Hfst. 20 - Kort tydjie

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on April 17, 2011 at 14:09:35:

HOOFSTUK TWINTIG
Die Kort tydjie

Soos voorheen gemeld is Openbaring 'n konstruksie van woorde en simbole om betekenis en insig te gee. Deur hierdie woorde en simbole te verbind aan tyd, kry ons groter insig in dit wat Openbaring bekend wil maak. In hierdie hoofstuk, waar sekere woorde herhaal word in Openbaring , word dit gedoen om tydmeting te bevestig.
Hierdie hoofstuk handel grootliks oor die tydmeting van die kort seisoen (kort tydjie). Dit kom voor asof dit die laaste tydmeting is wat gemeet kan word. Dit is voor die tydmeting van die finale tyd van die buitekant/outer court wat ons nie kan meet nie, die tyd wat bekend gemaak word deur die tekens van die eindtyd.
Dit lyk asof die tyd van die buitekant/outer court ook deel is van die woord hemel in Openbaring. Die woord hemel is die finale tydperk wat direk onder die beheer van die Drie-enige God staan wanneer die tekens direk van die troon af kom. Die woord hemel verteenwoordig die tyd wat ons eers sal kan meet, wanneer ons die finale tekens gesien het. Net soos die woord troon, die finale tyd aandui, net so het die woord hemel, dieselfde funksie. Onthou dat die woord troon, beteken dat in die eindtyd sal die mensdom bewus gemaak word van die outoriteit van God van die troon af op die gebeure (tekens) op die aarde. Die mensdom sal bewus raak daarvan dat daar 'n God is wat die dinge wat op die aarde gebeur, bestuur van die troon van God af. Die woord hemel, verteenwoordig die tyd wat ons nie kan meet nie, omdat die tekens direk van die troon in die Hemel af kom. Die enigste inligting wat Openbaring op hierdie tydstip gee, is dat daar 'n middelpunt in die hemel is. Hier moet ons die Engelse vertaling aanhaal. Op.8:13 en 19:17 fowls that fly in the midst of heaven. Hierdie middelpunt word geplaas op Jan. 2004, toe vyftigduisend en meer vo忸ls vankant gemaak moes word a.g.v. vo忸lgriep in die Verre Ooste. Ons weet nie presies wanneer hierdie tydperk van hemel begin het nie en ook nie wanneer dit sal eindig nie. Ons weet egter dat dit gemeet sal kan word deur die tekens van die eindtyd. Let op die volgende vers in Jer.31:37 So s那 die Here: " As die hemel daarbo afgemeet kan word en as die fondamente van die aarde daaronder vasgestel kan word, sal Ek die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het," s那 die Here. Die tydperk van die hemel, kan gesien word as die tyd wat God die finale tye en tekens van die eindtyd bestuur en beheer. As ons dit in gedagte hou sal die insig in sommige verse baie makliker wees.
Hierdie finale hoofstukke van Openbaring kan net verstaan word met 'n totale kennis van die simboliek van Openbaring. Die engel wat neerdaal uit die hemel uit, maak die tyd van die draak, die dier en die bodemlose put , bekend. Die doel van hierdie hoofstuk is dat Christene insig sal verkry oor die tydperk wat die Christelike nasies mislei was. Die doel is ook om te weet dat die misleiding van Satan op die oomblik op sy hoogtepunt is.
Op. 20:1 Toe het ek 'n engel uit die hemel uit sien kom met die sleutel van die onderaardse diepte (bodemlose put) en met 'n groot ketting in sy hand.
Neem kennis dat hierdie engel van die hemel af kom. Die woorde engel uit die hemel uit sien kom, verwys na dieselfde tydperk as ander verse waar dieselfde woorde, engel kom uit die hemel uit, verskyn. Hierdie woorde verskyn vir die eerste keer in hoofstuk 10. Hoofstuk 10 vertel van die sewe donderslae en van die klein boekie in die engel se hand. Dit kom ook voor in hoofstuk 18:1 waar dit vertel van die val van die groot stad Babilon. Ons sien dus dat die kort tydjie , die tydperk is wanneer die boek Openbaring (klein boekie)oopgemaak is en verstaanbaar gemaak is vir die mense. Dit is ook die begin van die tydperk van die finale val van die groot stad.
