Afrikaanse Boek

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon - Forum ]

Posted by Elana Janson on August 26, 2002 at 03:21:25:

Aan die Afrikaanses

Soos vele maal op hierdie webtuiste genoem, glo ek dat ‘n bonatuurlike ingryping op 22 Augustus 1996, aan my oorgedra het dat Openbaring verstaan kan word deur tydmeting in die geskiedenis. Dit is ook aan my bekend gemaak dat ons na aan die eindtyd is. Die rede dat ek in 1996 met die kennis wat ek toe gehad het (en wat ek glo deur die Goddelike tussenkoms bevestig is), voortgegaan het om Openbaring met die geskiedenis te korreleer, was omdat niemand my sou glo as ek bloot vir hulle gesę het dat dit aan my bekend gemaak is dat ons na aan die eindtyd is.

Omdat die woorde wat voor my verskyn het “Wat jy weet moet jy bekend maak” in die Afrikaanse taal was, glo ek dat hierdie boodskap van die eindtyd met ‘n doel aan die mense van Suidelike Afrika gerig is. Daarom is dit eintlik nie nodig om te veel te bekommer oor die toekoms van Afrikaans nie, want die grootste boodskap van alle tye – die boodskap van die Wederkoms is in hierdie taal oorgedra. God is met die gelowiges van Suider Afrika, ten spyte van die wetloosheid en siekte wat veral nou hierdie deel van die węreld tref.

Die reaksies van mense aan wie ek my kennis oordra laat my al hoe meer besef dat min mense werklik glo dat wat met my gebeur het van groot betekenis is. Miskien is dit hoe dit moet wees, want dit bly ‘n troos vir die paar Christene wat gebukkend gaan onder die totale aanslag van die bose in hierdie tyd. Hulle word opnuut verseker dat daar ‘n ewige doel nog bestaan en dat daar ‘n Wederkoms sal wees.

Dit sal net wees wanneer die tekens van die eindtyd baie duidelik is, dat meer mense sal besef dat God die mens se afvalligheid van die goeie en die sedelike, net vir ‘n bepaalde tyd sal duld.

Nadat ek “How near Armageddon” klaar geskryf het, en met Christen groepe gepraat het, het ek besef dat ek my kennis op ‘n meer eenvoudige en ook duideliker manier sal moet oordra as ek wil hę dat mense moet luister.

Dit was ook eers nadat ek Openbaring deur tydmeting in die geskiedenis verstaan het, en die boek “How near Armageddon” klaar geskryf het dat ek agtergekom het dat Openbaring se betekenis eintlik in twaalf tydmetinge in die geskiedenis oorgedra word.

Ek het dus die boek “Ek is die Begin en die Einde”, met die subtitel, “Die verborge tydmeting van Openbaring”, geskryf in Afrikaans met die doel dat mense Openbaring se tydmetinge makliker kan verstaan. As ek nie die pad van die skryf van “How near Armageddon” geloop het nie, sou ek nooit ontdek het dat die betekenis van Openbaring eintlik op twaalf tydmetinge gegrond is nie. Dit is ‘n korter boek as “How near Armageddon”, en daar word veral op die tydmetinge wat deur die Goddelike tussenkoms aan my bevestig is, klem gelę.

“Ek is die Begin en die Einde” is in Suid-Afrika verkrygbaar teen R72 (verpakking en versekerde versending ingesluit) van Dr Elana Janson, Posbus 21682, Kloofstraat, 8008, Kaapstad.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon - Forum ]