Re: Afr. lesings oor Openbaring.

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Chris van Zyl on April 21, 2010 at 16:40:14:

In Reply to: Afr. lesings oor Openbaring. posted by Susanne Baker on April 14, 2010 at 16:45:55:

Dankie Suzanne,

Ek hou van jou praktiese, opregte poging, en as Dr Janson dit kan verifieer kan dit nog soveel meer vir baie ander beteken.

Ek moet erken , en het dit met ander medegelowiges en groot aanhangers van Dr Janson bespreek : Haar Afr boek se skryfstyl is hoogs intellektueel en sinskonstruksies is soms van so aard dat die feite nie altyd duidelik is nie. Maar ek het steeds die hoogste agting vir dit waarvoor sy staan en dit wat sy met ons deel.

Miskien is die poging van u nog 'n verdere bewys van die woorde " In die laaste dae sal elke tong bely.."

Ek hoor graag wat Elana se van jou notas.Ek vind dit vloeiend en waarde toevoegend. Ek self is ook reeds jare besig om die gegewens soos weergegee in haar boek ,vir myself makliker op te skryf, want ek moet bieg, as jy eers begin lees ,en neerskryf ,om dit te probeer onthou,dan besef jy wat se grootse werk Dr Janson gedoen het.

Laat ons maar net alle eer aan God gee vir die genade wat Hy ons bewys om ons gereed te maak vir sy wederkoms.

Groetnis

Chris van Zyl.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]