Hfst..21 - Nuwe Jerusalem

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on May 01, 2011 at 14:18:48:


HOOFSTUK EEN EN TWINTIG
Die Nuwe Jerusalem

Hierdie is 'n merkwaardige hoofstuk . Dit bevestig en korreleer dit wat in vorige hoofstukke gesê is. Dit gee groter duidelikheid waarom Openbaring dit wat op die aarde gebeur kombineer met dit wat in die hemel gebeur. Hierdie hoofstuk het 'n spesiale verbintenis met hoofstuk 14, wat oor die tydperk 144 jaar strek. Dit is die halwe dag van die drie en 'n halwe dag van die tweede millennium.
Op.21:1 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn en die see het nie meer bestaan nie.
Die woorde ek sien 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde, het oor die eeue heen beteken dat die Christene na die dood, die nuwe hemel en die nuwe aarde sou sien. Hulle sou deel wees van die Nuwe Jerusalem in die lewe wat kom na die dood.
A.g.v. die kennis van tydmeting in Openbaring wat aan Dr. Janson geopenbaar is, weet sy dat die herhaling van die woorde in Openbaring noodsaaklik is vir die interpretasie van Openbaring. Daarom is dit noodsaaklik dat die nuwe begrip van die woorde nuwe aarde, nuwe hemel en see nie meer bestaan nie, in die bg. vers bespreek moet word.
In 2005, nadat vasgestel kon word wanneer die 1260 dae verby is, het die woord nuwe, in 'n nuwe hemel ook 'n nuwe begrip gekry deur die insig in die simboliek wat verwant is aan hemel. Hierdie woorde het ook die betekenis, dat daar tekens aan die son, maan en sterre in die eindtyd sal verskyn, bevestig. In die tydmeting van tempel (Op.11:1) was daar 'n tydmeting van 287 jaar verskuil in die opkoms van die môrester op 28 Aug.2003, wanneer hierdie planeet weer so naby aan die aarde sal wees in 2287. Die woorde 'n nuwe aarde, beteken dat die woord aarde in Openbaring ook 'n nuwe betekenis het. Die woorde 'n nuwe aarde beteken dat die aarde, waaruit Satan sy mag gekry het (dier uit die aarde) vernietig is. Die mag van Satan is vernietig.
Die woorde die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, het in die vorige eeue die oorgang van die lewe na die lewe na die dood, beteken. Die woorde hemel, aarde en see het egter nou almal nuwe betekenisse omdat ons die insig het in tydmeting. Hemel is ook die simbool van die tydmeting in die eindtyd. Dit is die tydperk wat ons nie kan meet nie, wanneer die tekens direk van God se troon af kom. Alle dinge wat verwant is aan aarde in Openbaring, sal verby gaan.
Die woorde en die see het nie meer bestaan nie, Die tyd sal aanbreek dat misleiding van die mens deur die see (dier uit die see) tot 'n einde sal kom. Die begrip kom duidelik na vore in Heb. 8:8 Kyk daar kom 'n tyd sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. Die nuwe verbond sal nie wees soos die wat Ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie, want hulle het nie my verbond gehou nie en Ek het hulle verwerp, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. Dan hoef niemand meer sy medeburger te leer en vir sy broer te sê "Jy moet die Here ken" nie. Hulle almal , klein en groot, sal My ken. Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nike. Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.(verby gaan)
Hierdie nuwe verbond is vervul in Jesus Christus. Hierdie woorde is ook verwant aan Jer.31:37 So sê die Here. As die hemel daarbo afgemeet kan word en as die fondamente van die aarde daaronder vasgestel kan word, sal Ek die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het, sê die Here. Hierdie woorde van Jeremia praat van die nuwe verbond wat God met Israel en Juda in die toekoms sou sluit. Hierdie nuwe verbond is vervul in Jesus Christus. Almal wat deel is van hierdie nuwe verbond en wie ag gee op die leerstellings van Jesus Christus, sal deel wees van die Nuwe Jerusalem. Die simbool van die dier uit die see sal nie meer bestaan nie. Daar sal dus nie meer 'n meerderheidsregering wees nie, want Jesus Christus sal regeer.
Op.21:2 En ek het die heilige stad, die Nuwe Jerusalem van God uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
Johannes sien die heilige stad wat neerdaal uit die hemel uit. Deur die insig in die simboliek van Openbaring , beteken heilige stad kom uit die hemel uit, dat daar 'n sekere tydstip sal wees wanneer God insig in die simboliek van Openbaring aan die mense sal gee, en hulle sal die verwantskap kan insien in dit wat op die aarde gebeur en dit wat in die hemel gebeur gedurende die laaste twee millenniums. Dit sal in die tyd wees dat die nasies die dinge sal sien en verstaan wat in die hoofstukke geskryf staan en wat begin met die woorde uit die hemel uit neerkom en van die troon af kom. Die hoofstukke wat begin met die woorde uit die hemel uit en van die troon af, is Op.10:1 en dit is die hoofstuk wat handel oor die sewe donderslae en oor die uitgooi van die sewe wraakbakke. Op,16:17 daar was 'n harde stem uit die tempel in die hemel uit, van die troon af. Op. 18:1 wat handel oor die val van Babilon en Hoofstuk 20 wat handel oor die die tye wat Satan op die aarde losgelaat is.
Ons kan dus sien dat die insig in Openbaring eers verkry is na 2004, wanneer die tekens van die eindtyd bekend gemaak word. Die mees belangrikste teken tot op hede is die groot aardbewing op 26 Des. 2004. Hierdie aardbewing het ook die lengte van ‘n dag verkort. Tot op hede is die lengte van ‘n dag drie maal verkort deur die mega aardbewings wat die aarde getref het die afgelope sewe jaar. Die aardbewing van 26 Des. 2004 word in Op.16:18 bespreek . Die orkaan Katriena op 29 Aug. 2005 is die teken dat die vier winde nie meer vasgehou word nie en die aarde, die see en die bome sal van daardie tyd af beseer word. (Op.7:2-3)
Die simbool van die bruid word in Openbaring gebruik om aan te toon hoe hoog die Christelike geloof die leerstellings van God, soos in die Bybel beskryf, ag en daarvolgens leef. Dit staan in kontras met 'n lewensbeskouing, wat geen Christelike morele lewensbeskouing uitleef nie. Diegene wat die Christelike lewensbeskouing hoog ag en daarvolgens geleef het in die afgelope twee duisend jaar, sal deel wees van die Nuwe Jerusalem en diegene wat sterwe in die Christelike geloof van hierdie tyd af sal deel wees van die Nuwe Jerusalem.
