Tsunamie

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Philip Fourie on January 03, 2005 at 23:58:15:

Dr Janson,

Eerstens wens ek u graag voorspoed toe vir 2005.

Ek volg gereeld u “Forum” op die internet. Ek merk op dat u dikwels na CNN luister/kyk en verwys. Aan die een kant glo ek is CNN ‘n deelnemer aan die poging om Christus te misken as enigste weg tot saligheid; aan die anderkant gebeur juis die teenoorgestelde: moontlik totaal onbewustlik.

My dogter het onlangs vertel dat ons een predikant onlangs in sy preek verwys het na die die feit dat die baas van CNN (hy was met Jane Fonda getroud) die Christellke godsdiens beskryf het as ‘n godsdiens vir swakkelinge. Tog kom die boodskap van die eindtye op ‘n besondere manier deur oor CNN. Hul Asia nuusleser Veronica Petrosa het nou die dag die Tsunamie ramp as “a disaster of Biblical proportions” beskryf (Ek aanvaar die berig is vir haar geskryf). Die uitdrukking is daarna verskeie kere herhaal. Gisteraand is die gebeure as “Apocalyptic event” beskryf.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]