Lesing 6

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on May 28, 2010 at 10:40:17:

Hfst. 6 - Wit Perd
Op. 6:1 Ek het gesien toe die Lam die eerste van die sewe seёls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die knal van ‘n donderslag: “Gaan uit!” Ek het gesien; daar was ‘n wit perd. Sy ruiter het ‘n pyl en boog gehad. ‘n Oorwinnaarskroon is aan Hom gegee en Hy het as oorwinnaar uitgegaan om nog verder te oorwin.
Dit is die Lam, Jesus Christus wat die sewe seёls oopmaak. Die vier lewende wesens, wat verbind is aan die ruiters op die perde van die Apokolips, dui verwantskap aan met die diere wat Esegiёl en Daniёl gesien het. Die verwantskap is dat tydperke aangedui word.
Die interpretasie van die vier perde van die apokolips is baie ingewikkeld, omdat;
1 Hulle die grenslyne stel vir die interpretasie van Openbaring
2 Hulle verbind is aan die vier diere wat Daniёl gesien het
3 Hulle is ook verbind aan die datum van Christus se dood en Opstanding.(Lam)
Om werklik die kompleksiteit van die vier diere te verstaan en hoe wonderlik Openbaring aanmekaar gesit is, deur die bekendmaking van die geskiedenis. moet die leser die Boek Daniёl lees om agter te kom hoe Daniёl verbind is aan Openbaring en ook aan die Geskiedenis oor die twee millenniums. In hierdie hoofstuk is dit baie belangrik dat die woorde presies en akkuraat gebruik word, want dit dui tydmeting aan.
Die sewe seёls is sewe tye wat die Drie-eenheid ingegryp het in die geskiedenis van die kerk. Hierdie is een van die vier tye wat die Heilige Gees spesifiek aan Dr. Janson bekend gemaak het. Sy het dus duidelike bevestiging gekry dat dit die korrekte interpretasie is. Dit is ook bevestig deur ‘n uiterlike teken wat slegs deur God bewerkstellig kan word en dit is die groot aardbewing wat op 26 Des. 2004 gebeur het en sy kon die tyd korrek bereken.
Die tyd van die oopmaak van die eerste seёl is verbind aan die tydperk van die ruiter op die wit perd en dit is die tyd 216nC. Dit is die “Lam” wat die eerste seёl oopmaak. Op.1:11 “Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste”. Met die kennis dat Openbaring met tydmeting te doen het, kan ons die tydperk bepaal. Hierdeur wys Openbaring dat ons tyd moet meet vanaf die geboorte van Jesus Christus.
In die vorige hoofstukke het Openbaring die tyd van “een dag” bepaal, asook die verdeling van periodes van 72 jaar. Nou kan ons agterkom dat daar 3 periodes van 72 jaar verby is, vanaf die geboorte van Christus tot 216nC. Ons kan sien dat Openbaring bou op die informasie wat in vorige hoofstukke bekom is. 72 +72 + 72 = 216
“Knal van donderslag” is ‘n aanduiding dat dit God self is wat praat.Ons moet weereens die Engelse vertaling gebruik. Ps. 104:7 ……… at the voice of thy thunder they hastened away. Hierdie woorde het ook vir Dr. Janson gelei om ooreenkomste te soek met die dooie see boekrolle wat by Qumran ontdek is en Openbaring. Ps.81:7 ……….the secret place of thunder. Later sal ons sien dat dit verbind sal word aan Op. 10:4 Seal up those things, which the seven thunders uttered and write them not. M.a.w. die 4 perde van die apokolips is moontlik verbind aan die boekrolle wat op geheime plekke ontdek is. Die woorde moenie dit opskryf nie (write them not) beteken dat daar iets is wat nie in Openbaring opgeskryf is nie, maar tog met Openbaring verband hou.
Openbaring verwys ook hier na een van die seёls, omdat die ander seёls ook oopgemaak of losgemaak is. Om Openbaring te verstaan deur die woorde “knal van die donderslag (noise of thunder)moet ons ook kyk na ander verse waar dieselfde woorde gebruik word. In Op 10:4 word gesê “toe die sewe donderslae praat” (seven thunders uttered their voices) , wou ek dit opskryf, maar ek het ‘n stem uit die hemel hoor sê; “hou dit geheim wat die sewe donderslae gesê het, moet dit nie opskryf nie.” Dit beteken dat die inligting van die sewe donderslae, inligting is wat nie in Openbaring opgeskryf is nie. Dit sal egter bekend gemaak word wanneer die tyd van die oopmaak van die seёls aangebreek het.
Dit is interessant dat die woorde “noise of thunder” ook in verband gebring kan word met die woorde “noise of war” (Ex 32:17)
Die kennis en insig oor sewe donderslae is sewe tydperke in die Geskiedenis van die Christelike Konings wat in 1996 aan Dr. Janson geopenbaar is. Dit beteken dat die oopmaak van die seёls slegs kan gebeur deur die kennis van die sewe donderslae. Die woorde “knal van die donderslae” beteken dat die tydmeting wat verbind is aan die ruiter op die wit perd, ook die tydperk is vir een van die sewe donderslae.
Daniёl se vier wesens – 1. Leeu, 2 beer, 3 luiperd. Dit beteken dat Openbaring die wesens wat Daniёl gesien het gaan gebruik om die vier perde van die apokolips te verduidelik. Die eerste perd word verbind aan die derde lewende wese.
Dan. 7:6 En toe ek weer sien was daar nog ‘n dier, een soos ‘n luiperd. Hy het op sy rug vier vlerke gehad soos die van ‘n voёl. Hy het vier koppe gehad en aan hom is heerskappy gegee (After this I beheld, and lo another , a leopard, which had upon the back of it four wings of a fowl; this beast had also four heads; and dominion was given to it.)