Op.21:3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volk wees en God self sal by hulle wees as hulle God./And I heard a great voice out of heaven saying, Behold, the tabernacle of God is with men, and He will dwell with them, and they shall be his people,and God himself shall be with them, and be their God.
Met die kennis wat ons nou het van die funksie en betekenis van die woorde in Openbaring, kan ons nou agterkom dat hierdie vers 'n nuwe betekenis het. Die woorde harde stem (great voice) uit die hemel, beteken die stem van God, maar deur die tydmeting het ons vandag dieper insig verkry in die betekenis. Soos vantevore gemeld is die woord groot/great verwant aan die tyd van die sewende wraakbak. Die woord stem, is verwant aan die tydmetings van Openbaring (Op.10:4) die sewe donderslae gesê het/seven thunders uttered their voices. Ons weet dus dat dit verband hou met die huidige tydperk. Die woorde uit die hemel uit, is verwant aan die tydperk na Feb. 2005, die tyd wat nie gemeet kan word nie en wat deur God self bekend gemaak word.
Die woord tabernakel is spesifiek verwant aan die Christelike kerk wat uitgebrei het van Europa af in die tweede millennium na die geboorte van Jesus Christus, na die eindes (wildernis) van die aarde toe. Die woorde die tabernakel van God is by die mense, maak bekend dat die Christelike kerk onder die beheer van die meerderheidsregering sal staan in die tweede millennium na die geboorte van Jesus Christus. In daardie tyd sal God die nasies regeer met 'n ystersepter. Die mens se begeerte is om vry te wees van alle Christelike wette wat sy lewensbeskouing sal beperk, maar tog sal daar altyd diegene wees wat nie vryheid van God se leerstellings sal soek nie en hulle sal God se kerk wees, wat Hy sal bewaar en beskerm. Hy sal by Sy mense wees en sal ook met hulle wees in die tyd wat gaan kom.
Hierdie vers verseker die Christene dat God altyd getrou die kerk sal bewaar in die tydperk van oorgang na die meerderheidsregering toe wanneer die misleiding van die Satan in die vorm van die dier uit die see en die dier uit die aarde die leierskap van die nasies sal mislei. Hy was met hulle in daardie tyd en Hy sal steeds met die kerk wees in die tyd wat gaan kom.
Op.21:4 Hy sal al hulle trane van hul oё afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeёr het verbygegaan.
Die herhaling van die woorde sal hulle trane afdroog, wat ook voorkom in Op.7:17, maak die tyd bekend dat die tekens van die eindtyd aanleiding sal gee dat daar sommige sal wees wat hulle klere in die bloed van die Lam sal was (Op.7:14). Die dinge van vroeёr sal al die dinge wees wat verband hou met die mens. Hoe weet ons dit? Die woord mens/man kom voor in die vorige verse, sowel as die woord woon/dwell. In die vorige hoofstukke word gepraat van hulle wat op die aarde woon, en dit beskryf diegene wat mislei is en onder die invloed is van die diere.
Op.21:5 Toe sê Hy wat op die troon sit. "Kyk, ek maak alles nuut." En daarna sê Hy: "Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar."
Openbaring bevestig deur die insig in die woorde troon en nuut, dat die nasies sal verstaan wat die woorde nuut en nuwe Jerusalem beteken, na die laaste tydmeting in Openbaring. Nuut is ook verwant aan die getuienis van Jesus Christus, en die nuwe verbond, wat in die plek van die ou verbond gekom net. Hierdie nuwe verbond het versprei tot aan die eindes van die aarde.
Die woorde betroubaar en waar, word ook gebruik in Op.22:6 "Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God , wat Sy Gees aan die profete gee, het Sy engel gestuur om vir Sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.
Die woorde skryf, want hierdie woorde is betroubaar en waar, dui aan dat Openbaring neergeskryf moet word na 2005 om te wys dat die woorde van die Bybel geïnspireer is deur die Gees van God. Slegs deur die woorde van die profete van die Ou Testament en deur die woorde van Jesus Christus, kon die betekenis van die simboliek van Openbaring ten volle verstaan word.
Op.21:6 Verder sê Hy vir my: "Dit is verby. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet./ And He said unto me, It is done. I am the Alpha and Omega, the beginning and the end. I will give unto him that is athirst of the fountain of the water of life freely.
Die woorde dit is verby/it is done, kom ook voor in Op.16:17 die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon uit die tempel in die hemel uit het daar 'n stem hard uitgeroep: "Dit is verby!"
Uit die inligting wat ons nou kry uit die twee verse waar die woorde dit is verby/it is done voorkom en ook die herhaling van hierdie woorde, sien ons dat die tyd waarin hierdie gebeure afspeel dieselfde tyd is as die uitgooi van die sewende wraakbak. Dit is ook dieselfde tydperk wat die simboliek van die Nuwe Jerusalem in die totale tydmeting van Openbaring verstaanbaar gemaak is vir die nasies. Die gebeure bevestig dit. Die groot aardbewing aan die kuslyn naby Sumatra op 26 Des. 2004 is verwant aan die groot aardbewing, waarvan gepraat word in die uitgooi van die sewende wraakbak. (Op.16:18)
God-drie-enig is die begin en die einde van alle dinge. Met die kennis van tydmeting onderliggend aan die woorde van Openbaring, is die aardbewing wat op 26 Des. 2004 gebeur het die einde van die tydkonstruksie van Openbaring. Die geboorte van Jesus Christus in 4vC is die begin van die tydkonstruksie. Die aardbewing is deur Johannes geprofeteer, nadat die engel aan hom gewys het wat gaan gebeur. Dr. Janson het die profesie verstaan en kon bereken wanneer hierdie aardbewing sou plaasvind +- 8 jaar voordat dit plaasgevind het. Sy het hierdie gegewens gepubliseer in 1999 met die publikasie van die boek "How near Armageddon." Ons sien dus dat die tydmeting wat ons kan meet begin met die geboorte van Jesus Christus en eindig met die groot aardbewing. Die groot aardbewing is deel van die tyd van 1260 dae. Dit is wat die woorde Ek is die alpha en die omega, die begin en die einde, beteken.