Die engel gaan die tyd van die onderaardse diepte/bodemlose put bekend maak. Die enigste manier waarop ons insig kan verkry in die woorde, sleutel van die onderaardse diepte, is as ons die kennis het om die betekenis van die woorde in ander verse te kan verstaan.
Die insig in hierdie hoofstuk, l那 in die gebruik van die woord sleutel, in Luk 11:52 "Wee julle wetsgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder."
Ons kan dit vandag duidelik waarneem uit die wetlike argumente van die geleerdes, wat die regte van die mense verdedig, al is hierdie regte in botsing met die Leerstellings van God. Met die totale skeuring en breuk tussen die Christelike Kerk en die staat, dra die Leerstellings en wette van God nie meer gewig oor wat individue as "menseregte" beskou nie. Dit kan toegepas word op aborsie, huwelike tussen mense van dieselfde geslag, ontwerpers babas en menslike klonering en sintetiese skep van lewe. Omdat hierdie "regte" nou opgeneem en afdwingbaar is deur die wet van 'n land, kan ons sien dat die tyd van die heidene besig is om in vervulling te gaan en daarom begin ons nou die tekens van die eindtyd sien. Die woorde tyd van die heidene, beteken dat die Christelike lande nie die Christelike leerstellings bevorder nie, maar eerder die leerstelling van die(ongelowige) mense. Hierdie mense is dan gelyk aan heidene.
Die woord sleutel word ook in Op.9:1 gebruik. Die vyfde engel het toe op sy trompet geblaas. Ek het 'n ster gesien wat van die hemel af op die aarde geval het en die sleutel van die skag na die bodemlose put is aan hom gegee. Hy het toe die skag na die bodemlose put oopgemaak en daar het rook uit die skag opgestyg soos die rook van 'n groot oond.
U sal onthou toe ons hierdie verse bestudeer het dat die tyd van die blaas van die vyfde trompet, ook die oopmaak van die vyfde se忸l is. Dit was die tydperk van 2002. Dit was die tydmeting van 1200 dae uit die tydmeting van 1260 dae. Dit het gestrek van 11 Sept.2001 af tot 26 Des. 2004. Dit is die rede waarom die tydperk rook van 'n groot oond, geplaas is op die tyd van 11 Sept. 2001.
Die tyd 2002 was die tydperk toe die nasies mislei was om te dink dat die Wette van die Staat, bo die Wette van God, staan. Ons sien dit deur die wettiging van huwelike tussen mense van dieselfde geslag, wat nou aanvaarbaar word in al hoe meer lande, sowel as die feit dat menslike klonering gewettig is in Engeland in 2004.
Die engel gaan die tye bekend maak toe die nasies mislei was deur die mens. Dit is wat die simbool van die woord ketting, aan ons bekend wil maak. In die Skrif kry ons verwysings wat te doen het met die woord ketting.
2 Pet.2:4 kettings van duisternis.
Eks. 39:15 hulle het ook vir die borstuk gedraaide kettings gemaak.
Kla.3:7 Hy het 'n muur om my gebou, ek kan nie uitkom nie, Hy het vir my swaar bronskettings aangesit.
Deur hierdie verwysings kan ons agterkom dat die woord ketting, verwant is aan die woorde borsstuk, donkerte en gevangenisskap in die tyd van die wraak van God (volgens die gedeelte in Klaagliedere waaruit hierdie vers geneem is.) Hierdie verse gee vir ons die insig in die woorde groot ketting in sy hand.
Eerstens is dit verwant aan gevangenis (swaar kettings). Die verse in Openbaring wat te doen het met gevangenis is Op.13:10 As iemand krygsgevangenis maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Op. 13:1-10 verwys na die dier uit die see. Dit is dus die tyd toe die nasies geleidelik onder die invloed van die dier uit die see gekom het. Dit was die oorgangstydperk van die regering van Konings na die regering van die mense. Dit het gelei tot die geleidelike weg beweeg van die Christelike leierskap onder die leiding van die gesalfde koning en die Christelike Kerk. Hierdie geleidelike vryheid van die gebondenheid aan die Bybel, sal 'n gevangenskap van die nasies meebring deur die draak, dier en satan. Hierdie gevangenskap sal van so 'n aard wees dat die nasies dit nie eens sal agterkom, dat hulle in die gebondenheid van die Satan is nie. Hulle sal mislei wees.