Hierdie dier (luiperd) is verbind aan die wit perd en dit dui aan dat die invloed van die boosheid van Satan die verspreiding van die Christelike boodskap oor die aarde sal volg deur al die generasies (Ps. 145:13 dominion endureth through all generations)
Voёl (fowl) - In die vorige hoofstuk het ons gesien dat Openbaring die prentjie van ‘n voёl gebruik om die verspreiding van Christus se boodskap oor die aarde aan te dui. Ons sien dus dat die lewende wese en die voёl aanmekaar gekoppel is. Hierdie voёl is ‘n roofvoёl. Hoe weet ons dit? Op. 19:17 Hy het met ‘n harde stem uitgeroep en vir al die roofvoёls, wat hoog in die lug vlieg gesê: “Kom kom bymekaar vir die groot feesmaal wat God gereed gemaak! Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges, en die vleis van allerhande mense; vryes en slawe, groot en klein.
Hierdie woorde verwys na dood deur middel van oorlog en liggame wat daar gelos word vir die voёls om te vreet. Dit verwys ook na diegene wat nie die moeite doen om liggame te begrawe nie. 1Kon16:4…..die honde sal hom opvreet; en die een wat in die veld omkom, die roofvoёls sal hom vreet. Later in Openbaring sal ons sien dat liggame wat nie begrawe word nie verbind sal word aan sekere tye in die geskiedenis toe Christenmartelare nie begrawe is nie.
Die verbintenis van die voёls en die lewende wesens dui daarop dat die invloed van die wesens tot by die vier uithoeke van die aarde sal strek . Die vier koppe beteken dat in die tyd dat die invloed van die derde wese oor die aarde versprei het, sal die ander wesens ook geїnkoporeer word en die invloed sal sy volle sterkte bereik het.
Hierdie vier lewende wesens is ook die wesens van Op. 4:7. In die Bybel het die profeet Esegiёl ook vier lewende wesens gesien. (Es.1:4-14) Elkeen van hierdie vier wesens het ooreenkomste met die vier wesens van Openbaring. Hierdie visie van die wesens wat Esegiёl gesien het, was ‘n boodskap van die Almagtige God dat nasies tot ‘n val gebring gaan word. Dit is ook die boodskap van Openbaring. Hierdie woorde van die wesens wat sê ”Kom kyk”, sal herhaal word met die volgende drie seёls. Dit verwys na die invloed wat die bose (evil) op hierdie vier tye, d.w.s. die tyd van die ruiters van die apokolips, het.
Die lewende wesens (beasts) sê “Kom kyk”, omdat Openbaring dit wil tuisbring dat die bose (evil) teenwoordig was in 216nC. Wanneer ons die geskiedenis van Rome in oёnskou neem in die tyd 212-216nC, ontdek ons dat daar ‘n wrede regeerder was. Hierdie regeerder was “Caracalla” (Marcus Aurelius Antonius) wat sy broer Gaeta vermoor het, sodat hy die alleenheerser van die Romeinse Ryk kon word. Dit is ook die tyd toe die Parthers wat in Parthiё gewoon het die ryk binnegeval het. Hierdie was ruiters op perde wat met pyl en boog geskiet het vanaf hul perde se rûe. Vanaf ongeveer 216nC, het die val van die Romeinse ryk geleidelik begin. Perde was hoofsaaklik vir oorlogvoering gebruik. Histories was die vier perde van die apokolips, die tye net voor lang tye van geweldadige gevegte.(oorlog)
Dit beteken dat in die jaar 216nC het die Drie-eenheid ingegryp om die verloop van die geskiedenis in ‘n bepaalde rigting te stuur. Dit was die begin van al die oorloё wat gelei het tot die val van die Romeinse ryk. Die gevolg sou wees dat Konstantyn die Grote (oorwinnaarskroon) in die volgende eeu ‘n einde sou maak aan die vervolging van die Christene. Hierdie kerstening van die konings van die nasies sou na die Weste uitbrei (om verder te oorwin) Teen 288nC was daar meer as 100 bisdomme in Italiё. Dit was die begin van die verspreiding van die Christelike geloof in die Westelike rigting. In Sag.6:6 sien ons dat die “strydwa met die wit perde het agterna gegaan” Voor en agter in die Ou Testament beteken Oos en Wes.
“Ek het een van die lewende wesens hoor sê” - Openbaring verbind die oopmaak van die eerste vier seёls aan die vier lewende wesens. Die eerste lewende wese is ‘n leeu. (Op 4:7) Christus is die Leeu van Juda. Dit het dus betrekking op die boodskap van Christus. Ons sal later sien dat dit ook in verband gebring kan word met die Laaste tydmeting. Hier word bevestig dat Christus altyd, ook in die tyd van die bose, by sy volgelinge sal wees.
Alles wat Jesus op aarde gesê het is getrou en die waarheid. Dit is die aanduiding dat ons na die woorde van Christus moet kyk om Openbaring te kan verstaan. “Met regverdigheid oordeel hy en voer Hy oorlog. Sy oё het soos vuur gevlam en op Sy kop was daar baie heerserskrone. (Op 19:11) Oor die oorloё wat Christelike Konings en Christene deur die twee millenniums gevoer het, sal Hy regverdig oordeel. Die Drie-eenheid is tot die einde in beheer oor dit wat op die aarde gebeur.
Die ruiter op die wit perd kom ook in Op 19:11-13 voor en is Jesus Christus self.
Op 19:11-16 Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ‘n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel hy en voer hy oorlog. Sy oё het soos vuur gevlam en op Sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ‘n naam geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was en Sy naam is “Die woord van God. Die leёrs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. Uit Sy mond het daar ‘n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref en Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. Op Sy klere , by Sy heupe was geskrywe DIE KONING VAN DIE KONINGS EN DIE HERE VAN DIE HEERSERS.