Die woorde aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet, maak bekend dat na 2005, het feitlik elke land politieke vryheid, vryheid van spraak en vryheid van geloof. Vryheid van geloof en vryheid van spraak maak dit moontlik vir alle persone op die aarde om kennis te neem en insig te verkry in die Christelike geloof.
Op. 21:7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry en Ek sal sy God wees en hy sal My seun wees.
Die verwysing in 1Joh.5:4-5 is toepaslik. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het ,naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is. Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus, nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid./ For whosover is born of God overcometh the world and this is the victory that overcometh the world. Who is it who overcomes the world? Only he who believes that Jesus is the Son of God. This is the one who came by water and by blood - Jesus Christ. He did not come by water only, but by the water and the blood. And it is the Spirit that testifies, because the Spirit is the truth. Diegene wat dus die versoekinge van hierdie wêreld teenstaan, sal alles beёrwe. Deur die Nagmaalsbeker sal diegene wat belydenis van sondes doen, geestelik een word met die liggaam van Christus.
Op.21:8 Maar die wat bang is, wat ongelowig geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieёrs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood.
Hierdie vers is skrikwekkend, en om te dink dat hier van Christene gepraat word wat afvallig geword het. Wie sou diegene wees wat bang is? Sou dit dalk diegene wees wat te bang is om te soek, te klop en te vra?
Op.21:9-10 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. "Kom." het hy gesê, "ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam". Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoё berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom./ And there came unto me one of the seven angels which had the seven vials full of the seven last plagues, and talked with me, saying, Come hither, I will shew thee the bride, the Lamb's wife. And he carried me away in the spirit to a great and high mountain, and shewed me that great city, the holy Jerusalem, descending out of heaven from God.
Die woorde een van die sewe engele wat die sewe bakke, maak bekend dat dit die eerste engel is (Op.16:2) wat die wraakbak uitgegooi het. Ons weet dit want later in Op.21:17 staan daar volgens die mate van 'n mens, wat die mate van 'n engel is. Ons weet uit die totale konstruksie van Openbaring dat die mate van 'n man die tydmeting van die getal 666 is. (Op.,13:18 laat die een wat wysheid het die getal bereken, want dit is die getal van die dier, wat die getal van die mens is, en sy getal is ses honderd ses en sestig.) Die getal van die mens is 666 want in daardie tydperk is wetenskaplike ontdekkings gedoen wat die tydperk 666 onthul. Hierdie ontdekkings was verbind aan jare en daarom is die tydmeting van die mens 'n jaar . Openbaring maak dit bekend want later word die muur van die Nuwe Jerusalem ook gemeet in jare.
Die woorde en met my gepraat, is om aan te toon dat hierdie woorde verbind is aan die tydperk van die môrester. Dit word onthul deur die woorde gepraat. Dit word verbind aan die verwysing in Hand.20:11 "lang tyd gepraat....tot die oggend vroeg." Die lesers sal onthou dat die tyd van die einde van die tydmeting tempel, was die tyd van die môrester en dit is ook die einde van twee periodes van drie en 'n half. M.a.w. Openbaring toon 'n verbintenis met twee tydmetings aan. Dit is die tydmeting van die aarde en die tydmeting van die Nuwe Jerusalem. Die insig hierin het ons gekry in die tyd van hemel. Al hierdie dinge word saamgevoeg om te wys hoedat God die begrip van die Nuwe Jerusalem aan die mens op die aarde bekend maak. Die Nuwe Jerusalem kom van God af uit die hemel uit.
Die woorde bruid, die vrou van die Lam, beteken ook die Heilige stad Jerusalem¸ omdat die bruid die vrou van die Lam is, is dit die simboliek van al die Christene wat die Ewige Lewe sal beёrwe. Die simbool van vrou/wife word gebruik, omdat man en vrou in die huwelik in die Bybel beskou word as een vlees. Deur die Nagmaal te gebruik word Christus ook een met die Christelike Kerk op aarde. Die Nuwe Jerusalem is die simbool van die ewige lewe. Openbaring noem dit ook die groot stad. Openbaring maak bekend dat diegene wat getroue Christene was in die tweede millennium, in die tyd van die groot stad, die Ewige Lewe sal ontvang. Hulle is die Christene oor die hele aarde. Die hele aarde was ook mislei deur die invloed van Satan, maar diegene wat gelowig gebly het ten spyte van die misleiding van die Satan en deel gebly het van die Christelike geloof, sal deel wees van die liggaam van Christus, deur hulle deelname aan die Nagmaal. Hulle is die inwoners van die Nuwe Jerusalem. Daarom is die bruid, die vrou van die Lam, ook die Nuwe Jerusalem.
Die woorde, het my weggedra deur die Gees na 'n groot en hoё berg, beteken dat die berg, verwant is aan profesie. Profesie is verwant aan die Gees. In Jesaja 30:29 staan daar Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word; en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met fluite loop, om te kom op die berg van die Here, na die rots van Israel. Ons moet ook kyk na die profesie oor die Messias. Jes.28:16 Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip; 'n hoekklip... Die woord Sion verwys na die berg Sion , wat een van die berge is waarop Jerusalem gebou is.
