as in Op.17:2, waar dit vir ons vertel dat die nasies geswig het onder die verleiding van die groot slet. Op. 18:3 dui aan dat al die nasies in die huidige tyd van die wyn van haar onsedelikheid gedrink het.
In die boek "How near Armageddon" (1999) verduidelik Dr. Janson dat daar gedurende die 144 jaar (1860 tot 2004) 'n geleidelike verdonkering van die aarde was, omdat die mens geleidelik weggelei is deur die magte van die bose in die "donkerte " in. (weg van die lig van Jesus Christus). Die tydperk 144 jaar is twee tydperkte of generasies van 72 jaar. Die tyd van die groot Depressie, was die middelpunt van die tydperk van die eerste val van Babilon. (1932) Die val van Babilon is nie net 'n finansiёle val nie, maar dit was ook naby die begin van die vierde ruiter van die Apokolips (vaal perd) in 1947. Dit is die ruiter van Dood en wat gevolg word deur die Hel. Dit was die tydperik dat die wette oor godsdiensvryheid en gelykheid dwarsdeur die węreld gepropageer sou word. Ons weet deur die woorde van Openbaring dat God dit toegelaat het totdat Sy woorde in vervulling sou gaan. 1932 was die begin van die periode van 72 jaar wat beskou moet word as die tydperk van geestelike verval.
Op.18:4 Toe het ek 'n ander stem uit die hemel hoor sę: "Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.
Hierdie vers verwys na die historiese tyd toe die Christene moes vlug na nuwe lande a.g.v. erge onrus en geweld tussen Christene. Dit is die tyd van die reformasie. Hierdie vers verwys na die tye dat God die gelowige Christene 'n ander tuiste op aarde sou bied. Christene kon reis of wegvaar uit Europa om elders die boodskap van die Drie-enige God uit te dra.
Op. 18:5-7 Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop en God het haar ongeregtighede onthou. Behandel haar soos sy julle behandel het en vergeld haar dubbel soveel as wat sy julle aangedoen het. In die beker waarin sy vir julle ingeskink het, moet julle vir haar twee keer soveel inskink. In die mate waarin sy gepronk en in wellus gelewe het, in die mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen. Sy sę vir haarself: "Ek sit as koningin op my troon. Ek is nie 'n weduwee nie en treur sal ek nooit nie./ For her sins have reached unto heaven and God remembered her iniquities. Reward her even as she rewarded you, and double unto her double according to her works; in the cup which she hath filled fill to her double. How much she hath glorified herself and lived deliciously, so much torment and sorrow give her; for she saith in her heart . I sit a queen, and am no widow, and shall see no sorrow.
Die woord hemel is verwant aan die eindtyd. Huidiglik moet ons ekstra aandag gee aan die woorde God het haar ongeregtighede onthou. Waarom sou dit nodig wees? Ons moet kyk na Op.16:10 en die stad is in drie dele verdeel en die stede van die nasies het geval en God het Groot Babilon onthou. Openbaring wys vir ons dat daar 'n groot val gaan plaasvind. Vergelyk die inligting wat bekom is gedurende 2009/10 . Op 12 Jan 2010 het almal op die TV gesien hoe die geboue en huise in Port-au-Prince, Jacmel en ander stede in die omgewing almal verwoes is. Die woorde van Op.16:19, wat ook deel is van die sewende wraakbak, gebruik ook die woorde en die stede van die nasies het geval. Gedurende 2009 is verskeie stede en dorpe deur aardbewings getref.
In Indonesiё is die stad Manokwani, Papua getref, op 4 Jan. 2009. 4 mense is gedood en dosyne is beseer. Daarna het 'n reeks aardbewings die area getref met die grootste een wat 7.6 op die Richterskaal gemeet het. Verskeie geboue in Manokwani is plat gevee.
Op 8 Jan 2009 word die stad Cinchona in Costa Rica getref, met 'n aardbewing wat 6.1 op die Richterskaal meet. Huise het inmekaar getuimel en 'n hidro-elektriese stasie is verwoes.
In Italiё het 'n sterk aardbewing die sentrale gebied getref op 6 April 2009. Hierdie aardbewing het 307 inwoners gedood en tienduisende sonder heenkome gelaat. Ongeveer 65 000 mense is verskuif a.g.v. hierdie 6.3 aardbewing. Dit het die inwoners van Abruzzo in die vroeё oggendure getref, terwyl hulle nog geslaap het. Baie van die wat gedood is was van die bergvesting L'Aquilla, 'n dertiende eeuse bergstad met 'n inwonergetal van 68,000 en dit is ongeveer 100 km oos van Rome. Huise, historiese kerke en ander geboue is platgevee in die ergste aardbewing wat Italiё getref het in drie dekades.