Hier word ons meer vertel van die ruiiter op die wit perd en dit dui die laaste tydperk aan. Dit is die tyd toe die hemel oopgegaan het. Dit is ook die tyd dat Openbaring se geskiedenis en die eindtekens soos geprofeteer in die Bybel sigbaar sal word vir die mense. Ons begin nou agterkom dat sekere gedeeltes oor lang tydperke geskied. Hier sien ons dit is van die begin af tot die eindtyd.
Openbaring sluit ook aan by die geskiedenis van die jaar 216nC. Met die kennis van die Ruiter op die wit perd in die tyd van die ontdekking van die boekrolle in 216nC weet ons dat die “woord van God” ook betrekking het op Origen. Hy het gesien dat die Christene van sy tyd probleme ondervind het om te verstaan hoe God die Vader, van die Ou Testament, Jesus Christus en die Heilige Gees bymekaar pas. Na wie moes hulle, hulle gebede rig. Dit is hy wat die leerstelling op skrif vir die Kerk opgestel het, dat die Vader, die Seun en die Heilige Gees, ‘n eenheid vorm . Dit was die geloofsleer van Chalcedoon. Dit is hierdie leer wat deur die kerke en die regerings van Wes-Europa aanvaar is en tot aan die eindes van die aarde versprei is. Die betekenis van die woorde “Woord van God”, kom uit Joh. 1:1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Joh. 1:14 “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.”
Dit vertel vir ons, dat van die begin af, toe God die heelal tot stand gebring het en die mens geskape is, het Hy deur die Woord van God gekommunikeer met die mens op aarde. Hierdie kommunikasie van God met die mens was in die Ou Testament reeds personifiseerd (Jer 2:1 Die Woord van die Here het tot my gekom) Dit is verder gevoer deur die koms van Jesus Christus , sy Seun, die Messias.
“Hy het klere aangehad wat deurweek was met bloed” dui op die kruisdood van Christus, (Hy was die eerste martelaar) maar ook die tyd toe Origen geleef het en die Christene tot die dood toe vervolg is. Die simboliese betekenis van “Kleed” of “klere” dui die Christelike geloof volgens die leer van Chalcedoon aan. Dit is die aanvaarding van die Drie-enige God. Wanneer Openbaring die woorde “eerste en “laaste gebruik, het dit betrekking op die geboorte (alfa) van Christus en die laaste (omega) jaartal van Openbaring.
Die oordeel van God word deur vuur uitgebeeld in die Bybel (ps 18:8) en ook in Op.11:5 “vuur uit hulle monde (twee getuies). Jesus Christus deur die Heilige Gees, het ingegryp en die regerings bestuur oor baie eeue heen.
Hierdie gedeelte verwys ook na ‘n ander belangrike gebeurtenis in die tyd van die Ruiter op die wit perd. Hierdie gebeurtenis word verbloem in die woorde “ Daar was ‘n naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self: ” Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was en Sy naam is “Die Woord van God”. Hierdie woorde dui ook op ‘n Ingryping van God self (Hy self) in 1996 toe die seëls van die boekrol (Openbaring) losgemaak is deur “tydmeting”. Ons sou dit nooit kon verstaan het as God nie bekend gemaak het dat hierdie woorde verbind is aan 216nC nie. Nou weet ons dat die wit perd en Ruiter ook verbind is aan die geskiedenis en spesifiek 216nC. In die briewe aan die sewe gemeentes het ons agtergekom dat daar ‘n baie sterk eenheid tussen Christus en die kerk is. Hierdie woorde van Christus dui dus op Homself asook op al die Christene wat in daardie tyd geleef het.
Origen was die ontdekker van die boekrolle van die Psalms. Hy het van Noord Afrika af gekom. Toe hy 17 jaar oud was is sy pa doodgemaak in Alexandrië en die familie se besittings gekonfiskeer. Dit was in die tyd van die vervolging deur Keiser Septimus Severus in 202nC. Hierdie vervolging was teen die Christene en die Jode gerig. Hoekom was die Psalms se ontdekking van so ‘n groot waarde vir die verstaan van Openbaring? Omdat daar vier Messiaanse Psalms is en hulle het almal min of meer dieselfde strekking.
Ps2:10 “ Wees dan nou verstandig, Konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde. Julle moet die Here met ontsag dien. Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want Sy toorn ontvlam gou.” Hierdie Psalm waarsku die Koning dat Hy ‘n baie groot verantwoordelikheid het. As Hy God nie eer nie sal hy met God se toorn te doen kry.
Ps 45:2 en 4 My heart is stirred by a noble theme as I recite my verses for the King ……In your majesty ride forth(leiding neem) victoriously in behalf of truth, humility and righteousness……. Hier sien ons dat dieselfde idée te vore kom van die vier perde van die eindtyd in die woorde “leiding neem” maar die koning moet waarheid, regverdigheid en nederigheid beoefen.
Ps. 72:1-2 Leer tog die koning, O God, om te regeer volgens U wil; leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit wil, sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel……………Jy sal altyd priester wees volgens die priesterorde van Melgisedek.
