Re: Ek wens

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on August 17, 2013 at 08:21:10:

In Reply to: Ek wens posted by Susanne Baker on August 16, 2013 at 09:58:17:

Baie dankie vir die bemoedigende woorde te midde van die mens of mense wat die boodskap van hierdie webwerf wil verdoesel. Alles wat jy daar sê is so waar! Die uitdra van die boodskap van hierdie webwerf getuig elke dag daarvan.

Die kennis van Openbaring openbaar dat die mens se neiging om getuienis van die lewende God te vermy of teen te gaan in 2013 deur die krag van die Bose groter stukrag en momentum kry omdat die mens deur die eeue geleidelik die Waarheid vermy of verdoof het. Die vryhede wat die mens verkry het, het hom verwaand gemaak en hy wil geen oppergesag hê nie. Dit ontgaan hom die grootheid (God was voor die skepping), liefde en alwetenheid (wat die mens se verstand te bowe gaan) van God. So het die Bose mislei!

Ek glo ons leef in die finale “kort tydjie” en in die “kort tydjie” sê Openbaring word die Bose vrygelaat (Op 20:3). Ek glo ons moet dit maar verwag, maar met die kennis van Openbaring het ons die wete en vertroue dat God in beheer is.

Op 12:12-13 “Daarom wees verheug o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en van die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede omdat hy weet dat hy min tyd het. En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het”.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]