Re: The Great Sign

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on November 10, 2017 at 04:49:53:

In Reply to: Re: The Great Sign posted by Susanne Baker on November 07, 2017 at 05:19:25:

Die “klein tydjie”

Ja, ek bevestig dat ek glo ons leef in die “klein tydjie” (Op. 6:11) voor die Wederkoms van Jesus Christus want ek glo dit is in 1996 aan my bekend gemaak deur die Heilige Gees van God die Vader en Jesus Christus. Die boodskap was aan my in die Afrikaanse taal van Suidelike Afrika gegee en ek glo dit was om Christene van hierdie land en oor die wêreld heen deur die oopmaak van die boek Openbaring alle mense op die Wederkoms voor te berei. Ek glo ons sien ook in die jongste tyd tekens van die eindtyd wat in die Skrif openbaar is. Dit is op die webwerf uitgewys.

Die Demokrasie

Die Demokrasie het oor die wêreld tot aangewese wêreldorde tot stand gekom. Daarvolgens is mense bevry en is alle gelowe gelyk voor die gereg in die land. Dit het veroorsaak dat godsdiensoorloë in baie lande tot ‘n einde gekom het.

Veranderde omstandigheid voor die Wederkoms

Openbaring en die Skrif berei ons egter voor vir ‘n veranderde omstandigheid voor die Wederkoms. Die voorbereiding is eerstens in die oopmaak van die vyfde seël in Openbaring; die tweede, die verskyning van die “Vernietiger” in Openbaring 9:11 en derdens wat die Skrif aandui as “die mens van wetteloosheid.”

Die oopmaak van die vyfde seël in Openbaring. Op 6:9-11
“En toe hy die die vyfde seël oopgemaak het, sien hy onder die altar die siele van die van hulle wat doodgemaak is terwille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en vir hulle gesê: Hoelank, o Heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en vir hulle is gesê dat hulle ‘n klein tydjie moet rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog doodgemaak moet word voltallig is”

Met ander woorde ten spyte van die vrede wat die Demokrasie moes bring,in ‘n klein tydjie, voor die Wederkoms gaan Christene doodgemaak word vir dit wat hulle glo en verteenwoordig.

Die Vernietiger

Voor die Wederkoms, in die tyd van die blaas van die laaste drie trompette wat ook die tyd van die ‘drie weë’ (“wee wee wee” Op 8:13) is, staan die nasies onder die mag van Abáddon (Op 9:11), die Vernietiger. Dit is ‘n aanslag van die Bose wat die Christelike Godsdiens in die laaste dae prober ondermyn. Dit is die baie vorme van anti-Christus wat die mensdom in die laaste dae tref. Dit het gekom as gevolg van die houvas van wat Openbaring as die “dier uit die see” en die “dier uit die aarde” geopenbaar het. Die mens is verlei deur sy kennis van die aarde en die heelal, ook deur sy begeertes, tot op die punt dat die mens glo dat hy nie die gebooie van God hoef te onderhou nie. Die mens soek nie vergifnis vir sy sonde nie en die mens stel himself bo God. Die leierskap van die nasies het vrede gesoek, maar in die proses het hulle hul geloof verloor. Ek glo dit is wat aan ons geopenbaar word in Openbaring as die tyd van “die groot verdrukking” (Op 7:14) en die blaas van die laaste drie basuine.

“Wee Wee Wee

Deur die woorde “wee wee wee” wat in Openbaring 8:13 en in die Bybel voorkom kan ons die Vernietiger wat in Openbaring genoem word identifiseer. Alles wat die Kerk deur die eeue verkondig het en opgebou het wil die anti-Christus magte in die eindtyd vernietig. Daar is moderne denke wil God se voorskrifte onderdruk.

Jesaja 5:11 “Wee julle wat.vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opsit terwyl die wyn hulle verhit.” (Vandag is dit dwelms.)

Jesaja 5:18 “Wee julle wat die ongeregtigheid nader trek met lyne van goddeloosheid en die sonde soos met wa-toue.”