Ps 110: 1-4 Die Here het vir my heer die Koning gesê “Kom sit aan my regterhand en ek sal jou vyande aan jou onderwerp….die Here gee die oorwinning. Hy verdelg konings die dag as hy sy toorn laat losbreek. Hy straf die nasies; Hy verdelg hulle leiers; Hy laat die wêreld vol lê van hulle lyke….. “ Aan die “regterkant” beteken die mees belangrike plek. Dit is ook ‘n aanduiding van die konings van die nasies se houding teenoor Jesus Christus. Melgisedek was die Kanaaniet aan wie Abram besoek afgelê het Die Bybel is baie misterieus oor Melgisedek . Gen 14:18 vertel ons “ Melgisedek, Koning van Salem en priester van God die allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring en hom geseën. Ons weet verder nie veel van hom af nie behalwe dat hy die personifikasie is van die perfekte priester-koning wat Godvresend en regverdig is. Hierdie is ‘n baie belangrike aspek wat na vore tree later in Openbaring.
Jesus Christus het die “sleutels van Die huis van Dawid”. Waarvoor het ons sleutels nodig? Openbaring is ‘n geslote boekrol en ons het Sleutels nodig om die geheimenisse te ontsluit. Wat sou die sleutels wees? Dit is die woorde wat Jesus Christus op aarde gepraat het. Ons hoor dikwels in die nuwe Testament by die uitsprake van Christus dat hy sê “hierdie is betroubaar en waar”. Jesus word ook die “Betroubare” genoem. Daarom word Sy woorde gebruik om Openbaring mee oop te sluit. In Op 22:6 word daar ook van die profete gepraat. “ Toe sê die Engel vir my; “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat Sy Gees aan die profete gee, het Sy engel gestuur om vir Sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.” Dit is waarom ons die profete van die Ou Testament se woorde en Christus se woorde in die Nuwe Testament gebruik om Openbaring te kan verstaan.
Die konsep van “hemel oop” vind ons in Mat 3:16. “Meteens het die hemel bokant Hom oop gegaan en Hy het die Gees van God soos ‘n duif sien neerdaal en op Hom gekom.”
Hieruit kan ons aflei dat ons moet meet vanaf AD26 (toe Jesus gedoop is) Wanneer God ingryp doen Hy dit met regverdigheid en geregtigheid. Dit is die hele tema van al die apokoliptiese skrywes. Wanneer die kondisies op aarde versleg tot op ’n sekere vlak, dan gryp God in. Dit lyk asof God dit noodsaaklik geag het om in te gryp in die tye van die vier perde, om die ontwikkeling van die Christelike Godsdiens op die regte pad te stuur. Ons sal later sien dat “vuur” te doen het met die dood van Christene.
“Heerserskrone” dui aan die progressie van baie konings oor ‘n lang tydperk.
“Hy het ‘n naam wat niemand ken nie, net hyself” dui vir ons aan dat ons na iemand moet soek met ‘n ongewone naam, ‘n naam wat iets beskryf wat net die koning doen of iets spesifieks oor sy persoon of voorkoms.
Ons sal nou eers kennis neem van die tye van onderdrukking en marteling wat die Christene moes deurmaak. Gedurende die eerste drie eeue was die vervolging aanhoudend en soms baie erg totdat dit sy top bereik het in die vierde eeu. Van die begin af was die meeste vervolgers Israeliete wat baie sterk vasgeklou het aan die OU VERBOND. Hulle het die Christene beskou as ‘n sekte van Judaisme en hulle het geglo dat die Christene die Joodse geloof ondermyn met leerstellings wat vreemd is. Dit was die saak wat hulle teen Stefanus gemaak het toe hulle hom gestenig het, waarvan ons in Handelinge lees.
Ons vind dat daar 10 hoofperiodes van vervolging was. Keiser Nero in die eerste eeu en die laaste een deur Diocletian vroeg in die vierde eeu. Die geskiedenis is nie seker of die vervolgings in die eerste twee eeue regdeur die Romeinse Ryk plaasgevind het nie. Dis aanneembaar dat Christene altyd in gevaar verkeer het en hulle wetlike status was nie baie hoog nie. Enige offisier kon enige tyd ‘n saak teen hulle gebring het en hulle is selde regverdig behandel. ‘n Brief wat gedateer is AD150 praat daarvan dat Christene skuldig bevind word en vervolg word deur “alle mense” (all men) Volgens die geskiedskrywer Eusebius was daar veral twee baie geweldadige tydperke. Die eerste was in AD165-168 en die volgende AD160-185. Hierdie Christene was skuldig bevind en na die Arena gestuur as voedsel vir wilde diere.
Ons weet dat die struktuur van Openbaring gebou word op verskillende lengtes tydperke. Een daarvan is 144 jaar.( 2 x 72). In Openbaring is dit ‘n halwe dag. As ons 144 bytel by AD33 (kruisiging) kry ons 177. AD33 + 144 = AD177. Dit bring ons by die tweede vervolging. Dit was in Lyons in Frankryk. Die adelstand van die stad wou geld bespaar en het besluit om kriminele as voedsel vir die wilde diere te gebruik. Marcus Aurelius (Caracalla) het dit goedgekeur. Hulle het die Christene beskou as immigrante wat ‘n geheime kultus in die land ingebring het vanaf die Ooste. Die Christene het van Asië Minor afgekom. Daar was baie geweld in die stad en die Christene het die blaam gekry. Sommige is gemartel en van die slawe het dan vertel dat die Christene kannibalisme beoefen sowel as bloedskande. Die slawe is geglo en die Christene is dan in hegtenis geneem. Diegene wat nie hulle Christelike geloof wou afsweer nie, is in onmenslike omstandighede in tronke aangehou en vir die diere gevoer.
In Noord Afrika in en om Carthage was daar bedrywige Christelike Kerke. Sommige is genoem die Kerk van die martelare. Hierdie martelare was nie bang vir die dood nie en het dit die paspoort tot die paradys genoem. Origen, die ontdekker van die Psalms boekrol het van Noord Afrika af gekom.
