Re: UFO's (VVV)'s

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on December 10, 2009 at 14:05:44:

In Reply to: UFO's (VVV)'s posted by Christa Hoffmann on December 07, 2009 at 04:46:04:

Ek was nog altyd baie skepties oor “VVV”’s omdat daar baie verskillende soorte vliegtuie, lugballonne en vuurpyle ens die lug ingestuur word. Veral in die skemer en in die nag kan vlieënde voorwerpe met liggies onherkenbaar wees. Ek self het nog nooit n “VVV” gesien nie.

My visioen

Omdat ek so ongelowig was oor sulke verskynsels en ook ‘verskynings’ van allerlei aard, was ek in 1996 terdeë bewus van hoe moeilik my taak sal wees om die bevel wat met die verskyning van die woorde wat ek op 22 Augustus van daardie jaar gesien het uit te dra. Mense soek “bewyse” van bonatuurlike gebeure.

Wonderbaarlik het God my daartoe gehelp soos alles wat ek op hierdie webwerf geplaas het getuig.

Mense sal visioene sien

Joel 2:28 “Wanneer dit alles gebeur het sal ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en dogters sal as profete optree, julle ou mense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien.” Soos die boek Joël getuig sal God in die tye dat Hy ingryp in the noodlot van die mensdom, deur sy Gees aan mense die gawe van profesie gee en visioene laat sien. Daarom sal ek nie verbaas wees oor gerugte van visioene in hierdie tyd nie.

Openbaring in ons tyd

Vir my was die grootte van die aanloop van Orkaan Karina oor die Golf van Mexiko, wetende dat ons in die tyd leef dat die “vier engele” wat die “vier winde van die aarde vashou” (Op 7:1) ‘losgemaak’ (Op 9:14) word, getuienis dat die profesie van Openbaring geopenbaar word – n Skrikwekkende gesig maar onvergeetlik.

Die wetenskaplikes sê vir ons dat groot orkane ‘n teken van die verwarming van die aarde is. Met ander woorde ek glo dat Openbaring met die woorde dat die engele wat die winde vashou losgemaak word ook vir ons vertel dat die aarde gaan verwarm in die laaste dae. Vir my is hierdie dinge van groter betekenis as VVV's. Vir my is dit Goddelike openbaring.



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]