Hfst..19 - Die oordeel

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on April 03, 2011 at 11:20:29:

HOOFSTUK NEGENTIEN
Die oordeel

Hierdie hoofstuk begin by die tydperk wanneer die groot prostituut geoordeel word. Dit is 'n tydperk wat nie te ver in die toekoms sal wees nie. In Op.19:11 verwys Openbaring weer 'n keer na die ruiter op die wit perd. Wat wil Openbaring beklemtoon in die tydperk na 2005? Dit is die feit dat dit deur die beheer van die Drie-enige God oor die regering van die nasies is en in die tyd van die opkoms van die Christelike kerk is, dat God toegelaat het dat 'n Christelike leierskap ontstaan, in die eerste millennium in Europa. Gedurende daardie tyd en ook in die tyd van die tweede millennium is die nasies regeer deur 'n ysterstaf/rod of iron. (Op.12:5 en 19:15) God het die ysterstaf waarmee Hy die nasies regeer. Dit is Sy onmiskenbare beheer wat Hy oor die nasies uitoefen.
In Op.19:17 begin Openbaring met die tydperk van Jan.2004. Dit is die tydperk toe die voёlgriep in die ooste uitgebreek het. Miljoene voёls is geslag en groot hoeveelhede siek voёls het op die aarde geval. Dan verskuif Openbaring die fokus na die tydperk van die straf van die groot prostituut. Dit is die tydperk wat begin in 2004, maar ons kan dit nie meet nie. Die enigste riglyn wat ons het, is die tyd van die voёlgriep, wat verbind word met die woord middel/in the midst. Ons is in staat om die middelpunt te meet, maar ons weet nie wanneer hierdie tydperk begin het nie.
Op.19:1-2 Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid (groot stem) van 'n groot menigte in die hemel wat uitroep: "Prys die Here! Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God! Regverdig en reg is sy oordele, want Hy het die oordeel voltrek oor die sedelose vrou wat die aarde deur haar onsedelikheid verwoes het. Hy het die dood van sy dienaars op haar gewreek.
In die begin van Openbaring is gemeld dat God nog altyd geweet het hoe lank dit sal neem van die eerste koms van Christus af, tot by die eindtyd en die terugkeer van Jesus Christus. Hierdie kennis word bevestig deur die woorde in Jes.46:10 Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sę wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek./ I make known the end from the beginning, from ancient times, what is still to come. I say, My purpose will stand and I will do all that I please. In hierdie hoofstuk sal Openbaring weer 'n keer begin by 'n tydperk in die toekoms. Dit sal die tyd wees wanneer diegene wat in die hemel woon die goedheid en geregtigheid van God sal verkondig.
Openbaring begin by 'n punt in die toekoms wat ons nie kan meet nie. Dit is die tyd wanneer God die groot prostituut, wat die groot stad is, sal oordeel . In die vorige hoofstuk het ons geleer wie die groot stad is. Soos voorheen gemeld begin Openbaring in sommige hoofstukke by 'n tydperk in die toekoms en gaan dan na die begin van 'n spesifieke tydperk. Vandag, met ons kennis van Openbaring en die tydmeting in die geskiedenis, en die bevestiging in Openbaring, weet ons dat die groot prostituut op ‘n sekere tydstip in die geskiedenis, gestraf sal word. Met ons kennis van tydmeting en die simboliek van Openbaring, kan ons vandag bepaal wanneer hierdie tydmeting begin.
Neem kennis van die woord harde(groot) stem. Dit kom voor asof dit die einde is van die uitgooi van die sewende wraakbak. Dit is in daardie dele waar ons die woord “groot” vind. Dit kom sewe keer voor in die uitgooi van die sewende wraakbak.
Neem ook kennis van die woord menigte (mense). Hierdie woord menigte (mense) bevestig dat dit diegene is wat gesterwe het in die Christelike geloof en in die hemel is. Hierdie mense wat in die hemel is, is uitbundig van blydskap. Dit is die tyd dat Almagtige God die groot prostituut gaan oordeel. Openbaring maak die tyd bekend wanneer God die dood van die gelowiges gaan wreek.
Op.19:3-4 Verder het hulle uitgeroep: Prys die Here! Haar rook styg tot in alle ewigheid op." Die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het gekniel en God aanbid wat op die troon sit. Hulle het gesę: Amen! Prys die Here!