Hierdie gevangenskap of gebondenheid kan gesien word in diegene wat nie meer glo dat die Christelike leefwyse die korrekte wyse is nie. Natuurlik sal ons dikwels foute maak, want ons het steeds ons sondige natuur. Daar is egter vergifnis deur belydenis van sondes en deur deel te neem aan die Nagmaalstafel. Ongelukkig is ons reeds ver gevorder in hierdie donkerte van gevangenskap en gebondenheid. Op.22:11 s那 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen, en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en die wat regverdig is, laat hom nog regverdiger word; en laat die wat heilig is, nog heiliger word. Hier word ons bewus gemaak van kontras. onreg, vuil teenoor regverdig en heilig. Ons sien dat hulle in kettings van donkerte is, teen die kontras van die helder kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem. Die Nuwe Jerusalem toon 'n ooreenkoms met die borsstuk van die ho忸priester van die Ou Testament.
Die leser verstaan nou dat die kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem geplaas moet word op die tyd van die generasies (geslagte) van die tweede millennium. In hoofstuk 21 word ons van die Nuwe Jerusalem vertel. Tot in 1996 het ons dit net verstaan as die visioen van die lewe na die dood, beskryf in kleurvolle edelstene van die aarde. Nadat Dr. Janson die Goddelike opdrag van God af ontvang het, het sy agtergekom dat Openbaring sekere kleure noem. Nadat sy agtergekom het dat die herhaling van woorde in Openbaring betekenisvol is, omdat dit die betekenis en insig duideliker maak, het sy ontdek dat Openbaring gebruik maak van sekere kleure en beelde (images) van die Nuwe Jerusalem om inligting oor te dra van sekere tye in die geskiedenis. Dit is bekend gemaak deur die woorde van Op.20:16 soos helder glas en Op.21:21 net soos deurskynende glas. Deur hierdie woorde word die Nuwe Jerusalem weerkaats (gereflekteer) op die aarde, sodat ons in staat is om die simboliek van Openbaring te kan verstaan.
Hierdie insig is duideliker gemaak deur die woord lig, in Openbaring 21, wat die heerlikheid van God beskryf. Die kleure van die edelstene van die fondasies van die muur van die Nuwe Jerusalem, is eintlik die kleure van die re忸nboog. Dit is die spektrum van kleure wat gevorm word, wanneer lig deur 'n prisma gaan. Dit is waarom die kleure van die edelstene op sekere tye in die geskiedenis geplaas word. Die simboliese betekenis is, dat dit die lig van God en die heerlikheid van God was, wat nog altyd die bron van alles was wat op die aarde gebeur het in die afgelope twee millenniums.
Onthou dat Openbaring 'n ingewikkelde konstruksie van woorde is wat met presiese noukeurigheid geplaas is om 'n sekere betekenis bekend te maak.
Deur die verwysing in die Skrif, na kettings van duisternis, asook kettings van die borsstuk, maak Openbaring bekend dat die kettings van tye, 'n voorstelling is van die kleure van die edelstene van die generasies (geslagte) van die tweede millennium. Dit is ook die tye van duisternis. Diegene wat nie hulle sondes weggewas het in die bloed van die Lam nie, sal op die ou end in die swaar kettings van God se wraak beland.
Die tyd van die drie en 'n halwe dag van die tweede millennium word op twee maniere gemeet.