Op 10 Julie 2009, tref 'n aardbewing die Yunnan Provinsie, China. Daar was honderde beseerdes en ongeveer 18 000 huise is verwoes in suidwes China. Die aardbewing was 6.0 op die Richterskaal en een persoon is dood terwyl ongeveer 324 beseer is. 40 000 besighede en huise is verwoes. Volgens die nooddienste moes hulle ongeveer 400 000 mense verskuif uit die gebied uit.
In Albaniё is ongeveer 1000 geboue beskadig of verwoes toe 'n aardbewing wat 5.5 op die Richterskaal meet, die Noordooste van Albaniё getref het op 6 Sept. 2009. Die episenter van die aardbewing was in die omgewing van Debra, 'n area wat naby die Macedoniese grens geleё is. Ongeveer 100 km van die hoofstad Tirana.
In Samoa Eilande het 'n aardbewing van 8.1 'n Tzunami veroorsaak op 30 Sept. 2009 wat verwoesting gesaai het in die dorpe en kleindorpies van die Samoa eilande. Die inwoners moes na die berge vlug vir veiligheid.
In Suidelike Sumatra, Indonesiё het 'n aardbewing die gebied getref wat 7.6 gemeet is, sowel as op 1 Okt. 2009 met 'n meting van 6.6 op die Richterskaal. Die episenter van die eerste aardbewing was 45 km wes-noordwes van Padang. Verslae stel die dodetal op 1,115, die wat erg beseer is op 1214 en die wat nie te erg beseer is nie op 1688. Ongeveer 135 000 huise is erg beskadig. 'n Skatting van 250 000 families (1,250, 000 mense) is geraak deur hierdie aardbewing deur die totale of gedeeltelike verlies van hul huise en lewensmiddele.
In Malawi het 'n reeks aardbewings die streek getref met die laaste aardbewing wat 6.0 gemeet is op die Richterskaal. 3 mense is gedood meer as 200 is beseer. Malawi is tans in die proses om 4,000 mense na ander gebiede te verskuif a.g.v., die vroeёre aardbewings (6 Des. tot 12 Des. 2009.) Hierdie aardbewings se grootte het gewissel van 4.6 tot 5.9. Hierdie aardbewing het ook groot bekommernis veroorsaak in die area, omdat water uit die krake begin sypel het en dit lyk asof geen gebied in daardie area meer veilig is nie. ' Dit is 'n valleirif ,wat naby aan 'n groot meer is en dit is moontlik dat daar 'n vloed kan wees", het die kommissaris gesę.
Die aardbewing wat Haiti getref het op 12 Jan 2010, was katastrofies. Die episenter wat naby Leogane, ongeveer 25 km wes van Port-au-Prince, die hoofstad van Haiti. Die Verenigde State van Amerika se Geologiese Landmeters, het 'n reeks naskokke opgeteken van ten minste 33, waarvan 14 tussen 5.0 en 5.9 gemeet het. Die Internationale Rooi Kruis skat dat daar ongeveer drie miljoen mense was wat deur hierdie aarbewing geaffekteer is. Op 24 Jan 2010 was die dodetal 150,000. Hierdie aardbewing het baie groot skade aangerig in die hoofstad Port-au-Prince, Jacmel en ander gebiede in die area. Baie prominente geboue was beskadig of vernietig. Hierby kan ons insluit, die Presidensiёle paleis, die Nasionale Vergadering geboue, die Port-au-Prince Katedraal en die hoof tronk.
Op 27 Feb. 2010 het die groot aardbewing Chili getref. Ons het almal die groot skade gesien wat aangerig is.
In Feb.2011 is Christchurch New Zealand getref deur ‘n aardbewing wat 6.3 gemeet het, wat verwoesting gesaai. Huise en geboue is verwoes. Hierdie aardbewing word egter verdwerg deur die groot aardbewing wat Japan getref het in Maart 2011. Dit het 8.9 gemeet op die richterskaal. Die groot skade van die aardbewing en die tsunami wat daarop gevolg het is nog nie bepaal nie. Ons almal sit voor die TV vasgenael en sien hierdie groot ramp en verwoesting voor ons oё afspeel.