Deur die woorde, haar rook styg tot in alle ewigheid op, moet ons ag slaan daarop, dat die woord rook gebruik word om aan te toon dat die groot stad val. Om dit te verstaan moet ons na die vorige verse in Openbaring gaan kyk. In Op.8:4 word die woord gebruik om aan te toon dat die gebede van die gelowiges voor God se troon opstyg, gemeng met wierook en die engel gee dit met sy hand aan. Dit was die begin van die tydperk 1260 dae, wat begin het met 11 Sept. 2001. Die woord rook word ook gebruik in Op.9:2 en daar het rook opgestyg uit die bodemlose put. Dit was die tydperk van die kort tydjie (short season) wanneer Satan finaal op die aarde gegooi is. Hierdie hoofstuk meet 'n tydperk wat begin by 11 Sept. 2001 en eindig in die tydperk van 1260 dae, sowel as die tydperk van die buitekant/outer court, wat ons nie kan meet nie.
Deur die herhaling van die woorde styg tot in alle ewigheid op in Op.14:11 en Op.19:3 kan ons weet dat dit die tydperk is, wanneer die finale val van Babilon plaasgevind het, Die woorde van Op.16:19 en God het groot Babilon onthou , val in die tydperk van die sewende wraakbak, en dit word bevestig dat die groot prostituut geoordeel is, wanneer Babilon finaal val. Teen daardie tyd het God die dood van die gelowiges gewreek.
Op.19:5 Toe het daar 'n stem van die troon af gekom wat gesę het: "Loof ons God, al Sy dienaars, die wat Hom vrees, klein en groot!"
Ons weet teen hierdie tyd dat die woorde klein en groot, verwant is aan die tyd 2004. Dit was die jaar toe klonering (klein) gewettig is in Engeland (voorheen Christelike land). Dit was ook die tyd van die groot aardbewing op 26 Des. 2004. Dit was nie net 'n groot aardbewing nie, maar het ook die tydmeting van Openbaring bevestig. Dit is vanaf die Geboorte van Christus +/- 4vC tot Kersfeestyd 2004. Daarom was dit die grootste teken wat nog ooit aan die mensdom gegee is. (Op.16:18 ...soos daar nog nie was vandat die mense op die aarde gekom het nie, so 'n geweldige groot aardbewing was dit). Dit wil voorkom asof Openbaring bevestig deur die woord stem, dat dit die laaste keer sal wees dat ons die tyd kan meet.
Deur die woorde, Prys God al die dienaars en die wat Hom vrees, maak Openbaring bekend dat diegene wat steeds gelowig is in die tydperk 2005 en daarna, die eindtekens sal kan herken en waarneem. Hulle ken God en vrees Hom en daarom sal hulle agterkom dat Openbaring waarsku teen menslike klonering en dat dit nie ligtelik opgeneem moet word nie. Diegene wat God nie ken en vrees nie, sal dink dat die mens se vryheid alles toelaat. Diegene wat nog gelowig is, sal die subtiele bekendmaking van Openbaring verstaan. Waarom? Omdat Jesus Christus sę dat hy soos 'n dief sal terugkom. As die tekens nie subtiel is nie, sal almal, selfs die ongelowiges weet van Christus se terugkoms. Omdat die koms van Christus die grootste gebeurtenis ooit was, sal die gelowiges die betekenis van die groot aardbewing naby kersfees in 2004, verstaan.
Op.19:6 Ek het toe iets gehoor soos die geluid (stem) van 'n groot menigte, soos die gedruis (stem) van 'n groot watermassa en soos die gedreun (stem) van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: "Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige heers nou as koning./And I heard as a voice of a great multitude, and a voice of many waters, and as the voice of mighty thunderings, saying, Alleluia; for the Lord God omnipotent reigneth.
Openbaring maak bekend dat almal uiteindelik die tydmetings (stem/voice) sal verstaan, asook die simboliek van Openbaring. Hulle sal verstaan dat die stem van 'n groot watermassa, beteken die tydperk dat baie nasies mislei is. Op. 17:15 en die watermassa wat jy gesien het, waar die groot prostituut sit, is nasies, volke, stamme en tale. Hulle sal ook verstaan dat die stem soos magtige deunings, verwant is aan die 1260 dae. Dit is die tydperk van weerligte, deunings en 'n groot aardbewing. Die tyd van die dreunings is ook die tydperk dat Jesus Christus deur die magtige engele openbaar is. (magtige dreunings.)
