The book How Near Armageddon

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on August 16, 2009 at 15:43:58:

Ek wil net graag antwoord op die brief van Nico Engelbrecht en sy kommentaar op die boek van Dr. Elana Janson “How near Armageddon.” Dit is baie duidelik dat Nico Engelbrecht nie die boek gelees het nie, maar net een spesifieke gedeelte uitgehaal het om in sy onkunde te kritiseer. In die boek staan dit baie duidelik, dat jy nie die boek sal verstaan as jy nie die hele boek deurgelees het nie. As hy ‘n bietjie verder gelees het sou hy op die volgende worderwerk van God afgekom het. In hierdie boek, op wit en swart op bl.191, 192 en 193 staan daar geskryf “there will be an earthquake near the year 2004 and the time relate to the birth of Christ”. Hierdie boek is ‘n interpretasie van Openbaring. In Openbaring self word dit genoem ,‘n “groot aarbewing”. In Engels, “a great earthquake” Ons almal weet dat daar ‘n baie groot aardbewing op 26 Desember 2004 plaasgevind het. Ek dink die inwoners van die hele aarde het voor hul televisies vasgenael gesit om dit te aanskou. Waar sou die skrywer aan die inligting kom? Is dit in ‘n visioen gesien? Is dit gedroom? Is dit geraai? Nee dit is bereken uit inligting wat in Openbaring verkry is. Waar sou Openbaring dan aan die inligting gekom het? Johannes het dit op Patmos neergeskryf. Waar het hy sy inligting gekry? Van die Engel af. Waar het die Engel dit vandaan gekry? Van Jesus Christus af, ongeveer 100 jaar na Jesus se geboorte en ongeveer 70 jaar na Sy kruisiging. Jesus moes toe lewendig gewees het om dit vir hom te gee. Waar het Jesus die inligting gekry? Van God die Vader af. Ons sien dus dat ons nou verslag kan gee van ‘n lewendige Vader en ‘n lewendige Jesus. Jy kan dus sien dat hierdie boek vir die gelowiges en ongelowiges is.
Daar is baie interpretasies van Openbaring en elkeen haal uit die Bybel aan. Hoe moet die mense op die aarde dan weet watter een die waarheid is? God weet beslis, maar die mense weet nie. Hierdie boek kon ook nie verstaan word, voordat die geskiedenis van die węreld nie feitlik uitgespeel is nie. God het self bepaal dat hierdie boek ‘n geslote boek moet bly. Deur die eeue het baie mense probeer om dit te ontleed, vandaar die vele interpretasies. Nou het God, hier in die eindtyd besluit dat dit tyd is dat die mense weet wat Openbaring beteken. Hoe sou hy nou die inligting vir die mense gee? Hy het een person gereed gemaak, net soos Hy Johannes op Patmos gereed gemaak het om dit die eerste keer te ontvang. Hy het vir die skrywer ‘n visioen gegee, dat sy geskiedenis moet gebruik om Openbaring te ontleed en te verstaan. Johannes het ook ‘n visioen gesien toe hy die gegewens moes neerskryf. Hy het dit duidelik gemaak dat Openbaring te doen het met Geskiedenis. Nadat die skrywer die boek ontleed het, het sy dit in 1999 gepubliseer.
God het geweet dat die mense die skrywer nie sou glo nie, daarom het Hy ‘n wonderwerk saam met die publikasie gestuur. Op bl.191, 192 en 193 vertel die skrywer van die groot aarbewing wat in 2004 rondom kersfees sal plaasvind. Vyf jaar voordat dit plaasgevind het. Hierdie skrywer het dit nie in die visioen gesien nie, sy het dit nie gedroom nie en niemand het dit vir haar vertel nie. Hoe het sy dit dan geweet? Sy kon dit uitwerk (soos in wiskunde) wanneer dit sou gebeur. Waar het sy die inligting gekry om dit te doen? Sy het die inligting in Openbaring gekry, net daar waar God dit verberg het 2000 jaar gelede. Hy wil nou hę dat die Christene dit moet weet. Net God weet wanneer aarbewings sou plaasvind. Geen mens kan dit bepaal nie.
Nico Engelbrecht raai ook die Christene af om hierdie boek te lees. Dit klink vir my asof hy geen vertroue het in die oordeelsvermoё van ander Christene nie, net in sy eie. Die woord van God sę ons moet die dinge self toets. Hoe gaan ons dit doen as ons geen inligting het nie. Die mede- Christene kan sekerlik vir hulleself besluit of hulle ondersoek wil instel of nie. God het nie vir ons ‘n gees van vrees gegee nie. Lees gerus soveel interpretasies as wat julle wil, want slegs dan sal jy ‘n ingeligte besluit kan neem oor wat die waarheid is.
Was dit waarlik ‘n “groot “ aarbewing. Eers in 2007 kon die wetenskap al die gegewens ontleed en dit is wat die wetenskaplikes bevind het. Ek haal in Engels aan:
The magnitude of the Sumatra-Andaman earthquake of 26 Desember 2004 was originally recorded as 9.0 on the Richterscale, but has subsequently been upgraded to between 9.1 and 9.3. At this magnitude it is the second largest earthquake ever recorded on a seismograph. This earthquake has other effects that were greater than previous earthquakes. It was reported to be of the longest duration of faulting ever observed, lasting between 500 and 600 seconds and it was large enough to cause the entire planet to vibrate at least half and inch, or over a centimeter. It also triggered earthquakes in other locations as far away as Alaska. The shift of mass and the massive release of energy very slightly altered the earth’s rotation. The exact amount is yet undetermined, but theoretical models suggest the earthquake shortened the length of a day by 2.68 microseconds, due to the decrease in the oblateness of the Earth. It also caused the Earth to minutely wobble on its axis by up to 2.5 cm in the direction of 145 grade longitude. More spectacularly, there was a 10 m movement laterally and 4-5m vertically along the fault line.
Hierdie is ‘n magtige wonderwerk wat God voor die oё van die hele węreld gedoen het. Dit kan vergelyk word met die wonderwerke wat Hy in Egipte gedoen het toe Hy die Israeliete uitgelei het. Daarom raai ek Christene en ook nie-Christene aan om definitief hierdie boek te lees. Dit sal jou vertroue versterk in ‘n God wat omgee vir die mense, en ‘n God wat Sy kerk bystaan en wat ingryp as dinge erg verkeerd loop. Ons weet dat die aarde vandag op ‘n mespunt is, wat morele waardes, misdaad, oorlog, aardverwarming en baie ander dinge is, wat die mens self veroorsaak het. God wil ons dalk waarsku dat Hy weer gaan ingryp. Wees dus ‘n ingeligte Christen en nie ‘n geďntimideerde Christen nie.
S. Baker.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]