Hfst. 22 - Die Lewende Water

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on May 15, 2011 at 11:04:21:


HOOFSTUK TWEE EN TWINTIG
Die Lewende Water

Hierdie vers bring die simboliek van die hemel weer ‘n keer in verhouding met die tydmeting op die aarde. Weereens maak Openbaring bekend dat die simboliek van die Nuwe Jerusalem toegepas moet word op die tydmeting van die aarde.
In hierdie hoofstuk wil Openbaring finaal die tydmeting van die woord twaalf bevestig. Die inligting oor die getal twaalf is betekenisvol en opvallend.
Op.22:1 Toe het die Lam my die rivier met die water van die Lewe gewys. Dit is helder soos Kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit./And he shewed me a pure river of water of life, clear as crystal, proceeding out of the throne of God and of the Lamb.
Die woorde rivier met die water van die Lewe/pure river of water of life, is die simbool van die vergifnis van sonde deur die bloed van Jesus Christus (pure river). Hierdie bloed het dit moontlik gemaak vir ‘n sondaar om die Koningkryk van die Hemel binne te gaan. Hierdie Koninkryk is die Nuwe Jerusalem (water van die lewe). Dit is waarom dit uitstroom uit die troon van God en die Lam. Deur die woorde glas en Kristal in Openbaring, reflekteer die simbole van die Nuwe Jerusalem die tydmetings op die aarde, sodat insig verkry kan word. Dit is waarom hierdie vers in Openbaring noem, dat helder soos Kristal reflekteer die water van die Lewe. Dit is beskikbaar vir die mense op die aarde in die tydperk van die twee millenniums sedert die geboorte van Jesus Christus.
Die woorde stroom uit/proceeding out , lyk of dit die tyd van die buitekant/outer court tot ‘n einde bring. Die mens kan nie die finale tydperk van die water meet nie, maar deur die tekens wat van die troon af kom sal die nasies weet dat Drie-enige God in beheer is van die nasies en daar sal sommige wees wat steeds die Nuwe Jerusalem sal binnegaan.
Op.22:2 In die middel van die straat van die stad en op albei kante van die rivier, staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte; elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies./In the midst of the street of it and on either side of the river, was there the tree of life, which bare twelve manner of fruits and yielded her fruit every month; and the leaves of the trees were for the healing of the nations.
Hierdie vers is beslis een van die mees betekenisvolle verse in Openbaring en dit maak ‘n geweldige hoeveelheid informasie bekend, wat gebruik moet word om insig te verkry in die simboliek van Openbaring.
Heel eerste maak Openbaring bekend dat al die inwoners van die groot stad op aarde het in die eindtyd toegang tot die Ewige Lewe. Dit is toeganklik vir almal wat op die aarde lewe in die laaste 144 jaar. Dit is die tydperk 1860 tot 2004 en daarna. Die woorde in die middel van die straat, is die straat van die groot stad wat die aarde is, sowel as die straat van die Nuwe Jerusalem.
Die woorde albei kante van die rivier, verwys na diegene wat lewe naby aan die lewende water op aarde, sowel as diegene wat in die hemel is en alreeds die ewige lewe verkry het. Op die aarde is die water die reddende bloed van Jesus Christus waarmee die mens se sondes vergewe is.
Die woorde in die middel en albei kante word gebruik om die middelpunt in die tydmetings van Openbaring aan te toon. Dit is die 1000 wat die middelpunt is tussen die twee millenniums . Hierdie begrip van middelpunt bevestig die insig van Openbaring, hoofstuk 12, waar dit aantoon dat die tyd van die twee millenniums begryp moet word deur die herhaling van die woorde wat met geboorte te doen het. (Op.12:2) Sy was swanger en het geskreeu van pyn, want die geboortepyne was daar. Op.12:5 Sy het ‘n kind in die wêreld gebring, ‘n seun.
Openbaring maak bekend deur die woorde in die middel van die straat van die stad, dat dit ‘n refleksie is van dit wat gebeur in die groot stad op die aarde. Onthou die groot stad is die hele aarde.
Gedurende die middelpunt van die tweede millennium in 1500nC, was dit die tyd wat die Christene gevlug het a.g.v. hul geloof oor die onrus in Europa. Die tweede millennium is ook die tyd dat die groot stad Babilon ontwikkel het. Op.18:4 Gaan uit haar uit my volk, sodat julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.
In hierdie vers word die refleksie duideliker gemaak. Deur die woord twaalf wys Openbaring dat hierdie vers verband hou met die tydperk 1860 tot 2004. Deur die woorde twaalf keer per jaar vrugte/ twelve manner of fruits en ook vrugte elke maand gee Openbaring duidelike en belangrike insig in die begrippe van Openbaring. Deur die woorde twaalf en vrugte moet ons hierdie vers in verband bring met hoofstuk 14 in Openbaring, wat handel oor die tyd 144 000. Op.14:4 Hulle is onder die mense losgekoop as eerstelinge (firstfruits) vir God en vir die Lam.
Dit is hierdie vers wat bekend maak dat die woorde van Openbaring,(Op.14) wat handel oor die letterlike vrugte wat op die aarde voorkom, identifiseer kan word met tydmeting in Openbaring. Soos reeds gemeld moet die kleure van die edelstene van die Nuwe Jerusalem geplaas word op die tydperk van 144 jaar (1860 tot 2004). So kan die woorde wat verband hou met die dinge wat uit die aarde gehaal word, verbind word aan sekere tye