Op.19:7-8 Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek en Sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. God het haar vergun om fyn, helder, blink klere aan te trek. Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges. /Let us be glad and rejoice, and give honour to Him for the marraige of the Lamb is come, and His wife hath made herself ready. And to her was granted that she should be arrayed in fine linen, clean and white, for the fine linen is the righteousness of the saints
Die woord bruilof maak die finale eenheid van Jesus Christus met die Christelike Kerk bekend. Dit is die tyd van die terugkeer van die Lam. Die bruid is diegene wat hulle klere gewas het in die bloed van die Lam. Dit is diegene wat die leerstellings van Jesus Christus navolg en wie se sondes Hy vergewe het deur Sy groot offer aan die kruis.
Op.19:9 Toe sę die engel vir my: "Skryf op; Geseёnd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is." Verder sę hy vir my: "Dit is die woorde van God en hulle is waar."
Hierdie vers maak bekend dat diegene wat glo dat die Bybel geïnspireer is deur Almagtige God, sal uitgenooi word na die bruilof van die Lam. Dit kom voor asof Openbaring ons wil meedeel, dat Openbaring net verstaan kan word, as ons glo dat dit wat in die Bybel geskryf staan, die waarheid is. Slegs met hierdie geloof kan die simboliek van Openbaring verbind word met die tye en geskiedenis van die Christelike nasies. Openbaring se simboliek kan net finaal verstaan word deur die verwysings in die Bybel.
Op.19:10 Toe het ek voor sy voete op my knieё neergeval om hom te aanbid. "Pasop, moenie!" sę hy toe vir my. "Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Aanbid God, want dit is Jesus wat die getuienis gelewer het en dit is die Gees wat die profesie gegee het./ And I fell at his feet to worship him. And he said unto me. See thou do it not; I am thy fellow servant and of thy brethren that have the testimony of Jesus: worship God, for the testimony of Jesus is the spirit of prophecy.
Openbaring maak bekend dat nie 'n engel of enige ander persoon Openbaring kon opstel nie. Dit is slegs die Drie-enige God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees (dit is die Gees wat die profesie gee) wat insig aan die gelowiges sal gee om Openbaring te kan verstaan en ook om die tydmetings van Openbaring te verstaan. Dit is die Gees wat insig gee om te verstaan dat die woorde van Jesus Christus die boek Openbaring oopmaak.
Op. 19:11-13 Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy ruiter word die Getroue en die Betroubare (getrou en waar) genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. Sy oё het soos vuur gevlam en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was 'n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was en Sy naam is: "Die Woord van God."
Hierdie woorde maak die tyd bekend dat die nasies sal begin om die finale tekens van die eindtyd waar te neem en begin besef dat die woorde van Jesus Christus en Openbaring getrou en waar is.
Die woorde getrou en waar, word uitgebrei en vergroot deur herhaling. Op.22:6 Toe sę die engel vir my: "Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur. Openbaring toon aan dat die ruiter op die wit perd Jesus Christus is, maar gee ekstra inligting, deur die begrip van Op,.22:6 toe te pas op die totale insig oor Openbaring. Die woorde van Jesus Christus is betroubaar en waar en die woorde van die profete is betroubaar en waar. Ons staan op die oomblik op die vooraand van die finale tekens van die terugkeer van Jesus Christus. Openbaring bewys dat die woorde van die profesie van Openbaring betroubaar en waar is. Dit is nie moontlik om die simboliek van Openbaring te begryp as dit nie deur die Gees aan ons duidelik gemaak is nie. Vir twee duisend jaar kon Openbaring net gedeeltelik verstaan word en die insig wat die vorige geslagte in Openbaring gehad het, het hulle geïnspireer en bemoedig. Toe het God deur 'n Goddelike ingryping die seёls oopgemaak om insig aan die mense te gee, dat Openbaring verwant is aan spesifieke tye in die geskiedenis van die Christelike Kerk van die afgelope twee millenniums. Dit is egter deur die standvastige geloof in Jesus Christus en dat Sy woorde betroubaar en waar is , dat die volledige Openbaring verstaan kon word. Dit kon net gedoen word onder die leiding van die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die Gees van die waarheid.
