praatjie

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon - Forum ]

Posted by Viola on April 10, 2002 at 23:14:58:

More Elana,
Ek wil net weer sê ons waardeer dat jy gisteraand
uitgekom het na ons groepie. Party het saamgestem,
ander het gewonder, hier en daar was betwyfeling, maar
almal is wel oortuig dat ons in die eindtyd staan - sommige
weet net nie hóé naby nie. Jou boodskap het my egter so
bekragtig - veral jou vermaning aan ons om sterk te staan,
moed te hou en oe op Jesus te hou - want ja, ons word so slinks
verlei dat ons dit maklik nie eens raaksien wanneer ons begin
met tree op die breë pad nie. Ek het nie verniet verlede sondag
'n ander christelike kerk gaan besoek om te sien wat daar gepreek
word, om 'n baie op-die-punt-af boodskap oor heiligheid en heilige
lewenstyl te kry nie - ek glo dit was 'n afspraak - en jou boodskap
versterk net die wete dat ons, nou meer as ooit, gefokus moet bly
die Here, heiligheid, Sy wil in alles wat ons doen.
Ek sal jou weer kontak sodra ek vir u 'n seminaar kan reel hier op
Stellenbosch kampus.
Dit voel so lekker om dinge in perspektief te sien, om die geheel-
prentjie te sien - dis of openbaring soos brood, oopgebreek word, en
ek geniet elke oomblik want enige openbaring wat God gee, is tot
stigting, tot verdieping.
Groete
Viola Calitz


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon - Forum ]