Die graad van ongeloof wat die nasies weerspieёl vir die Waarheid, dat God in beheer is van alles wat die mens is en bereik het, is die mate waarmee die nasies gestraf sal word. Die beker is verwant aan die disrespek wat die nasies vir die Nagmaalsbeker het. Die Nagmaalsbeker is die simboliek van die vergifnis vir die mensdom, deur die dood van Christus en Sy bloed wat gevloei het vir die vergifnis van sonde. Die woord dubbel verwys na die graad van oordeel, wat die nasies gaan tref, omdat hulle gemaklik en sondig geraak het in die tye van voorspoed. God het toegelaat dat die dier vir 'n gegewe tyd regeer (Op.17:17). Hy het die gelykstelling van gelowe toegelaat vanaf die tyd van die ruiter op die vaal perd, wat gevolg word deur die dood en die hel (1947) tot die huidige tyd. In daardie tydperk sou die Christelike nasies die grootste finansiёle voorspoed ervaar, maar dit sou gepaard gaan met al groter morele verval (dubbel) as in die tyd voor 1947.
Die tweede gedeelte van vers 7 gee vir ons insig as ons na Jes. 47:8 kyk. "Luister dan nou hierna, jy wat in wellus lewe, jy wat so rustig woon, jy wat dink; daar is niemand soos ek nie, ek sal nie sonder sorg sit soos 'n weduwee nie en ek sal nie my inwoners verloor nie. Altwee hierdie dinge sal jou oorval in een oomblik, op dieselfde dag; jy sal jou inwoners verloor en niemand sal vir jou sorg nie. " Dit is van toepassing op die geskiedenis en huidiglik. Beide die nasies van die węreld en individue glo dat hulle die bestaan van God en die riglyne van die Bybel kan ignoreer.
Op. 18:8 Daarom sal al die plae haar op een dag tref; pes, droefheid en hongersnood. Sy sal met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
Hierdie vers verwys na geskiedenis en na die huidige tyd. Dit verwys na al die oorloё in die drie en 'n halwe dag van die tweede millennium, maar dit verwys ook na die oorloё in die finale tyd van die eindtyd. Vuur het te doen met die tyd wat die mensdom bomme en missiele in oorlogvoering gebruik het. Die een dag dui die dag van die Here aan en dit dui die finale val van die nasies in die eindtyd.
Op.18:9-19 Die konings van die aarde wat onsedelik met haar gelewe en hulle daarin verlustig het, sal huil en te kere gaan oor haar wanneer hulle die rook sien soos sy verbrand word. Hulle sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word, en sal sę; "Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad Babilon, die sterk stad! In een oomblik het die oordeel oor jou gekom!" Die sakemanne van die aarde huil en kerm oor haar, omdat daar niemand meer is om hulle goed te koop nie; goue goed en silwer goed, edelstene en pęrels, fyn klere en helderrooi syklere, allerhande skaars soorte hout, allerhande dinge van ivoor en allerhande dinge van duur hout, van koper, van yster en van marmer, kaneel en speserye, wierook, reukolie en reukwater, wyn en olyfolie, koring en meel, beeste en skape, perde, waens en slawe en selfs die lewens van mense. Daar sal gesę word; "Hierdie produkte wat die lus van jou lewe was, is nou daarmee heen. Al die weelde en skittering is nou vir jou verlore en sal nęrens en nooit weer gevind word nie." Die sakemanne wat met hierdie goed handel gedrywe en so van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word. Hulle sal huil en kerm en sę: "Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad, uitgedos in fyn klere, pers en helderrooi en opgetooi met goud, edelstene en pęrels! In een oomblik is soveel rykdom verwoes!"/For in one hour so great riches have come to naught.
Al die skeepskapteins en almal wat ęrens heen vaar, die matrose en almal wat van die see lewe, het ver weg gestaan en het geskreeu toe hulle die rook sien soos sy verbrand word. Hulle het gesę: "Watter stad kon met die groot stad vergelyk word?" Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskreeu. Hulle het gehuil en gekerm en gesę: "Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad! Almal wat skepe op see het, het ryk geword van haar skatte. In een oomblik is sy verwoes!"
