Re: The measuring of the New Jerusalem

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne baker on May 19, 2013 at 08:52:00:

In Reply to: The measuring of the New Jerusalem posted by Elana Janson on May 13, 2013 at 07:02:51:

Die onderwerp van die nuwe Jerusalem vul alle gelowiges met
afwagting. Ek is op die oomblik besig met n studie oor "erfporsie"en
wat vertel die Bybel vir ons daarvan. Aangesien die woord erfporsie
ook voorkom in Openbaring, mag dit dalk betrekking he.
Ek het die studie begin by die bekende. Ek het deur die Bybel
gewerk en agtergekom dat dit veral verbind is aan familie (clan)
nasie en land. Abraham is n erfporsie belowe, maar het dit nie
ontvang nie en tog se die Bybel Hy en sy nageslag sal dit nog
ontvang. Abraham is ook die Vader van alle gelowiges genoem en
deur Jesus Christus , sy nakomeling, word alle gelowiges va alle
nasies Mede- erfgename. Jesus Christus is die Erfgenaam (heir)
van alle nasies. Alle nasies behoort dus aan Christus. Wanneer ons
Dan.7 lees en spesifieke die gedeelte oor die vier diere word dit
duidelik dat die toneel afspeel op die aarde. Die Heiliges sal op die
aarde regeer en die Konings sal God eer.
In Openbaring sien ons dat God self op die aarde gaan woon en
soos jy tereg se sal die Hemel en die aarde n eenheid vorm.
Ek het n paar boeke van Hugh Ross gelees en dit was merkwaardig
hoeveel aandag hy as wetenskaplike gee aan die feit dat die
hemelruim steeds vergroot en dat dit nooit gaan ophou nie. Die be
grip van die erfporsie lyk my is ook verbind aan hierdie Groot
ontdekking. Ook lees ons in Hand.17:26 dat God self besluit het
waar elkeen gebore moet word en hoe lank elke persoon sal leef.
Ook Job maak dit duidelik dat die mens se doen en late dopgehou
word en dat die mens se aantal dae op aarde vooraf deur God
bepaal is. Deur hierdie grootsheid van God sien ons dat Hy die
aarde haarfyn bestuur en dat Hy n groot plan het wat uitgevoer sal
word. Dit wil voorkom asof God die mens geskep het ook met die
doel om haarfyn in hierdie plan van Hom in te pas. Hy self het sekere Werk vir die mens voorberei om te doen. Hierdeur wil Hy aan
die mens n beloning en n erfporsie gee. Dit kom dus voor, uit al
hierdie verse dat die beloning op aarde gaan wees en dat dit die
land, familie en nasie van elke person sal insluit.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]