Deur die woorde groot en hoё berg maak Openbaring die groot Openbaring (groot profesie) bekend. Dit is die standvastige geloof dat die woorde in die Bybel en die woorde van Jesus Christus geïnspireer is deur God. Dit is die enigste manier waarop ons waarlik kan verstaan dat die geskiedenis van die afgelope twee millenniums gereflekteer is in die simboliek van die Nuwe Jerusalem. Hierdie insig maak die tydmeting in Openbaring 'n werklikheid. Die tydmeting wat aantoon dat God-drie-enig deur die twee millenniums met die Christelike kerk was en dat God begeer dat die Christene nou die tydmeting moet verstaan en ook die seisoen van Sy Terugkoms moet ken.
Op.21:11 Die stad het die heerlikheid van God; sy glans is soos die van die kosbaarste edelsteen, soos 'n kristalhelder opaal(jaspis)/ Having the glory of God and her light was like unto a stone most precious, even like a jasper stone, clear as crystal.
Die woorde sy glans is soos die van die kosbaarste steen, is verwant aan die terugkoms van Jesus Christus in die Skrif, maar dit maak ook bekend dat Openbaring (wat oor die kennis van die Nuwe Jerusalem gaan) na 2005 verstaan sal word.
Die woorde kosbare steen, verwys na Jes. 28:16 Ek gaan in Sion 'n klip neersit; 'n uitgesoekte klip' 'n kosbare hoeksteen, wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie. Ons moet ook kyk na 1 Pet. 2:6 “Kyk , Ek lê in Sion 'n hoeksteen, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie”. Daarom verwys die woorde heerlikheid van God en sy glans soos die van 'n kosbare steen, na die Terugkoms van Christus . Hy is die Lig en Hy het vir ons sondes gesterwe sodat ons die Ewige Lewe kan beёrwe, wat die Nuwe Jerusalem is.
Hierdie woorde, saam met die edelstene vorm die fondasie van die muur van die Nuwe Jerusalem (Op.21:19&20). Die woorde, helder soos deurskynende glas(Op.21:21) wys vir ons die simboliek van lig wat weerkaats deur 'n glasprisma om die kleure van die reёnboog weer te gee. Die kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem maak ook die kleure van die lig bekend. Dit is die kleure van die reёnboog - rooi, oranje, geel, groen, blou en pers(violet). Dit was hierdie kennis van die kleure wat die tyd van die aarde bekend gemaak het. Toe hierdie kleure verbind kon word aan die simboliek van die kleure van die reёnboog in Openbaring , kon kennis van die tyd op die aarde, betekenis oordra.

Die kleure van die edelstene van die muur van die Nuwe Jerusalem (Op.21:19-20)
1860 2004
Opaal jasper saffier sapphire Aggaat Chalcedony Smarag emerald Sardoniks sardonyx karneool camelian Chrisoliet chrysolite Beril beryl topaz topaz Chrisopraas cgrysoprase Hiasint jacinth Ametis amethist
skynend blou blou-wit groen rooi rooi groen-geel groen-geel geel groen oranje-rooi pers wit
Die leser moet kennis neem dat die eerste ware insig in die kleure is deur Sir Isaac Newton in 1666 ontdek. Hy was 'n wiskundige van Engeland. Newton het 'n ligstraal deur 'n prisma gestuur en toe gevind dat dit opbreek in 'n reeks kleure, die spektrum van die kleure van die reёnboog. 1666 is een van die getalle van die tydperk seshonderd ses en sestig. (Op.13:18) Openbaring maak bekend dat die ontdekkings van die mens, die nasies sou mislei, maar dat die ontdekkings ook tot die mens se voordeel sou strek.
Die opaalsteen(jaspis) was ook een van die stene op die efod of borsstuk op die boonste kledingstuk wat die Joodse Hoёpriester in die tempel gedra het. Hierdie stene was in 'n spesifieke volgorde gerangskik. Dit is insiggewend as ons die borsstuk bekyk. Die edelstene van die borsstuk is gerangskik in vier rye van drie stene elk. Bv., die opaalsteen(Jaspis) op die borsstuk is die laaste steen in die onderste regterkantste hoek. Neem kennis dat dit die laaste steen is. In Openbaring is dit die eerste steen.
Die simboliese betekenis van dit is dat die opaalsteen(jaspis) verwant is aan die borsstuk van die hoёpriester, maar dit is ook die lig van Jesus Christus, wat die hoeksteen is van die Nuwe Jeruselem. Die simboliese betekenis van hierdie opaalsteen(Jaspis) is dat dit die laaste en die eerste steen is. Die betekenis hiervan is dat die Christelike geloof sy wortels in die Ou Testament het, en dat Jesus Christus die nuwe hoёpriester is tot in alle ewigheid. Ons vind hierdie begrip in die brief van Paulus aan die Hebreers. Heb. 7:26 Want so 'n hoёpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskei van die sondaars is en wat hoёr as die hemele geword het.
Die kleure van die Nuwe Jerusalem is simbolies die weerkaatsing (refleksie) van die getuienis van Jesus Christus(Evangelie) wat versprei is tot aan die eindes van die aarde oor 'n periode van ongeveer twee duisend jaar.
Die woorde helder soos kristal, beteken dat iets gesien kan word deur die kristal. Dit is een van die maniere wat Openbaring bekend maak, dat die simboliek van die Nuwe Jerusalem gebruik moet word om die tyd op die aarde te meet. Deur die beeld van 'n steen, wat op die aarde gevind word, maak Openbaring bekend dat daar 'n "aardse" betekenis geheg moet word aan die simboliek van die Nuwe Jerusalem.
Die simboliek wat verwant is aan die terugkeer van Jesus Christus in die beskrywing van die Nuwe Jerusalem, maak bekend dat die geloof in die getuienis van Jesus Christus, die weg is na die Nuwe Jerusalem. Dit is waarom Jesus Christus sê: "Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie.
Op.21:12 Die stad het 'n groot hoё muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, die van die twaalf stamme van die volk Israel.