1 dag 1 dag 1 dag 1/2 dag
1000 1860 2004
1/4 dag 1 dag 1 dag 1 dag 1/4 dag
1000 1932
Dit is deur die woorde van Jesus Christus, dat ons weet dat daar 'n tyd van duisternis of drie nagte is. Dit is in die tyd van die drie dae van die tweede millennium. Mat.12:40 soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van die groot vis was, so sal die Seun van die mens vir drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. Hierdie woorde verwys na die dood en opstanding van Jesus Christus. Na die Goddelike opdrag is dit ook van toepassing op die betekenis van Openbaring, omdat ons Jesus Christus se woorde as sleutel moet gebruik om Openbaring te verstaan. Daarom word dit toegepas op die tydmeting van Openbaring. Die betekenis van harte in Mat.12:40, is verwant aan die woorde hart in Op.17:17 en God het dit in hulle harte geplaas om Sy wil te doen en hulle koningkryk aan die dier te gee, totdat die woorde van God in vervulling gegaan het.
Slegs met hierdie insig kan ons die volgende verse interpreteer. Openbaring bou op kennis van vorige dele van Openbaring. Nou bring Openbaring al die kennis oor die tydmeting van die draak, die dier en die engel van die bodemlose put bymekaar.
Op.20:2 Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind.
Die enigste manier wat hierdie vers verstaan kan word, is deur die kennis wat ons nou het van Openbaring hoofstuk 12. In daardie hoofstuk het Openbaring die twee millenniums bekend gemaak. Daarom word die draak neergegooi op die aarde in die tweede millennium. Die draak was vasgebind in die eerste millennium. (1000 jaar) Dit was die tyd toe die Christelike nasies regeer is deur gesalfde Christelike konings. Dit was ook die tyd van die wit perd, toe die Evangelie versprei is deur Westelike Europa, Noordelike Europa en die Midde-Ooste.
Op.20:3 Hy het hom in die onderaardse diepte (bodemlose put) gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verse忸l, sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy 'n klein rukkie (kort tydjie) losgelaat word.
Hierdie vers inkorporeer beide millenniums sowel as die kort tydjie.
Deur die analisering van Openbaring hoofstuk 12 en 13 weet ons dat die draak neergegooi was, op die aarde in die tweede millennium en dit was die tyd van die begin van die tydmeting van die getal van die mens. (Kyk Op.13:18) Dit is die getal 666.
Die woorde en hom in die bodemlose put gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verse忸l, maak bekend dat alhoewel Satan neergegooi is op die aarde in die tyd van die tweede millennium, was hy vir die gelowiges in die bodemlose put. Dit is wat bedoel word met toegesluit en verse忸l . Die woorde toegesluit kom ook voor in Op.11:6 waar daar gepraat word van die twee getuies wat mag gegee word om die hemel toe te sluit. Die woorde se忸l is verwant aan Op.9:4 se忸l van God op hulle voorkoppe. Wanneer die draak neergegooi word op die aarde in die tweede millennium, sal hy die nasies mislei, maar diegene wat altyd geglo het dat die mense konings en priesters vir Jesus Christus moet wees, sal die draak en die dier kan weerstaan. Daarom kan ons die woorde, totdat die duisend jaar vervul is; daarna moet hy 'n kort tydjie losgelaat word verstaan. Die kort tydjie is die 1260 dae. Dit is die tydperk 2001 en daarna. Dit is die tyd wat die draak/slang finaal losgelaat is.
Gebind vir 1000 jaar
4vC 1000 2001-5
Die tyd van die bodemlose put is dus 2001. Dit is ook die tyd van die blaas van die vyfde trompet, die tyd wat die nasies die engel van die bodemlose put, wat die vernietiger(destroyer) is, as hulle koning het.(Op.9:11) Die woorde bodemlose put, kom ook voor in Op.11:7 en 17:8. Op.11:7 wanneer hulle klaar hulle getuienis gebring het, het die dier, wat uit die bodemlose put uitkom , oorlog teen hulle gemaak en hulle oorwin en hulle doodgemaak. Openbaring maak bekend dat in die tydperk van 2001, die nasies 'n "koning" sal h那, wat die wette van die meerderheid, bo die wette van God sal plaas. Op hierdie manier sal hulle die Christene en hul boodskap ondermyn. Die Christene glo dat die mag van die wette van die land berus in die Wet van God. Ons weet egter deur Op.17:8 Die dier wat jy gesien het, was eers en is nou nie. Hy gaan uit die onderaardse diepte (bodemlose put) uit kom en gaan na die verderf toe, dat hierdie vers dui dui op die tyd van die kort tydjie. Die slang is ook op pad na sy finale verwoesting toe.
