Re: Kerk

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on July 30, 2013 at 06:48:10:

In Reply to: posted by chris vermeulen on July 29, 2013 at 21:15:15:

Liewe Chris. Dis nogal hartseer dat jy dink dat Christus net gesterf het vir die wit mense. Jy maak Christus baie klein, so asof hy geen se in die saak gehad het nie. Ek is nie 'n teoloog nie maar ek het die Bybel al baie kere deurgelees, ook die Engelse Bybels en verskillende vertalings van Afr. en Eng. Alle vertalings verbreed jou kennis van God en almal is baie naby aan die Griekse en Hebreeuse vertalings. Ek het ook verskeie studies gedoen onder temas uit die Bybel uit. Ek het agtergekom dat net Christus die Uitverkorene is, die enigste Een wat Absoluut gehoorsaam was en God se opdrag presies uitgevoer het. Almal wat Christus aangeneem het en gedoop is, is dan ook Uitverkorenes, want hulle word deel van Sy Liggaam, waarvan Hy die Hoof is. Die Bybel se duidelik, man of vrou, Jood of Griek, vry of slaaf - almal kan deel word van Sy liggaam. Hy het die prys vir elke mens betaal. Elkeen moet sy vrye keuse en gesonde verstand gebruik om Christus te kies en sodoende deel van Sy liggaam te word. Uiteindelik sal die Nuwe Jerusalem vir elkeen beskikbaar wees as hulle deel is van die Liggaam van Christus. Hierdie Liggaam van Christus word die Kerk van die Eersgeborene genoem, want Christus wat ook God is, is ook die eerste Mens wat die Opstanding en Ewige Lewe gekry het. God het 'n Wonderlike Plan vir die mens en Sy Plan ontvou al van die begin van die Skepping af.
Die Israeliete was as volk gekies om as 'n getuienis te dien sodat die ander volke rondom hulle God se Grootheid en Almag kon aanskou en respek en vrees vir God kan he. God se plan was om eendag, nadat Christus gekom het die deure vir alle volke oop te sluit sodat almal aan Hom kan behoort. Hy het dit deur Abraham beloof. Abraham sal die Vader van Alle NASIES genoem word. Dit is alle gelowiges in alle volke wat gelowiges is net soos Abraham. God het Sy belofte gestand gedoen. God se liefde vir die mens, alle mense, wit, swart, bruin, Chinees, ens is alleroorheersend en Hy sal alles vermag om hulle in Sy Koninkryk in te kry. Dit moet egter uit eie vrye keuse geskied. Omdat die mens na God se beeld geskape is, het hy vrye keuse ontvang om te kan kies tussen reg en verkeerd. God dwing niemand nie. Elkeen moet self kies of hy Christus se offer wil aanneem of verwerp. God is die Skepper van alles. Alle mense is deur Hom geskape en Hy trek niemand voor nie. Hy wil al Sy Geskapenes saam met Hom in die Nuwe Jerusalem verwelkom. Daar waar geen smart, pyn of droefheid ooit sal wees nie. Elkeen wat daar kom sal inkom met Christus se bloed as betaalmiddel en nie volgens die kleur van sy vel nie. Christus hou van verskeidenheid. Hy Self is die Een wat vir die mense verskillende kleure vel gegee het. Niemand kies self die kleur van sy vel nie. God kies dit. Passop dat ons nie God beskuldig van verkeerde dinge nie. God is volmaak. Hy maak nooit 'n fout nie.
Openbaring is die boek waarin God vooraf Sy plan uiteengesit het vir die Kerk, die Liggaam van Christus.


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]