Re: Kommentaar op kritiek van A. Muller

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by A Muller on June 01, 2010 at 09:19:45:

In Reply to: Re: Kommentaar op kritiek van A. Muller posted by Johann Janson on May 31, 2010 at 01:34:48:

Johann, volgens jou reaksie kan ek aflei dat jy die aangeleentheid baie ernstig opneem en ek kan verstaan hoekom.

Ek was seker van die eerstes wat jou ma se eerste boek gekoop het en ook die wat daarna uitgegee is. Ek het verskeie mense van haar boeke vertel en ook een as geskenk vir iemand gegee. Ek het ook al persoonlik met haar in verbinding getree, dit was maklik sewe jaar gelede dus sal ek nie verwag dat sy dit nog sal onthou nie.

Ek was dus geskok toe ek op die kommentaar oor haar werk afkom en het gedink om dit onder haar aandag te bring. Ek het gereeld haar artikels op die forum gevolg, maar moet erken dat ek dit vir 'n tyd lank nie gedoen het nie en dat my "huiswerk" dus nie op datum was nie.

Ek is baie jammer vir die misverstand wat ek veroorsaak het.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]