Jesaja 5:20 “Wee julle wat sleg goed noem en en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis.”

Judas 11 “Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel.” (Vandag sluip die moordenaars rond en verwerp die 10 Gebooie en vermaning van God se Woord).

Die mens van sonde

Omdat ek weet dat ons in die “kort tydjie” leef kan ons nou aan Paulus se profesieë van die laaste dae verstaan wat gebeur in ons land.

2 Petrus 3:3-4 Veral moet julle weet dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die spot dryf en wie se lewe net deur hulle eie begeertes beheers word. En hulle sal sê: “En wat het nou geword van die belofte van die Wederkoms? Ons vaders is al dood, en alles bly nog net soos dit was van die begin van die skepping af.”

Hoe waar is dit nie vandag nie! Die mense vandag dink dit gaan oor net wat hulle sien! Hulle vergeet van die Wet van God wat onder alle omstandihede, ook in die vryheid van die Demokrasie gehandhaaf moet word.

2 Thessalonisense 2: 3-4

“Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie, Die dag van die Here sal nie aanbreek voor die laaste afvalligheid gekom het en die mens van sonde openbaar word, die mens wat vir die verderf bestem is. Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel gaan sit en voorgee dat hy God is.”

Ek weet dat ons in die “kort tydjie” voor die Wederkoms leef. Die Wederkoms kan enige dag gebeur. Die woorde van Thessalonisense het betrekking op wat ons deur die eeue verstaan as die Anti-Christus van die laaste dae.

Ons is in die dae van die laaste afvalligheid.

Die verstaan van die boek Openbaring het openbaar dat die Anti-Christiese denke aan die ontwikkel is deur die eeue en dat dit voor die Wederkoms in die optrede van die mense gesien sal word want die nasies is al deur die Bose so verlei dat hulle reeds die mense is wat in Thessalonisense van gepraat word.

Hier op eie bodem is nog baie Christene. Baie het egter hulle rug op die Kerk gedraai en hulle mening verhef bokant dit wat God as heilig beskou.

Die verskyning van die wettelose

Ons aanskou vandag die verskyning van die wettelose.

2 Thessalonisense 2:10 - 11

“En met gruwelike misleiding van die wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad het en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo.”

Deur die dwaling na die sonde word ook Christene in die “kort tydjie” doodgemaak.

Die Openbaring van Jesus Christus gee vertroosting aan die lewendes en die dooies wat in hul geloof gesterf het of nog gaan sterf.

Op 6:9 “Onder die altar die siele van die wat hulle wat doodgemaak is terwille van die Woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.” Op 6:11 “En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en vir hulle is gesê dat hulle ‘n klein tydjie moet rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog doodgemaak moet word voltallig is”

God waak

Openbaring verseker ons dat God die Vader waak totdat sy kinders ”voltallig “ is.

Hou vas aan julle geloof… die “Vernietiger” soos in Openbaring en die Bybel beskryf beweeg rond om julle en julle geloof te ondermyn …

Plaas moorde is ook n aanval op Christene. Ek glo dit is ‘n verskynsel van die “kort tydjie”. Maar God het die boodskap van die Wederkoms in Afrikaans gegee en daarin glo ek kan ons sterk staan al is die aanslag van ons tyd so moeilik om te beleef.

Veilig by die Here

Christene weet dat deur hulle geloof hulle ‘n vrede ondervind wat die Gees van God oor hulle bring. Daardie vrede is vir Christene ‘n werklikheid. Daarom deur die Openbaring van Jesus Christus deur God aan Hom gegee word ook die Nuwe Jerusalem ‘n werklikheid deur die wete dat God van die omstandighede van 2017 al van die wording van die aarde bewus was (omdat hy die mens in sy wese so goed ken) en sal ons dra tot in Sy koninkryk wat kom. Moet nie die krag van God en die Heilige Gees onderskat nie. Bid elke dag…Hy waak.



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]