Hierdie vers kan net verstaan word deur die getuienis van Jesus Christus, tydmeting van Openbaring, die herhaling van woorde en die insig in die vorige hoofstukke van Openbaring. Die beskrywing van die muur word gegee in woorde wat reeds elders in ander verse in Openbaring gebruik is. Ons moet hierdie woorde in ag neem om insig te verkry in al die inligting wat gegee word oor die muur.
Neem kennis dat hierdie die muur is van die Heilige stad "het 'n muur". Openbaring maak inligting bekend oor die muur voordat dit die mates van die Heilige Stad gee. Dit lyk dus asof die hele stad omring was met 'n muur. In die geskiedenis was die doel van die muur om te verhoed dat die vyande van die stad, die stad sou binnegaan. Hierdie muur het twaalf poorte. Dit beteken dat enigeen wat die offer van Jesus Christus se dood , ter vergifnis van sonde, sou aanvaar, die stad mag ingaan.
Dit is vasgestel deur verskeie verse in Openbaring dat die heilige stad ook die refleksie is van dit wat op die aarde plaasvind. M.a.w. daar is 'n muur rondom die hele simboliese tydperk van die twee millenniums. Die muur is deel van die stad, maar dit het ook 'n spesifieke betekenis. Die muur se betekenis is verwant aan die twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe. Hierdie name is die name van die twaalf stamme van die volk Israel.
Die woorde groot en hoog is ook gebruik in groot en hoё berg. Hierdie woorde is verwant aan die profesie oor die tweede koms van die Messias Jesus Christus. Die muur is groot en hoog vir diegene wat nie Jesus Christus as die Messias aanvaar nie. Wanneer die tydmeting van die Nuwe Jerusalem geplaas word op die periode van ongeveer twee duisend jaar, van die geboorte van Jesus Christus af, tot die einde van die tydmeting van "tempel" op aarde, (28 Aug. 2003, toe Mars die môrester was) val die meting van die muur presies in daardie tydperk.
Die muur is deel van die stad, maar ook apart. Die rede vir hierdie simboliek van twee strukture is om aan te toon dat veranderinge plaasgevind het op 'n sekere tydstip in die geskiedenis. Dit is van 1860 af. Van daardie tyd af het die vorige Christelike nasies die dier en sy beeld begin aanbid. Jesus Christus het die muur afgebreek wat tussen God en die mense was, maar van 1860 af het die ideologie van vryheid weer die simboliese muur opgerig tussen God en die mens. Namate die twintigste eeu verby snel, is die boodskap van die kruis al hoe meer ondermyn deur dit wat verwant is aan die dier uit die see en die dier uit die aarde.
Die woord twaalf in Openbaring kan net verstaan word deur die insig in die verse waarin die woord twaalf verskyn. Openbaring gebruik die getal twaalf in verband met die twaalf stamme van Israel (Op.7:4-8) Dit is om aan te toon dat die wortels van die Christendom in die Ou Testament is en die poorte van die Nuwe Jerusalem oop is deur die algehele tydperk van die geboorte van Jesus Christus af tot by die terugkeer van Jesus Christus. Die poorte staan wawydoop vir diegene wat hulle klere gewas en dit wit gemaak het in die bloed van die Lam (Op.7:14), in die tydperk van 1860 tot 2004 (die tydperk wat ons nog kan meet) en daarna sal die poorte steeds oop bly.
Hierdie tydperk van die muur is afgebaken met die tydperk van die getal 144 000 (12x12 000). Openbaring maak betekenis bekend deur tydmeting. Dit is die laaste halwe dag van die tweede millennium. Dit is die tydperk 1860 tot 2004, die laaste 144 jaar wat gemeet kan word deur die mens.
Ons moet nou alles wat Openbaring bekend gemaak het in berekening bring. Die tydperk van die muur is die tyd wat die mens mislei is deur die dier uit die see en dier uit die aarde, en dit is waarom die muur groot en hoog is vir diegene wat mislei is. Die poorte is egter wawydoop vir diegene wat belydenis doen en wegdraai van hule sondes. Openbaring maak bekend deur die gebruik van die getal 144 000 in Op.14:1 Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met Sy Naam en Sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe. Die getal 144 000 is diegene wat geleef het in die tydperk 1860 tot 2004 en wat geglo het in die Vader as deel van God-drie-enig.
Die woord muur is simbolies en die betekenis is verwant aan die twee duisend jaar. Dit is die twee tydmetings van drie en 'n halwe dag in beide millenniums, maar dit is ook verwant aan die tydperk 1860 tot 2004. Dit hou spesifiek verband met die tydperk 1860 tot 2004, omdat Openbaring die spesifieke betekenis wil bekend maak deur die woorde, deur die spesifieke tydmeting en dit wat plaasgevind het op die hele aarde, met die nasies op daardie tydstip.
Die leser kan nou verstaan waarom die tydmeting 1860 tot 2004 opgedeel word in twaalf afdelings.

1860 1872 1884 1896 1908 1920 1932 1944 1956 1972 1980 1992 2004
Die muur is die 144 jaar van die tweede "drie en 'n halwe dag" van die tydmeting van die tempel. Hierdie muur strek reg rondom die hele ”stad" en dit het twaalf poorte.
Dietwaalf engele word genoem want hulle toon aan waarom daar elf engele is wat uit die tempel en uit die altaar uit kom in die vorige hoofstukke van Openbaring. Soos voorheen gemeld is hierdie twaalf engele die wat die tydmetings van Openbaring simbolies tot 'n einde bring. Weer 'n keer verbind Openbaring die hemel en die aarde. Onthou die Nuwe Jerusalem reflekteer dit wat op die aarde gebeur.