Teen die einde van Openbaring is die belangrikste kenmerke, die woorde wat Jesus Christus gespreek het op die aarde, want dit maak tydmeting bekend. (Joh.2:19 ...verwoes die Tempel en in drie dae sal Ek dit weer oprig.) Die woorde van Jesus Christus bevestig ook die tydmeting. (Mat.24:27 Soos weerlig uitslaan in die ooste en skyn tot in die weste, so sal die koms van die Seun van die mens wees.) Dit bevestig die tydmeting van 1260 dae.
Die simboliek van hierdie gedeelte is gebruik om die volle betekenis van die opening van die eerste en tweede seёls van Openbaring te verstaan. (Op.6:1-4) Die rede waarom Openbaring hierdie inligting op hierdie spesifieke plek plaas, is om aan te toon dat Jesus Christus saam met Sy mense was in die onstuimige tye in die geskiedenis van die kerk. Hy was in beheer van die nasies van Europa, wat in die eerste millennium, d.m.v. oorlog , 'n Christelike leierskap tot stand sou bring. (in regverdigheid sal Hy oordeel en oorlog maak. Sy oё is soos vuurvlamme en op Sy kop is daar baie krone). Soos gemeld in die analisering van die Ruiter op die wit perd, en deur die woorde Woord van God, is dit Origen wat in 216nC., die formulier sou opstel dat die Vader, Seun en Heilige Gees van een substansie is. Dit is hierdie konsep wat die waarheid van die woord sou inkorporeer, dat die Woord deel was van God en by God was, van die skepping van die węreld af. Hierdie gedeelte belig vandag en voor die finale tekens van die eindtyd, die belangrike kenmerke om Openbaring te kan verstaan.
Op. 19:14 Die leёrs van die hemel het op wit perde agter Hom aangery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad.
Hierdie vers dui aan dat diegene wat geveg en gedood is vir die Christelike geloof, nou deel is van die hemelse leёr van God. Diegene met fyn, helder, wit klere, is diegene wat hulle klere gewas het in die bloed van die Lam. Dit is diegene wie se sondes vergewe is deur Christus se bloed aan die kruis.
Op 19:15 Uit Sy mond het daar 'n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref en Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige.
Die woorde van Jesus Christus en die Skrif, sal diegene wat die geloof hoog ag, beskerm met 'n skerp swaard, deur middel van die beheer wat die Drie-eenheid oor die nasies sal uitoefen. Die woord ystersepter, is dieselfde woord wat gebruik word in Op.12:5, waar die woord manlike kind ook voorkom. Hierdie woorde dui aan dat daar in die tweede millennium 'n nuwe regering sal ontstaan, en dit is die regering van die mens. Hier dui Openbaring aan dat Hy veral in daardie tye, die nasies regeer het met 'n ystersepter. Ons het in die vorige hoofstukke gesien dat God kwaad is oor die dood van Christene. Die woorde Hy sal die parskuip trap vir die wyn, is verwant aan die simboliek van die finale wraak van God. (Op.14:10 ,14:20 en 16:19)
Op. 19:16 Op Sy klere, by Sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: "Die Koning van die konings en die Here van die heersers."
Drie-enige God was in beheer van die tyd toe die eerste Christene tot bekering gekom het en Hy sal in beheer bly tot die terugkeer van Jesus Christus. Hy het beheer uitgeoefen oor die regeerders van die Christelike Kerk en die Christelike nasies.
Op. 19 : 17 Toe het ek 'n engel by die son sien staan. Hy het met 'n harde stem uitgeroep en vir al die roofvoёls, wat hoog in die lug vlieg, gesę: "Kom, kom bymekaar vir die groot feesmaal wat God gereed maak./And I saw an angel standing in the sun; and he cried with a loud voice, saying to all the fowls that fly in the midst of heaven, come and gather yourselves together unto the supper of the great God.
Hierdie vers se tydmeting is die tydperk Des. 2003 - Jan 2004. Dit was die tydperk van die voёlgriep in die Ooste. Gedurende Jan 2004 het die voёlgriep oor Asiё versprei en a.g. daarvan is tot 50 miljoen voёls vernietig. Daarby het tot 10,000 voёls op die aarde geval in die oostelike provinsie Jiangsu. Die meeste van hierdie voёls was dood voordat hulle die grond getref het.