Neem kennis dat daar in hierdie verse drie keer van uur gepraat word. Die woord uur word herhaal aan die einde van elke gedeelte. Soos vantevore gemeld is die tyd van uur 24 jaar , sowel as die tyd soos ons dit ken, 60 minute. Hierdie vers kerm oor die energie wat die mens gebruik het om in sy lewensonderhoud te voorsien en handel te dryf deur die eeue. Hierdie energie sou nie lei tot die wysheid en kennis van God nie.
Openbaring meet ook die periode van drie "ure" deur die herhaling van die woord uur. Dit is dus die tydperk 72 jaar (24x3) Dit is die tydperk van drie ure na die Groot Depressie. Die tyd 1933 tot 1957, 1957 tot 1981, en 1981 tot 2005. Die laaste uur 1981 tot 2005 bring die tyd van oordeel. Op.10:10 "In een uur het u die oordeel gevel".
Die gekerm is oor die verlies van wysheid deur die weelderige lewenswyse van diegene in die groot stad. Dit word bekend gemaak deur die woorde verwoes. In Engels word die woorde “come to naught” gebruik. Dit gee vir ons 'n bietjie meer begrip oor wat hiermee bedoel word. 1 Cor.2:5,6 verduidelik vir ons dat die mens sy wysheid gesetel het in die mens en nie in God nie."sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God . Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir die wat daarvoor ryp is en dan 'n wysheid wat nie van hierdie węreld is of van die heersers van hierdie węreld nie, / How be it we speak wisdom among them that are perfect; yet not the wisdom of this world, nor of the princes of this world, that come to naught.
Die woorde, want in een uur is sy verwoes/for in one hour she is made desolate , wat drie keer herhaal word is, dui aan dat hierdie voorspoed en val in al drie dele van die aarde sal voorkom. Dit dui aan dat die hele aarde materiёle dinge sal najaag en so die wysheid van God sal verloor.
Die tydmeting van een uur was betekenisvol as ons na die gebeure van 11 Sept. 2001 kyk. Op een dag binne een uur, is die Verenigde Stade van Amerika, die magtigste nasie in die Westerse Węreld, aangeval, op paraatheid geplaas vir vyandige invalle en op die pad van konflik geplaas. As gevolg daarvan het die węreldmarkte getuimel. Hierdie dag was die begin van die finale tydmeting van 1260 dae en 42 maande. Van daardie tyd af sal daar oorlog in Afghanistan en Irak wees, die area van die Eufraatrivier. Dit is die blaas van die sesde trompet in die area van die Eufraatrivier.
Op. 18:20 Verheug julle daaroor hemel, en julle gelowiges, apostels en profete! God het die oordeel waarmee sy julle getref het, oor haar voltrek.
Dit kom voor asof die materiёle voorspoed van die nasies van die aarde in die tweede helfte van die twintigste eeu, bygedra het tot die verval van Christelike en morele waardes van die Christelike nasies. Dit is die mensdom se gesamentlike straf vir die dood van die apostels en profete in die vorige eeue.
Op.18:21 Toe het 'n sterk engel 'n groot klip, so groot soos 'n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesę: "So, met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en niemand sal hom ooit weer kry nie.
Om insig te verkry in hierdie vers, waar die woord klip voorkom, om vas te stel wat dit in die huidige tyd vir ons wil vertel, veral in die tyd van die magtige engele , moet ons na die Bybel gaan kyk om vir ons die betekenis van die woord klip duidelik te maak. Die woord klip word in die Bybel gebruik as 'n simbool om verskillende begrippe duidelik te maak. Die betekenisse is net geldig as dieselfde woord wat in Openbaring gebruik word ook in ander verse in die Bybel gebruik word.
In die Bybel kry ons die klip wat weggerol is by die ingang van die graf waar Christus se liggaam begrawe is. Mat.28:2 Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. Die woorde van hierdie vers dui op die tyd van die Opstanding van Jesus Christus. Die engel het die klip weggerol om die węreld te wys dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood. Deur die insig in die tydmeting van Openbaring, het hierdie woorde ook betrekking op die huidige tyd. Die tyd 26 Des. 2004 was die tyd van die groot aardbewing. Hierdie geweldige groot aardbewing het ook betrekking op die woorde van Jesus Christus. Mat. 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Jesus is dus lewendig om 'n aardbewing, wat reeds twee duisend jaar gelede deur Johannes voorspel is, eers in 2004 te laat plaasvind. Sy Opstanding en Sy Tweede koms word dus aangekondig met 'n geweldige aardbewing. Mat. 24:39 Hulle het nie besef wat aan die gang was nie totdat die vloed gekom het en almal meegesleur het. Net so sal dit wees by die koms van die Seun van die mens. Die Tzunami het onverwags in die ooste gekom en die mense weggesleur. Ons weet dus dat dit die tyd is dat die magtige engele die koms van Christus aankondig. (Op 10:1 en 18:1) Ons weet dit deur die kennis van tydmeting in Openbaring. Jesus Christus het opgestaan en alles wat Hy gesę het is die waarheid . Sy woorde open die boek Openbaring en bevestig ook die tydmeting in Openbaring. Hy was deur al die onrustige en gevaarlike tye van die twee millenniums met Sy Kerk gewees en Hy gaan binnekort terugkeer en weer aan die mensdom verskyn.