Soos gemeld in die analisering van Op.14:14 die Seun van die mens en op Sy kop 'n goue kroon maak die eindpunt van die eerste tydmeting van Openbaring bekend en dit is die tydmeting van tempel en die ander elf volg daarna. Die woorde goue kroon is verwant aan Op.12:1 kroon van twaalf sterre. Die elf engele wat uit kom is;
die twee in Op.14:15 en 14:17 "en 'n ander engel kom uit die tempel uit” en die
een in Op,14:18 “en 'n ander engel kom uit die altaar uit.” Die
sewe engele in Op.15:6 “en die sewe engele kom uit die tempel uit” en ook die
een genoem in Op.16:7 “en ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê”. Ons sal later sien dat die
engel van die waters (Op 16:5) die laaste tydmeting van Openbaring tot 'n einde bring. Dit is die tydperk wat ons nie kan meet nie.
Die engele kom uit die tempel uit na 2003, die tyd van die môrester. Dit is die tyd 28 Aug. 2003. Dit is die tyd wat ons nie kan meet nie, maar deur die herhaling van die woorde kan ons agterkom wat bekend gemaak word. Die engel wat uit die altaar uit kom verteenwoordig dit wat ons weet van die altaar, maar ons kan die tyd nie meet na Feb. 2005 nie. Dit is die einde van die 1260 dae.(Op.11:3)
Op.21:13 Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie.
Hierdie vers maak bekend dat in die tydperk van die Nuwe Jerusalem, is die muur simbolies reg rondom die hele aarde in die afgelope twee duisend jaar. Die poorte kyk in al vier die rigtings van die aarde. Hulle is oop vir al die nasies van die aarde. Deur die internet is die betekenis van Openbaring oop vir al die nasies van die wêreld.
Op.21:14 Die stad se muur het twaalf fondament en daarop is daar ook twaalf name, die van die twaalf apostels van die Lam./And the wall of the city had twelve foundations, and in them the names of the twelve apostles of the Lamb.
Die woorde die muur het twaalf fondamente , laat ons toe om weer na die Skrif te gaan kyk., Die woord fondasie is verwant aan Jes. 58:12 Die fondamente van vorige geslagte sal U oprig/thou shall raise up the foundations of many generations Hierdie verwysing verwys na die generasies in die geskiedenis. Die woord fondasies verwys ook na Jes. 28:16 Ek gaan in Sion ‘n klip neersit, ‘n uitgesoekte hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Hierdie skrif is die profesie van die koms van die Christus. Openbaring gebruik die woord fondasie om die tyd van die generasies bekend te maak. Dit is diegene wat die getuienis van Jesus Christus uitgedra het gedurende die tweede millennium. Die woorde, die muur van die stad het twaalf fondasies en daarop is die name van die twaalf apostels van die Lam, maak bekend dat die getuienis van Jesus Christus, oorgedra was, van generasie tot generasie. Ook in die tydperk 1860 tot 2004. Gedurende daardie tydperk sal daar diegene wees wat die leerstellings van Jesus Christus getrou gevolg het en nie die dier aanbid het nie en nie die dier se merk op hulle hande en voorkoppe gehad het nie. Hulle sal dus nie mislei gewees het nie. Hulle sal nie dink dat in hierdie moderne tye kan die mens maar ‘n vrydenker wees en dat die wetenskap al die antwoorde vir die mens het, sodat die mens nie meer in die waarheid van die Skrif hoef te glo nie. Diegene wat die Christelike geloof as die fondasie van hulle lewens beskou, sal nie arrogant word nie en hulle sal strewe na die merk van die Ewige Lewe in Jesus Christus.
Daarom word hierdie verse i.v.m. die muur verbind met Openbaring, Hoofstuk 14, wat handel oor die Lam wat op die berg Sion staan, saam met die honderd vier en veertig duisend, wat die Vader se Naam op hulle voorkoppe het. Die getal 144 000 is diegene wat in die 144 jaar tussen 1860 en 2004 gelewe het en wat geglo het dat die Vader deel is van die Drie-enige-God(Trinity). In Op. 14:13-20 en Op.15:6 en 16:7 waar daar gepraat word van die engele wat uit die tempel uit kom ,is dit die tyd na 2003, en die gedeelte waar daar gepraat word van die engele wat uit die altaar uit kom, is dit die tyd na Feb. 2005.
Op.21:15 Die engel wat met my gepraat het, het ‘n goue meetstok gehad om daarmee die stad self, sy poorte en sy muur te meet/And he that talked with me had a golden reed to measure the city, and the gates thereof and the wall thereof.
In Openbaring maak die woord goue bekend dat dit die tyd is wat die mens nie kan meet nie. Daarom kan ons nie die tyd van die buitekant/outer court meet of die finale tydmeting van die Nuwe Jerusalem nie. Deur die woordjie meetstok maak Openbaring bekend dat die mates van die Nuwe Jerusalem ongeveer dieselfde is as die mate van tempel op die aarde. Die woord meetstok maak dus bekend dat die tyd van die tempel “gereflekteer” is in die mates van die Nuwe Jerusalem. Op., 11:1 Toe is daar vir my ‘n meetstok gegee wat soos ‘n septer lyk en daar is vir my gesê: “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die mense wat God daar aanbid. Kyk ook Op.21:6
Die leser sal onthou dat die woorde goue altaar (Op.8:3 en 9:13) het twee tye van altaar bekend gemaak. Hierdie tye is na 2003. Dit was die tyd van die groot aardbewing(26 Des. 2004). Hierdie aardbewing was 1200 dae na die aanval op 11 Sept. 2001. (Dit is die een gedeelte) Die ander gedeelte is die 60 dae van 1260 dae. Dit is die tydperk van 26 Des. 2004 tot 22 Feb. 2005. Dit is die tydperk van 20+20+20 (threescore). Die Engelse Bybel gebruik die terme “one thousand two hundred and threescore days. (1260)
In hierdie vers maak Openbaring bekend dat die twaalf poorte gemeet kan word. Dit is die eindpunte van die twaalf tydmetings van Openbaring. Soos gemeld is die muur verdeel in twaalf dele van twaalf jaar in die tydperk 1860 tot 2004. (12x12=144)
Op.21:16 Die stad is vierkantig, net so lank as wat dit breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daarvan is dieselfde, twaalf duisend (kilometer?)./The city lieth foursquare, and the length is as large as the breadth; and he measured the city with the reed, twelve thousand furlongs., The length and the breadth and the height of it are equal.