1860 1872 1884 1896 1908 1920 1932 1944 1956 1968 1980 1992 2004
Die woorde dra vrugte elke maand maak bekend dat die tyd van ‘n maand histories verbind moet word aan die verdeling van 144 in twaalf afdelings.
U sal onthou dat ons voorheen gewys het dat ‘n maand in die geskiedenis, verwant is aan die tydperk van 6 jaar, maar dat ‘n maand in die tydperk Aug. 2003 tot Des. 2003 soos ‘n gewone maand gemeet moet word. Hierdie vyf maande Aug. 2003 tot Des. 2003 is nou vasgestel in tyd deur die gebeure wat toe plaasgevind het en wat verbind kon word met die woorde van Openbaring, met die opening van die sesde seёl (Op.6:12 -13) U kan gerus weer hiervan gaan oplees.
Deur hierdie kennis, dat die woorde vyf maande verband hou met beide die opening van die sesde seёl en ook met twee periods van dertig jaar (5x6)x2), in die tydperk van die opening van die vierde seёl, weet ons nou dat die tydperk waar die vyfde engel voorberei het om die finale trompet te blaas, is ‘n tydperk van sestig jaar. Dit is die tydperk 1932 tot 1992 en daarna.
Openbaring maak bekend dat die tydperk 1860 tot 2004 ook verdeel moet word in afdelings van ses jaar. Daarom het ons insig om te weet dat wanneer Openbaring die meting van vyf maande gebruik soos in Op,9:5 en 9:10, dat dit op ‘n tydperk van dertig jaar(5x6) in die geskiedenis wys.
Openbaring bevestig in hierdie verse dat die tydperk van ses jaar, wat ook ‘n deel is van die getal 666, ook die tyd van ‘n maand is en dit val binne in die raamwerk van die tydmeting van 144. Dit is die tydperk 1860 tot 2004.
Die engel het die tydmeting van die mens gebruik. Daarom onthul Openbaring die tydperk van 60 jaar (threescore years) en 6 . Beide hierdie tydmetings sestig en ses is deel van die tydmeting van die mens. (Op.13:18) Neem kennis dat die tweede periode van sestig (1932-1992) onthul is deur die volle insig en begrip van die woorde van Op. 13:13-18 toe dit verbind is aan die geskiedenis. Verwys terug na die analisering van die dier uit die aarde asook die opening van die vyfde seёl
Hierdie tabel is ‘n voorstelling van die twee periods van sestig (threescore) jaar , wat in Openbaring geїdentifiseer is.