Die volgende skrifgedeelte wat ons moet bekyk is Jer.51:63-64 Wanneer jy hierdie boekrol klaar hardop gelees het, moet jy 'n klip aan hom vasbind en hom in die Eufraatrivier gooi en sę: "So sal Babilon wegsink en nie opkom nie, as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks," sę die Here. Huidiglik kan die woord klip in Openbaring en ook in Jeremia in die Ou Testament verbind word met die Ou Stad Babilon en met die Groot stad Babilon. Die groot stad Babilon is vandag die internetverbinde globale stad, wat die hele aarde insluit. As ons die simbole in Openbaring verbind aan die geskiedenis en die huidige tyd, kry die woorde van Openbaring 'n nuwe betekenis. (Ek maak alles nuut (Op.21:5) Wanneer die woorde van Jesus Christus verbind kan word aan die tydmeting van 1260 dae en 42 maande i.v.m. die eindtyd, dan is die boek Openbaring oopgemaak. (die klein boekrol Op. 10:2) Deur die woorde Eufraatrivier, verbind Openbaring die woorde van Jeremia aan die blaas van die sesde trompet en ook aan die tyd van die uitgooi van die sesde wraakbak. Dit is die gedeeltes in Openbaring waar die woorde Eufraatrivier voorkom. Dit sal in die tyd van die gebeure by die Eufraatrivier of oor die Eufraatrivier wees waar ons die finale teken sal sien oor die val van die groot stad.
Ons kan dus sien dat Openbaring deur die gebruik van die woord klip die tydmeting van Openbaring bevestig. Dit is die tyd 11 Sept. tot 22 Feb. 2005. Dit is die 1260 dae of 42 maande. Dit is ook die tyd van die blaas van die eerste ses trompette, sowel as die tyd van die magtige engele.
Die derde verwysing in die Bybel is die plek waar die tweede tempel van Salomo gestaan het in Jerusalem. Mat.24:1-2 Toe Jesus van die tempel af weggaan, het Sy dissipels nader gekom en Sy aandag op die tempelgeboue gevestig. Maar Hy antwoord hulle: "Sien julle al hierdie dinge? Dit verseker Ek julle; Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word" Let op die woorde afgebreek/thrown down. (Die woorde kom ook voor in Op.18:21)
Die woord klip is ook verwant aan die tien gebooie wat op klip tafels geskryf is. In die begin van die een en twintigste eeu het Amerika in 'n debat betrokke geraak in die parlement oor die verwydering van die tien gebooie op prominente plekke. Hulle dink dat dit onwettig is vir 'n nasie wat alle gelowe gelyk ag om die Tien Gebooie op prominente plekke uit te stal. Na al die seёn wat Amerika , as 'n Christelike nasie ontvang het is dit tragies. Ons het dus nou die tyd bereik waar die wil van God vervul is. Op.17:17 God het hulle gedagtes so gerig dat, wat hulle doen volgens sy bedoeling is, hulle het een en dieselfde doel voor oё en hulle stel hulle koningskap tot die dier se beskikking, totdat God Sy woorde in vervulling laat gaan het.
In Jes.28 :16 staan daar "Ek lę in Sion 'n hoeksteen" en in 1 Pet. 2:7 Die klip wat die bouers afgekeur het, het ek 'n hoeksteen gemaak.
In Deut.24:6 staan daar "Jy mag nie iemand se twee maalklippe as pand neem nie, selfs nie die boonste maalklip nie, want dan vat jy sy daaglikse brood as pand." Die feit dat die magtige engel 'n klip neem wat soos 'n meulsteen lyk, laat dit voorkom asof God die ekonomiese strukture, ten spyte van verliese, stabiel sal hou, sodat Hy vir die oorblyfsels van Sy Kerk kan voorsien in hulle daaglikse brood.