Op.20:4 Toe het ek trone gesien en die siele van die mense wat onthoof is, omdat hulle aan die getuienis van Jesus en die woord van God vasgehou het. Hulle het op die trone gaan sit en aan hulle is die bevoegdheid gegee om as regters op te tree. Dit is hulle wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie en nie die merk op die voorkop en op die hand aanvaar het nie. Hulle het lewend geword en saam met Christus 'n duisend jaar lank regeer. Dit is die eerste opstanding./And I saw thrones and they sat upon them and judgement was given unto them; and I saw the souls of them that were beheaded for the witness of Jesus and for the word of God, and which had not worshipped the beast, neither his image, neither had received his mark upon their forheads, or their hands; and they lived and reigned with Christ a thousand years.
Hierdie vers toon aan dat drie dae en 'n half ongeveer een duisend jaar is. Openbaring toon dit aan deur geskiedenis en ook deur die herhaling van woorde. Hierdie vers is verwant aan die tweede millennium. Openbaring toon aan dat hierdie vers die oorgangstydperk aandui , van die regering van die konings na die meerderheidsregering. (rule of man)
In die analisering van Openbaring, hoofstuk 12, het ons opgemerk dat die tweede millennium die tydperk was, wat die draak op die aarde gegooi is, maar hierdie vers toon ook aan dat die draak nie mag het oor diegene wat getrou is aan die Christelike geloof nie.
Openbaring toon aan dat die oorgangstydperk van die regering van die konings na die regering van die mense in drie stadiums plaasgevind het:
(a) trone en die wat op hulle sit - ongeveer die tyd 1000 tot 1288. (een dag)
(b) hulle wat onthoof is - ongeveer 1287 tot 1574,(een dag) en
(c) hulle wat nie die dier aanbid het nie - ongeveer die tyd van die derde dag - 1574 tot 1860.
Deur ons kennis dat die woorde 'n duisend jaar, ook verwant is aan 'n dag in die Skrif, inkorporeer Openbaring die oorgangstydperk van die regering van die konings na die meerderheidsregering in drie periodes in die geskiedenis. Die woorde van die Skrif toon aan dat die woorde duisend jaar, ook verwant is aan 'n dag as ons gaan kyk na 2 Pet.3:8 'n dag is vir die Here soos 'n duisend jaar. Dit is die manier waarop Openbaring bevestig dat die duisend jaar ongeveer drie en 'n halwe dag is.
Die woorde, op hulle voorkoppe maak die tydperk van 144 jaar bekend. Dit is die tydperk 1860 tot 2004(halwe dag). Ons weet dit uit die woorde van Op.14:1 Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met Sy Naam en Sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe. Daarom toon Op.20:4 ook aan dat die tydperk van drie dae en 'n half 'n duisend jaar is. Hierdie vers toon aan, dat die nasies die merk van die dier op hulle voorkoppe sal dra in die tydperk 1860 tot 2004. (Op.13:16) In die tydperk 1860 tot 2004, sal die regering van die nasies, die mense verplig om te kyk na dit wat vir die mens van belang is en hulle nie beywer vir redding deur Jesus Christus nie. Die mens sal strewe om so gerieflik as moontlik te lewe en om die ongelykheid van loon uit te skakel. Al hierdie faktore laat die mens werk (regterhand) en dink (voorkop) met die oog op die hede en nie op die ewige lewe nie.