1866 1886 1906 1926 1932 1952 1972 1992
Op.22:3 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees en sy dienaars sal Hom dien. /And there shall be no more curse; but the throne of God and of the Lamb shall be in it; and His servants shall serve Him.
Dit wil voorkom asof Openbaring deur die woord vervloek , bekend maak dat die gebooie van God beide seёninge en vervloekings inhou. Deut. 11:26-28 Kyk, ek hou julle vandag seёn en vloek voor – die seёn sal kom as julle gehoorsaam is aan die gebooie en die vloek as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God…. Teen die tyd dat die profesie van Openbaring finaal vervul is, sal die nasies besef dat die gebooie van die Here gehoorsaam moet word as hulle die Koninkryk van die Hemel wil ingaan.
Op.22:4 Hulle sal Hom sien en Sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.
Onthou dat voorkop te doen het met die mens se denke. Diegene wat in hulle denke die getuienis van Jesus Christus sal aankleef, sal die Naam van Sy Vader op hulle voorkoppe hê.
Op.22:5 Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig en hulle sal tot in alle ewigheid regeer./There shall be no night there; and they need no candle, neither light of the sun, for the Lord God giveth them light, and they shall reign for ever and ever.
Die woorde daar sal nie meer nag wees nie, maak bekend dat die woorde van Jesus Christus in Mat. 12:40 soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van die vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die aarde wees, nie meer van toepassing sal wees in die Nuwe Jerusalem nie. Openbaring het aangetoon dat drie dae en drie nagte in die tweede millennium gemeet word. Dit was die tyd toe die nasies mislei was deur die dier uit die see en die dier uit die aarde Diegene wat die Nuwe Jerusalem binnegaan, is hulle wat nie mislei was deur die diere nie. Daarom is daar simbolies geen nag in die Nuwe Jerusalem nie. Daar sal almal in die geestelike lig van Almagtige God lewe.
Op.22:6 Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God wat Sy Gees aan die profete gee, het Sy engel gestuur om vir Sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.
Hierdie vers is verwant aan die tyd van die kort tydjie. Dit is die tyd van 1260 dae. Joh. 16:16 sê Nog ‘n klein rukkie , dan sien julle My nie meer nie; en weer ‘n klein rukkie dan sal julle My weer sien, omdat Ek na die Vader gaan. Hierdie woorde handel oor die dood en opstanding van Jesus Christus, maar in die insig oor tydmeting in Openbaring het dit ‘n nuwe betekenis. Dit hou nou verband met die tyd van die Kort seisoen/kort tydjie. Die tyd van die buitekant/outer court is ook ‘n seisoen. In Mat. 24:32-33 lees ons Leer dit van die vyeboom as voorbeeld; Wanneer sy takke begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby. So moet julle ook wanneer julle al hierdie dinge (tekens van die eindtyd) sien, weet dat die tyd naby is, voor die deur.
Op.22:7 Kyk ek kom gou. Geseёnd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.
Die woord gou is verwant aan die woord kort, wat ook handel oor die kort seisoen. Verwys terug na die vorige vers.
Op.22:8-9 Dit is ek Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieё neergeval om hom te aanbid. Pasop moenie! “ sê hy toe vir my. “Ek is ‘n mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die profete en die wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!”
Op.22:10-11 Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby. Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen en wie vuil is, moet vuil bly, maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen en wie heilig is, moet heilig bly.
Wanneer die tyd van die kort tydjie bereken kan word gaan die profesie van Openbaring in vervulling. In hierdie tydperk van die kort tydjie/seisoen sal die mens nie sy handelswyse verander nie. Dit is slegs die tekens van die eindtyd wat die gelowiges se geloof sal versterk.
Op.22:12-13 Kyk, ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
Op 22 :14 Geseёnd is die wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
Diegene wat die gebooie en leerstellings van Jesus Christus gehoorsaam, het die kennis van goed en kwaad (boom van die lewe- kan onderskei tussen goed en kwaad)). Hulle mag ingaan deur die poorte van die stad.
Op.22:15 Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieёrs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.
Op.22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder môrester./I, Jesus have sent mine angel to testify unto you these things in the churches. I am the root and the offspring of David, and the bright and morning star.
Die woorde die wortel, die nakomeling van David en die helder môrester, verteenwoordig simbolies die tydperk van die geboorte van Jesus Christus, soos voorspel in die Ou Testament, tot die tyd 28 Aug. 2003, toe die planeet Mars die plek van die môrester ingeneem het. Dit het die einde van die tyd van die tempel aangekondig.
Op.22:17 Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!/And the Spirit and the bride say, Come. And let him that heareth say, Come. And let him that is athirst come. And whosoever will, let him take the water freely.
Die Heilige Gees wat teenwoordig is in die Christelike kerk op aarde (bruid), en wat die vertrooster is van diegene wat dors na die Ewige Lewe, roep deur die profesie van Openbaring, na almal wat in hierdie tyd van Vryheid van geloof, smag na die suiwer Water van die Lewe , wat uitstroom uit die troon van God en die Lam, om te kom drink! (Op.22:1)
Op.22:18-19 Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan by voeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Nou kan ons verstaan waarom hierdie woorde geskryf is. Sou enigiemand aan die woorde van Openbaring gepeuter het, sou ons nooit die simboliek en die tydmeting daarin kon verstaan het in die een en twintigste eeu nie. Slegs God wat Almagtig is en Alomteenwoordig is, kon so ‘n grootse werk bewaar tot die een en twintigste eeu en die mense dan insig gee daarin. Hoe Magtig is God!
Op.22:20 Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus. Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]