Val op jou kniee en ontmoet jou God!!!

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Chris van Zyl on March 26, 2020 at 10:08:30:

Dit is nou meer duidelik as ooit dat die wereld fisies verander, dat ons as christene weer moet kyk na die geskiedenis van die tyd , na die duidelike verbande tussen Goddelike voorspellings in die Woord (en spesifiek in Openbaring) en die vervulling (uitrol) daarvan.

Dit bly steeds onverklaarbaar vir my dat mense die beperkende intensie van Christene (broeders in Christus)bevraagteken.

Ek geniet hierdie website ongelooflik.

My innige gebed aan ons Vader is dat sy almag, onverganklikheid, onveranderheid, deernis met die mesndom, afsku aan die sondige natuur en sy onverklaarbare voortdurende liefde aan ons net ons hoop , geloof en liefde as Christene sal dwing om elke dag gereed te wees vir dit wat nou besig is om te gebeur in hierdie stukkende wereld.

Dankie Elana, dankie John and dankie Suzanne vir jul opbouende bydrae, te midde van soveel mense wat maar net elke dag nie wil glo dat die eindtyd "naby" is nie en so leef nie.

Mense se Godsbegrip is soms sooo beperk, maar laat ons bly hoop en glo en liefhe want ons vertrou op ons Hemelse Skepper vir uitkoms.

Hy is in beheer en sal vir ons sorg en vashou!!!. Laat ons Christene nou meer as ooit ons afsonder en nederig en stil voorbidding doen vir God se genade en die redding van siele vir sy koninkryk. Laat ons geloof ons menslike vrees oorwin.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]