Dokumente van hierdie tydperk het aan die lig gebring dat daar ‘n dogter van ‘n ryk Romeinse burger was wat in hegtenis geneem is, saam met haar slaaf en haar Christen onderwyser. Sy het ‘n dagboek nagelaat waarin ons hiervan kan lees. Sy was van die begin van inhegtenisname onder die Heilige Gees se leiding. Haar doop sou die doop van dood in Christus wees. Sy moes niks vra behalwe die doopwaters van lyding van die vlees nie. Sy was vol van die Heilige Gees en kon dikwels die Paradys sien en het met die Here gepraat. Sy en haar twee medebeskuldiges was geïnspireerd deur apokoliptiese hoop en hulle was haastig om hul dood tegemoet te gaan in die hoop dat hulle gou die bordjies sou verhang en dat hulle vervolgers dan veroordeel sou word deur Jesus Christus. Wat belangrik is van hierdie gedeelte is dat hierdie vrou die Heilige Gees by haar gehad het en dat sy gehoop het dat God binnekort sou ingryp. In 216nC het God ingegryp en die vervolgings begin stop.
Hieruit lei ons af dat die Christelike geloof stadig maar seker begin vorder het in die rigting van die Keiserlike troon. Gedurende die regering van Keiser Septimus Severus (193-211) was hy nie onvriendelik teenoor die Christene nie, maar later het hy ‘n edik uitgebring wat bekering na die Jodedom en na Christendom verbied het. Hy het egter self ‘n paar Christene in sy huishouding as slawe gehad. Hy het hulle vertrou met die grootmaak van sy seun. Die seun se naam was Bassianus, maar hy het homself Marcus Aurelius Antonius genoem (‘n Naam wat net hyself ken) Hy het ‘n bynaam van “Caracalla” gehad. Dit is interessant dat hy in Frankryk (Gaul) gebore is en sy bynaam het gekom van die kleed wat hy gedra het (geklee in ‘n kleed) Hierdie kleed wat hy gedra het, het later die mode geword in Rome en is deur ‘n paar eeue deur Romeine gedra. Sy bynaam was verbind aan die kleed.
Die kriminele daad van Caracalla wat sy broer Gaeta vermoor het, het gelei tot satiriese spot deur die Alexandriese burgers en daarom het die regeerder wraak geneem. Hierdie daad het Origen laat vlug na Jerusalem. Dit was gedurende hierdie tydperk dat hy die boekrolle ontdek het. Ons weet dat Caracalla in Alexandrieë was in 215nC. Eusebius (historiese skrywer 264nC – 340nC) het geskryf dat die Psalms in Jerigo gevind is gedurende die regering van Antonius (Caracalla) seun van Severus (211-217)
Hierdie Origen wat die Psalms ontdek het, is die een wat die verwarde denke van die vroeë Christene na die geskrifte gelei het. Die eerste Christene het geweet van Christus en die Heilige Gees, maar hoe was hulle verwant aan God. Christene het met hierdie probleem geworstel. Baie probleme het hieruit ontstaan.
Onthou dat Christus gedurig gewaarsku het teen die Nikolaiete wat heidense gebruike en onderrig in die kerke probeer inbring het. Dit was nodig dat die Griekse filosofieё en die Oosterse godsdienste nie die oё van die Christene moes verblind nie. Origen is toe terug na die Geskrifte van die Ou Testament en die briewe van die Nuwe Testament en daar het hy die verhouding van die Vader, Seun en Heilige Gees met mekaar ontdek. Die Drie-eenheid het dus in die jaar 216nC ingegryp en vir Origen die kennis en insig gegee om hierdie verhouding van die Drie-eenheid te begryp. Hy het ‘n in diepte studie daaroor gemaak en so ontdek dat die Drie-eenheid van dieselfde substansie is en saamwerk om altyd ‘n eenheid te vorm. Dit het gebeur om die Christelike denke op die korrekte weg te lei.
“Hy het ‘n kleed aangehad wat met bloed deurweek was”. Hierdie woorde verwys eerstens na die kleed wat Christus aangehad het net voor Sy kruisiging. Dit verwys ook na die jaar 216nC toe baie Christene vervolg en gedood is. Dit verwys na die kerk wat opgerig is te midde van die bloed van die martelare. Christus het vanaf die jaar 216nC ingegryp in die geskiedenis van die kerk om dit in so ‘n rigting te stuur dat die vervolging gestaak sou word en dat die Christene die konsep van Vader, Seun en Heilige Gees sal verstaan. Hierdie begrip het gegroei in die Westelike rigting van Europa.
“Die ruiter het ‘n pyl en boog gehad” Hierdie beeld pas perfek in die tyd van 216nC in. In die Oostelike deel van die Romeinse Ryk het die Partiers gebly. Parthië was net oorkant die Kaspiese see en oos van Media. Hierdie leër het pyl en boog gebruik vir oorlogvoering en hulle was ‘n doring in die vlees van die Romeinse Ryk. Die Romeinse Ryk kon hulle nooit oorwin nie. Hulle het ook die manier gehad om te maak of hulle vlug en dan om te draai en agtertoe te skiet met pyle. Die Romeine was bevrees vir die dag dat die Partiese Ryk hulle sal oorwin. In 215nC het Caracalla na die vooruitstrewende stad Antiogie getrek. In Mei 216nC was hy onder dwang om hulle aan te val, maar in April van die volgende jaar het iemand hom vermoor in Edessa. Met hierdie oorwinning van die Partiers, het die val van die Romeinse Ryk begin.