Die woorde harde stem , maak bekend dat dit die tydperk is wat die trompette geblaas het. Teen Jan 2004 het miljoene pluimvee en voёls die virus opgedoen. Die lesers sal onthou dat die finale verdonkering van die son en die maan in een maand, plaasgevind het in Nov. 2003. (Son- en maansverduistering in een maand. Dit kom net een keer elke 400 jaar voor.) Dit het plaasgevind in die tydmeting van vyf maande. Dit was Aug. 2003 tot Des. 2003. Des. 2003 was ook die tydperk van die opening van die sesde seёl. (Op. 6:12) Die insig in die opening van die sesde seёl, maak die begrip van donderweer, weerligte en 'n groot aardbewing bekend. Dit was ook die tyd van die blaas van die trompette.
Die engel wat by die son staan, maak bekend, aan 'n węreld wat simbolies in donkerte gehul is, dat die tekens van die eindtyd direk van God se troon af sal kom. Dit sal gebeur in die finale tydperk van hemel en dit is ook die tyd van die buitekant/outer court. Hierdie tekens kom van die Drie-enige God af en dit is waarom Openbaring sę dat die engel by die son staan. Dit is die terugkeer van die Son van geregtigheid. (Mal. 4:2)
Die woorde van Openbaring is simbole wat uiteindelik die hele betekenis van Openbaring onthul. Wanneer spesifieke woorde na die Skrif geneem word, kry ons die betekenis van die woord en dit kan dan verbind word aan die tydmeting en betekenis van Openbaring.
As ons kyk na die woorde voёls hoog in die lug/fowls that fly in the midst of heaven , kom ons agter dat dit verwant is aan twee verse in die profesiё van Sefanja en Hosea. Sef. 1:3 Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier, aan voёls en visse. Hos. 7:12 Ek sal hulle soos voёls neertrek. Ek sal hulle vastrek sodra ek die gedruis van die swerm hoor. In Sef. is hierdie woorde deel van die aankondiging van God se oordeel oor die volk van Juda. In Hos. is dit deel van 'n aanmaning oor baie sondes.
Dit is belangrik om kennis daarvan te neem in die verhouding tot Openbaring. Die woorde ek sal 'n einde maak aan die voёls van die hemel , is deel van 'n universele oordeel. Dit is belangrik, want Openbaring maak universele oordeel bekend. Kyk na Sef.1:2-3 Ek gaan 'n einde maak aan alles op aarde, sę die Here. Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier, aan voёls en visse. Ek gaan 'n einde maak aan die wat mense laat struikel het en aan die goddeloses. Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sę die Here.
Op.19:18 Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die (kapteine) opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja, die vleis van allerhande mense; vryes en slawe, klein en groot./That ye may eat the flesh of kings, and the flesh of captains, and the flesh of mighty men, and the flesh of horses and of them, that sit on them and the flesh of all men, both free and bond, both great and small
Die tekens van die eindtyd sal aanhou, totdat die leiers van die nasies op 'n sekere tydstip sal agterkom dat dit die tekens van die eindtyd is en dat ons binne in die eindtyd is.
Die gedeelte oor die opening van die sesde seёl, wat die tydmeting Aug. tot Des. 2003 aandui, word opgevolg deur die woorde van Op.6:15 en die konings van die aarde (kapteine), die hoofamptenare en die opperbevelhebbers, die rykes en die magtiges, ja al die mense, slawe en vryes, het in die grotte en onder die kranse van die berge weggekruip". In Op.19:17 is daar 'n herhaling van die volgorde – konings, kapteine, rykes, slawe en vryes. Hierdie vers volg op Op.19:17, wat verwant is aan die voёls vlieg hoog in die lug/all the fowls that fly in the midst of heaven. Dan volg die volgende vers Op.19:18 kom eet die vleis van die konings, van die kapteine (opperbevelhebbers) die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja die vleis van allerhande mense, vryes en slawe, klein en groot.