U sal onthou uit die bestudering van die dier uit die aarde, dat die tydperk van die beeld, verwant is aan die tyd 1886. Dit is die tyd toe die Statue of Liberty (Beeld van Vryheid) voltooi is in New York. (Op.13:14) In Openbaring is die tydperk 1886, die tyd wat die Westerse nasies geglo het dat vryheid van geloof die ideologie moet wees, waarop die toekoms gebou moet word. Die Christelike geloof was nie meer die geloof van die staat nie, maar alle gelowe was gelyk voor die reg van die sekul那re staat. Deur die insig in die simboliek van die ruiter op die wit perd, was dit die ingryping van die Drie-enige God, dat daar Christelike Konings op die trone van Europa geplaas is in die eerste millennium. Die Christelike geloof het in die westelike rigting versprei in die eerste millennium en daar was 'n eenheid tussen die Christelike konings en die Christelike geloof. In die tweede millennium het die oorgang plaasgevind na die meerderheidsregering, maar daar was tog diegene wat nie die beeld van die dier sou aanbid nie.Dit is wat die woorde "nie sy beeld aanbid nie§ vir ons aantoon.

Die woord voorkop, maak die tydperk 144 jaar bekend. Dit is ook die halwe dag.
Trone die wat onthoof is nie die dier aanbid en sy beeld
1000 1860 1886 2004
In die tyd van die trone was daar die diegene wat outoriteit gehad het in die Christelike nasionale state van Europa, en hulle het die mag gehad om oordeel te vel oor hulle onderdane. Deur die woorde trone en hulle sit daarop, sien ons dat Op.19:11 dieselfde woorde gebruik; ※ en hulle wat daarop sit§ (verwys na die ruiter op die wit perd wat 'n kroon dra). Hierdie woorde verwys na die regeerders wat op die trone van die Europese Christelike nasies geplaas is deur die ingryping van die Drie-enige God. Daarna kom die tyd van diegene wat gesterf het vir hulle geloof. (en ek het die siele gesien wat onthoof was vir hulle getuienis aangaande Jesus Christus en die woord van God.) Daarna kom die oorgangstydperk van die regering van die konings na die meerderheidsregering en ook diegene wat getrou gebly het aan die Woord van God en wat nie geglo het in die regering van die nasies wat hulle verhef het, bo die Woord van Jesus Christus (het nie die dier aanbid nie ) nie. Dit is diegene wat nie geglo het dat die Christendom op 'n gelyke voet geplaas mag word met ander gelowe nie (nie sy beeld aanbid nie). Hierdie gelowiges sou nie ophou om hulle te beywer vir die merk van die ewige Lewe deur Jesus Christus nie (het nie sy merk op hulle voorkoppe gehad nie) en hulle sou ook nie 'n beroep kies wat daartoe sou lei dat hulle hul strewe na die Ewige Lewe moes opgee nie (of op hul hande nie).
Die woorde, en hulle regeer saam met Christus vir een duisend jaar beteken, dat in die tyd van die tweede millennium, dit is die tydperk tussen 1000 en 2000, sal daar nog;
(a) konings wees, wat nog glo dat daar 'n eenheid moet wees tussen die Christelike geloof en die regering en
(b) daar sal diegene wees, wat bereid was om doodgemaak te word ter wille van hul Christelike geloof, en
c) daar sal diegene wees, wat vryheid het onder die meerderheidsregering, maar wat verkies om steeds te glo aan Jesus Christus as die enigste Weg na die Ewigheid.
Hulle is opgewek na die dood en regeer as konings en priesters in Jesus Christus.(regeer saam met Christus vir 'n duisend jaar).
Op., 20:5-6 Die ander dooies het nie lewend geword, voordat die duisend jaar om was nie. Gese忸nd en heilig is die wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar regeer.
Ons sien dat hier 'n herhaling voorkom van duisend jaar. Wat dus van toepassing is op die tweede millennium, is ook van toepassing op die eerste millennium. Diegene wat konings en priesters bly in Christus , sal nie die oordeel of die tweede dood deurgaan nie. Die herhaling toon aan dat daar konings en priesters in beide millenniums is. Konings en priesters beteken diegene wat altyd geglo het dat redding slegs deur die bloed van Jesus Christus kan plaasvind en dat die wette van mense nie bo die wette van God geplaas kan word nie.
Op.20:7 Wanneer die duisend jaar om is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word.
In die tydperk na 2001 is die Satan finaal losgelaat.
Op.20:8 Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.