Die gemeente van Edessa is belangrik in die geskiedenis van die ruiter op die wit perd. In 216nC was Edessa bygevoeg by die Romeinse Ryk en het hulle Katolieke Nagmaal geniet saam met die kerk van Antiogië. Edessa was die baie ou stad van Siriё in die gebied van die moderne Urfa. Die Christelike Kerk het daar ontstaan +/- in die helfte van die tweede eeu. Teen die einde van die tweede eeu het daar gerugte ontstaan dat die kerk van Edessa nie by die gesonde leer hou nie, en dat Gnostiese invloede die kerk binnegedring het. Om hierdie invloede tee te werk is ‘n biskop Palut georden deur die Biskop van Antiogië. Dit is simbolies belangrik dat hierdie kerk na die Weste toe geneig het. Onthou die wit perd het na die westekant toe gehardloop.
Konstantyn is een van die belangrikste keisers van die eerste millennium. Hoekom? Hy wou die Romeinse Ryk verenig en om sy doel te bereik het hy die Christelike geloof beskerm. Hy het gedurende ‘n veldslag, die teken van die kruis in die son gesien. Hy het toe belowe as hy die veldslag wen sal hy die Christelike geloof aanneem. Hy het toe die veldslag gewen en van toe af is die vervolging van die Christene gestaak en het die Christelike Godsdiens die staatgsgodsdiens geword. Daar is twyfel of hy hom waarlik bekeer het en hy het hom eers op sy sterfbed laat doop. Gedurende 324nC en 330nC het hy die hoofstad van die Romeinse Ryk na Konstantinopel toe verskuif. Hierdeur het hy die Oosterse Kerke en die pous van Konstantinopel onder staatsbeheer geplaas, terwyl die pous van die Weste, die Biskop van Rome, meer vry was van staatsinmenging.
Daar het konflik ontstaan tussen hierdie twee strome oor die konsep van die Drie-eenheid. Die vroeё Christene het Christus “Heer(Lord)” genoem. Die Griekse Christene het Hom “Here(Lords)” genoem en dit het hulle laat dink aan die baie afgode wat in die Griekse nasies was. Vir die Joodse Christene het hulle die woord “Kyrios” gebruik en dit het weer herrinner aan die woord “Adonai” wat vir God gebruik is. Daar was dus nie ‘n duidelike onderskeid tussen die Vader, Seun en Heilige Gees nie. In die Messiaanse Psalms word Jesus genoem; die Wysheid van God en die vroeë Joodse Christene het gedink dat hierdie woord “Sopia” (wisdom) ‘n konsep is van die Hellenisme. Die antwoorde het hulle gevind in Mark 12:36 En die Here sê vir my Here. Sit aan my regterhand totdat ek jou vyande onder jou voete gestel het.” Die gedeelte in Joh. 1:1 wys ook vir ons dat die Woord reeds vanaf die skepping by God was. nl “In die begin was die woord en die Woord was by God en die Woord was God.” Jesus was dus van die begin af personifiseerd. Monoisme het teen hierdie tyd kop uitgesteek. Die RKK wou die Seun verander in God. Dit het egter net gedeeltelike steun gekry. Daarom het God ingegryp en het Origen die Psalms ontdek en ook die verwarde denke van die vroeë Christene op die korrekte weg geplaas. Die Rooms Katolieke kerk was teen hierdie tyd die grootste instelling in die Meditireense gebied. Hy het die twee strydende partye versoek om hulle verskille op te los en mekaar te vergewe. Dit het nie gebeur nie en hy het toe ‘n vergadering byeengeroep van die hele Rooms Katolieke kerk. Dit was die eerste algemene vergadering in 381nC. Daar het hulle die leerstelling van Nicene aanvaar. Die leerstelling wat aanvaar is , is die volgende.
1. “Ek glo aan die Heilige Gees, Die gewer van Lewe, wat nie geskep is nie maar wat uitgegaan het van die Vader en wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word.”
2. Daar is een God die Vader, regverdig en goed , die Skepper van alle dinge.
3. Jesus Christus is die Goddelike mens, wat die personifikasie is van die Woord wat wysheid , lig en waarheid is en wat altyd bestaan het saam met die Vader. Aangesien daar altyd ‘n Vader was, was daar altyd ‘n Seun.
Die Seun wat die beeld van die Vader is, was nie ‘n afbeelding (phantom), soos die Gnostici gesê het nie, maar is waarlik gebore uit ‘n maagd, het werklik gely, is werklik gekruisig, het werklik gesterf en het werklik opgestaan uit die dood,het werklik gesprek gevoer met die dissipels en het werklik opgevaar na die Hemel.
Die Oostelike Kerke het egter nog ‘n probleem gehad met die menslike (human) en die goddelike natuur van Jesus Christus en hierdie verskille het onopgelos gebly. Tydens die 3e algemene vergadering in 431nC, het die humeure so warm geword en dit was eers tydens die 4e algemene vergadering by Chalsedoon in 451nC dat hulle ooreengekom het dat die Vader, Seun en Heilige Gees van een substansie is en dat Jesus Christus een persoon met twee nature is , ‘n menslike en ‘n goddelike natuur.
Deur hierdie gebeure sien ons dat God ingryp en die Christelike kerk in die rigting stuur, sodat daar eenheid in die” koninkryk” (Kingdom) onder Konstantyn “Koning en priester” (Origen) sal wees Die “kroon” is simbolies die koning (hoof) wat die Christelike geloof sal aanvaar en die vervolging van Christene sal stopsit.
Opsomming: Ons sien dus dat die wit perd met die ruiter wat ‘n kroon op het en die boog gedra het, die volgende vir ons leer. Sagaria het ook gesien dat die perdekar in die westelike rigting beweeg. Dit beteken dat die konings van Westelike Europa hulle tot die Christendom sal bekeer en dat die Partiese nasies die Romeinse ryk sal binneval, sodat die Ou Romeinse Ryk tot ‘n val gebring sal word en dat die vervolging van Christene gestaak sal word.