Neem kennis dat hierdie vers na die stad verwys. Dit is die “heilige stad”, maar dit “reflekteer” ook die “stad” op die aarde. Hierdie stad verteenwoordig al die nasies van die aarde. Daarom is die lengte en die breedte van die stad elkeen twaalfduisend Km/furlongs. Dit is van die geboorte van Christus af tot met die Terugkoms. Daarom word dit gemeet in twee tydskonstruksies van twaalfduisend. Dit is die totale tyd wat ons nie kan meet nie. Die stad het hoogte omdat dit verwant is aan die hemel en die Nuwe Jerusalem deur die simboliek van Openbaring. Hierdie simboliese betekenis hou verband met die lengte en breedte van die stad. Dit het te doen met die mens se toetrede tot die hemel(Ewige Lewe). Dit is die mens se handel en wandel op die aarde van die geboorte van Christus af en hoe die getuienis van Jesus Christus versprei is tot aan die eindes van die aarde oor die afgelope twee millenniums.
Op.21:17 Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is honderd vier en veertig (meter?) hoog. Die engel het die mate van mense gebruik./And he measured the wall thereof , an hundred and forty and four cubits, according to the measure of a man, that is of the angel.
Hierdie is ‘n baie belangrike vers in die totale begrip van Openbaring. Openbaring maak bekend dat die mate van die muur 144 meter/cubits is. Hierdie 144 meter/cubits moet gemeet word volgens die mates van ‘n mens. Hierdie mate van die mens is ook die mate van ‘n engel. Dit is natuurlik ‘n spesifieke engel. Dit is een van die sewe engele met die sewe wraakbakke (Op.21:9) Dit is die eerste engel wat die wraakbak uitgooi op die aarde (Op.16:2). Ons weet ook uit die totale begrip van die tydmeting van die mate van die mens, dat dit ook die tydmeting van die dier uit die aarde is. Dit het te doen met die mate van die getal 666 (Op.13:13 Laat die een wat verstand het die getal van die dier bereken, want dit is die getal van die mens en sy getal is seshonderd sestig en ses). Die getal van die mens is 666, want in daardie tyd is ontdekkings gedoen deur die mens wat die tydmeting van 666 openbaar. Hierdie ontdekkings is verwant aan jare, daarom word die mate van mense bereken in jare. Openbaring maak bekend dat die muur van die Nuwe Jerusalem gemeet moet word in jare soos ons dit ken. Openbaring bevestig dat die laaste halwe dag (drie en ‘n halwe dag van die tweede millennium is die 144 jaar). Lesers kan terugverwys na Op. 13:16 en 14:1 waar dit bekend gemaak word dat die tyd van 144 die tyd is wanneer sommige die merk van die dier op hulle voorkoppe en regterhande sal ontvang en ander die Naam van die Vader op hulle voorkoppe.
Die woorde mate van ‘n mens¸ het ook ‘n ander betekenis. Die woord cubit word gebruik omdat dit ‘n man se mate is van die elmboog tot op die punt van die derde vinger. Hierdie mate van ‘n man se arm maak die simboliese betekenis van 144 jaar bekend. Dit is die tyd toe die mens mislei is deur te dink dat hy alle dinge kan meet volgens sy eie intelligensie.
Op.21:18 Die muur is met jaspis gebou en die stad self met suiwer goud wat soos ‘n skoon spieёl lyk/And the building of the wall of it was of jasper; and the city was pure gold, like unto clear glass.
Die simboliese betekenis van die muur is met jaspis gebou, handel oor die eerste fondasie van die muur. Dit is van jaspis(jasper) en die laaste steen in die borsstuk van die Joodse Hoёpriester is ook van jaspis. Die jaspissteen is dus simbolies die eerste en die laaste. In Op.1:11 is dit die stem van die Seun van die mens wat praat. Ek is die alfa en die omega, die eerste en die laaste. Die woorde skoon spieёl/clear glass , maak bekend dat hierdie fondasies die betekenis van kleur “reflekteer” in die verse van Openbaring.
Die simboliese betekenis van die wit lig wat verdeel in die verskillende kleure van die reёnboog in die edelstene van die Nuwe Jerusalem, maak bekend dat die Seun van die mens, die Son van geregtigheid (Mal 4:2) is teenwoordig in die spektrum van die mens se aktiwiteite op die aarde.
Op.21:19-20 Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier; die eerste fondament met jaspis, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis.
Dit is deur die rangskikking van die stene op die borsstuk , wat in vier rye van drie stene elk gerangskik is, sowel as die jaspissteen wat die posisie gedra het van die eerste en die laaste, wat Dr. Janson laat besef het dat die fondasies van die Nuwe Jerusalem gemeet kan word in groepe van vier stene wat die tyd vorm van vier generasies (72x4=288) en dit vorm op sy beurt weer die tyd van een dag (288). Die edelstene van die borsstuk van die hoёpriester verskil van die stene van die fondasies van die Nuwe Jerusalem is, omdat dit die tyd is van die Nuwe Verbond.

1000 0

1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
2000

Die diagram verteenwoordig die lengte en die breedte van die “heilige stad” wat “gereflekteer “ word op die tyd van die twee millenniums van die geboorte van Jesus Christus tot 2004. Die tydperk van die eerste millennium is drie en ‘n halwe dag en dit word aangetoon deur die veertien periods van generasies van 72 jaar elk. In die tweede millennium word die kleure geplaas op die tye 1070 tot 1932 (1-12) Die gekleurde blokke wys die tyd aan van 1860 tot 2004. Die gekleure blokkies dui aan hoe die muur “rondom” die hele stad strek in albei millenniums.
Op.21:21 Die twaalf poorte is twaalf pêrels. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos deurskynende glas./And the twelve gates were twelve pearls; every several gate was of one pearl; and the street of the city was pure gold, as it were transparent glass.