Na 2001 is die misleiding van die nasies van die aarde, op sy kruin. Dit is die woord mislei, in die gedeelte van mislei die nasies, wat vir ons die rede bekend maak vir die finale konflik. Mat. 24:4 Jesus antwoord hulle: "Pasop dat niemand julle mislei nie" Hierdie woorde het 'n nuwe betekenis met die insig van Openbaring. Met die kennis van die getal van die mens en die betekenis van die woord mens (man) in Openbaring, kan ons dit in verband bring met die regering van die nasies in die tweede millennium.
Dit is die tydperk van die vier winde. Dit word bekend gemaak deur die verwysings in die Skrif. Jer.49:36 En Ek sal die vier winde uit die vier hoeke van die hemel ...."/I will bring the four winds from the four quarters of heaven. U sal onthou dat daarna verwys is in die analisering van Op.7:1 Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou asook in Op. 9:14 Maak los die vier engele wat by die groot Eufraatrivier vasgemaak is, dat die vier engele losgelaat is in 2004.
Die Gog en die Magog was die nasies wat merendeels in die noordweste en die noordooste van Israel gebly het in die tyd van Esegi忸l. In Openbaring is dit die nageslagte van daardie nasies, wat nou versprei is oor die hele aarde. (vier dele van die aarde)
Die herhaling van die woord vier, wys dat hierdie vers verwant is aan Op.9:14 en dit het te doen met die Eufraatrivier. Daarom sal die nasies na 2004 versamel vir die finale geveg wat in die omgewing van die Eufraatrivier sal wees en dit sal gaan oor die belofte wat God aan Abram gemaak het, dat die land van Israel tot aan die Eufraatrivier sal strek.
Mat.24:31 En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. Deur die woord versamel maak Openbaring bekend dat die tyd van die versameling van die nasies vir die finale oorlog, is ook die tyd van die versameling van die uitverkorenes. Dit is die tyd van die blaas van die finale trompet.
Die woorde die getal is soos die sand van die see, maak bekend dat ons eers na die woord getal moet kyk. Hierdie woord kom ook in Op.13:18 voor. Wie verstand (wysheid) het, laat hom die getal van die dier ontsyfer, want dit is die getal van die mens. Dit verwys na diegene wat mislei is deur die dier uit die aarde en dit is hulle wat sal versamel vir die finale geveg. Die getal van die dier uit die aarde(wat ook die getal van die mens ) is, is 666. Dit is die tydperk 1266 tot 1932. Na daardie tyd sal diegene wat mislei is deur die ideologie忸 van die mens, die merk van die dier dra. Diegene wat glo dat die boodskap van die kruis gelyk geag kan word met ander gelowe, sal geag word asof hulle nooit Christene was nie en nooit die offer van Jesus Christus aangeneem het nie. Die woorde sand van die see, is verwant aan die kinders van Abraham. (Heb.11:2) Met hierdie kennis van die tydmeting van Openbaring, hou dit ook verband met die tydperk na 2005, wanneer die populasie van die aarde, so baie soos die sand van die see is.
Op.20:9 Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur uit die hemel af gekom en hulle verteer./ And they went up on the breadth of the earth and encompassed the camp of the saints about, and the beloved city; and fire came down from God out of heaven, and devoured them.
Hierdie vers verwys na geskiedenis en na die tydperk na 2004. In verskeie tye in die geskiedenis was Jerusalem die middelpunt van konflik, maa r Jerusalem sal weer die middelpunt van die konflik wees, tydens die versameling van die nasies en die finale aanslag. Mat. 24:15 s那 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Dani忸l, sien staan in die heiligdom/And when ye shall see the abomination of desolation, spoken of by the prophet Daniel, stand in the Holy place..." Hierdie gruwel(abomination) is verwant aan die woord gruwel (abomination) in Op17:5. Ek gee die Engelse weergawe, want die woord gruwel kom nie in die Afrikaanse weergawe voor nie. Op.17:5 "mystery, Babilon the great, the mother of harlots and abominations(gruwel) of the earth. Al hierdie woorde verwys na die uiteinde van die groot slet en die diere van die aarde. M.a.w. wanneer ons verstaan wat meerderheidsregering behels en alles verstaan in die analisering van die dier uit die aarde, sal ons sien dat dit die gelykstelling is van alle gelowe en dit ondermyn die unieke kwaliteite van die Christelike geloof. Wanneer hierdie gruwel Jerusalem bereik in die tydperk na 2004, is dit die tyd dat die groot verwoesting sal plaasvind. (vuur daal neer van God uit die hemel uit en verteer hulle.)