Die laaste gedeelte van die vers sê “Uit Sy mond kom ‘n skerp swaard.” Dit verwys na die rooi perd en die tweede wese. Dit beteken dat daar verdere verwikkelinge in die diere van Openbaring is. Dit word hier genoem sodat die leser kan sien met watter reuse spronge Openbaring soms oor tyd beweeg. Daarom kan ons sien hoe Openbaring vir ons ‘n unieke blik gee op die gebeure van die Geskiedenis. Daar is nie nog so ‘n boek soos Openbaring met hierdie spesifieke interpretasie wat so presies in die Geskiedenis inpas nie. Net die Drie-enige God is tot so iets in staat. Hier wys ons hoe die tye gekoppel word aan die jare 72 en 144. Gemeet vanaf doop van Christus.
26 +72 = 98 Tyd van Johannes op Patmos en die gee van Openbaring
98 + 72 = 170 Ongeveer tyd van vervolgings op Smyrna

170 + 144 = 314 Tyd van staking van vervolging en Keiser Konstantyd stel die Edik van Milan in (313)

Namate die eeue verloop het, het die Kerk in Rome en die biskop, die Pous, meer en meer prominent geword in die Roomse Katolieke Kerk. Die administratiewe hoofstad was Konstantinopel en die Keiser het nie meer die Roomse Kerk oorskadu nie.
In die jaar 386nC het Augustinus tot bekering gekom. Hierdie was ‘n monumentale gebeurtenis. Volgens die geskiedskrywers was daar nog nie weer eimand wat die insig van Augustinus gehad het nie. Die vorme van aanbidding in Westelike Europa het gespruit uit die skrywes van Augustines. 458nC was ongeveer die tyd dat die koning van Ierland hom bekeer het na die Christendom.
Die Franke was een van die Germaanse volke wat die Romeinse Ryk ingekom het in die 4e eeu. Teen 480nC het hulle die Franse (Gaul) noord van die rivier Loire oorwin. Die bekering van die Frankiese Koning Clovis was een van die belangrikste gebeurtenisse in die geskiedenis van die Kerk . Hy het sy vrou Clothilda belowe dat hy soos sy ‘n Christen sal word as hy die veldslag wen teen die Germaanse nasie, die Alamanni. Hy het die veldslag gewen en ‘n Christen geword. Op Kersdag 496nC is hy en duisende van die volk gedoop in die Rynrivier. (Sommige geskiedskrywers plaas die datum op 503nC)
Die grootste besluitneming wat hieruit voortgespruit het was dat Arianisme afgekeur en veroordeel is. Die Arianiste het gesê dat Christus nie goddelik is nie, maar dat Hy ‘n geskape wese was, wat God se agent op aarde was. Hulle het gesê dat die Seun nie deel van God was nie. Vanaf hierdie tyd het die Franke die leerstellings van Chalcedoon aanvaar en was daar redelike harmonie onder die Westerse kerke. Hierdie vorstehuis het vir 200 jaar regeer. In 511nC het Clovis gesterf en die ryk is verdeel tussen sy seuns. Hulle was nie sulke goeie regeerders soos hul pa nie en het die Moore toegelaat om die land binne te val. In 732 nC is hulle oorwin deur Charles Martel ‘n Frankiese regeerder. Sy kleinseun Charlemagne sou later die Koning van die hele Frankryk word in 771nC.
In die 5e en 6e eeue het Engeland tot bekering kom. Koning Aethelbert of Kent is gedoop in 597nC. Die Rynland het ook in hierdie tyd die Christendom aanvaar. In 674nC het Keiser Konstantyn van Byzantium die Ortodokse Katolieke geloof laat herleef in sy Ryk (geloof in die Drie-eenheid). In die 8e eeu het die Sakse die Christelike geloof aangeneem.
Teen 800nC was Italiё, Galiё en Duitsland ingeneem deur die Frankiese weermag. Charlemagne was die regeerder van die wêreld van daardie tyd. Op Kersdag 800nC het die Pous Leo lll Charlemagne genooi om die mis by te woon in die St. Peters Katedraal in Rome. Hy het aangedring daarop om ‘n ritueel uit te voer waarop hy ‘n kroon op Charlemagne se kop gesit het. Dit sou nou sy plig wees om die Christene se Heilige plekke in Jerusalem te verdedig en te bewaar. In daardie tyd was daar ‘n verhouding tussen die kerk en die staat wat nooit weer sou heers nie. Die RKK was vasbeslote om ‘n eenheid te vorm in die Weste. Charlemange het die Kerk as ‘n sterk bindende faktor gesien in die Romeinse Ryk.
Na 314nC het die Christendom Weswaarts versprei na die Europese vasteland en feitlik die hele Kerk in Europa het die Leerstellings van Chalcedoon aanvaar. Dit kom voor asof die tyd waarin die verspreiding van die Christelike kerk weswaarts beweeg het, vanaf 314nC bereken moet word. Dit is merkwaardig hoe dat die generasies vinnig vanaf 314nC weswaarts gekersten is.
314 + 72 = 386 Augustinus kom tot bekering. Hierdie was ‘n grootse oomblik. Volgens een skrywer van die Geskiedenis van die Christelike kerk was daar na Paulus geen ander Christen wat so ‘n diep en langdurige invloed op die Christene van Wes Europa gehad het nie. Die vorme van die geloof het daaruit gespruit.
386 + 72 = 458 Ongeveer die tyd van die kerstening van Ierland
458 + 72 = 530 Ongeveer die tyd van die kerstening van die Rynland (Duitsland)?
530 + 72 = 602 Ongeveer die tyd van die kerstening van Engeland – Koning Aethelbert van Kent is gedoop in 597
602 + 72 = 674 Keiser Konstantyn van Byzantium het die Geloof van die Drie-eenheid in sy ryk herstel en die monotiёsme verwerp.