Openbaring gebruik die beeld van die twaalf pêrels in verhouding tot die twaalf poorte, omdat ons huidiglik, dit is die tyd na 2005, die tyd beleef van die finale deurgang deur die poorte. Dit die tyd dat die twaalf engele, uit die tempel en uit die altaar uit kom. Dit is ook die tyd dat die dryfveer van die nasies handel en nywerheid is. Om die betekenis te verbreed moet ons na Mat.13:45-46 gaan kyk. Verder is die Koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het en koop dit. Die simboliese betekenis van die pêrel lyk asof dit aandui dat in hierdie tyd sal diegene wat die Christelike geloof ontdek en verheug is oor die vryheid van sonde deur die verlossende bloed van Jesus Christus, sal in hierdie tyd van versoeking, wanneer Satan weet dat sy tyd kort is, alles verkoop of ontslae raak van dit wat in hulle pad sal staan om die Ewige Lewe saam met Christus te beёrwe. Op hierdie manier reflekteer (soos deurskynende glas) die pêrel ook dit wat op hierdie tydstip op die aarde gebeur in die tyd van die buitkant. (Op.11:2)
Alhoewel die twaalf poorte simbolies oop is gedurende die twee millenniums, is dit die simboliek van pêrel wat persoonlike verantwoordelikheid van die individu in die een en twintigste eeu oordra. Die gemeenskap word nie gelei deur Christelike moraliteit nie en dit is die verantwoordelikheid en die begeerte van die individu om te besluit wat hy wil koop en wat die meeste waarde op materiёle en geestelike gebied sal verskaf.
Die volgende woorde kom nie in die Afrikaanse vertaling voor nie en ek gaan die Engelse weergawe van die woorde gebruik. In die Bybel kom die woorde every several, voor in verband met every several city (2Chr.11:12, 28:25 en 31:19) Die Nuwe Jerusalem reflekteer diegene wat van every several city af kom,sowel as van die strate in die tydperk tot 2005 en daarna , wat deur die poorte ingaan na die Nuwe Jerusalem van Pêrel en goud. Openbaring gebruik ook die simboliek van pêrel en goud in verband met geestelike rykdom in kontras met die rykdom wat lei tot korrupsie van die groot slet. Op.17:4 Geklee in goud en kosbare edelstene en pêrels.
Openbaring gebruik die woord straat vir twee redes. In die eerste plek om die skeiding aan te dui in sekere tydmetings van Openbaring. Ons sal dit bespreek in die volgende hoofstuk. In die tweede plek om weer ‘n keer aan te dui dat die tye van die mate van die Nuwe Jerusalem, tydmeting weerkaats (reflekteer) in die tyd van die twee millenniums op aarde. Dit het begin met die tyd van die geboorte van Christus.
Die woorde soos deurskynende glas, toon aan hoe die mate van die Nuwe Jerusalem gereflekteer word in die tydperk van twee duisend jaar op die aarde. Net soos daar strate en poorte (hekke) op die aarde is, so is daar poorte en strate in die Nuwe Jerusalem. Hierdie poorte van die Nuwe Jerusalem staan oop na die vier kardinale rigtings van die aarde – oos, wes, noord, suid – dus die hele aarde!
Op.21:22&23 ‘n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam. Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig en die Lam is sy lamp./And I saw no temple therein; for the Lord God Almighty are the temple of it. And the city had no need of the sun, neither of the moon, to shine in it; for the glory of God did lighten it and the Lamb is the light thereof.
Daar is geen tempel in die Nuwe Jerusalem nie. Dit beteken ook dat die tydmeting van tempel en altaar tot ‘n einde gekom het. Daar is geen donkerte in die dood van diegene wat gered is nie, want hulle sal lewe in die lig van die Here God, die Almagtige en die Lam. Dit kom voor asof hierdie woorde wil aantoon dat die tempel van Salomo in Jerusalem net verband hou met die figuurlike oprig van die Christelike Kerk in die afgelope twee millenniums.
Op.21:24 Die nasies van die wat gered is, sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde verleen luister daaraan./And the nations of them which are saved shall walk in the light of it; and the kings of the earth do bring their glory and honour into it.
Hierdie vers hou verband met die leiers van die nasies wat die getuienis en leerstellings van Jesus Christus nagevolg het. Hulle het verseker dat hul nasie en onderdane plek in die nuwe Jerusalem sal hê. Hierdie vers maak ook bekend dat in die tydperk van nag in die tweede millennium, sal daar leiers wees wat nie hul onderdane in gevangenis ingelei het nie.(Op.13:10) Hulle het in die lig van die getuienis van Jesus Christus gewandel en is gered, en hul onderdane is ook gered.
Die betekenis van konings van die aarde, is diegene wat konings en priesters vir God die Vader en vir Jesus Christus was en so gebly het, ook tydens tye van versoeking en misleiding deur die dier uit die see en die dier uit die aarde.
Op.21:25 -26 Die poorte daarvan word gedurende die dag nooit toegesluit nie; daar sal nie meer nag wees nie. Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring. Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen , sal ooit daarin kom nie, maar net die wie se name in die boek van die lewe , die boek van die Lam geskrywe staan./And the gates of it shall not be shut at all by day; for there shall be no night there. And they shall bring the glory and honour of the nations into it. And there shall in no wise enter into it any thing that defileth, neither whatsoever worketh abomination, or maketh a lie; but they which are written in the Lamb’s book of life.
Hierdie poorte is oop die hele tyd tot die Wederkoms. Weer ‘n keer verwys Openbaring na die tydperk van nag en duisternis as die tyd van die tweede millennium , wanneer die dier uit die see en die dier uit die aarde, die mense op die aarde sal mislei. Die leierskap van die nasies wat in die lig (dag) van die boodskap van Jesus Christus sal wandel, in die tydperk van die nag in die tweede millennium, sal vir hul nasies die lig in die boodskap van Christus se offer reflekteer. Hulle reflekteer die manier waarop hul nasies die boodskap van Jesus Christus omhoog gehou het.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]