Die Engelse woord "encompassed§ verwys na al die rigtings van die kompas, en dit is die hele aarde. In Num11:31-32 is daar 'n interessante verwysing na die woord "rondom die kamp". Dit verwys na 'n klomp kwartels wat neergeval het uit die hemel uit. Die leser sal onthou dat daar in Jan. 2004, 10 000 vo忸ls uit die lug uit geval het , tydens die vo忸lgriep in die Ooste.
Die woorde oor die breedte van die aarde/ went up on the breadth of the earth, kom twee keer in Openbaring voor. Op.20:9 en 21:16. As ons dit in gedagte hou en kyk wat vandag internasionaal gebeur, lyk dit of Openbaring aantoon dat ons die finale tydperk nader. Dit wys ook weer 'n keer waarom God ges那 het dat niemand die woorde van Openbaring mag verander nie. (Op. 22:18-19)
Die nasies wat na 2001 begin het om te versamel en in groot konflik gewikkel is, is dele van Amerika, Europa, Israel, Iraq, Iran, Afghanistan en Noord Korea. Hierdie nasies l那 almal min of meer op die breedtegraad 30 to 40 grade noord. Al hierdie nasies is in konflik oor kernbom toetsings in Noord Korea, bomme in Afghanistan, Noord Korea wat elke nou en dan nuwe missiele uittoets, die Amerikaanse state wat as almal se vyand beskou word en Jerusalem wat sy grondgebied wil uitbrei in die West Bank, maar wat onrustig is oor die kernontwikkeling van Iran. Hieruit kan ons aflei dat die mense van die aarde onrustig begin word.
Die woorde uit die hemel uit wil vir ons aandui dat hierdie gebeure sal plaasvind in die tyd van die buitekant/outer court. Dit is ook die tydperk van hemel, en dit kan nie gemeet word deur mense nie, maar slegs deur God in die eindtyd. Jer.31:37 So s那 die Here: "As die hemele daarbo afgemeet en die fondamente daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die Here. Hemel is dus die finale tyd, en die middelpunt is 2004. (Sien Op.19:17) Ons het gesien dat die twaalf tydmetings van Openbaring tot 'n einde gebring is deur die woorde uit die tempel en uit die hemel uit en uit die altaar uit. Die einde van die tydperk van buitekant/outer court en van hemel word aangedui deur die woord uit die hemel uit, want dit is net God wat hierdie tydperk kan meet.
Op.20:10 Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
Nadat al hierdie dinge gebeur het, sal die nasies besef dat die tydmeting van Openbaring korrek is en dat hulle mislei was deur alles wat Openbaring bekend gemaak het van die "draak, die ou slang, wat die duiwel is.
Op.20:11 Toe het ek 'n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit. Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee en daar was nie meer plek vir hulle nie./And I saw a great white throne and Him that sat on it, from whose face the earth and the heaven fled away; and there was found no place for them.
Dit is nou die tyd van die terugkoms van Jesus Christus. Op daardie stadium sal die hele w那reld besef dat hulle mislei was. Die woord aarde dui diegene aan wat mislei was deur die dier uit die aarde en hulle sal besef dat hule mislei is. Die woord hemel dui vir ons aan dat dit die finale eindtyd is. Die herhaling van die woord fled away wat ook gebruik is in Op.16:20 dui heel waarskynlik dieselfde tydperk aan. Dit is dus ook die einde van die finale wraakbak.
Op. 20:12-15 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak. Dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. Die see het die dooies teruggegee wat daarin was en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het. Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel. As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.
Hierdie gedeelte gaan oor die dinge wat na die eindtyd sal gebeur. Let op die woorde groot en klein. Dit het dus ook betrekking op 2004. Ons sal egter nog moet wag en sien, wat hierdie vers bekend maak.



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]