Kommentaar op kritiek van A. Muller

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on May 21, 2010 at 12:04:43:


Ai, dis so jammer dat die Christene van vandag so in die verlede vashaak en so bang is om God te vertrou om nuwe dinge bekend te maak.
Ons weet dat daar deur die eeue baie interpretasies van Openbaring was. Dit is gedoen volgens die insigte wat God vir daardie mense op daardie tydstip gegee het. God weet ook dat daar baie interpretasies is en daarom weet Hy ook dat Hy 'n teken moet saamstuur met die ware interpretasie anders sal die ongelowige Christene nooit glo dat Hy in staat is om in die moderne tyd ook iets groots te doen en met die mens te praat nie.
Hy het 'n geweldige groot teken saamgestuur. Dink u dit is moontlik dat 'n mens ses jaar voor die tyd kan voorspel wanneer 'n aardbewing sou plaasvind. Dink u mense beheer aardbewings of dink u dit gebeur net toevallig? Alles word deur God bepaal en beheer en as God dit goed dink om aan een persoon nuwe insigte te openbaar, wie is u om Hom teen te staan. Passop dat u nie eendag voor God staan en Hy met u dalk die volgende gesprek voer nie. Ek het met My kind Elana Janson 'n boodskap vir jou gestuur, maar jy wou nie luister nie. Saam met hierdie nuwe inligting het God die groot teken gestuur juis vir al die ongelowige Thomasse. Moet geen profesie minag nie, veral as daar so 'n geweldige teken saamgestuur is wat net van Almagtige God af kon kom. As u haar boek gelees het sou u gesien het dat sy op bl. 191, 192 en 193 vertel van die groot aarbewing wat in 2004 rondom Kersfees sou plaasvind. Soos u seker weet het dit op 26 Des. 2004 plaasgevind en hierdie selfde aardbewing het die dag verkort met +- 7 millisekondes. Die Skrif se dat as die dag nie verkort word nie sal niemand gered word nie. Neem asb kennis! Die dag IS verkort. Wil jy nog 'n duideliker teken van die eindtyd sien? Ons is dus NOU in die eindtyd. Die wetenskap glo nie in God nie, tog is God die Skepper van die wetenskap en deur die wetenskap sal Hy nou Sy tweede koms aankondig. Gaan lees gerus oor al die tekens wat God aan die mense van die eindtyd sal stuur. God is die skepper van die materiele wereld asook van die geesteswereld. Hy weet ook dat ons nou in die materiele wereld leef en daarom moet die tekens fisies van aard wees anders sal ons dit nie raaksien nie.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]