Die woord meulsteen kom ook in in Luk 17:2 voor "Dit is beter vir hom as 'n meulsteen(klip) om sy nek gehang word en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel." Die insig in die woord steen/klip wat van toepassing is op die huidige tyd, maak bekend dat die dinge wat nadelig is vir die boodskap van verlossing deur Jesus Christus, vir die kinders van die een en twintigste eeu, fataal sal wees. As ouers nie die boodskap van verlossing deur Jesus Christus aan hulle kinders oordra nie, sal dit fataal wees.
Hierdie nadelige invloede is;
dat die waarheid ontken word oor Christelike boodskap (wat gelyk gestel word aan ander gelowe);
dat Jesus Christus opgestaan het en weer sal terugkom ;
dat Jesus Christus die hoeksteen is van die Christelike kerk en net deur Sy bloed kan ons die Nuwe Jerusalem betree;
dat die Tien gebooie van die Ou Testament steeds belangrik is om die leerstellings van Christus na te volg. Daarom sal die tekens van die eindtyd nou in vervulling gaan.
Op.18:22 Die musiek van siterspelers en sangers, van fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen ambagsman van watter ambag ook al sal ooit weer in jou gekry word nie. Die gedreun van 'n meul sal nooit weer in jou gehoor word nie. Die lig van 'n lamp sal nooit weer in jou skyn nie. Die stemme van bruid en bruidegom sal nooit weer in jou gehoor word nie. Jou sakemanne was die heersers van die aarde en deur jou bedrog is al die nasies mislei. Babilon is skuldig aan die bloed van die profete en die gelowiges, almal wat op die aarde doodgemaak is./And the voice of harpers and musicians and of pipers and trumpeters, shall be heard no more at all in thee; and no craftsman of whatsoever craft he be, shall be found any more in thee; and the sound of the millstone shall be heard no more at all in thee. And the light of a candle shall shine no more at all in thee, and the voice of the bridegroom and of the bride shall be heard no more at all in thee; for thy merchants were the great men of the earth; for by thy sorceries were all nations deceived. And in her was found the blood of prohets and of saints and of all that were slain upon the earth.
Die woorde, die musiek van die siterspelers (voice of harpers) van sangers, van fluitspelers en trompetblasers, sal nooit weer in jou gehoor word nie, verwys na die tydperk van die een en twintigste eeu. Die simbole kom uit die Bybel en dit vertel aan ons dat die vervulling van die profesie in die Bybel, sal nie deur gesprekvoering, besprekings of musiekinstrumente aan die moderne mens bekend gemaak word nie. Hierdie dinge sal ook nie tot die eer van God, onder wie se beheer die nasies is, aangewend word nie. M.a.w. niemand sal oor die vervulling van die profesie in die Bybel praat of sing nie.
Die woorde geen ambagsman van watter ambag ookal sal nooit weer in jou gekry word nie. Die gedreun van die meulsteen sal nie meer in jou gehoor word nie, beteken dat die masjienerie van die “groot stad” die ambagsman vervang het.
Die woorde die stemme van die bruid en die bruidegom sal nooit weer in jou gehoor word nie, beteken dat vrye geslagtelike verkeer en promiskuďteit , die heiligheid van die huwelik vervang het tussen 'n man en 'n vrou in die “groot stad”.
Hierdie verse toon aan dat die hele węreld sal weet wanneer die groot stad geval het. Sekere van hierdie simbole kan ons reeds vandag waarneem. Die vry en weelderig leefwyses in 'n vooruitstrewende gemeenskap, het die fokus geplaas op materiёle voorspoed , en dit het daartoe gelei dat boos goed genoem word en goed word boos genoem. (Jes.5:20)
Wanneer die finale tekens van die eindtyd waargeneem kan word, sal dit die simbool wees, van die klippe wat uitroep. (Hab.2:11 Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het....) In Luk.19:40 Maar Hy antwoord: "Ek sę vir julle. As hulle stilbly, sal die klippe uitroep."
Die woorde die bloed van die profete en die gelowiges , verwys na die misleiding van die nasies en die finale val van die “groot stad”. Finansiёle verval en morele verval. Dit is die toorn en wraak van God wat oor die nasies gebring is, oor die dood van diegene wat die Christelike geloof uitgedra het en wat doodgemaak is op die aarde.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]