Re: Eienaardige woorde van Jesus

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on August 19, 2011 at 12:46:19:

In Reply to: Eienaardige woorde van Jesus posted by Susanne on August 18, 2011 at 09:32:39:

Die boek Openbaring (Die Openbaring van Jesus Christus) is aan Johannes gegee in die vorm van visioene wat hy op die eiland Patmos gesien het tydens sy gevangenskap daar, in die jaar ongeveer 96 na Chrisus.

Met die insig in die totale betekenis van die simbole van Openbaring - dat dit inhou die profesie van die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus tot aan die eindes van die aarde oor twee millennia - en hierdie betekenis kon eers bekend word voor die Wederkoms, kon die woorde van Christus in Johannes 21:22 “As ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom” wel betrekking hê op die boek Openbaring en die feit dat Johannes die visioene neergeskryf het.

Ek is egter eerder van mening dat Jesus in Johannes 21:22 met die woorde “As ek wil hê dat hy bly totdat ek kom” bevestig dat Johannes, die apostel, die een sou wees wat die visioene van Openbaring sou neerskryf en hom weer sou sien. Die visioene is aan Johannes gegee in 96nC, daarom was Johannes ‘n baie ou man. God het hom gespaar om die visioen van “tussen die sewe kandelare in Een soos die Seun van die mens ” (Op 1:13) te sien. Die visioen was so belangrik en ek dink ons besef nie aldag die groot betekenis daarvan nie: Dit is ‘n duidelike bewys dat Jesus opgevaar het na die hemel want Johannes het hom gesien en herken.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]