In die boek ”How near Armageddon" van Dr. Janson kan ons kennis neem van die navorsing wat sy gedoen het oor die geskiedenis en die korrelering met Openbaring. Daarin maak sy die opeenvolging bekend wat in Op.6:15 verskyn. Hierdie opeenvolging verwys na die regering van die Christelike nasies en die nasies wat weg beweeg het van die regering van konings, (vanaf Konstantyn in die derde tot vierde eeu tot die laaste konings in Europa) en daarna na skeepskapteine, wat die ontdekkings na nuwe lande gelei het, tot uiteindelik na die magtige mense van die twintigste eeu. Die perde van die Apokalips is vasgestel op sekere datums in die geskiedenis. Hierdie progressie wat van die regering van die konings, na die regering van die mense, sou beweeg, sou 'n skeiding bring tussen die staat en die kerk. Dit sou weer 'n geleidelike afvalligheid van die geloof meebring. Vandag glo die mense nie meer dat die weg na die Vader deur Jesus Christus is nie.
Die herhaling van die woorde konings, kapteine, magtige manne, ens., is betekenisvol, want herhaling in Openbaring;
(a) maak betekenis duidelik,
(b) is verwant aan dieselfde tydperk en
(c) maak bekend dat die nasies dieselfde foute herhaal, waar hulle die die afgelope 2000 jaar gefaal het.
Die herhaling van die woorde konings, kapteine, magtige manne, ens., in Op.19:17, maak die insig in die betekenis groter , om die wraak van God bekend te stel. Hierdie wraak neem die vorm aan van plae oor diegene wat direk of indirek verantwoordelik was d.m.v. oorloё of ander middele, om die outoriteit van die leerstellings van Jesus Christus en die regering van die Christelike nasies, te vernietig. (oorlog maak teen Hom wat op die wit perd sit en teen Sy leёrs.)(Op.19:19)
Die masiewe uitwissing van die voёls in die Verre Ooste, het gevolg op die tekens van die sesde seёl. (Op.6:15) Dit lyk asof Openbaring die opening van die sesde seёl (Op.6:15), verbind aan dit wat bekend gemaak word in Op.19:17-18. U moet oplet dat die woorde groot en klein nie in Op.6:15 verskyn nie, maar wel in Op.19:17. Is dit 'n indikasie dat daar gepeuter is met die akuraatheid van Openbaring en waarom die wraak van God deur die eeue op diegene was wat woorde uit Openbaring sou wegneem of byvoeg? (Op.22:18-19)
Die byvoeging van die woorde groot en klein, tot die progressie van die woorde, konings, kapteine en magtige manne, bevestig die jaar 2004. In die boek "How near Armageddon" word dit uiteengesit, hoe die woorde klein en groot, ryk en arm en slaaf en vry, verwys na die tydperk van 144 jaar. (1860 tot 2004). Hierdie tydmeting word agteruit gemeet soos volg:
a) Die woorde groot en klein, dui op 2004, toe die groot aardbewing by Sumatra plaasgevind het op 26 Des. 2004 en toe klonering gewettig is in Engeland.(Christelike land)
b) Die woorde ryk en arm, dui op die jaar 1932, toe die aandele beurs geval het en dit die groot Depressie tot gevolg gehad het.
c) Die woorde, slaaf en vry dui op die jaar 1860. Dit is die tyd van die Amerikaanse burgeroorlog toe die slawe vrygelaat is.
Ons sien dus nou dat die betekenis en insig van Openbaring bymekaar gebring kan word deur die woorde van Openbaring.
Op.19:19 Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leёrs bymekaar gekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen Sy leёrs.
Dit kom voor asof ons nou in die tydperk is dat die nasies finaal bymekaar gemaak word vir Armageddon.
Op.19:20 Die dier is toe gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die wondertekens vir die dier gedoen het en daarmee die mense mislei het, wat die merk van die dier aanvaar en sy beeld aanbid het. Hulle twee is lewend in die vuurpoel gegooi wat met swael brand.
Dit kom voor asof dit wat in die finale aanslag sal gebeur, ook uiteindelik aan die nasies bekend sal maak dat hulle deur die diere van Openbaring mislei was.
Op. 19:21 En die ander mense is doodgemaak met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van die Ruiter op die wit perd. Al die roofvoёls het hulle dik geёet aan die vleis./ And the remnant were slain with the sword of Him that sat upon the horse, which sword proceed out of His mouth; and all the fowls were filled with their flesh.
Op hierdie tydstip weet ons nog nie wat hierdie vers in Openbaring bekend wil maak nie. Ons moet wag en sien.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]