674 + 72 = 746 Kerstening van die Sakse – behalwe die Skandinawiёrs (Noordelike rigting) Die Sakse was die laaste van die Germaanse volke wat toegetree het tot die Christendom.

Ons kan dus sien dat daar ‘n definitiewe verspreiding na die Weste toe plaasgevind het, sowel as die aanvaarding van die Drie-enige God.
In die jaar 70nC het Titus die tempel in Jerusalem vernietig. As 144 jaar (halwe dag) bygevoeg word kry ons die jaar 214nC Dit is ongeveer die tyd van die begin van die wit perd. Die woorde van Christus “in drie dae sal ek die tempel herbou” beteken dat dit die tyd was wat Christus op aarde was, sowel as die tyd dat Sy liggaam sou groei. Christus was dus die Menslike Personifikasie van Almagtige God op die aarde. Deur die jare 212nC en 216nC kan ons die generasies bereken vanaf Christus se geboorte.
Christus weet dat ons nie weet wanneer Hy gebore is nie. Daarom sien ons twee tye. Een vanaf 4vC. En een vanaf AD1.
Vanaf 4vC + 72 = Ad68 (een generasie)
68 + 72 = AD140 (een generasie)
Ad 140 + 72 = AD212 (een generasie) Dis die jaar wat Caracalla alleenheerser van die Romeinse Ryk geword het en ook die begin van die val van die Romeinse Ryk.
Bereken vanaf AD1
72 + 72 = 144 (twee generasies)
144 + 72 = 216nC (een generasie) Die tyd van die ontdekking van boekrolle deur Origen. Hierdie drie geslagte dui ook die begin aan van die meting van die tempel.
Hierdie is die begin van ‘n ketting en dit gaan ‘n groot invloed uitoefen op die interpretasie van Openbaring. Die leser begin nou ‘n goeie idée kry van hoedat Openbaring die twee millenniums aanmekaar verbind, sodat dit vir ons demonstreer hoedat die millenniums met die drie en ‘n half dag vergelyk.
Die vraag is nou waarom laat God toe dat die lewende wese, wat die bose simboliseer, saam met die wit perd beweeg. Dit is om te wys dat die lewende wese die boosheid in die mens is, wat geleidelik ontwikkel deur die verkeerde dade van die mens en dan geleidelik, deur die eeue die wette van die Christendom as onbelangrik ag en later heeltemal afwyk daarvan. Dit wys ook dat God in beheer is van die lewende wesens. Openbaring gaan dit vir ons later duidelik maak deur die Geskiedenis. Elke hoofstuk in Openbaring help om die ontwikkeling van die totale boodskap van Openbaring te ontbloot.
Onthou dus dat die eerste seёl, eerste perd en eerste donderslag dieselfde tyd in die geskiedenis aandui.
Die eerste tydmeting van Openbaring is die 72 jaar wat as die generasies bekend staan en dit is die eerste van die twaalf tydmetings van Openbaring. Later sal ons sien dat daar twaalf tydmetings in Openbaring is en dit is die “twaalf sterre” van Openbaring 12:1

Die tyd van die vier perde van die Apokolips kan net geïnterpreteer word met die kennis van die opvolgende hoofstukke. Dit is een van die kenmerke van Openbaring, dat die totale tydperk eers gegee word en dan word die detail ingevul. Ons sal sien dat die vier perde feitlik die hele twee millenniums dek. Die leser sal dan die volgende hoofstukke kan interpreteer met die kennis van hierdie en vorige hoofstukke. Met die tydmetings van die vorige hoofstukke het ons agtergekom dat die getal 27 ook voorkom. 27 geslagte van 72 jaar. Dit is 14 geslagte in die eerste millennium en 13 geslagte in die tweede millennium. Hierdie tydmeting van die generasies stel ons voor aan die tyd altaar. Dit word so genoem, omdat dit gemeet word vanaf Christus se doop (26) en dit is ongeveer ‘n duisend jaar na Christus se kruisiging. 1034.
Eerste Millennium
26 + 72 = 98 98 + 72 = 170 170 + 72 = 242 242 + 72 = 341 241 + 72 = 386
386 + 72 = 458 458 + 72 = 530 530 + 72 = 602 602 + 72 = 674 674 + 72 = 746
746 + 72 = 818 818 + 72 = 890 890 + 72 = 962 962 + 72 = 1034

Ons moet ook onthou dat Openbaring vanaf die jaar 33 (Kruisiging) meet tot by die jaar 177 – die tyd van die vervolging in Lyons – 33 + 144 = 177
Tweede Millennium
Ongeveer 1000 jaar na die Kruisiging.
1034 + 72 = 1106 1106 + 72 = 1178 1178 + 72 = 1250 1250 + 72 = 1322 1322 + 72 = 1394
1394 + 72 = 1466 1466 + 72 = 1538 1538 + 72 = 1610 1610 + 72 = 1682 1682 + 72 = 1754
1754 + 72 = 1826 1826 + 72 = 1898 1898 + 72 = 1970

Let Op! Die volgende tye 1034 tot 1322 (72 x 4 = 288)
1322 tot 1610 (288)
1610 tot 1898 (288)
Hierdie drie tye word in Openbaring as die Drie nagte aangedui.
Later sal Openbaring ook die meting van die tempel aandui. Dit word gemeet vanaf Christus se geboorte. Die hoofdoel van die sewe seёls is om aan te dui dat Openbaring elke millennium as ‘n eenheid van ‘n duisend jaar beskou of drie en ‘n halwe dag. (Jesus se woorde; ‘n dag is soos ‘n duisend jaar en ‘n duisend jaar soos een dag.)


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]