Re: Outoriteit van Openbaring

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on December 27, 2010 at 14:18:16:

In Reply to: Outoriteit van Openbaring posted by Susanne Baker on December 17, 2010 at 03:46:07:

Deut.4: 1-2 “Israeliete, julle moet luister na die voorskrifte en die bepalings waarin ek julle onderrig. Julle moet daarvolgens lewe, dan sal julle bly lewe en die land binnegaan en in besit neem wat die Here die God van julle voorvaders vir julle sal gee. Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het.”

Hierdie woorde bevestig beslis die outoriteit van die Wet in die Ou Testament.

Op 22:18-19 “Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waaraan in hierdie boek geskryf is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.”

Ek stem saam dat die herhaling in Openbaring ook die absolute outoriteit van die Nuwe Verbond soos verpersoonlik in die lewe en dood van Jesus Christus bevestig.

Ek meen dat die herhaling van die woorde in Deut 4:2 en Op 22:18 veral aandui dat alhoewel die Nuwe Verbond in die plek van die Ou Verbond gekom het die Wet van God steeds bly staan tot die dag van die Wederkoms. Met die verstaan van Openbaring soos in hierdie webwerf uiteengesit, is dit toepaslik, want het die nasies in die laaste twee duisend jaar die wette van God gehoorsaam sou die dier uit die see en die dier uit die aarde miskien nie die houvas gekry het op die denke van die mensdom wat dit vandag het nie.

Ek dink dat dit van die allergrootste belang is dat die woorde van Deut 4:2 ook voorkom in Op 22:18 Dit dien vir alle gelowiges en vir alle tye tot die Wederkoms as bewys van die belangrikheid van die woorde van die Openbaring.

Die herhaling van die woorde van Op. 22:18 dui aan die band tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament. Die belangrikheid van alles wat Moses vir die Israeliete geleer het, die Wet van God en gehoorsaamheid aan die bevele van God. Dan in Openbaring die belangrikheid van die profesie en die Openbaring dat die getuienis van Jesus Christus tot aan die eindes van die aarde sal versprei in the sowat twee duisend jaar na die koms van Christus.

Openbaring is uniek en kon deur die eeue nie sommer verstaan word nie. Die eerste hoofstukke wel maar dan is dit in simbole geskryf. Die gevaar was natuurlik dat mense in hul onkunde die woorde sou wou verander om vir hulle sin te maak en daarom moes God ‘n baie streng vermaning aan die einde van die boek plaas.

Hierdie twee verse (Deut 4:2 en Op 22:18) is besonder belangrik in die sin dat dit verse is wat aansluit in die drie “vlakke” waarop Openbaring vertolk kan word. In die eerste plek sluit dit by die Ou Testament aan en die profesie van Openbaring word gelyk gestel aan die Wette wat Moses aan die Israeliete voorgeskryf het. Met ander woorde dit bevestig dat Openbaring van God kom en dat God wou gehad het dat Openbaring in sy vorm moes wees alhoewel sy simbole nie vir eeue verstaan kon word nie.

Deurdat Op 22:18 terug verwys na Deut 4:2 kon Christene deur die eeue weet hoe belangrik die boek Openbaring is. Met ander woorde dit was verstaanbaar in ‘n Bybelse verklaring.

Nadat God aan my die tymetinge van Openbaring bekend gemaak het weet ek dat elke word op ‘n spesifieke plek in die boek geplaas is om ook aan te dui dat Openbating op ‘n derde vlak verstaan kan word en dit is deur korrelasie met die geskiedenis van die afgelope twee duisend jaar.

Ek glo Op 22:18-19 is daar gestel om te waarsku dat die woorde van Openbaring nie verander mag word nie, want soos die visioene deur Johannes geskryf is kon ek aan die einde van die twintigste eeu en aan die begin van die een en twintigste eeu Openbaring met die geskiedenis korreleer en aandui dat die simboliek op ‘n wonderbaarlike manier fasette van die opkoms van die Christelike Kerk in die nasies voorspel en ook daardie aspekte wat aandui hoe die mens deur die mag van Satan verlei sou word.

Op die manier kan ons dan nou weet dat ons tekens van die einde sien en dat Christene kan weet dat die Wederkoms naby is. Soos ek al baie getuig het – Sou iemand met die woorde gepeuter het sou die betekenis verborge wees. Die gesag en vermaning van die woorde van Op 22:18-19 het dit verhoed.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]